Die voormalige DA-leier, Mmusi Maimane, sal later vandeesweek namens sy nuwe organisasie, One South Africa Movement, in die hof verskyn om die besluit om skole te midde van die Covid-19-pandemie te heropen, ter syde te stel.
Luidens ’n verklaring sal die saak Donderdag en Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.
Dié stap volg nadat Maimane vroeër vandeesmaand ʼn dringende aansoek by die konstitusionele hof ingedien het om te vra dat skole eers oor drie maande heropen. Dié aansoek is egter van die hand gewys op grond van die feit dat Maimane se organisasie nie behoorlik motiveer het waarom hy dié hof direk nader nie.
Maroela Media het vroeër berig Maimane meen dit is onverantwoordelik om skole nou al oop te stel en dat leerders en onderwysers onveilig sal wees.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
En hierdie betogers by skole vererger net alles
Ag ou Mmoesie, jy is ou nuus. Jy is tans kleiner as ‘n druppel in die oseaan. Jy spring nou maar net op die wa wat die meeste geraas maak om ook net gesien en gehoor te word. Kry eerder vir jou ‘n regte 9 tot 5 werk.
Howe werk nie mmusi . Optogte en ruk en pluk werk .
Wie betaal ou maat
Die skole wat die regte prosedures volg het nie probleme met Covid-19 nie. Hoekom die skole wat effektief is saam met die onbeholpenes die afgrond intrek. Daar gaan meer skade aangerig word as skole nie oopmaak nie. Daar is beslis vele ander sake wat hy oor hof toe kon gaan.