Maimane waarsku teen ‘partye vir enkele ras of kultuur’

Mmusi Maimane by die DA se verkiesingsmanifesbekendstelling in Pietermaritzburg. (Foto: Twitter via @DA/ANA)

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Sondag gewaarsku teen politieke partye “wat ontstaan omdat hulle ʼn spesifieke ras, kultuur of taalgroep ondersteun”.

“Ons kan nie een Suid-Afrika vir almal bou as ons politieke partye ondersteun wat net sommiges verteenwoordig nie.” Maimane het by die DA se verkiesingsmanifesbekendstelling in Pietermaritzburg gepraat.

“Ek wil dit onomwonde stel dat ek alle vorme van diskriminasie verwerp, of dit nou gegrond is op die kleur van jou vel, die taal wat jy praat of die God wat jy dien. Daar is partye in hierdie provinsie wat probeer om ons op grond van hierdie aspekte te verdeel. Sommige diskrimineer teen Indiërs, terwyl ander haat aanhits teen sekere mense weens hul ras. En dit lei dikwels tot geweld – geweld wat teen ʼn kommerwekkende pas deur hierdie provinsie versprei het.”

Maimane het gesê die provinsie “dra steeds die letsels” van geweld wat in die naam van ras, kultuur en etnisiteit gepleeg word.

“Die belangrikste verkiesing in die geskiedenis van ons land is oor net twee maande. Soos altyd is daar mense wat vir die DA vertel wat hy kan en nie kan doen nie; waar hy kan en nie kan wen nie. Maar ek belowe jou vandag, die DA sal hulle verkeerd bewys soos hy nog in elke liewe verkiesing gedoen het. Ons sal die verandering bring wat hierdie land so desperaat nodig het.”

Maimane het gesê KwaZulu-Natal het uiters baie potensiaal, maar dit word tans verspil. “Dit word vermors onder meer deur goed soos suikerbelasting wat die suikerbedryf in KwaZulu-Natal lamlê en duisende werksgeleenthede bedreig. Om nog belasting en nóg belasting in te stel, sal nie die ekonomie red nie. Jy kan jou nie in welvaart in belas nie,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg hy glo sekere funksies moet van die nasionale regering weggeneem word en in die hande van die provinsies geplaas word, juis omdat hulle beter geposisioneer is om die behoeftes van landsburgers aan te raak. “Ek glo provinsies soos Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap sal beter vaar as hulle hul eie spoorweë en hawens bestuur en daarom moet ons die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) ontbind.”

Maimane glo ook dat provinsiale polisiedienste baie meer suksesvol sal wees om misdaad te bekamp, aangesien hulle inligting direk van die gemeenskappe af ontvang eerder as om “myle ver weg in ʼn hoofkantoor in Pretoria te sit”.

“Ons kort verandering en ons kort dit nou,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

142 Kommentare

Dink ·

Johanna jy bly in n land wat uit meer as net die wit ras bestaan darem soek jy n regeerings wat alles is vir almal jy is dit verskuldig teenoor jou kinders

Logika ·

“Jy is dit verskuldig teenoor jou kinders” is nie ‘n geldige argument nie.

Dit is ‘n algemene drogargument, wat genoem word “‘n vertoë tot emosie”, oftewel “appeal to emotion”.

Die vorm van drogargument is veral laakbaar aangesien dit mense emosioneel afpers en onder druk plaas om afstand te doen van gesonde verstand, en die persoon wat die gebrekkige argument nie op grond van meriete te ontleed nie, maar eerder blote emosie.

Rupert Ashford ·

Baie goed gestel Logika. Ek soek al lank na so ‘n verduideliking.

Schalk ·

Ons weet dit al lankal. Jys n smartiebox…. Of verkleurmannetjie. Sorry ek stem vir my mense my taal my kultuur!

ella's ice machine ·

Kyk ek se’n mens se kultuur moet op kant geskyf word nie, maar wat ek wel se is dat mense die oogklappe moet afhaal en na die breer prent moet kyk. Mens kan nie meer vir die VF+ stem oor jy afrikaans is nie, jy kan nie EFF stem oor jy Sotho is nie, ons as Suid-Afrikaners moet begin besef dat ons moet stem vir oorlewing. Daar is baie mense wat kan bekostig om land te verlaat en dan van die “side lines” wil komentaar lewer, maar ek en my gesin soos 1000de ander Saffas het nie daardie gerief nie. Dis my rede vir DA stem, want dis die enigste party wat die smartie box soos jy dit noem almal bevoordeel. Die res is ‘n mors van tyd, die witman however dink hy sal weer aan bewind kom en baklei vir so toekoms, maar om realisties te wees gaan mens baie meer baat…

Andre ·

Jy is nie die enigste een nie, hy prober maar net sy wit stemgroep onder druk sit. Natuurlik gaan dit nie werk nie.

