Maimane se plan vir SA

Mmusi Maimane, leier van die DA. Foto: DA/Twitter

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag die party se “plan vir verandering” uiteengesit met die bekendstelling van sy verkiesingsmanifes.

Die DA se verkiesingsmanifes is by die Rand-stadion in Johannesburg bekendgestel waar duisende DA-ondersteuners bymekaargekom het.

Maimane het gesê die land is besig om na ʼn afgrond te beweeg. “Ons kort verandering en ons kort dit nou. Die DA het ʼn plan – ʼn agenda vir hervorming – om die doel te bereik.”

Die DA-leier het gesê die party se verkiesingsmanifes is ʼn plan om ʼn regering te bou wat vir almal werk. Maimane het hierna verduidelik hoe dié Suid-Afrika volgens hom sal lyk.

“Dit is ʼn land wat werk. Dit is ʼn land waar burgers opstaan en werk toe gaan en waar die regering vir sy burgers werk. Ek het ʼn droom dat daar in elke huishouding ʼn werk is. Dit kan nie wees dat vier uit elke 10 Suid-Afrikaanse huishoudings geen inkomste het nie.”

Mmusi Maimane, leier van die DA. Foto: DA/Twitter

Volgens Maimane sal dit gedoen word deur kleinsakeondernemings en entrepreneurs vryheid te gee, asook die ekonomie te herbou deur sektore wat ʼn sleutelrol in werkskepping speel te vergroot.

“Ons sal ook ʼn jaar lange nasionale burgerlike diens instel wat as ʼn brug sal dien tussen skool en die wêreld van werk én vir skoolverlaters waardevolle werkervaring sal bied.”

Maimane droom ook daarvan om alle Suid-Afrikaners die eienaars van hul huise te maak met volle titelaktes. “Ek stel nie belang in ʼn stelsel waar mense aan die genade van die regering oorgelewer is op grond wat deur die staat besit word nie. Ons staan nie net vir die doel daarvan die wysigings van die Grondwet teen nie. Ons wil verseker dat artikel 25 beskerm word. Die saak sal in die hof beland.”

Duisende DA-ondersteuners het by die Rand-stadion bymekaargekom vir die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes. Foto: DA/Twitter

ʼn Huis beteken egter niks indien jy nie veilig voel daarin nie, meen Maimane. “In die Suid-Afrika wat ek wil bou, sal ons polisiediens goed opgelei wees, die nodige hulpbronne hê en gemotiveerd wees. Ek wil ook ʼn landelike veiligheidseenheid hê om seker te maak dat al ons burgers wat op plase woon, beskerm word.”

Verder wil Maimane ʼn land hê met veilige grense, ʼn land waar daar energiesekerheid is en ʼn land waar daar op die toekoms gefokus word wanneer dit kom by kinders se opleiding.

“Die Suid-Afrika wat ek wil bou, sal geen plek hê vir korrupsie en korrupte politici nie. Indien jy ʼn korrupte politikus is, sal jy minstens 15 jaar tronk toe gaan. Tenders sal in die openbaar toegeken word en geen politikus sal met die regering sake doen nie.”

Maimane meen indien staatsbeheerde instellings wat nie werk nie verkoop word, sal korrupsie in die slag bly. “Indien ons die kabinet met die helfte verminder en ophou om geld aan onnodige luukshede te bestee kan ons die land van ons drome bou.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Adam ·

Die eerste keer wat ek kan onthou dat ek byna volmondig met Maimane saamstem, maar hoeveel van die inhoud daarvan kan ons vertrou sal gebeur. Die DA is ‘n Multiplex party wat alles en almal se belange wil dek en dit is gewoon onmoontlik. Weliswaar ‘n goeie uiteensetting wat nodig is om orde en voorspoed te bewerkstellig, maar vakbonde sal sy pogings in die wiele ry.

Poot ·

BAIE goed gestel Maimane. Now put your money where your mouth is.

Erdwurm ·

Sal verseker DA stem en vir Mmusi. Blou is ‘n pragtige kleur!!

