Maimane stem by sy voormalige hoërskool

Mmusie Maimane, leier van die DA, bring sy stem uit in die munisipale verkiesing op 3 Augustus 2016 (Foto: ANA)

Mmusie Maimane, leier van die DA, bring sy stem uit in die munisipale verkiesing op 3 Augustus 2016 (Foto: ANA)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, en sy vrou Natalie het Woensdag geduldig in die ry gewag om in die munisipale verkiesing te stem.

Die egpaar het agter die ander kiesers in die ry gestaan by Allen Glen High School in Randburg waar Maimane gematrikuleer het. Die skool word as ʼn stempunt gebruik.

“Die DA voel goed en sterk en ons het na vandag uitgesien as ʼn geskiedkundige dag vir Suid-Afrikaners om demokrasie te toets en almal daaraan te herinner dat jou reg om te stem ʼn kragtige wapen is,” het Maimane gesê.

Hy het gesê mense wat vir die DA stem kies ʼn regering wat werk sal skep en dienste sal lewer en korrupsie sal uitroei.

“Ons het alles gedoen wat ons kon en dit was ʼn opwindende verkiesing,” het die 36-jarige leier gesê. Hy het gesê hy is nie op sy senuwees nie en “sien uit na die uitslag”.

Die DA is die regerende party in die wyk in Weltevreden en Maimane het gesê hulle hoop om die wyk blou te hou.

“Ons is die enigste alternatief vir Suid-Afrikaners. Ons is vol vertroue dat ons die ANC tot minder as 50% kan neem,” het hy bygevoeg.

Maimane het gesê hy hoop die DA neem Johannesburg, Pretoria en Nelson Mandelabaai oor. Die DA is die regerende party in Kaapstad.

Lees alle vorige berigte oor die verkiesingsfokus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lida ·

Tenminste het hy matriek. No 1 het seker by die kleuterskool gestem. Shame.

Anita ·

Lida, Mmusie het n hele paar grade onder andere twee Meestersgrade. Ek dink nie Mmusie kan enigsins met Zuma vergelyk word nie.

JoeV ·

Allen Glen High School in Randburg – toe nie, in Roodepoort, ALLENSNEK = Allen Glen!! kom kom Maroela!

Christa ·

Ek wou ook net sê dat Allen Glen Hoër skool in Allens Nek is. My seun het daar gematrikuleer.

Christa ·

Ek wou ook net sê Allen Glen Hoërskool is in Allens Nek. My seun was daar in matriek. Puik skool en een van die bestes in Roodepoort.

Hettie ·

Mooi so Mmusie! Hy is eenvoudig soos ons. Hou so aan Mmusie!

Donovan ·

Ek moet se baie mense kritiseer die DA op die forum maar, hulle vergeet dat ons almal Bid vir n gees vervulde leier vir die land, dan gee die Here vir ons een en dan kom ons as mens en wil die mens wat God vir ons gee verwerp… Is ons nie maar soos die Isrealiete toe Moses hulle uit slawerny uit gelei het nie… Dink baie mooi voor jy weer die man wil kruisig, Dink baie mooi….

Riana ·

Mmusi vir president van Suid -Afrika , hopelik in nabye toekoms! Ons het ‘n man nodig vervul met die Heilge Gees vir Suid Afrika. Wens hom sterkte toe en God se seën op sy leierskap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.