Pieter ·

Maimane , my party is gebasseer op die waardes van mense. Het jy ‘n probleem daarmee?

Dries du Toit ·

Ella,s as jy moet stem vir oorlewing moet jy stem vir n betroubare party. Glo jy regtig die DA is betroubaar. Ek kan nie glo mense is nog so apaties nie

Johan ·

Ek verstaan dat die DA ten gunste van ‘n ewigdurende regstellende aksie is. Dis mos diskriminasie. Kan iemand my reghelp as ek verkeerd is?

Jan ·

“Dra nog steeds die letsels “. Wanneer gaan dit ophou ? al wat julle swart nasie kan doen is om apartheid te blameer vir alles.

Neville King ·

Dit is ook baie duidelik dat al die volke hier nie sal kan saamwoon en werk nie , n baie mooi gedagte maar baie onrealisties , soos ek in elkgeval nou saak sien is dat geen mens en of party hierdie land n werkbare en regeerbare land gaan maak nie , ons is reeds verby die omdraaipunt , hiervandaan is dit al die pad ondertoe

Katerina ·

ABSOLUUT…NEVILLE…en daarom is al dié POLITIEKE gekuif,gestryery,beloftes, geïntimideerdey pure TWAK!
Al gaan stem elke blanke 100 maal gaan DIT GEEN verskil maak,aan WIÉ gaan WEN nie…ongelukkig nie…en dan wil onse kleine muisie partye, nie eers koaliseer met groter partye vir groter impak nie!
SOO VIVA MAJORITY DESTINY SA

Skroef ·

Met jou al die pad Kobus. Neville en katharina gooi nou al wal vir hulle skilpadbraai op verkiesingsdag. Mag hulle vleis verbrand. Of die kleine muis partye koaliseer of nie, versaak jy jou land, nageslag en self deur buite stemming te bly. Jy kan gaan stem en braai.

Hanna Hoekom ·

As my geheue my nou nie in die steek laat nie, is dit mos nou die einste DA wat die onderwyseres in Schweizer Reneke so onder die bus (slegs op gerugte) gegooi het omdat die donker kinders bymekaar gesit het in die klas. Ook dieselfde DA wat die nar, Willemse, so vurig teen die aaklige twee wit rassiste by Supersport gesteun het… Nou hoe nou?

HPV ·

Hanna, jou geheue laat jou nie in die steek nie. Dit was so. Dit is egter die DA se geheue wat hulle net wanneer dit hulle pas in die steek laat, nie eers te praat van die blinde oog keer in sake wat die minderheidsgroep raak nie. Byvoorbeeld waar die anc
so gereeld dubbelstandaarde toepas en die raskaart uithaal.

Gert ·

Prof Hermann Giliomee het in Augustus 2017 ‘n uitstekende artikel geskryf “Afrikaans is in crisis, and the DA is silent”. Daarin verduidelik hy hoe die DA glad nie optree teen die huidige aanslag teen Afrikaans in die land nie, en verduidelik dit so: Die DA wil swart stemme trek, daarom wil hy niks doen wat swart kiesers kan vervreem nie, soos byvoorbeeld deur pro-Afrikaans op te tree, of om kritiek uit te spreek teen anti-wit wetgewing soos AA en SEB. In beginsel is die DA in sy optrede dan ‘n pro-swart, pro-Engelse party, wat beteken wat Maimane hier gesê het nie ooreenstem met die DA se optrede nie.
Eintlik is daar ‘n sterk saak uit te maak vir veral minderhede om spesifiek te stem vir partye wat konsentreer op minderheidsregte en wat minderheidsbelange bevorder, asook ander tale as Engels. Dit is al manier om in die parlement ‘n ‘n stem te kry wat opstaan vir die vertrapte minderhede, en duidelik is die DA nie so ‘n party nie.

Afrikaner ·

Maimane nou waarom SEB, waarom is die kleur van my vel vir jou ‘n probleem?

