Maimane spoel sy mond uit oor ANC

Mmusi Maimane aan die woord tydens Vryheidsdag. (Foto: ANA)

Dit is nie in Suid-Afrika se belang om die ANC ʼn sterker mandaat te gee nie, ongeag wat sommige kommentators mag skryf, het Mmusi Maimane, leier van die DA, Saterdag gesê.

“As ons werklik ons ​​politiek wil hervorm, en sodoende ons land wil hervorm, is die beste ding wat ons kán doen om die ANC onder die 50%-kerf te bring,” het die partyleier by die DA se Vryheidsdagviering in Johannesburg gesê.

Maimane het in sy toespraak gesê arm Suid-Afrikaners se lewe het die afgelope 25 jaar al moeiliker geword onder die ANC-regering. Al meer mense het hulle by die geledere van die werkloses aangesluit, al meer leef nou onder die broodlyn en al meer Suid-Afrikaners leef sonder ʼn inkomste en oorleef deur skrapse toelaes, het hy gesê.

Volgens Maimane het al minder jong mense ook in die afgelope jare matriek behaal en meer Suid-Afrikaners het slagoffers van misdaad, veral geweldsmisdaad, geword.

“Alles van vervoer en kos tot elektrisiteit en brandstof kos veel, veel meer, selfs al neem ʼn mens inflasie in ag.

“Die 25 jaar onder die regering van die ANC was verwoestend vir ons land en sy mense. Dit was ook rampspoedig vir die ANC self.”

Die leier het gesê die voormalige bevrydingsbeweging wat Suid-Afrikaners ʼn beter lewe beloof het, toon vandag geen ooreenstemming met wat eens onder leiding van Oliver Tambo en Nelson Mandela belowe is nie.

“Oor Afrika heen het ons dit ontelbare kere gesien – bevrydingsbewegings wat onder die gewig van hul eie korrupsie en gierigheid sink, wat uiteindelik plek maak vir die volgende fase van ʼn nasie se demokrasie,” het Maimane gesê.

“Soos ander bevrydingsbewegings op die vasteland gaan hulle saam met die konvensies van demokrasie, maar raak nooit regtig deel daarvan nie. Hulle gee voor dat hulle die Grondwet nakom, want dit is wat jy moet doen, maar hulle is nie daartoe verbind nie. Hulle gee voor dat hulle ten gunste van ʼn vrye en onafhanklike media is, maar hulle beskou die openbare uitsaaier as ʼn party se spreekbuis en verwag dat hulle vleiende mediadekking in die media sal hê,” het Maimane in sy toespraak gesê.

Volgens Maimane sou die leiers van destyds ontsteld gewees het oor hoe die party vandag lyk.

“Dit is waar ons tans in ons land staan. Ons het ʼn nuwe begin nodig en dit kan onmoontlik binne die ANC ontstaan. Dit moet van buite af kom,” het Maimane volgehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Oom Willem ·

Ook maar net politieke retoriek.
Sal miskien vir ‘n jaar of vyf lyk of dit beter gaan maar sodra hulle hul hande op die land se bates kan lê, vergeet hy van alles. So gaan dit oral in Afrika.

Melanie ·

Moesie het nou eers agtergekom wat regtig in die land aangaan. Ons kon hom al lankal touwys gemaak het maar tot nou toe het hy bitter hard gewerk om die witman ooral uit te werk. Stadig maar seker gaan hierdie “rammetjie uitnek” ‘n harde les leer wat hy NOOIT sal vergeet nie. Gaan aan moesie … gaan aan.

Boerboel ·

Weereens is die ANC nou sleg. Maar meeste van sy ondersteuners is x ANC. So wie bluff hy hou?
DA ANC LITE

Annie Webb ·

Dis ANA (African News Agency) se berig oor Maimane se Vryheidsdag-toespraak dié. Ek raai ANA ondersteun die ANC, dus is die berig redelik afbrekend en eensydig. Maimane se volledige toespraak is op die DA se webwerf beskikbaar; hy praat veral oor werkskepping. Verstommend dat VF+ ondersteuners die DA as “die vyand” beskou. Die ANC/EFF is ons almal se vyand, maar die VF+ kan natuurlik nie stemme van die ANC afrokkel nie. Dus moet hulle die DA aanval. Pure politiekery en nie juis slim nie.