Stan ·

So jy steun ook vir BEE saam die DA? Glo my, as ‘n besigheids eienaar maak dit seer.

Allan ·

@Erdwurm
MANIFESTO:
BEE
7. The DA rejects the approach to Ellack Economic Empowerment (BEE) as carried out by the ANC which “has only served to enrich a politically connected elite and to dampen economic growth, at the cost of job creation”. The party wants policies that spend tax wisely: a programme of real empowerment that makes the pot of economic growth bigger: and the share that all South Africans get: to be fairer.

The party will approach BEE by 1) codifying specific metrics which will signify successful redress, 2) introducing social protection measures which provide for all currently disadvantaged South Africans regardless of their: or their families‘ exposure to past injustice.

MAW DAN MOET JY NIE KLA AS JOU KINDERS NIE WERK KRY NIE

Stom geslaan ·

Erdwurm met daai Stelling, Gaan Ek jou gebruik Vir was hopelik vang Ek iets

riaan ·

Blou word ook geassosieer met depressie en dit is waar jy gaan wees onder ‘n da regering of administrasie!

Johanna Botha ·

Al die wonderlike planne en dele van centurion is al vir meer as 24 uur sonder krag ( nie die substasie probleem nie) Harare het meer krag as die plek !

Hennie ·

Wat van White Privilege Mmusi. Jy is mos met een getroud ook, nie waar nie! Jy kry nie die Afrikaner stem hierdie jaar nie.

John ·

Daar is niks wat die DA vir Afrikaners wil en gaan doen nie. Hierdie ex-dominee is nou ‘n selfie-verkoper… die Bybel vergete.

Johann M van Heerden ·

Wie gaan vir die ou stem. Dit is net praat praat. Niks word gedoen nie. Swart leier gaan nie maak hy stemme kry nie. Sy uitsprake SEB het my oortuig om nie vir die party te stem nie. Helen Zille was en is ‘n rots en het gemaak dat die DA goed reggeer. Maimane is net ‘n tipiese Afrikaan en praat net. Ons as wit en bruin kiesers sal moet wakker skrik.

Johan ·

Geen rede hoekom Alan Winde nie dieselfde standaard sal handhaaf as wat Helen Zille oor die jare in die Wes-Kaap gedoen het nie. Hy immers al jare in haar stadsraad en provinsiale wetgewer gewees

Reguit praat ·

Johann die problem is mense soos jy wat verewig alles om velkleur will regverdig Erinstig tyd dat ons DA beleido ondersteun en baklei vir demokratiese land gebaseer op meriete en nie vel kleur nie

Foxi ·

Ek sal beslis WEER vir die DA stem!. Ooral waar die DA oorgevat het WERK alles ten minste. Gee die DA n kans, Rome is nie in een dag gebou nie. Eers wanneer van al die korrupte amptenare onslae geraak is, sal als weer opdreef begin gaan. Die DA staan vir almal, alle rasse. Eerder die DA as vir die ANC. Ek is eerder postief en glo aan n beter toekoms as om net gal te blaas. Die ANC het te veel tou gekry, dis nou tyd om die tou n bietjie terug te trek.

Cobus ·

Ek stem hierdie keee DA emigste party wat werkbare oplossing het

riaan ·

Jy gaan nog lekker huil! da soek net die wit stem maar wil nie en sal nie vir wittes enigeiets doen nie. Kyk maar na pretoria waar alle beskikbare hulpbronne na swart en bruin gebiede gekanalisser is met die gevolg dat oorwegend wit gebiede soos Centurion pateties vuil en veslons is!

Clipper ·

Ek lees kommentaar en wonder of mense ooit tevrede sal wees. Die Afrikaner se kultuur blyk een van ons is teen alles te wees. Hier kom n eerlike politikus en maak voorstelle vir n beter land en al wat mense doen is om rassisme teenoor sy vrou te praat of om hom te beskuldig dat hy niks sal doen en dat hy soos die anc is. Word bietjie groot mense julle gaan nie n Afrikaner regering ooit sien nie so aanvaar die beste wat daar nog ooit was sedert 1994. Helen is geskiedenis.