Afrikaner ·

Maimane, jy vertrap die waardes van die minderhede, jy gee ook geen erkenning aan hulle nie, die politiek draai net om Maimane. As ek na jou gepredik luister is dit ‘n sonde om eie waardes na te streef. Jy ontneem my van my keuse, dus weier ek dat jy vir my jou wyshede kom deel, wat is dit anders as kop smokkel.

Afrikaner ·

En om te dink ek het klomp jaar gelede vir die DA gestem!

Darius Tyn ·

Om die een of ander rede sien hy dit nie ad diskriminasie nie.

KAKtus ·

Die probleem met partye soos die ANC, EFF is dat, solank hulle rassisme lewendig hou het hulle n party. Sonder rassisme het hulle geen bestaansreg.

Piet kokewiet ·

Stem saam jou kaktus…. na al die jare maak hulle of hulle steeds minder bevooreg is maar in teen deel breek en brand hulle als dis tyd vir ons almal om saam te staan en vir VF te stem

Joe ·

Stem, het vir die DA gestem om Pretoria te wen, kyk hoe lyk die parke/straatligte/robotte ens nou.
Volgende kruis vir VF.

KrokidilBotha ·

Whatever. Stem liewers vir my eie mense, my eie kultuur.

Frik Lotz ·

DA voel vere vir Afrikaans, Afrikaners en ander minderheidsgroepe se regte. DA en ANC ondersteun rassistiese wette soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging wat minderheidsgroepe benadeel. Die enigste logiese keuse om voor te stem is die VF Plus, so eenvoudig soos dit!

Onthou ·

Ons onthou die verraad by Bop. Die VF+ het ook ‘n kort geheue.

Pieter ·

Onthou,
Ons sal die verraad in Bop nie vergeet nie en maar liewer FN stem.

Cherokee ·

Verraad by Bop? As ek julle reg verstaan is dit júlle wat ‘n kort geheue het. AWB en VF+ is geensins dieselfde! Julle is, soos Maroela graag sê, verward. Dit was AWB waarvan julle praat.

B ·

Maar jy vra bewys van Winckler se ras, wie staan vir DA LP in KZN?

TN ·

Aan al hierdie spul keffende regses __ waar gaan ons die ” kultuur ” uitleef nadat julle die ANC toegelaat het om alles te vernietig met julle kortsigtigheid ?

Skuilnaam ·

Hoe het ons die ANC toegelaat om die land te verwoes? Die meerderhied van ons het DA gestem. Ons kiesstelsel is onwerp om elke stem te laat tel, so jy sal ons ‘n beter rede moet gee om DA te stem as die uitgediende “stem strategies” argument. Ons sal volgens ons oortuigings stem, soos wat ‘n mens veronderstel is om te doen in ‘n demokrasie. Die VF Plus is die enigste party wat Suid-Afrika se diversiteit verstaan. Liberalisme werk slegs in homogene lande, as die verskillende kultuur gemeenskappe nie beheer oor hul eie sake kry in lande soos Switzerland nie sal hulle verlore raak.

Logika ·

Ad hominem.

‘n Tipe drogarument wat bloot daarop berus om die opposisie te beledig en name toe te snou, gewoonlik sonder om enige substansiële argument aan te bied.

Hier is ook ‘n implisiete strooipopargument betrokke.

‘n Strooipop-argument is wanneer jy argumente toeskryf aan ‘n ander party, normaalweg jou opponent, wat hulle nie gemaak het nie of ’n wanvoorstelling is van ‘n argument is wat hulle gemaak het.

Eunice ·

RIGHT!!!??? Eni magtige 2% “LOGIESE KEUSE” grootbek VF+GAAN DIE MASSAS SKOON LOOP. PLATVEE ???? OMW!!!!

