Maimane soek antwoorde ná Zambië hom weier

Mmusi Maimane, leier van die DA, , , ,

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Vrydag gesê hy sal terugkeer na Zambië al is hy Donderdagaand by sy aankoms in die land op die lughawe toegang geweier.

Maimane is op die Lusaka-lughawe voorgekeer nadat hy in Zambië aangekom het om die hoogverraadverhoor van Hakainde Hichilema, die leier van die opposisie in Zambië, in die Lusaka-landdroshof by te woon. “Mnr. Maimane was op pad om sy steun aan mnr. Hichilema, wat onregmatig deur sy regering vervolg word, te toon en om die DA se verbintenis tot ʼn menseregte-gebaseerde buitelandse beleid te benadruk,” het Phumzile van Damme, die DA se nasionale woordvoerder, ná die voorval gesê.

Hichilema is van hoogverraad aangekla omdat hy die lewe van pres. Edgar Lungu sou bedreig het deur te stadig voor die president se konvooi te ry. Hy is aanvanklik daarvan aangekla dat hy die pad versper het.

Van Damme het gesê Maimane het hom ten sterkste uitgespreek teen die vals aanklagte teen Hichilema en het die ANC-regering veroordeel omdat hulle nog nie standpunt ingeneem het teen die hoogverraad-aanklag nie.

Maimane het Vrydagoggend beskryf hoe hy en sy kollegas op die lughawe hardhandig deur die Zambiese owerhede DA hanteer is en hul selfone en iPads afgeneem is. Hy het gesê hy is fisiek verhoed om van die vliegtuig af te klim totdat hulle uiteindelik noodgedwonge die land moes verlaat.

Maimane het later die dag tydens ʼn perskonferensie in Suid-Afrika gesê hy het Zambiese hoë kommissariaat gevra om volledige redes te verskaf oor hoekom hy toegang geweier is.

“Hulle het my verseker dat hulle die kwessie sal ondersoek en met hul bevindings na my toe sal terugkom,” het Maimane aan die media gesê. Hy het aangedring dat hy met Hichelema se volgende hofverskyning daar sal wees.

“Ons gaan nie wegbly nie. Ek het gevra dat ons by die volgende verhoor van mnr. Hichilema kan wees, nie omdat ons met die reg in Zambië wil inmeng nie, maar ons wil saam staan en verseker dat die Zambiese regering op ʼn demokratiese manier optree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Jakobus ·

Maimane, gee liewer aandag aan jou vete met Helen Zille oor kolonialisme. Sorteer eers jou kop oor die verlede uit.

Onderdiearm ·

Jakobus, hy het niks daar verloor nie maar jy kan maar ook jou eie raad volg. Klim van die ossewa af. Wanneer ek die kommentaar lees van amper elke persoon wat n eiertjie lê besef ek dat die konserwatiewe Afrikaner net so n groot deel van die probleem is as bv die EFF.

Jakobus ·

Ek is verseker nie ‘n Onderdiearm Afrikaner nie. Verseker is ek ook nie konserwatief nie, ek is ‘n IFP. So ek weet nie waar jy met jou onderdiedinges kommentaar en aanname vandaan kom nie, stel ook nie eintlik belang nie.

Gert ·

Dalk moet jy meer gepla wees oor die demokrasie in jou eie land en die water krisis in jou provinsie voor jy weg hol vir publisiteit…

zoom zoom ·

Betaal hy self vir die trip og word hy deur die DA geborg???? En wat hou dit in vir ons hier in SA???

Thelma ·

Ek stem saam. Wie se geld word nou gemors vir ‘n tweede vlug… Charity begins at home. Sorteer eers goed in jou eie land uit. Ons het meer as genoeg probleme hier!

Demokratie = Kommunisme ·

Die woord “demokrasie” is ‘n kommunistiese term. Dit laat moet kommunisme baie beter laat klink, maar die publiek is alreeds so gebreinspoel dat die meeste mense dit nie glo nie. Suid-Afrika word regeer deur die SA Kommuniste Party / ANC alliansie – en elke dag vertex hulle Suid-Africa is ‘n wonderlike “Demoksrasie”.

Kommunistiese Noord Korea se naam is “The Democratic Republic of North Korea”.

Swannie ·

Hy wil nie inmeng nie, maar hy wil darem saamstaan om te verseker dat die Zambiese regering op `n demokratiese manier optree.

Nou hoe wil hy DIT regkry ???

Henk ·

Maggies ne, hy is bekommerd oor wat in Zambie aangaan, wat van sy eie land ? Nog nooit erens gelees dat vriend Mmusi al ooit ‘n slagoffer van onreg, soos bv ou mense wat gemartel en beroof of plaasaanvalle besoek het om sy medelye uit te spreek nie. Ag wel, wat het ek andersins verwag ?

Jos ·

Dankie Henk.

