Maimane se ‘dossier van bewyse’ teen Magashule

DA-leier Mmusi Maimane en die party se premierskandidaat vir die Vrystaat, Patricia Kopane (Foto: ANA)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Vrydag ʼn dossier van inligting aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Pretoria oorhandig wat, volgens hom, “bewyse is van oortredings van die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule”.

“Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging [adv. Shamila Batohi] het uiteindelik om verskoning gevra dat sy nie teenwoordig kon wees nie. Sy het senior mense uit haar kantoor gestuur, insluitend Bulelwa Makeke [hoof van NVG-kommunikasie] om die dokumente te ontvang wat ons wou oorhandig,” het Maimane aan verslaggewers buite die NVG se kantoor gesê. “Dit is bewyse wat daarop dui dat die Vrystaat gekaap is, dat daar ʼn stelsel van korrupsie is. Niks het verander nie. Jy het nuwe akteurs, maar die gestelery duur voort.”

Hy het gesê die DA wou ook bewyse indien dat klagtes aanhangig gemaak is. “Dit is die derde groep klagtes wat ons aanhangig gemaak het en ek was in gesprek met die polisie. Ons kan nie in ʼn land woon waar korrupsie voortgaan en niemand daarvoor in hegtenis geneem word nie.”

Die DA se premierskandidaat vir die Vrystaat, Patricia Kopane, het by Maimane aangesluit.

Maimane het bygevoeg hy het Vrydag ʼn beëdigde verklaring by die NVG ingedien wat wys hoe die ANC ʼn “swendelary organisasie is wat die staat gekaap het om hulpbronne te plunder”. “Hulle het van die mense vergeet en nou stel hulle net in hulself en hul eie familielede belang. Dit is duidelik: as jy ʼn kind, ʼn dogter, ʼn seun van ʼn ANC-politikus is, dan is dit hemel vir jou, want jy gaan voordeel trek – of dit nou die presidente [Cyril Ramaphosa en Jacob Zuma] se kinders Duduzane of Andile is, of Ace se dogter, dan is dit alles ʼn besigheid. Uiteindelik wil ons dié besware opper en ek het versoek dat ons van polisiëring af moet wegbeweeg na vervolving.”

Maimane het ook ʼn eksemplaar van Pieter-Louis Myburgh se boek, Gangster State: Unraveling Ace Magashule’s Web of Capture, wat beweerde korrupsie onder Magashule onthul, aan die NVG oorhandig. Magashule ontken die boek se bewerings dat hy in die middel staan van ʼn web van korrupsie en het gedreig om die outeur en uitgewer te dagvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Manie van Worcester ·

Goeie idee en goeie propagande voor verkiesing, jammer dat niks ooit hieromtrent gaan gebeur nie. Hoekom kon die hooggeagte dame toe nie kom, klaar gekaap? Ek sal maar steeds VF+ stem, dis al party wat werklik omgee vir my en oplossings het

Anita ·

Manie moenie kla as die EFF/ANC die Wes-Kaap oorneem en alles verval en alles binnekort in die Kaap lyk soos die res van Suid-Afrika waar bome in slaggate groei

CHAPPIES ·

Liewe land,die man try die regering VASVAT!!!
Kom tog om HEMELSNAAM OOR JULLE SIEK AFGESAAAAAAAGDE vf+ gesannik

Willem ·

Hierdie is die ou wat Nick Mallet as rassis skuldig bevind het nog voor Supersport die “Ashwin Willemse Toy Gooi” ondersoek gehad het. Hy get hom geskaar by EFF en ANC na die debakel. Hy is onbetroubaar en voel n veer hir due Afrikaner. Stem jy maar vir die pateet se party wat nie die lewende God erken nie en vir aborsies (kinder offer aan Molek) is.

Bwahahaha ·

Werklik? Snaaks dat die vasvat pogings elke keer net voor die verkiesing plaasvind ne. En die res vd tyd is sy mond stil.

Griet ·

mensig,maar die VF+ vrees die DA!
Seker daarom dié alewige geblaf, gekêf en gewoef as die DA iets durf doen, julle spul LOSERS EN BANGg….❗❗??

Zombie ·

Opmerklik dat dit tot dusver twee ANC-lite ondersteuners is wat op ander skree en kwetsend optree. Tipies.

apie ·

ek hou maar by goeie resultate al is dit moeilik om te kies. laat mens wonder of mens nie beide partye moet steun nie. een provinsiaal en een nasionaal

Anneli ·

Hoe pateties- die Afrikaners baklei soos ‘n klomp straat brakke! Ons gaan kry wat ons toekom- dit is ons eie maaksel .