@Eunice .....Ai. ·

Soos altyd mis jy en die ander wittes wat DA stem die punt…
Hierdie lot ondersteun dan SEB en n kultuur wat openlik diskrimineer, en dit is ok om die blanke te onderdruk en jy se dit is reg?
Ek stem eerdeer vir n party soos die VF wat vir my as n n witvel in Suid Afrika sal teenwoordig. Wat koalisies kan vorm met n party soos die DA, maar, n groot MAAR, die Da word dan gedwing om na die VF se beleid in ag te neem ” my as blanke se belange ” verteenwoordig deur die VF voor hul saam sal smelt om die ANC te beveg… feit bly ons weet jy kan nie ANC alleenlik beveg om VF te stem nie…Maar ek is ok nie n Judas nie en het bietjie meer integriteit as om net blindelik vir n party soos die DA te stem wat my net gaan gebruik as kanonvoer en dan uitspoeg wanneer hy klaar is met my blanke vel …..

bolla ·

Dink jy regtig die VF+ sal die DA en sy ander koalisievennote se beleid rakende SEB of enige iets anders ensovoorts kan swaai met hul karige verteenwoordiging in ‘n moontlike koalisie (as hul gelukkig is om wel ‘n koalisievennoot te kan wees)?

Gert ·

Bolla as al die Afrikaners vir die DA stem sal daar BESLIS absoluut niks gedoen word om Afrikanerregte te beskerm nie, en sal NIEMAND eens die teenargumente in die parlement noem wanneer AA en SEB bespreek word nie. Met die VF+ daar kan hulle ten minste opstaan vir minderhede, en dan ook die alternatiewe soos die media en die howe probeer benut.

bolla ·

Gert – hoekom sê die VF+ niks van selfbeskikking in die parlement nie…en ook nie op enige ander openbare platvorm nie? Die VF+ is ook die ENIGSTE party in die land wat regstellende aksie teenstaan omdat hulle die ongeregtighede onder apartheid ontken. Apartheid-simpatiseerders, apartheid-lite.

Judge Dredd ·

Foeitog – jy verstaan nog nie demokrasie en koalisies nie.

Karin ·

Na 25 jaar sukkel die VF+ steeds om die meerderheid Afrikaners se stemme te trek. Wat is die rede hiervoor: Beleid, leierskap, gebrek aan tasbare prestasies? Ek twyfel of die VF+ meer as 135,000 stemme in Mei 2019 gaan trek. Tensy Peter Marais daarin gaan slaag om sg. Afrikaanses te lok. Die VF+ is besig om sy siel verloor

@bolla...Ai ·

Jy spring rond soos n kat op n warm sinkdak..Wats fout ? Kom jy agter dat jou party die DA begin stemme verloor oor hul blatante anti blank beleide? Vra jouself hoekom? Ek hou so min van die DA net so min soos ek van die stompies hou….
Jy kan mos stem vir wie jy wil as blanke nie Afrikaner so sekerlik dan n blanke Ingelsman…Mooi vir jou man dit is jou volste reg nes dit my volste reg is om die DA te noem vir wat hy is en om nie vir hul te stem nie oor hul die DA my verontreg d.m.v SEB en altyd vinnig hardloop om die blankes te polariseer met ras kwessies maar nooit die blankes veral minderhede Afrikaners te help snel wanneer nodig nie!
Vergeet dit…

Br ·

Ek verraai my my God nie, daarom my mense, my taal my kultuur. Vir jou mag Godsdiens nie saak maak nie, maar vir my mense maak dit BAIE saak. Al kom daar n duisend aan my regterkant en tien duisend aan my linkerhand sal ek julle nie vrees nie want my God is met ons.

TN ·

Nou was hy dan soms afwesig want dit gaan maar bedroef met die Afrikaner !? Vrees is in elk geval ‘n swakheid wat in ons ingedril is van baba-dae af . Godsdiens is gebaseer op vrees en bangmaak-stories , nie op logiese denke nie . Wat is daar in elk geval om te vrees ? ALMAL gaan een of ander tyd dood en as jy besef dat dit die einde is en daarmee vrede gemaak het , waarom vrees ?

Sanet ·

Ek glo,Sa se toekoms,is in ons Hemelse Vader…Alleen se Hand! Punt.Einde.
Hys die Begin en die Einde, Hys in Beheer en géén politieke party of leier nie.
Maar aangesien,ek wel stem=ACDP

Rupert Ashford ·

En wat as jy verkeerd is? As ek verkeerd is, is dit nie so erg nie en het ek my lewe goed gelewe.

TN ·

Rupert, ek is nie verkeerd nie maar mense wat nie in al hierdie bollie glo nie leef gewoonlik ‘n suiwer lewe omdat hulself verantwoordelikheid vir hul dade aanvaar .

Pieter ·

TN,
Daar kom ‘n dag dat jy met ‘n bek vol tande gaan staan, totaal en al sonder antwoorde.