Jy haal die woorde uit my mond.
Tenminste praat jy die waarheid en ek dink jou opinie regverdig baie Suid Afrikaners se stanpunt.

Adoons ·

Ek wonder of hy toe sy selfoon kwyt is en of hy dalk oulike foto’s verloor het. Oulike selfies wat hy saam met bekende persone soos Helen Zille en Julius Malema geneem het.

Een vragie ·

Wat het hy en die DA uit te waai met Zambië. Verduidelik dit vir my asseblief.

doringbos ·

Ek kan jou verwys na n boek wat jy kan lees maar hulle sal nie my kommentaar plaas nie. Soek en jy sal vind

Aletta ·

Is hier nie genoeg probleme in Suid Afrika wat hy en die DA kan aanpak nie? Dinge was nog nooit so sleg nie en kyk waar voeter hy rond.

Jos ·

DEMOKRASIE staan vir
Dood En Moord Onder Korupte Regering Anders Steel Iemand Eerste?

Eish ·

Die wat in glashuise woon kan nie met klippe gooi nie. Het jy nie genoeg werk nie pel? Nou nooi jy wragtig nog immigrante hierheen op die koop toe! Dink jy het die laaste keer my stem geniet.

Freek ·

Ek dink die beginsel is dat demokrasie en die waardes daaragter deur Mmusi gepropageer word. Dis waarom hy Zambië toe is. Ek is verstom oor die redenasievlakke van sommige mense. Mmusi wil Suid Afrika in ‘n nuwe rigting neem. Daar is twee rigtings van emansipasie van die tipiese Afrika storie. Die een is om alles wat blank is te haat soos wat ons prez en Malema doen. Dit lei tot anargie. Die ander is om volgens beskaafde beginsels te sê as ons mekaar respekteer as gelykes, lw. gelykes en ook so optree en nie met mekaar op die geëikte maniere neerhalend praat soos wat baie op hierdie forum doen nie, dan sal ons so tussen ons foute en tekortkominge kan luister na mekaar. Natuurlik moet daar grondhervorming plaasvind. As jy vordering wil maak met mense moet jy hulle sin van waarde herstel. Ek het nie die antwoord vir hoe dit gedoen moet word nie, maar waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Dit moet net met respek begin. Ek propageer nie die DA nie. Ek wonder ook of dit wys was om Helen Zille te kasty, maar op ‘n sekere vlak kan dit maklik lyk soos ‘n net nog ‘n poging om die gegoedes se belange te beskerm as jy kolonialisme se nalatenskap aanprys. Helen Zille het niks bedoel daarmee nie, maar dit kan deur baie as ‘n meerderwaardigheiskompleks gesien word. Ek is oortuig daarvan as jy Mmusi vra sal hy presies dit sê.

Adam ·

Goed beredeneerde opinie. Ek glo nes jy dat respek die hoeksteen van vreedsame naasbestaan is.

dirk ·

Is baie waar, Maimane se rigting van beskaafde debat en samewerking is die enigste opsie wat ons eintlik het, Die ander moontlikhede is te aaklig om te oorweeg, Die DA doen geweldig baie om verantwoordbaarheid en oop politiek te bedryf en wend hul ook na die howe om geregtigheid te laat geskied.

Gert ·

Emansipasie… Klink vir my meer soos konsepasie…
Jy maak n goeie punt maar as ons begin ons oë oop maak en eerlik is met mekaar sal ons besef dat daar net een uit einde is tot die saak. Hoe goed jou weergawe ook al klink is dit nie hoe Afrika werk nie.

DB Jaeger ·

Jy veroordeel mense redenasievlakke. Het jy op enige stadium met Maimane hieroor gepraat?. Waar kom jou “insig” vandaan…of verwar jy net jou hoë redenasievlak met hou beskeie opinie?

Petro ·

Jy weet Mmusi ek like jou…maar wat gaan soek jy daar??
Hier is meer as genoeg nonsens in ons eie land om uit te sorteer. Gaan kuier vir ‘n paar plaas aanval survivors en praat ‘n slag HARD duidelik teen plaasaanvalle en moorde op kinders en vroue. Prioriteite boet!

Yster ·

Stem saam. Ons plaasaanval oorlewendes het meer aandag nodig as n ou wat n konvooi vertraag het. Laat hulle hulle eie probleme uitsort. Probeer jy asb. ons seer mense besoek. Dit sal meer wys van jou omgee as vir ń ou in Zambië

Ben ·

Freek, dankie vir jou siening wat gebalanseerd is. Ekself was in Zambië betrokke en het die mense as welwillend en goed opgevoed leer ken. Afrika politiek bly egter steeds ‘n probleem omrede magsvergrype en egos belangriker is as menseregte. Dit dui vir my op ‘n positiewe ontwikkeling dat leiers ook daar wil wees as onregverdigheid dalk sou geld. En nee, ek is beslis nie ‘n DA ondersteuner nie maar dalk is dit tog goed dat ons swart leiers hulle stem laat hoor in ons buurstate.

