Maimane se besoek aan Israel veroordeel

Mmusi Maimane, leier van die DA.

Mmusi Maimane, leier van die DA.

Die ANC het gesê Mmusi Maimane, leier van die DA, se besoek aan Israel bevestig die vermoede dat die amptelike opposisieparty die beleid van die Joodse staat ondersteun en hul verklaarde ondersteuning vir die selfbeskikking van die Palestyne ondermyn.

“In ʼn tyd waarin die wêreld hom toenemend uitspreek teen Israel se onwettige nedersettings, insluitend die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, is dit ʼn jammerte dat die DA die Israeliese regime onderskryf in plaas daarvan om dit te veroordeel vir die skending van internasionale reg,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê.

“Die bewerings dat die DA gefinansier en beheer word deur Israeliese simpatiseerders van apartheid blyk waar te wees.” Kodwa het die DA daarvan beskuldig dat hy oneerlik was toe hy gesê het hy deel die ANC se houding rakende Palestina, en bygevoeg dat dit lyk of die DA verdoem is om aan die “verkeerde kant van die geskiedenis” te bly.

“Die ANC ondersteun nie net ʼn billike oplossing nie, maar ons het ook al vir ʼn aantal jare georganiseerde internasionale veldtogte saam met die mense van Palestina ondersteun, bygewoon en georganiseer. Ons wys Israel op sy rassisme teen Afrika-vlugtelinge, veroordeel Israel se apartheidsbeleid en sy oortredings van die internasionale reg, insluitend die bou van onwettige nedersettings en die onmenslike Gasa-beleg.”

Maimane se persoonlike besoek aan Israel dié week kom nadat pres. Jacob Zuma tydens die ANC se 105de verjaardagviering die regerende party se ondersteuning herbevestig het vir die Palestyne se eis vir selfbeskikking. Hy het Suid-Afrikaners aangeraai om nié na Israel te reis nie tensy hul doel is om ʼn vreedsame ooreenkoms vir die Midde-Ooste-konflik te bevorder.

Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, het gesê Maimane het ʼn vergadering met Benjamin Netanyahu, Israel se eerste minister, en Bougie Herzog, leier van die opposisie, gehad en dat hy ook een met Mahmoud Abbas, president van die Palestyne, sou hê, maar dat Abbas dit gekanselleer het weens ander verpligtinge.

Van Damme het gesê die doel van Maimane se besoek was om eerstehands meer van die konflik te wete te kom en uit te vind hoe Suid-Afrika ʼn konstruktiewe rol kan speel om vrede tussen die partye te bewerkstellig. Volgens Van Damme is Maimane ʼn baie gelowige mens en het die reis ook ʼn geestelike betekenis vir hom gehad.

Maimane se besoek kom nadat Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, besoek aan Taiwan afgelê het en ook erg onder skoot van die ANC gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

jaco ·

die ANC is ten gunste van ‘n eie staat vir die Palestyne. Hulle ondersteun ook China se beleid dat Taiwan ‘n selfregerende provinsie van China moet word, baie soos wat China vir 20 jaar reeds met Hong Kong doen. Nou wonder ek maar net, dan kan die ANC ook mos ten gunste wees van ‘n eie staat/tuisland/selfregerende provinsie vir wit mense. Dit sal mos maar net soos die huidige Palestinian Authority of Hong Kong wees.

Johnny ·

Wie gaan dan die belasting betaal as as die wittes weg is?

jaco ·

Met regstellende aksie en BEE word die getal wit belastingbetalers al hoe minder. My huidige salaris vir n werk wat ek met moeite, smeek en kruip gekry het, is baie minder as die werk wat ek in die staatsdiens gehad het. Maar daar is ek uitgeskop omdat my velkleur skielik op n dag nie meer aanvaarbaar was nie.

jaco ·

as die Israel dan so sleg is en die palestyne so vreeslik onderdruk, waarom laat die ANC dan Israeli besighede in SA toe, waarom het Israel dan n ambassade in Pretoria, waarom is daar dan ‘n SA ambassade in Tel Aviv en waarom vlieg die Israelse lugdiens El El dan nog steeds Johannesburg toe? Is hier dalk dubbele standaarde??? En as die ANC dan so graag wil hê Israel moet selfbeskikking aan die Palestyne gee, gee dan die Israeli’s ‘n voorbeeld om na te streef en begin om aan Afrikaners selfbeskikking te gee.