Dorothea Visser ·

Hmmmm, besef hy nou uiteindelik dat hy sy g*t gaan sien kom komende verkiesing?

Wielspore ·

Persoonlik dink ek die sukses van SA se toekoms is ‘n gemeenskaplike kultuur wat onder die mense geskep word en hierdie kultuur die nodige steun van die regering en die nodige borgskap van groot instansies kry. Een voorbeeld daarvan is braai, omtrent almal in SA is mal oor braai, dan rugby, meer spesifiek die naam Bokke, motors, Suid Afrikaners is mal oor hulle karre. Die persoon wat ‘n “peoples car” bou en verkoop in SA gaan groot geld maak, branding soos Volkswagen en Toyota (onder meer). Bier is net so gewild… en vele ander goed

Logika ·

Suid-Afrika sou slegs kon werk indien die meerderheid mense individuele regte respekteer het.

Dws geen rasgebaseerse wetgewing nie en geen magsvergrype deur die regering nie.

Ongelukkig is dit nie die geval nie.

Judge Dredd ·

….en dit is presies hoekom globalisasie begin faal – want hulle wil almal in 1 blik probeer indruk.
As jy vrede soek dan moet jy wedersydse respek en erkenning van ander se regte(ook die reg om hulself te regeer/kultuur uit te oefen) aanvaar.

Logika ·

@Judge Dredd

Korrek, met die beperking dat dit nie die volgende persoon mag skade aanrig nie.

jaco ·

die ANC is dan net vir swartes. die enkele kleurlinge, indiers en wittes in die ANC is net window-dressing. wit mense word voortdurend vir apartheid gestraf en selfs kleurlinge en indiërs wat werk soek moet gereeld hoor “sorry no job because you are not black enough”.
Of kleurlinge en indiers word bevordering geweier met verskonings soos “volgens wet moet ons bestuur se rassesamestelling die nasionale demografie weerspieël”

Pieter ·

So ver ek kan agterkom is die meerderheid partye gegrond om een taal kultuur ras te bevoordeel. Ek sien geen regtig inklusiewe pary waarop ek kan stem nie. Ek weier om my stem te mors ophierdie SA politiek wat in ‘n totale gemors is.

Piet ·

Dit jou ekskusie om nie te gaan stem nie. Pik by, word tog net groot. Mense soos jy wil voor die tv bly sit verkiersingsdag en agterna die meeste bek hê oor alles wat verkeerd is. Gaan stem vir die party wat die meeste of dalk net een van jou ideale nasteef. Niemand kry altyd alles wat hulle wil hê nie

Hannes ·

Nota aan Maroela media.
Kyk gerus na die kommentaar op hierdie artikel.
Ons vertrou dat julle julle lesers en ondersteuners gaan ondersteun en nie voor die bus gooi soos Media24 en andere nie.
Baie dankie

Waarheid ·

Hi Hannes

Jou kommentaar prikkel my. Waarna verwys jy hier?

Jan ·

Is die DA bekommerd oor die VF wat blankes se aandag het nadat Maimane die DA se ware kleure gewys het?

bolla ·

Ek twyfel of die DA bekommerd is oor ‘n groepie van die Afrikaners wat nie vir hulle gaan stem nie. Jy is ook bewus dat die blankes nie net uit Afrikaners bestaan nie, né?

Andre ·

@bolla dit is nie net die Afrikaners wat hulle stem weg trek van die DA nie.
Die DA se dae is verby enige stem vir hulle die jaar is `n mors van `n stem, want ek kan sien hoe MM saaam met die ANC smelt.

@bolla... ·

Jy klink maar vir my na lekker suuuuuur druiwe wat so loop…lekker man…

Alida ·

Ai mense stem vir wie julle wil maar onthou nie enige klein party kan die ANC wen nie. Die nassas is te veel. ALMAL moet in koalisie met die DA gaan dan eers het ons n 80% kans. Hou op stry en staan saam.

Liza ·

Alida, die eerste taak is om die ANC onder 50% te kry. Alhoewel die ANC waarskynlik die EFF sal nader vir ‘n koalisie, sal die huwelik baie onstabiel wees. Die oposisie sal ook verskil, maar kan saam druk op die koalisie plaas. So, almal wat anti-ANC kan stem vir wie hulle wil, solank dit net nie die ANC en EFF is nie.