Bruno Stef ·

Freek ek kan met gedeeltes van jou kommentaar saamstem maar ons moet die slagting onder ons eie mense veral op plase nie probeer afmaak as SG algemene misdaad nie. Mmusi het nog nie soos Lekota en andere homself uitgespreek ten gunste van die veiligheid en voortbestaan van die land se voedsel verskaffers nie. Dit is belaglik dat buurlande se Presidente so verhewe en meerderwaardig voel dat alles voor hulle moet padgee met sy aankoms ek het persoonlik al verskeie kere met die spektakel in buurlande te doene gekry. Mmusi kan eerder homself toespits op binnelandse allerdaaglike probleme as sy “Roadshow” wat in SA geeindig het in n skreeukompetisie teenoor ExZambiers wat eerder nie hier moes gewees het nie.Onthou net soos spreukwoord se” Charity begins at home”. baie swartmense is ook rassisties teenoor witmense met n meerderwaardigheids houding dit werk na alle kante toe.

BoerseunXXC ·

Wat maak dit saak watter Afrika leier is in beheer in Zambia? Al begin hy goed gaan hy in elkgeval eindig waar al die ander Afrika state uiteindelik eindig. Suid Afrika ingesluit. So hoekom jou tyd mors daar? Ek dink jy gaan tot jou skok agterkom hoeveel stemme die DA verloor het met die hantering van die Zille fiasko.

Kry vir jou. ·

Kry vir jou ou Mmusi, nou voel jy hoe baie van ons voel dat jy niks aan rassisme teen blanke doen nie en niks oor plaasmoorde doen nie. Jyt vergeet Zambie is die ANC se ou maatjie. Eerste houtjie van die blinde sambok.

vermeende ·

Onderdiearm,

Die konsewariewe was nog nooit in die land aan bewind nie en so ook geen probleem nie, maar die liderale se handewerk is duidelik sigbaar oor die hele land..

Johanna Botha ·

Wat gaan maak die man daar ons het groot probleme in SA nou gaan hy Zambia toe …die plek is n GROOT gemors strate wat eens geteer was is nou grondpad …SA wil my lyk gaan dieselfde pad want niks word meer herstel of onderhou nie …alles hang aan n dun toutjie reg om te val

Jakobus ·

Helen Zille was mos nou so ‘n tydjie gelede in Singapoer (dit is nou waar na sy met die kolonialisme storie teruggekom het), nou het Maimane seker maar ook besluit om te reis en toe kies hy Zambië.

Frankie ·

Ek en man woon sedert 2001 in Zambië en ons is baie gelukkig hier. Die land het sonder twyfel groot uitdagings om te oorkom maar die lys positiewe dinge oor Zambië en sy mense is baie langer as die negatiewe. In die 16 jaar wat ons hier woon het ons persoonlik bitter min rassisme beleef, van gehoor of in die nuus gesien. Hier is GEEN ras verwante gru moorde nie en bitter min kapings. Zambiërs is as ‘n nasie opreg vriendelik, polities matig, humoristies, hardwerkend met hope ondernemings gees. Ons dorp – soos in die meeste Zambiese dorpe, het amper elke week tradsionele betongings oor sosiale- , ekonomiese -of politiese issues : ‘n groot groep mense wat rustig al singende, onder polisie begeleiding in die hoofstraat loop, met hand gemaakte baniere – en hier by ons, gevolg deur die plaaslike laerskool se drompoppies en die Lugmag se koperblaas orkes. Die marakas in Lusaka is TOTAAL buite die nasie se karakter. Hulle duld nie rasisme, buitelanders met ‘n ‘white saviour’ kompleks, uitbuiting en nie respek hê vir die land se wette nie. Maak jouself skuldig hieraan en jou dae in hierdie land is getel. Ons dorp boer stadig maar seker vooruit. Nuwe teer strate, straat ligte, Shoprite, Spar, Ocean Basket. Lusaka het eerste wêreld malls met Woolworths, Food Lovers Market, eerste wêreld dokters, tand -, oog – en veeartse. Zambië het groot suksesvolle expat gemeenskap – Kiwis, Pommies, Aussies, SAners en Zim boere- mense wat kies om hier te woon.

Johann ·

Baie dankie, dit was nou interessant om te lees. Voorspoed daar vir julle.

N Lourens ·

Jy vat dit baie goed raak vermeende.Die liberalis onderdiearm se hande werk oral sigbaar in hierdie land SA

Vierkleur ·

‘n Outonome land. Wat soek hy daar !!!

Skop hom uit. Wel gedaan.

Jakobus ·

Ek lees nou vandag Maimane is daarteen dat Zille weer in die Weskaap vir die DA staan. Dit wil my mos nou voorkom asof hy besig is om die DA te kaap. Nou ja toe die mense doen dit met die ANC en die mense doen dit met die DA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.