Karlahari ·

Het die DA jeug leier al die onderwyseres van Schweizer-Reneke omverskoning gevra vir sy rassistiese uitlatings teenoor haar? Het DA se leiers al omverskoning gevra of enigsins aksie geneem teenoor hom?
Ek het rerig gedog chappies is al van die mark af…..

Dries du Toit ·

Aitsa hoe blaf en kerm die DA nou sommer so na mekaar. Julle is bekommerd nê. Kalmeer en kou n chappie

Eunice ·

Dis nou maar onse ou volkie. As jy nie saamstem nie,mag jy jou mond rek, wetende dat die einste party, wat jy NOU so uithaal en slegsê,dalk jou basvelle met koalisie sal moet red,om enigsins ook n sê ini parlement te kan hê…juis omdat ons staan teen n massa menigtes.
Ons SUKKEL maar,om mekaar,ook n plek ini son te gun, met hand van hulp uitgereik na mekaar,om eerder hande te vat

Erwee ·

EFÉSIËRS 6:12
Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Ons moet die geveg na ‘n nuwe dimensie neem!! Wanneer ons hierdie sake in die geestelike realm gaan begin beveg, gaan ons resultate sien. Ons maak onsself moeg in die fisiese (wat ook belangrik is) en behoort na ‘n hoer rat oor te skakel.
Net ‘n gedagte vir oordenking.

Karlahari ·

Met ‘n vorige referendum is die KP ondersteuners ook sleg gesê…..deur die Nasionaliste wat nou verbete aan die DA vasklem om die wa deur die drif te trek. Maar regstellende aksie deur DA ondersteun het die wiele laat afkom en daar is nie vakmanne om die wiele terug te sit nie.

Jack Sadie ·

Jammer julle DA’s. VF+ het gratis duisende mense gehelp met die onding van groot tyddeel probleme. Ek is een van hulle. Hulle tree ook ten alle tye eerbaar en beskaafd op. Ek eer hulle daarvoor. Ek stem vir VF+ nasionaal, maar is oortuig dat die DA goeie werk gedoen het in die Weskaap. Daarom my stem vir hulle provinsiaal. Moenie jul steur aan wat politici sê nie.Kyk wat hulle vir jou doen. Dis ook louter twak dat ‘n stem vir die kleiner partye verlore is. As jy só glo, moet jy asb ANC stem. Jy hoort dan daar. Dink!!

Johannes ·

Nie in die leeftyd sal ek DA stem nie glad nie nooit ooit DA nie

kolla ·

So eerbaar dat hulle blatante leuens verkondig soos dat die DA onteiening sonder vergoeding ondersteun.

Bul ·

Hoop Musi se bewyse help om aksie teen korrupte ANC base te kry. Daar is darem maar gemors wat die land regeer.

Kalahari ·

Kalahari. Dit is ons swakkigheid. Kyk na kleur eerder as na probleem. Moet nie praat as jy nie feite het ni…

Hennie Prinsloo ·

Stem saam dat die DA ook foute begaan. Selfs die briljante Universiteitstudent wat 98% vir Wiskunde in ń eksamen behaal het, het ook TWEE foute gemaak. Net so het die DA ook verkeerdemerkies, maar dit word oorskadu deur die regmerkies. Daarom sal my stem maar na die “blou blokkie” gaan. Daar is genoeg regmerkies.

Josua Keys ·

Wat het Maimanie nou eindelik beryk mense,????? ons het nie bewyse nodig om ANC Kaders vas te vat nie ons weet dit reeds, die afgelope 23Jaar is meer as genoeg bewys daarvan en op video vas gepen en die wereld het dit reeds onder oë gekry, jy moet eerder daarop konsentreer hoe om ons land se regstelsel uit die Mafia ANC en EFF se kloue te kry sodat daar daadwerklik teen hulle opgetree kan word en hulle toegesluit word.Jou papier bewys vereer net die Mafia base en gee hulle n klop op die skouer, Mmusi ons weet al die dinge reeds hoor!!! jy het nie nodig om dit vir ons uit te wys nie maar wat jy wel vergeet is, die huidige regstelsel in SA ondersteun Korrupsie en Staatskaping anders het die mense lankal popcorn deur tronk tralie hekke geëet. verhoor afwagtend!!! Jou bewyse is minder werd as die papier waarop dit geskryf is, skrik waker want jou strategie is reeds in die argiewe gestoor dis tyd vir ‘n meer moderne strategie.

