Maimane vra Ramaphosa om in te gryp by kosverspreiding

inwoners van Olievenhoutbosch staan oor die naweek in ’n tou gestaan vir kospakkies. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die voormalige DA-leier Mmusi Maimane het ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om dringend in te gryp ten einde vertragings met die uitreik van permitte om kos onder behoeftiges te versprei gedurende die vlak 4-afsonderingstydperk, uit die weg te ruim.

“Dit kan nooit aanvaarbaar wees vir Suid-Afrikaners om honger te ly nie en ons speel almal ’n rol om hierdie krisis te takel,” het Maimane in ’n brief aan die president geskryf.

Volgens Maimane het verskeie organisasies oor die afgelope paar dae gekla dat daar vertragings met hul aansoeke om ’n permit is. “Dit beteken dat die dringende behoefte om ons medeburgers te voed gekniehalter word deur administratiewe ondoeltreffendheid,” skryf Maimane.

Maimane het gewaarsku dat die uitreiking van permitte nie verpolitiseer moet word nie terwyl 20% van Suid-Afrikaners nie geld het om kos gedurende die afsonderingstydperk te koop nie.

Maimane het daaraan herinner dat duisende inwoners van Olievenhoutbosch oor die naweek in ’n tou gestaan ​​en gewag vir kospakkies.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: @KhuselaS/Twitter

“Dit wil voorkom asof die regering die verspreiding van kos onder die behoeftiges wil sentraliseer. Daarom doen ek namens die burgerlike samelewing, maatskappye en organisasies ’n beroep op u om in te gryp in hierdie saak,” lui die brief aan Ramaphosa.

Maimane het bygevoeg dat die regering homself nie as die “primêre versorger en beskermer van alle burgers” kan beskou nie.

Dit volg nadat die DA Maandag kennis geneem het van bewerings dat ’n ANC-raadslid kospakkies uit sy huis in Pretoria versprei het. Die bewering is strydig met die departement van maatskaplike ontwikkeling se direktief dat die departement alle skenkings in Gauteng moet ontvang en versprei.

Maroela Media het vroeër berig dié direktief het reeds teenkanting uit verskeie oorde ontvang.

Die DA doen nou ’n beroep op Panyaza Lesufi, waarnemende LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, om die bewerings te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Eerlik ·

Maimane, jou hulp kreet val op dowe ore, nes alle ander voorstelle en pleidooie!! Die burgers wat die land aan die gang hou met belasting bydraes het geen insae of opinies in enige situasie nie.

Willem ·

Lyk my as die mense jou vergeet dan klim jy terug op n media platform en veg vir die honger mense.

Oujongvrou ·

Willem dis lelik. Hy het seker die reg om te praat vir arm honger mense.

Fedup ·

I am so fedup with this so-called government, it’s not even funny. They have no integrity or one humane thought between the lot. Let them destroy what is left, they will be judged one day. It is fun to think you have power, but not so funny the day it will be taken away from all of them.
If this so-called government was a product, for me to sell it would be illegal, unfortunately.

Debbie ·

Jy is reg Fedup. Dit is lekker om nou mag te hê, en
te maak en breek soos jy wil. Die regering vergeet dat hulle eendag verantwoording daarvoor moet doen. Dit gaan dan nie so lekker of snaaks wees nie.

Johan ·

Let bietjie op waar Lezufi betroke is is daar altyd n “FIGHT”

Werner ·

Ou mussi vra die verkeerde ou ou CaR regeer lankal nie meer nie ook al klaar vergeet nes mussi

Lizanda ·

Cyril se magie is propvol en sy gesiggi koeelrond wat gee hy om vir die mense letterlik sterf van die honder!

Peetjie ·

As ek vir my buurvrou kos koop met die geld wat ek het, kan hulle op hul kop staan en Jan-Pierewiet fluit… Dis my geld, en ek sal gee vir wie en hoeveel ek wil…

Maria ·

Wat van die wit plakkerskamp mense by die BonAccord dam? Die polisie het die kerkgroep wat kospakkies afgelaai het weggestuur en die pakkies konfiskeer

Anoniem ·

Ek sal nou net baie graag wil weet hoe het die Polisie geweet waar hierdie kos afgelewer gaan word.

Oujongvrou ·

Niemand het die reg om kos wat jy gekoop het met jou eie geld te konfiskeer nie. Daai ds moet n prokureur gaan sien. Dis diefstal. As so iets met mense gebeur moet hulle die polisieman afneem en sy naam is op sy uniform. Kla aan. Hier lyk my is polisie en weermag mense wat nou lekker die reg in eie hande neem ten einde hulself te verryk met hordes kos voorraad.

Heinrich ·

Ou Cyril gaan hieraan presies dieselfde doen as wat hy gedoen het as tweede in bevel tydens Zuma se vergrype – sy eie mag en die van die ANC eerste plaas. Moenie jou asem ophou nie, die kleinsake hulp paket debakel wys jou mos reeds kos en geld is net vir nadere bedoel. Enigste manier om hulpfondse en kospakkies by die regte mense (dus ALLE behoeftiges) uit te kry is om deur private ondernemings te laat doen.

koos10 ·

Musi, wat verwag jy van ‘n president wat voor 50 miljoen mense gelieg het, en nie eers die guts het om weer op TV te verskyn om jammer te sê nie, maar nou ja, jy sal weet dat eerlike politikuste nie regtig bestaan nie.

PieterP ·

Ag foeitog het dié ook skielik ‘n eiertjie te lê? Tsek!!!

Oom Hennie Pennie ·

Word net sekere mense honger? Los die wat reeds kos uitdeel om voort te gaan daarmee.

Alida ·

Die kos wat deur die SAPD gevat is by Bon Accord moet hoftoe gesleep word. Dit is blatante diefstal. Wel ons weet nou vir wie om te gee. Die meerderheid word volgeprop met geld en kos. Ons sorg vir ons eie mense.

Nell ·

Asb. wat weet CR van ingryp – hy en sy kaders ken net van gryp en gryp.

Jr ·

Jy is vas aan die slaap Maiemane . Hy’t al klaar ingegryp met sy rassisties se poging. Gaan terug aan die slaap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.