GRIET ·

❗❗? EK SIEN OOK EERDER 100 MAAL Ñ ?hoofsaaklik BLOU? party aan BEWIND in koalisie met VF+COPE +ACDP ❗❗
ÁL WAT OORBLY, VIR DIE KLEINER SWAKKER PARTYE

Tanya ·

Ek seker almal het droome. Ek het ook n droom. Om in n ander land te gaan bly. Waar daar vrede is. Jy se niks van ons blanke volk nie maar is getroud meg n wit vrou. Ons almal moet gekap word onder een dag. Nes God almal kamp om in hemel te wees.

Manie ·

Ek bly in Pretoria en kan daagliks sien hoe die plek agteruitgaan onder die da. Hulle is net so pateties soos die anc wat voorheen was. Behalwe by die da het my erfbelasting amper verdubbel. Dieselfde het gebeur toe hulle aan bewind kom in Kaapstad

Clipper ·

Jy bly seker in n ander Pretoria as ek want dinge gaan baie beter onder die Da inaggenome dst hulle ongelukkig met die eff moet saamwerk en gebuig gaan onder n anc regering wat nie skole en sekuriteit verskaf en behhorlike begrotings toeken. Die Da is ons redderparty, word tog net wakker

V ·

Ek stem hierdie keee DA emigste party wat werkbare oplossing het

Johan ·

Mag die enigste behoorlik funksionerende provinsiale regering in plek bly in die Wes-Kaap en dit elders versprei

Frik Lotz ·

Als wat die DA sê is net leë woorde en leë beloftes om stemme te kry, nes die ANC. As jy vir DA stem dan stem jy teen jou eie toekoms. DA steun regstellende aksie wat diskrimineer teen minderhede soos witmense en bruinmense. Enigste party wat opstaan vir Afrhkaans en minderhede is VF Plus. DA=ANC, so eenvoudig soos dit.

Johan ·

So die ‘toekoms’ le in n party van 2 of 3% wat net blanke belange nastreef?

TN ·

Johan , somme is nie die ver-regses se sterkpunt nie ! Die regses glo dat die ANC se ideologie die regte een is __ net vanuit ‘n ander hoek !

ANA ·

YESSS…JOHAN ??? ennn…ou FRIKKIE LOTZ +& hak ook weer álmal VAS,vandag…teen DA en om tog maar EERDER viri magtige groot VF+ te stem..met sy 2%!!!???

Frik Lotz ·

Ana, my naam is nie Frikkie nie, maar Frhk, so kry jou feite reg. In elk geval bly n party nie klein nie maar groei soos meer mense die party ondersteun. Netso word n party kleiner soos mense die party verwerp en dis wat besig is om te gebeur met die DA. Stem maar DA maar moenie na die tyd kom huil as jy jou en jou kinders se toekoms weggestem het nie. VF Plus enigste GROEIENDE alternatief.

TN ·

Frik , die enigste plek waar die VF Plus groei is in julle verbeelding . Geen party wat Blanke eksklusiwiteit voorstaan kan ooit weer ‘n faktor in Suid Afrika wees nie __ ‘n klompie ewig negatiewe kiesers sal seker vir julle stem maar skryf neer wat ek vandag hier skryf ; DIE VF PLUS SE TOTALE STEUN GAAN VERMINDER !

Adam ·

Frik, alhoewel ek groot respek het vir die VF+ en wat hulle poog om te doen en al is dit so dat hulle dalk mag groei, sal hulle selfs met die hulp van “steroides” net kan groei tot ‘n dwergie-party.

Realis ·

Droom maar lekker voort Mmusi! Die ark is oop hier aan die suid punt van Afrika, en jy belowe almal die son, maan, sterre, jobs en huise! Good Luck!!

