Maimane toegang tot Zambië geweier

Mmusi Maimane. Foto: DA

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Donderdagaand in Zambië aangekom, maar is op die lughawe toegang tot die land geweier.

Phumzile van Damme, die DA se nasionale woordvoerder, het gesê Maimane is by die Lusaka-lughawe voorgekeer. Sy sê die party versoek nou die Suid-Afrikaanse regering om in te gryp.

“[Maimane], ʼn grondwetlike ampsdraer van Suid-Afrika, is deur Zambiese polisie, wat sy vliegtuig betree het kort nadat dit geland het, verhoed om die Republiek van Zambië binne te gaan,” het Van Damme gesê.

“Die DA-leier het in Zambië aangekom om die hoogverraadverhoor van Hakainde Hichilema, die leier van die opposisie in Zambië, by die Lusaka-landdroshof by te woon. Mnr. Maimane was op pad daarheen om sy ondersteuning aan mnr. Hichilema te toon wat onregmatig deur sy regering vervolg word en om die DA se verbintenis tot ʼn menseregte-gebaseerde buitelandse beleid te wys.”

Hichilema word daarvan aangekla dat hy pres. Edgar Lungu se konvooi probeer versper het, terwyl hy op dieselfde pad gery het.

Van Damme het gesê Maimane het hom ten sterkste uitgespreek teen die vals aanklagte teen Hichilema en het die ANC-regering veroordeel omdat hulle nog nie standpunt ingeneem het teen die hoogverraad-aanklagte nie.

Maimane het Vrydagoggend beskryf hoe hy en sy kollegas op die lughawe hardhandig deur die Zambiese owerhede hanteer is en hul selfone en iPads afgeneem is. Hy het gesê hy is fisiek verhoed om van die vliegtuig af te klim totdat hulle uiteindelik noodgedwonge die land moes verlaat.

Maimane het gesê hy sal later vandag tydens ʼn perskonferensie by die Zambiese ambassade in Pretoria meer besonderhede gee van wat presies gebeur het toe hy ʼn uur lank deur die Zambiese owerhede op aggressiewe wyse hanteer is. Hy het ook gewaarsku dat die demokrasie in Zambië “besig is om uitmekaar te val”.

Van Damme het Donderdag gesê die party het die kwessie met die departement van buitelandse verhoudings opgeneem en verwag dat hulle Suid-Afrikaanse diplomate na Zambië sal ontplooi. Sy het gesê dit is “ʼn skandelike dag” wat die leier van die opposisie in Suid-Afrika verhoed word om vrylik ʼn land binne te gaan, veral op Afrikadag. “Ons sal nie afgeskrik word nie,” het sy byvoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Griki ·

Maimane, mens noem dit die blinde sambok. Nie lekker om in die openbaar verneder te word nie, né. Nie lekker as jou eie mense jou die rug toekeer nie, né.

Marius ·

Griki, jou rassisme kan deur ‘n blinde met ‘n stok gevoel word. Wat bedoel jy met jou eie mense? Hy’s nie ‘n Zambiër nie. Ek is ‘n Afrikaner maar jy klink ook nie na een van my mense nie.

marous ·

Krap aan ‘n leeu se klokke dan gaan jy pak kry. Wat het die man gedink? Zambie is nie in verval nie …hulle groei!

JoeV ·

Dis nogal jammer dat Zambië nou so raak. Op ‘n stadium blanke persoon so minister van landbou gewees. Was daar in 2012/3 vir werk en het die plek nogal baie aangenaam gevind. Polisie dieselfde as in meeste Afrika lande, maar BAIE min misdaad en omtrent geen geweld. Paaie sleg en kos, maar andersins mooi en skoon. Seker die beter Afrika land as daar een is. (was) Sou enige dag daarheen trek.

Kollie ·

Hierdien verregse DA en demokrasie haters is so tipies, jy kan hulle ruik op ‘n afstand. LOL

DEE ·

Almal wat julle so verlekker moet kalm raak. Daar gaan n dag kom wat ander lande dalk hier moet kom help en hoe gaan julle dan voel as die hulp nie die land mag binnekom nie? Empatie met mekaar se omstandigdhede is nodig. Ons loop op eiers in SA. Ten minste spreek Maimane homself uit oor dinge wat hy dink is verkeerd en probeer iets daaraan doen. Dis meer as wat enige een van ons kan se.

Ag asb DEE ·

Net nie dit nie, watter AFRIKA lande het al vir SA kom help? SA help steeds al die sukkelende Afrikalande met water en krag en voedselhulp. Daar gaan nooit hulp van ander AFrikalande kom wat meestal bankrot en korrup is nie, moenie jou asem ophou nie.

Mvn ·

Aan “Ag asb DEE”, ek dink nie DEE het gese ander Afrika lande nie maar “ander lande” wat enige land kan wees…

Anoniem ·

Afrika lande ons help?? Ons help hulle deur al hulle kriminele te huisves!

Kosie ·

Watter ander sg nie-Afrika land het al ooit gehelp. Ek kan bv dink aan die Anglo-Boere-oorlog. Dieselfde geld maar vir Europa en Amerika. Hulle sien ons en dink ons is rassiste wat net na eie belang wil omsien. .

Kollie ·

Plaasmoorde, DA, Demokrasie, Spur = Rooivlaggie vir Maroela se verregses. Dis so oulik.

Andre Els ·

Nou wat sal die DA daar soek. Goeiegenade groot probleme in Knysna maar nee hy wil die wereld red.

Cherokee ·

‘Demokrasie in Zambië besig om uitmekaar te val’ Hy sê dit asof hy nie besef dit geld vir alle Afrika lande.

Jaco ·

Musi moesnie daar gewees het nie. Ek is elke maand n week lank in Zambia vir besigheid. Baie veiliger as SA en mense vriendeliker as hier. Elke huis het sy kruis, maar jy word nie daar doodgeskiet vir n selfoon nie en hoef nie onverskoning te vra omdat jy wit is nie. Uitgeweke Zim boere is besonders suksesvol in Zambia en is met ope arm ontvang.

Uvonka ·

Hulle het seker besef hy beteken niks! Kan niks is sy eie land reg maak nie maar wil daar gaan inkruip.

chrisp ·

Ai die man moet baie mooi met Zambie werk hulle voer nou weer graan uit en met die inspuiting van nog SA boere wie se grond hy wil vervreem gaan hy Zambie nog baie nodig kry.

Verder dink ek Zambie sien hom vir wie hy is.

Pietman ·

Soos ek al gesê het. Maroela media=broeiplek vir verregses. Jy ken hom duidelik baie beter as die res van ons. Net jammer die rassistiese onderrokke sleep op die grond. Sit maar in julle hoekie en sing maar julle uitgediende liedjie. Meer respek vir Maimane as vir baie van die regses hier.

Jakobus ·

Maimane, hoe ver het julle met die saak oor kolonialisme teeen Zille gevorder?

Bof ·

Sy ware kleure kom een vir een uit. Nee wat hou verby. Nog n nul op n kontrak.Kan net my kop skud. Dis jammer dat nie alle blankes plaasmoorde verdoem soos ek by een kommentaar lees nie. Die DA het dit ook nie in die parlement verdoem nie.

Annette Stander ·

Sal nie verbaas wees as ANC en Zuma en die Guptas hier ‘n vinger in die “pie’ het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.