Cherokee ·

Om iemand soos hy as held te hê verduidelik maklik waarom geskryf word onder ‘n onherkenbare titel soos ‘hoe weet jy’. Jy is dus skaam vir jouself. Lees hom weer en sien wie is julle helde.. diegene na wie julle opsien en nastreef; Oliver Tambo en Nelson Mandela. Lees weer as jy my nie glo nie. Dìt is wie julle na opsien. Julle wil graag soos hùlle wees. Ons konserwatiewes wil nie deel wees van julle nie. Al word ons minder en minder, al word ons nie ingesluit by koalisies nie. Wie gee om. Ons bewonder nie julle helde nie.

Boland ·

Julle almal het vir die ANC gestem.Julle almal het die land help verwoes.In 1993 het ons almal geweet dis gaan gebeur.Hier is so baie skade aan SA aangerig.Kan nie sien dat dit gaan verander nie.Steek jou onderrok in.

humor ·

Hoe weet jy baie baie onwaarskynlik as jy eerlik hierdie party se geskiedenis nagaan.

phillip ·

Die DA het klaar bewys hulle bedoel besigheid. Oral waar hulle oorgevat het van die ANCgaan dit beter. Dit is nie maklik om n ander se gebrouery reg te maak nie maar hulle doen dit.

TN ·

@Philip __ die regses sal NIE erkenning gee aan enige goeie werk en / of bestuur deur die DA nie ; soos julius malema het hulle konflik nodig vir hul voortbestaan .

Griet ·

AAAAAG…ÁLMAL SPOEL HULLE MONDE UIT TEENOOR DIE REGERING IN DIE VERVELIGE OU VERKIESINGS SIRKUSSIE

Dries du Toit ·

Ja Philip dit gaan beter waar die DA regeer. BEEE streng aan die orde van die dag, Afrikaans aan Universiteite iets van die verlede, Blanke kinders wat nie werk kry nie a.g.v hul kleur. Grond onteiening wat onderhandel word in die agterkamers. Verguising van blankes deur hooggeplaasde DA LUR’e en vergoeding vir daardie lede hoog op hulle verkiesingslyste. Kan jy regtig nog so maklik n keuse maak tussen Mmusi Maemane en n christen Afrikaner Dr. Pieter Groenewald. Wys jy regtig n toffie vir jou eie mense. Sal jy jou buurman meer vertrou as jou eie pa

Cherokee ·

Die DA se helde .. Oliver Tambo en Nelson Mandela. En julle maak of julle een is met ons. Gaan trek julle kruisies vir die DA met eer aan bo-genoemdes.

Annie Webb ·

Ai Dries du Toit, jy speel nét op emosies. Hier in die Kaap waar die DA regeer, het niemand nog geraak aan Afrikaanse skole nie. BEE en universiteite word deur die nasionale regering, dus ANC, beheer. Dit is en bly Afrika en ons is ‘n demokrasie, dus is die enigste manier waarop jy deur “jou eie pa” regeer gaan word, as die ou Boererepublieke herleef soos ek elders in dié kommentare gesê het. Good luck daarmee. Of met jou plan dat “jou eie pa” in die VF+ vir Maimane “in toom gaan hou”. As Maimane wat doen? Hy is die leier van die amptelike opposisie. Sy werk is juis om die ANC in toom te hou. So jou eie pa in die VF+ gaan dus vir Maimane keer om die ANC in toom te hou. Wat natuurlik presies is wat almal doen wat VF+ stem: maak die DA swakker en die ANC sterker. Dankie vir niks. No cure for stupid.

Dries du Toit ·

Maimane glo ek is verseker n beter opsie as die kriminele in die ANC en EFF maar ons kan hulle asb nie vertrou met die dinge wat vir ons dierbaar is nie. Dit het hulle ons klaar oor en oor bewys hulle niks voor voel nie. Die VF+ sal hullle op hul tone hou indien hulle n sterker mandaad kry

ANA ·

Ou Driesman JYT my no finaal oortuig, om nie vir die vf+ te stem nie!!! Baie dankie

kalbassie ·

Julle moet onthou as die ANC en EFF in kollisie gaan! Is dit verby met almal. Al staan al die kleiner partye saam in kollisie sal niemand saam met DA wil staan nie, aangesien Musi ook al teveel sy mond uitgespoel het oor ons mense. Hi grawe n gat vir homself en belowe ook net om stemme te werf vir verkiesing. Maak julle oe oop mense en gaan eder vir kleiner partye dat hulle meer stem in parlement het. Anders kry jou paspoort reg en bid baie hard vir die wat moet agter bly.