Cobus ·

Alida stem saam wat gaan aan met hierdie ver regse mense dit is amper vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie DA + Cope + V,F+

Blaarman ·

Die DA het ons al te veel keer verraai en volg die ANC se beleid na.

Sommiges van ons kan verder as ons neuse dink en lei nie aan Stockholm sindroom nie.

Ons stem nie vir ‘n den vol slange nie, dankie.

N Lourens Reitz ·

Sondagaand op die program kommentaar is dit duidelik die Afrikaner is die vyand van die tyd.
Piet Croucamp verwys daarna ons gallop op die kantlyn soos ” wit terroriste”

Louis ·

Alida. Wat help dit ‘n party soos die DA kom in en is maar net ‘n tweede ANC? Meer mense is nie altyd reg nie. Stem eerder vir ‘n party wat vir jou waardes en godsdiens staan.

Cornelia ·

Die VF+ sal wel in koalisies saamwerk soos dit reeds doen. Soos so baie ander op die gespreksforum, stem ek saam dat dit hoog tyd geword het dat volksgenote getalle politiek moet weerlê met suiwer beginsels en ‘n sterk standpunt teen dubbelpratery en klakkelose geelwortel beleid. Ons kan doen met meer verteenwoordigers in die parlement wat namens ons, insette kan lewer wat kan bydra tot ‘n gebalanseerde en regverdige samelewing. Die uitsprake van die DA leier, laat mens se wenkbroue lig. Baie kommentare hier toon gelukkig ‘n standvastige vertroue dat u saam met u eie mense ‘n wenspan kan wees wat ‘n uitnemende verskil gaan maak waarop ons so lank al hoop. Waar die hoop vlam, is oorwinning in sig. En so klim ons bo oor elke struikelblok, koersvas na die kruin.

Kerneels ·

Alida en Cobus, dit gaan nie oor die massas nie (daai fight het ons lankal verloor) Dit gaan oor die beskerming van Afrikaners. Slegs die VF+ kan dit bied.

Dries du Toit ·

Alida . Daar is geen kans om n meerderheid in die land te kry wat na ons belange sal omsien nie. Dit weet ons behoudendes goed. Ons soek net dat die mjnderheidsgroepe getel gaan word. Vergeet die 2%. Dit beteken niks. 2% van die massa vyandig gesinde massas is min Ons soek 80% van die minderheidsgroepe se steun. Dan gaan die wereld na ons luister en ons kan eise namens n volk by die Verenigde Nasies gaan stel. As jy dink dat net getalle jou mag gee, sit jy die pot mis.Solidariteit is n klein werkers unie teen Cosatu. En kyk wat kry hulle als reg vir ons

Kerneels ·

En die VF+ het in elk geval al lankal te kenne gegee hulle sal deel wees van ‘n sinvolle koalisie.

bolla ·

Die VF+ gaan dalk nie in die posisie wees om as koalisievennoot benodig te word nie. Wat dan?

Gert ·

Bolla 10% Da + 2% VF+ gee dieselfde persentasie opposisie as 12% DA, maar die verskil is in die eerste geval is daar darem iemand wat opkom vir Afrikanerbelange, in die tweede geval is daar net beskerming van meerderheidsregte, en die minderhede word al meer onderdruk.

Ai. ·

Wel Maimane…jul die Da stem beslis nie vir die blankes nie en ondersteun hul nog minder wanneer nodig!
So wanneer jy se die partye wat net een ras ondersteun sien ek DA saam Eff, Blf, Anc, saam die Vf vir ek my steun gee wie ek dink jy verwys na!
So wat maak jou party beter? Rondom die onderhandelings tafel kan my party Die Vf dan saam jul n koalisie vorm! Dit is die enigste waarborg wat ek as Afrikaner het dat iemand my stem as blanke in Suid Afrika sal in ag neem…
Maar om my stem net openlik aan jul die DA te gee is om my eie regte die toilet af te spoel veral solank jul die DA openlik verkondig dat ek te wit is vir n werk te mag aansoek doen met SEB ,positiewe diskriminasie etc…Verteenwoordig alle rasse soos julle preek miskien sal ek dan julle lieg stories meer glo…tot dan is ek nie blind en nog minder stupid nie!

rollie ·

Oukei, nou’t ‘n paar mense VF+ gestem en die VF+ het 1% van die stemme gekry. Verduidelik nou vir my hoe die VF+ SEB en AA gaan keer. Ek luister met gespitste ore.