Rupert Ashford ·

Go Vusi. Die ANC en die huidige SA is ‘n sprekende voorbeeld vir Israel om uiters versigtig te wees oor enige internasionale inmenging en/of beloftes rakende ‘n oplossing vir die gemors in die midde Ooste.

AL ·

En die ANC ondersteun die menseregte skendings van miljoene Zimbabwiers onder Mugabe! Hipokrate!!

Mike ·

Die Anc regime is deel van die onverbonde lande met sy nagevolge. Deur die Westerse lande te verstoot en vermy, gaan hulle nog duur te staan kom

Piet ·

Hallo Jaco. Ek sien nogal die ironie wat jy aan ons uitwys. Ek is net nie seker of ek met jou saam stem dat die ANC Taiwan se onafhanklikheid steun nie. Onthou Mandela het bande met Taiwan verbreek as deel van ‘n handelsooreenkoms met China. Hoewel dit ‘n drakoniese ooreenkoms was het hy dit geteken, want almal weet mos hy was lojaal teenoor die rooies.

Johannes van Rooyen ·

SLIM MNR DIE ANC dink julle nie die onwettige mense wat julle toegelaat het om hier te wees is baie baie groter probleem nie

BS ·

Die sogenaamd “Palestyne” is eintlik niks anders as Jordaniers, Egiptenaars en orals van rondom Israel. Vir my snaaks dat Geskiedenis so belangrik is, maar nie tel as die wereld gemanupileer word om anders te dink nie. Dan lees ek sulke nuus en raak net skuins bedinges vir as mense nuus plaas oor Palestyne wat nie regtig bestaan nie. Gaan doen bietjie navorsing oor wie het Judea en Samaria verander na Palestina! Dan sal jul sien Israeli’s is die Palestyne maar hul stel nie belang om so genoem te word nie.

klasie ·

Sensitief die regering van die dag! Of eerder jaloesie, foeitog!

Wallace ·

Dit is vreemd hoe die waarheid verdraai kan word en die wat egter geweld aanblaas dit regkry om die wêreld te oortuig dat hulle verdruk word.

As mens net so bietjie dieper delf sal jy gou besef daar het nog nooit ‘n staat soos Palestina bestaan nie. Dus het Israel nog nooit Palesteinse grond in beslag geneem nie en is dit nie onwettig vir hulle om daar te bly nie. Daar is 22 x Arabiese state in die wêreld, maar slegs een Joodse staat wat kleiner as die meeste lande is. Israel het in 1978 meer grond aan Egipte afgestaan as wat hulle tans besit, net om vrede te hê, maar ten spyte daarvan is daar geweld van die Palesteinse kant vir nog meer grond.

Israel het altyd nog gesê hulle sal grond gee aan Palestina, maar al wat hulle vra is dat Palestina sal erken dat hulle ‘n Israelitiese staat is en belowe om in vrede met hulle te leef. Israel het ook in 2000 verklaar dat hulle bereid is om aan Palestina ‘n sowereine staat te gee in meer as 95% van die Wesbank en die hele Gaza, maar Palestina het dit verwerp en in ruil, net meer geweld aangeblaas.

Wat nog vreemder is dat die 22 x Arabiese state net rondom Israel nie een bereid is om hulle eie broeders, te akkommodeer nie, maar is gou om vir Israel tereg te wys.

Dis regtig jammer dat ons regering dit nie wil raaksien en standpunt inneem nie.