jan ·

En die meerderheid wat arm is en nog armer word, stem nog steeds vir die anc

Oujongvrou ·

Judge Dredd, dis wat die wittes in hierdie land nie wil “spot” nie. Dis so iets soos soek n witman en wen n Nissan. So skaar mens jou nou maar by iemand wat wel n verskil maak soos die DA. Maar ek voorspel groot moeilikheid as Malema en ANC saamsmelt.

Griet ·

Het al die MM leserspubliek tog net jou wysheid gehad,OUJONGVROU dan was ons srtyd en toekoms al halfpad gewonne

Annie Webb ·

Die DA regeer en administreer my stad puik, ten spyte van deurlopende aktiewe en passiewe sabotasie deur die ANC. Hier in die Kaap bly die kern van die party wit amptenare met ‘n lang geskiedenis van goeie administrasie, wat dan bruin en swart mense koöpteer omdat g’n slegs wit party ooit weer in SA genoeg stemme kan kry om ‘n verskil te maak nie. Dit veroorsaak dikwels probleme, soos met De Lille, van mense wat private koninkrykies probeer stig, getrou aan kulture wat nie die konsep van publieke dienslewering sonder eie gewin verstaan nie. Maimane begryp dit wel en begryp ook dat die wêreldpolitiek op dié stadium besig is om 180° op sy as te draai van sosialisme en oop grense, oftewel globalisme, na kapitalisme en nasionalisme. Die VSA onder Trump is ‘n uitstekende voorbeeld van die sukses van dié beproefde benadering en anders as wat die linkse hoofstroommedia oral in die wêreld (ook hier in SA) beweer, berus dié suksesvolle nasionalisme op die welsyn van almal wat burgers is van ‘n land in die sin van ‘n grondgebied met grense, nie op groepe wat noodwendig homogeen is wat ras of ander persoonlike kenmerke betref nie. Trump se genialiteit ten opsigte van die faktore wat ‘n ekonomie stimuleer, is uniek maar kán nageboots word. Die tanende linkse Westerse regerings wêreldwyd en die hoofstroommedia wat hulle steeds ondersteun, herinner tans aan die stuiptrekkings van enige regime wat weier om oor te gee. Ons is Afrika, maar ons kán huidige sukses naboots.

Derek ·

@Annie Webb
Steun jou verstandige en ordentlike veelrassige oopkop volkome,hoor!

jAN ·

WONDER OF MAIMANE MET SWART KIESERS PRAAT HIER IN IN ONS DORP IN DIE WESKAAP SIEN MENS BAIE SWART JONGMENSE MET ANC T- HEMDE WAT WYS WIE HULLE ONDERSTEUN .AS DA DIE ANC ONDER 50% WIL BRING SAL HULLE DIE JEUG MOET OORTUIG DAAR IS IETS BETER ….. EFF WEN OOK VELD

willem Botha ·

Ek het nog altyd DA gestem todat die DA Pta gewen het ,van die raadslede in die moot het totaal in slegheid verval,daarom stem ek van hierdie jaar definitief VF+ so as die DA my stem sou nodig hê sal hulle maar met Dr Pieter Groenewald moet gesels.

Sanet ·

Haahaaaa…gelukkig het ek nog nooit n afgod van politiek,vf+ of groenewalt gemaak soos jy nie,willie

Andre ·

Die Afrikaner is die outeur van sy eie ondergang, wag en sien hoe gaan die hele gedoente nog uitspeel. Dit is soos die oorlig met die Engelse, dis n karatertrek van Afrikaners om nie saam te stem oor n sisuasie nie en elkeen wil sy eie kop volg. Die Afrikaner het homself dood verklaar in 1994 al. Die onderstrominge tussen ons sogenaamde volkie
Wat het Oom Paul gedoen toe dinge warm raak jare terug? Hy het die staatskas midde n oorlog gebuit sy vrou in Mosambiek op die dokke agtergelaat en gevlug. Ons voorouers sonder n sent agetrgelaat midde n oorlog ,tog staan hy op die plein in n vereerings posisie en almal wil die standbeeld beskerm. Ek verstaan nie die dinge aldag nie miskien is ek te stupid ek weet nie.