Judge Dredd ·

Vertel my eers hoe die DA SEB/AA gaan keer?
So wat is die verskil ?
Die VF+ spreek hul ten minste uit teen SEB/AA
Die DA doen F-all teen SEB/AA.

Feit: Die DA is ‘n meeloper van ANC beginsels – hul enigste verskil is dat hulle glo dat hulle dit BETER as die ANC kan toepas.

rollie ·

Groot verskil. DA ondersteun die beginsel so dit maak nie sin dat hulle dit wil keer nie. Die VF+ aan die ander kant……

@rollie....Ai! ·

Verstaan jy nie die term KOALISIE nie? Die een party se ja ok ek sal saam jul smelt maar neem my beleide in ag of daar nie nie n ooreenkoms nie! As n paar party saam kan staan soos die DA die VF, Cope,ACDP ens kan hul wel n verkil maak!
Die Da het tyd genoeg gehad om te wys hy is nie rassige party en staam vir almal maar elke keer het die DA of geskitter in sy afwesigheid wanneer hy kon opstaan vir die blanke maar het gekies om dit nie doen nie. Die DA ondersteun openlik n diskriminerende beleid teen die blankes in SEB,postiewe diskriminasie n beleid wat net vir 10 jaar toegepas sou word het maar nogsteeds in werking is! Hoekom sal ek vir die DA wil stem se my? Hy stem dan teen my!
In elk ek geval stem nie vir n party wat my ras en taal en kultuur en regte openlik onderdruk en teen diskrimineer nie…As ek sou wat se dit van my karakter? Ek verkoop nie my en my soort soos hulle die anc en DA dit heeltyd weergee se regte vir 30 stukke silwer nie!..So met jou gespitse ore rollie hoop ek jy hoor en verstaan my nou mooi as n Afrikaner!
Selfbeskikking is miskien een uitweg maar die DA gaan dit nie vir die blankes moontlik maak nie want hul voel niks vir die blankes nie…soek net sy stem!

Eben ·

Die VF+ is nou ‘n geraamte van sy oorsprong. Indien iemand in ‘n multikulturele samelewing wil bly kan so mens netsowel DA stem aangesien ‘n stem vir die VF+ gemors word. Hulle kan ons eenvoudig *nie* help nie. Ons is te min. Al oplossing is selfbeskikking. Ek vind dit moeilik om te glo dat daar nog ‘n blanke oor is in hierdie vertrapte land wat nie ‘n eie land wil bekom nie. Staan asseblief saam en stem Front Nasionaal. In ons eie land kan ons weer vooruit beweeg. Hier gaan ons almal sink saam met die VF+. Die beste “terugslaan” is om ons goed bymekaar te maak en te beweeg na ons eie land.

Buite Stander ·

Eben, ek glo nie FN neem aan die verkiesing deel nie.

Eben ·

@Buite Stander: Hulle neem inderdaad deel aan die verkiesing. Net op nasionale vlak en hulle staan 100% vir selfbeskikking. Jy kan gerus na die Facebook blad gaan en volg wat daar aangaan. Daar is al amper 89,000 likes! :)

Skroef ·

Ek was onder die indruk dat ek my volwasse lewe sover, selfbeskikking toepas. As kulle idee van selfbeskikkimg meerkom op n volkstaat, vra julle ouers en grootouers om julle vertel hoe het die swart mense gelewe in die tuislande. Selfde ding, net ander naam.

John ·

En ons dog Mmusi was ‘n dominee. Nou is Bybel-waardes onbelangrik. Mense wat in nie Christus glo nie moet saam met ons wat wel glo onder die DA dien. Wat is die DA? ‘n Politieke godsdiens wat alles wil oorheers? Mmusi sal nooit ooit die president van die land word nie. Ongelukkig speel die VF+ die speletjie om weer almal in te wil trek wat beswaard is om ‘n party te hè wat alles vir diegene sal doen wat die ander nie doen nie; enigeen van enige geloof of ongeloof. Hulle sal kiesers trek maar almal met bakhande… Gee of ek slaan terug… baie soos ‘n politieke unie, dus. Daar is ‘n groot groep stemgeretigdes was nie vanjaar gaan stem nie. ‘n Regering moet bloot ‘n land ordelike bestuur en ontwikkel, nie mense se breine nie.