Marieka Visage ·

Wat ons nodig het is mense wat vir die party stem met wie se beleid hulle saamstem. Uiteindelik sal partye na die verkiesing koalisies moet aangaan. Dan kan die beginsels van die kleiner party gewig dra. As jy egter direk vir die groter party stem, is die afleiding dat jy met al hulle beginsels saamstem.

Phil ·

Ek stem vir die party wat my Christen waardes ondersteun en dit is nie DA nie…..

Regtig ·

As enige blanke Afrikaanssprekende vir die DA stem is daar verseker fout met hom/haar. Indien jy nie verstaan hoekom nie is daar nog groter fout met jou.

fred ·

Ag liewe Afrikaner mense…..ek is nie n “egte” afrikaner nie,net n immigrant uit die oue Europa sedert die jare ’80……daardie tyd was dit die NP..KP…HNP ..almal “egte ‘ afrikaners wat met mekaar stry…..selfs in die kerke..NGK…Gereformeer..Hervormde..ens……
Nou weer die stry oor heeltemal ander politieke partye…..
My eerste buurman in 1980 sê my “die afrikaner kan nooit saamstaan nie,dit is sy swakheid…”
Dit was 1980,en oom Koos is al jare terug oorlede,maar die afrikaner is nog altyd verdeel…….
Oom Koos sal om seker in sy graf omdraai..

Hansie ·

Ek self is ook nog nie seker waar ek my kruisie moet trek nie, maar hier waar ons bly stem ek definitief nie VF nie. Hulle het al begin om al die reels vir plakate opsit te verbreek, erger nog as EFF, en na verkiesings hang hul plakate en vergaan orals. Die DA se plakate was onmiddelik verwyder, gevolg deur die ANC, maar die VF kon seker nie “werkers” kry om hulle sn te verwyder nie

Hansie SLIM ·

Hoe,lekker laat lag jy, my nou HANSÍE?
DIS hoekom hulle nie hondhaar-kan afmaak by die stembus nie hehehe… maar boeta vf+ staan reg met hul vuiste en wil net TERUGSLAAN en terugskrou, nes die ou spul hnp’s,kp’s,awb’s wat almal al begrawe is

Hansie baie Slim ·

Ek sal my nooit kan identifiseer met daai groot persentasie rassistiese lede in die VF+ (apartheid-lite) nie.

Kallimaari ·

Ek wonder of diegene wat die knie voor die DA buig besef dat hulle politieke sienings tot ‘n baie groot mate ooreenstem met die van die ANC. Beide is links-liberaal, en staan vir dieselfde beginsels.

Ek stem nie vir enige party wat dit goed ag om ‘n ongebore baba te vermoor nie. En nou daag ek alle gelowiges wat DA stem uit – Wat sê God gaan gebeur as jy ‘n kind iets aandoen? Gaan lees maar. En dan, besluit of jy saamstem en dit goedkeur met ‘n kruisie op 8 Mei.

kolla ·

Is die VF+ teen alle aborsies gekant of net sekeres. Ek dink byvoorbeeld aan mediese afwykings ensovoorts?

kolla ·

Ek neem dan ook aan die VF+ het ‘n probleem met aborsies waar die vrou byvoorbeeld verkrag is?

Dries du Toit ·

Hansie nou hoekom het jy nie geoffer om dit af te haal nie. Sies man doen tog iets in ruil vir wat die VF+ al vir jou gedoen het

Boerboel ·

Dis elke mens se reg om te stem vir wie jy will. As jy Da stem en Afrikaans word heeltemal weg gevat by skole. Dink julle die DA sal oor gaan tot aksie?
Ek glo nie. Dis waarom ek nog hoop het OP VF + sodat iets wat vir my kosbaar is beware kan bly vir my kleinkinders. Onthou elke stem tell. Ons moet stem. As Eff en Anc n koalisie form. Lyk dinge baie naar

Judge Dredd ·

Die DA Ja stemmers het nie die antwoord, maar het nogsteeds die vermetelheid om mense wat vir hul taal en kultuur wil opkom aan te val.