Dries du Toit ·

Liewe MM lesers. Na aanleiding van al die kommentare staan dit soos n paal bo water dat ons almal moedeloos is. Ek glo elkeen wat so driftig reageer en mekaar dan aanval is moedelose wesens wat bitter bekommerd is oor die toekoms van SA en ons as minderhede. Elke uur word daar n onskuldige blanke vermoor en ons lees al hierdie verfoeilike misdade wat ons woedend en magteloos laat. Wat dit nog meer aanvuur is dat so baie van ons volksgenote apaties teenoor hierdie dinge staan. Maar nou uit moedeloosheid val ons die wat net so bekommerd is soos ons aan. In werklikheid behoort ons sinvolle gesprekke met mekaar te he en mekaar te oortuig. Daar is ongelukkig mense wat voorkom dat hulle die oplossing het omdat hulle wil glo dat n ander rasgenoot jou belange sal bevorder. Daardie goedgelowigheid is al oor en oor bewys as n pypdroom reg oor die wereld. Hoekom sal jy bekommerd wees oor n ander ras as jou eie mense vermoor word deur daardie selfde ras. Die meeste MM lesers is bekommerd maar uit moedeloosheid werk hy oplossings uit wat nie baie deurdag is nie. Dit kan net deur goeie gesprek met mekaar reggestel word . Annie Webb besing die liberalisme van die DA aan die begin van haar kommentaar en later besing sy weer die regse tendens van die wereld en Trump se suksesse

Pieter du plessis ·

Dries,ware woorde dit is oor ons n volk is sonder leiers en sonder n land.

Annie Webb ·

Dries du Toit, jy val vas in rassisme (net wittes gee om oor plaasmoorde); die DA se “liberalisme” (is dit nou teen die VF+ se konserwatisme?) en dan praat jy van die wêreld se “regse” tendens en Trump se suksesse. Al die clichés met geen besonderhede nie. Ons is Afrika, ten minste weet die DA sosialisme werk nie en Trump se praktiese werkskepping werk wel. Die wêreld se “regse” tendens gaan ook daaroor om sosialisme te beveg. Jammer as jou kennis van politieke wêreldtendense te beperk is om te weet waarvan ek praat. Dalk moet die ou Boererepublieke weer afstig dan het hulle die selfbeskikling waarvan hulle droom en kan die VF+ hulle in Afrikaans regeer. Met juffrou Elana as minister van opvoeding. Julle kan af en toe vir Ernst Roets uitstuur om die res van SA en die wêreld te kom vertel hoe dit gaan. Vergewe my sarkasme, maar julle insulêre denke is ontstellend.

Tina de Lange ·

Dries du Toit jou OPSTELLE is n doring in die vlees,gebasseer op rassisme…sluk n ou kalmeerplilletjie toe en gee die ander lesers ook n kans asb tog

TLC ·

Jong my siening en seker net myne
Daar sal moet saamgestaan word om eff en anc nie te laat wegloop met die groter stemme nie
Om DA te stem hou ons nog n voet (kleintoontjie) in die deur
Moesie gaan net dalk nie so vinnig van wit ontslae raak nie om wel vir kleiner partye wat nie n platform het om op te staan nie gaan n stem vermors word deur vir hul te stem
So stem vir munisepalitein vir kleiner partye ja
Maar om skielik nie vir DA te stem nie gaan daai eff en anc n groter voorsprong gee
Hou in gedagte ek vertrou ook DA soos mis voor son maar die son skyn altyd na n mistige oggend
Haal my nou maar uit as julle n beter voorstel het maar dis net my siening

Pieter du plessis ·

Twak daar is nie so iets soos n stem mors as jy vir n kleiner party stem nie,DA propaganda al waneer jy n stem mors is waneer jy geregistreer is en nie stem nie.