Boet Fasie ·

Mnr Maimane , net 4 uit 10 inwoners wil opstaan om te werk vir ‘n inkomste die ander 6 sit en wag vir SASSA , het jy al gesien hoe sit mense op straat hoeke en bedel, maar bied hulle werk aan dan stel hulle nie belang nie. Hoeveel blankes staan op straat hoeke soos standbeelde onder die invloed van dwelms dat hulle nie eers kan praat nie, bied vir hulle kos aan in plaas van geld dan hoor jy hoe vloek hulle – hoe gaan jy hulle laat werk.

chrisp ·

Die Afrikaner is seker die volk wat die vinnigste vergeet.
Die DA het altyd voor die verkiesings al die regte geluide gemaak om die Afrikaner stemvee se kruise te koop ,elke keer.Met hierdie worteltjie doen hy weer presies dieselfde dieselfde word gekoop deur die meerderheid Afrikaner om net in die volgende paar jare geboelie,vertrap en verneuk te word.Die DA word dan sleg gese en afgeskryf om dan net weer vir dieselfde te val.

Eintlik pateties.

Lerato ·

Chrisp
Graag verneem ek van voorbeelde waar die DA die Afrikaners sou sleg gesê het.

Is dit regtig, of het jy dit gedroom?

Maljan ·

Wil ons regtig stem vir n party was titelaktes gratis en mahala aan niebetalers gaan uitdeel? Witmense kry nie rdp/ hophuise plase en titelaktes nie. Waar kan ons gaan toustaan vir titelaktes van gratis huise sonder prokureurskoste ook nog?

Frik Lotz ·

Wat is fout daarmee om op te staan vir blankes se belange wat juis vertrap word deur die ANC en misken word deur die DA met hul ondersteuning van rassistiese wetgewing soos regstellende aksie en BEE? Terloops, in 1999 het die meerderheid blanke kiesers vir n piepklein DP, vandag die DA, gestem en toe het niemand gese hul is te klein nie! Hoe dan nou? Hou op om te val vir valse DA propganda!

bolla ·

SEB en regstellende aksie is REGSTELLENDE wetgewing om die ongelykhede van die verlede onder apartheid aan te spreek. Die VF+ is die enigste party in SA wat glo dat die ongeregtighede van die verlede nie aangespreek hoef te word nie, hulle leef in ontkenning van die walglikhede van apartheid.

Reguit praat ·

Sonder DA onderstuinong gaan jy nerens kom nie VF+ het nie genoeg ondersteuning help nie jy bly blaf sonder byt nie moet getale kry vir wittes DA het beste werkbare beleid Kan nie party ondersteun wat esklusief net wit mense wil I ondersteun nie jy sit I n SA dink n bietjie aan ander oplossing

Lerato ·

Waar die DA in beheer gekom het, is korrupsie drasties aangepak. Dink maar aan Pretoria, Johannesburg en Port Elizabeth.

Dis dié party wat die moeite doen om korrupsie te ontbloot en om die ANC hof toe te sleep.

Die konserwatiewe stemme gaan verdeel wees tussen VF+en Cope.

Ek hoor mense sê. Jong ons moet VF+ stem want Groenewalt kan praat. Wat het al sy gepraat iemand gehelp?

riaan ·

Van waar faks jy????

Korrupsie in Pretoria drasties aangepak?????? Jy maak seker ‘n grap?

Al wat die da in Pretoria gedoen het is om die anc korrupsie na da korrupsie om te skakel!!! En toe dit begin backfire hardloop msimange baie vinnig weg kamtig om premier te probeer word. Kan jy jouself as die korrupte, onbevoegde rasis Premier van Gauteng word???

Spaar my dit!!!!

Werner Selzer ·

Julle DA stemmers moet solank die ANC se beleid aanneem want julle gaan n groot verassing kry as Mussi saam met hulle n koalissie vorm

Lerato ·

Werner
Daar is 2 ANC’s. Die onder Cyril en die onder Zuma. Cyril moet fyn trap want hy het’n skrale meerderheid in die NUK, die Nasionale Uitvoerende Kommite.