Frik ·

Ai maar julle kan kerm DA of VFPlus gaan niks help nie . Ek gee my stem vir Mnr Ramaposa net die regte man om julle op julle pleke te sit. Hy het dan klaar vir die eff ook plek aangebied reg langs die DA en VF+ so die juig kommando groei

kolla ·

Ek hoop die DA gaan na die verkiesing ernstig besin of hy steeds die VF+ as koalisie-vennoot wil betrek. Die hele VF+ se verkiesingskampanje het daaroor gegaan om die DA om elke hoek en draai te probeer diskrediteer. Onthou dit DA en skop hulle onder hul alies.

Ben Prinsloo ·

Dankie fw de klerk en jou kabinet wat vir almal in die “nuwe Suid Afrika” net voorspoed en vrede beloof het. Dankie marthinus van schalkwyk dat jy die nasionale pary oorgeneem het by fw en die party toe later ontbind het. Dankie dat jy en n hele groep van jou party toe by die anc aangesluit het en die res by die da. Ek is bly om te sien hoedat dit wat van ons voorvaders geêrf is vir ons kinders behoue gaan bly deur julle stem. Ek neem aan julle weet ook seker dat ons is die enigste volk op aarde wat toelaat dat n terroris ons regeer. Voorspoed da maar julle stories kom al n te lang pad wat deur die ou np aan julle ingeprent is. As gevolg van minagting het ek alle hoofletters met kleinletters vervang.

Dries du Toit ·

Ben , dit is so waar en so tragies dat daai geskiedenis so maklik vergeet is onder so n groot deel van ons volk. Maar wie het gese dat die meerderheid n gewete het. Fw en kortbroek sal aangeteken word as gewetenlose leiers

Lerato ·

As iemand my slaan gaan ek nie my klein boetie VF gaan haal nie om terug te slaan nie.
Ek gaan eerder my groter broer DA haal om terug te slaan.
“Slaan terug”, is in elk geval ‘n uitgediende DA slagspreuk.
As die VF nie eers hulle eie slagspreuke kan uitdink nie, hoe sal hulle regeer?

Regtig ·

Ai Lerato wat jy nie verstaan nie is dat die DA die ANC ens die partye is wat jou gaan slaan.

Dries du Toit ·

Ons moet maar net bid vir uitkoms. Die liewe Vader het sy tyd. Ons sal wel hierdeur kom. Politiek is nie staties nie. Dit verander oor nag. Byt net vas

Lerato ·

Aai Ben Prinsloo en Dries du Toit, hoe verdraai julle nie geskiedenis nie.
FW en onderhandelaars het nie net “vrede en voorspoed” belowe nie.
Wat hulle wel gedoen het was om Suid Afrika uit ‘n benarde posisie re red.
Suid Afrika was tegnies bankrot met al die buitelandse boikotte.
Waar het dinge dan skeef geloop. Die antwoord is by die magte wat die proses wou ondermyn. Daar was die georkestreerde Boipatong slagting, die moord op Chris Hani, self ou ET het met ‘n pantser wa in onderhandelinge ingejaag.
Hierdie gebeure het die land tot op die rand van ‘n burgeroorlog gebring, en onderhandelinge moes vinnig afgehandel word om ‘n bloedbad te voorkom.
Nou skreeu die nee-stemmers De Klerk het die land uitverkoop.

Mark ·

Die studie wat bevind het bruinvroue is dom, het dit die duisende bruinvroue en hul nasate ingesluit wat onder Verwoerd as wit geklas is om die wittes te red?

Lerato ·

Regtig

Verduidelik asb vir my stadig. Hoe gaan die DA my “Slaan”?

bolla ·

Seker met die verkiesingsplakkaat waarop die woord slaan staan. Kan nie sien hoe hul enigsins anders enige slaanwerk gaan doen nie.

Anoniem ·

Dis goeie nuus ek hoop regtig dat Ace vervolg gaan word en ondersoek gaan word sodat hy die gevolge van enige korrupsie kan dra.

Leon ·

Die DA is ons enigste hoop. Die 3 of 4 VF+ lede gaan baie moet slaan teen die ander 396 lede. Stem asseblief DA.

Charlie ·

Ace Magashule dreig om te prosedeer.
Daar gaan niks van kom nie. Sou hy wel voortgaan om te prosedeer sal sy gewisse rampokker optredes op die lappe kom.

lewies ·

‘n Roofdier le sy prooi voor as hy wil vang. Mense komofleur hulleself met voorgee wie hulle nie werklik is nie. Versigtig loop CR.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.