Dries du Toit ·

TLC ek verstaan jou siening. Dit is ongelukkig die siening van duisende Afrikaners tot ons nadeel. Die DA sal nooit in SA regeer nie mits hulle nie nader aan die ANC beleid beweeg nie. Vandaar die naam ANC lite. Los nou die bygeloof dat die DA ons enigste oplossing is. Dit is gevaarlik en tydmors wat ons nie meer het nie. Die blanke moet verenig en getel word onder een vaandel. Die Wereld moet weet wie is ons. Daar word daagliks met die buiteland,die Verenigde nasies, gepraat deur ons organisasies om die ongeregtighede wat tans hoogty vier in SA. Hulle eerste vraag is namens wie praat julle. Hoeveel van die 4 miljoen blankes steun julle. Indien ons se 100 000 dan sal hulle mos nie na ons luister nie. Daarom kan Ramaphosa mos se dat daar nie plaasmoorde in SA is nie want hy praat namens miljoene. Ons wil getel word. Ons mikpunt in hierdie verkiesing is nie om die 20% van die DA te kry nie maar 60% van die onderdrukte minderheid in hierdie land. Moenie vir ons n toffie wys nie. Die tyd raak min

Cherokee ·

Ek wens werklik jou siening was net joune. Dan sou die DA minder ondersteuning gehad het.

TN ·

@Dries ___ jammer maar ek kan nie vir kortsigtige mense stem nie .

Judge Dredd ·

Dan moes mense mos nie 25 jaar Terug vir die DP gestem het – hulle was toe mos ‘n klein party.

Miggie ·

Die DA het n koalisie gesluit in Kanaland , google DA, ANC Koalisie in Kannaland, verder het die DA ook saam die EFF in die bed geklim op verskeie plekke in GP, PE ens dus is n stem vir die DA nie n stem om die ANC EFF koalisie to stop soos hulle graag nou voorhou nie maar eerder om dit te versterk.

Adam ·

Dankie tog Annie vir iemand wat kan dink en emosie nie die oorhand laat kry nie. Interessant genoeg is Trump nie ‘n regse nie en verseker ook nie ‘n standaard liberaal nie. Hy is bloot ‘n pragmatis en dit is hoekom hy die lot van vele Amerikaners kon verbeter. Ek persoonlik vind hom effe weersinswekkend, beslis nie geniaal nie en met bedenklike politieke kennis, maar hy moet krediet kry vir dit wat hy doen wat goed is. Die VF+ daarenteen kon in jare weinig uitrig en hulle “slaan terug” is soos skaduboks. Ten spyte van bg, kan ek nie jou entoesiasme vir die DA volledig deel nie weens hulle vrotsige leierskap. Die ANC het so’n swak standaard gestel dat dit nie veel beteken om te beweer jy regeer beter as hulle nie. Ek bly by my stelling dat indien jy in ware demokrasie en die “rule of law” glo, jy eerder sal wegbly by die stembus. Die wegbly-stem is ook die uitoefen van jou demokratiese reg en die politieke aanbod in SA is so swak dat dit nie ondersteuning verdien nie.

Sê maar net... ·

ONGEAG…wat wié sê en wat wié dink, ek stem DA !!

Derek ·

DA is die ENIGSTE politieke party wat die diversiteit van Sa aanspreek en n waardige teenvoeter is

Dawid ·

Dis werklik humoristies om te sien hoe die handtjievol vf+ kaders hier onder die ander MM lesersforum inklim en almal probeer oortuig en aggressief raak!
Staan opsy vf+ julle vertoon tragies

Johan ·

ANC lite. Kyk hulle beleid mooi. Nóg n NP tipe leunaars van SA. Flous die mense vir hulle eie gewin.

jan ·

Mense weet jy DA is seker nie die idiaale party nie ,maar tenminste is daar n kaans vir n oppesiesie ,dan kan die ANCen Da mekaar aanvat en ons kan net kyk ,want as n wit mens iets doen word hy in die tronk gegooi.

Dries du Toit ·

Die DA kan die VF+, Afriforum en Solidariteit maklik aanval maar hou ons in die duister oor vraagstukke soos hulle standpunt oor hulle verfoeilike ettikering van Elana Barkhuizen. Die haatlike veltog teen Steve en die Afrikaners. Vertel ons werklik waar staan die DA t.o.v grond onteiening. Waar staan die DA t.ov. selfbeskikkings reg van minderhede. Waar staan die DA t.o.v. BEE ,kwotas en gelyke geleenthede by die werksplek, waar staan hulle t.o.v regstellende aksie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.