Die toekoms lê by ‘n gematigde party. As Cyril dan met DA ‘n koalisie moet vorm ter wille van die land dan is dit goed so.

Sanet ·

Hou maar gerus op,met stry,stoei, slimhou en veg ondermekaar…volksgenote
Die ANC+EFF gaan ons almal PLATVEE met hulle getalle en hordes

Dries du Toit ·

Die anti-VF+ mense op hierdie forum kom nie met behoorlike beleids argumente nie. Al wat hulle op hammer is dat die VF+ sogenaamd 2 % steun gaan kry. As dit hul rede is om vir die DA te stem is dit darem baie kortsigtig. Die VF+ se strewe is om die meerderheid van die minderhede in SA se steun te kry. As die anti – VF+ mense n beter sommetjie soe om hulle standpunt te versterk kan ek vir hulle sê dat die Vryheidsfront verteenwoordig net .000001% van die anti -Afrikaner in die hele Afrika. Wat de hel maak dit saak. Stem vir jou mense nie om te wen nie. Anders kan ons maar almal vir die bloubulle skree ook?

TN ·

Dries , nee jy lees net wat jy wil raaksien . Die DA is die enigste party wat ‘n tuiste vir alle rassegroepe bied . Glo my , ons het mekaar nodig om die stryd teen die ANC te wen en MOET by kleinlikhede verby kyk . Ek sal oor taal en kultuur bekommer AS ons nog ‘n land gaan hê anders kan ons dit maar in Australië gaan doen .

Andre ·

Ek kan nie glo dat mense wat dieselfde taal as ek praat nog twyfel kan he vir wie hulle gaan stem nie !
Alhoewel die party nie die verkiesing kan wen nie kan dit ‘n verskil maak.

Leonora ·

Een groot leun wat reggestel SAL MOET WORD in hierdie land van ons…dat SA nie ons Witmense se land is nie. Ek is hier as burger gebore so ook my kinders/kleinkinders…. voorouers…en nog voriges. Die leiers sal dit moet aanspreek want terwyl die meerderheid dit glo en uitbuit en ons soos indringers behandel en toesnou…gaan baie dinge nie verander. Dan is dit klomp snotkoppe wat sê “this is not your land” MM jy sal hier ook moet help asb.

riaan ·

Van waar?

Stig julle klomp da’s ook nou julle eie Orania???

DIt is 2019 en nie 1819 ·

Die DA is verlig en vooruitstrewend. Dinge werk goed waar hulle in beheer is en hulle saai nie verdeeldheid nie. Dit is 2019 en ons kan nie terugkeer na 1919 of selfs 1819 nie want dit is onmoontlik.

riaan ·

Wat probeer jy nou eindlik se behalwe dat jy die waarheid verdraai met “dinge werk goed waar hulle in beheer is”??

Pensioenaris ·

Moet n eiertjie le as julle klaar baklei het. Ek stem DA so baklei maar met my ook.
Van Pretoria.

Verstandige Pensioenaris ·

Pensioenaris van Pretoria jy het inderdaad baie wysheid. Ook om te wag totdat almal klaar baklei het totdat hulle tonge uithang voordat jy jou wyse mening lug.

Boerseun ·

Verstaan nie hoekom mense nog vir ANC lite wil stem nie. Hulle gaan in elk geval nooit die ANC wen nie. Stem eerder volgens jou hart want al die partye gaan in elk geval moet saam staan soos die DA moes doen vir al sy setels.

D B ·

Laaste algemene verkiesing, en selfs munisipale verkiesing, het almal heerlik saam DA DA DA gesing. Dinge lyk nou BAIE anders, maar is dit nie die ware doel van demokrasie nie?

Elkgeval, as ‘n begin wil ek net graag by die DA hoor: In my huis werk ek en my vrou, so daar is reeds 2 werke, so as ek DA stem, gaan ek ‘n “derde” werk in my huis kry? Laat ek raai, my huis is “bevoorreg”…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.