James ·

Heeltemaal korrek Wallace !
Net om by te voeg, daar word altyd verwys na “occupied territory” Byvoorbeeld Amerika se Obama. Hoe lank bewoon die Amerikaners Amerika? ‘n Paar honder jaar. Hoe lank bewoon die Jode bv. Jerusalem? ‘n Paar duisend jaar. Nou hoe kan daar ‘n “occupied territory wees?
Israel is die enigste demokrasie in die Midde Ooste, waar vryheid van spraak en godsdiens beoefen word. Miskien moet al die Arabiese lande “Israel” word en dan hoef die moslems nie eens onder mekaar te baklei nie.
Die hele wereld is waansinnig met polities korrektheid !!

Rasper ·

Ons land staan vir al die komunistiese lande. Die woord se uitdruklik die lande wat teen Israel is gaan HY SY “cup of wrath” uitstort. So S A ons gaan nie die cup of wrath vry spring nie. Ons slim regering kies openlik die vyand, en is trots daarop. Dis hoekom dit gaan in ons land soos dit gaan.

Ou Erdvark ·

Die ANC-leierskap moet ophou om Suid-Afrikaners soos kinders voor te skrywe wat ons mag en nie mag doen nie. Nog minder wil ons deel wees van die ANC se National Democratic Society.

Charles ·

Die ANC moet sy bek hou, hulle is die groot oorsaak van bedrog, rasisme, diefstal en moord, nou wil hulle vir ander se wat om te doen.

snoefie ·

het die anc niks beter om te doen as om via sosiale media jag te maak op blankes en opposissie partye se oorsese reise nie?hulkeckan die tyd beter benut deur eskom te beaarbei om krag direk aan die publiek te verkoop. een kW en prys of jy nou 10kw koop in diepsloot of 10 000kw in kommetjie koop.

Ben ·

Die ANC maak benoude spronge. Enigiets wat hulle beleid teengaan word aangeval.Ons mag orals in die ooste werk, maar mag nie Israel besoek nie. Die klomp is deurmekaar en van die wa af. Koop asseblief die boek ” Governing for Dummies”.Dit sal die leierskap help.

jaco ·

As die Joodse Israelis dan so sleg is met die arabiese Palestyne, waarom is daar dan meer as 1 miljoen Israeli Arabiere wat gelukkig is in Israel?

Louis ·

Daar is net twee volke in die wereld. Die Jode (Israel) en die nie Jode ( die res van die wereld). Exodus 19:5. As jy n Christen is, is jy in daardie verkose volk aangeneem. Huidiglik is die Jode nog afvallig maar daar gaan n dag kom wat hulle Jesus sal aanvaar as die Verlosser. Tot dan kan ons verwag dat die res van die wereld teen Israel sal staan, insluitend die Christene. Wat anders kan ons verwag van n afvallige ANC regering wat nie eers erkenning wil gee aan die Almagtige nie (en hul organisasie was begin deur Christene). Wat wou?

jaco ·

in 1996 het daar al n storie geloop dat radikale moslems toe al besluit het: first we finish with the sinners of the Sabbath; then we finish with the sinners of the Sunday. Wat die naam-christene en atheiste in die ANC nie verstaan nie, is dat daar vir baie moslems het twee goed is: dis of Islam of dis die dood. So selfs SA onder ANC-beheer en wat so lief is vir die wêreld se moslemlande, moet wakker word. ultimately is hulle nie moslems nie en ook, volgens Islam, sondaars en afvalliges. So hulle kan met ISIS en Al Qaida ook in SA toeslaan. Net terloops, as SA dan so goed bevriend is met die Moslemlande waar al die olie is, waarom is ons petrol dan so duur???

Agnes ·

Here seen Die DA en al sy leiers. Hulle be teken Baie vir ons land

John ·

Hoekom wou Maimane ook met Abbas vergader? Glo hy, hy het raad vir die Midde-Ooste?

petra van Vuuren ·

Hoe wil hy nou kyk om vrede te maak in Israel as da nie eens vrede in SA isi nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.