Veritas ·

Die probleem vir die Afrikaner is dat hy nie seker is vir wie om te stem nie. Daar is geen leier onder ons volk nie. Ons sit met ‘n paar politiek gedrewe lamsakke wat hulself as leiers probeer uitbeeld maar nie een van hulle het die geloofsoortuiging, charisma, moed en leierseienskappe wat ‘n volk agter hom kan skaar nie. Voordat daar nie so’n persoon opstaan en hom/ haarself as LEIER bewys nie, sal die Afrikaner aan die agterspeen bly suip.

Eben ·

Ek dink ons het heelwat leiers. Dr. Pieter Groenewald, om b.v. maar een te noem, blyk my ‘n baie goeie leier te wees. Ons propleem is egter dat hy die VF+ lei na die parlement waar hy logika en sinvolle redenasies gebruik om die probleme in SA uit te wys. Die ANC en sy trawante “luister” seker na so woord hier-en-daar, lag dalks so bietjie, hy word uitgejou en dan gaan sit hy weer op sy stoel. Die ANC gaan dan eenvoudig aan soos hy wil omdat hy die *meerderheid* het. Ons het zero sê in hoe *ons* behandel moet word en oor ons eie finansies. Die een of ander intelektuele reus in die ANC staan op en gorrel so paar woorde en daar sak die Rand. So ons het geen hefboomkrag nie. Sodra ons eers selfbeskikking het sal ons so bietjie hefboomkrag hê omdat blankes kan sê dat hulle genoeg gehad het en hulle loop eenvoudig weg. Op hierdie stadium kan ons absoluut *niks* doen nie. Wel, van ons kan emigreer. Ons het nie leiers nodig nie. Ons staan eenvoudig saam en streef na ons *doel*. Die verskil tussen ‘n droom en ‘n doel is dat ‘n doel ‘n datum het. Daardie datum is 8 Mei 2019.

Dirk Breytenbach ·

Daar is wel wel leiers in elke Afrikaner groepering (VF+, Solidariteit, Afriforum, Sakeliga, SAAI). Dit is dalk tyd dat Suid Afrikaners en Afrikaners leer om leiers te erken en saam werk en nie alewig sanik oor uitdagings nie. Waar ‘n leier hom/haarself self as “swak” bewys kan daar teen hom/haar gestem word, om hom te beledig dien geen doel nie. In ‘n land van minderhede en diversiteit van kulture en ideologieë is koalisies uiters belangrik sodat gemeenskaplike belange op ‘n wye front te dien. Om minagtend jou mede landsburgers as links of regs te tipeer of neerhalend na te verwys dui op politieke onvolwassenheid of agterlikheid. Ons skiet onsself en SA telkens deur die voet met negatiewe denke. Respekteer ook vryheid van denke en assosiasie sodat SA gebou kan word op progressiewe aksies en nie emosionele voo oordele nie, dit behoort die gesprekke van die dag te wees..

bolla ·

Eben – Uiteindelik ‘n realistiese uitkyk. As selfbeskikking dan ‘n opsie is, hoekom sê die VF+ niks daaromtrent nie, nie in die parlement nie nerens nie. Dit help nie jy stel selfbeskikking as ‘n hoofdoelstelling in jou party-konstitusie nie maar jy doen absoluut niks daaromtrent nie.

Karin ·

Bolla, die VF+ steun nie geografiese selfbeskikking nie. Hulle steun wel die konsep van kulturele selfbeskikking, m.a.w. jy en jou volksgenote in jou buurt kan by jou huis vergader en jul kultuur uitlewe en hoop vir die beste.

Werner ·

Wel kanse dat die DA in koalisie met ANC kan gaan is goed wat se teenvoetter is hul dan DA gaan lelik ontnugter word moessie kyk al klaar net na homself

thea ·

die DA is die ou PFP, het nog nooit vir die DA gestem nie en sal ook nie
ek bly regs

DA must fall ·

Enige iemand wat DA stem, stem teen die behoud van die tale en kultuur vd witmens. Maimane se mooi broodjies bak beindruk niemand, dis verkiesings praatjies. My voorspelling is dat die ANC se gronddiefstal strategie hulle ‘n groter oorwinning as in baie jare gaan laat behaal. Ek meen, hoeveel IK het jy nodig om die volkie in hulle te laat glo as hulle glo ‘n pastoor wek ‘n dooie op?

Jacques ·

Nee Maimane, ons stel nie belang in een Suid Afrika vir almal nie. Ons stel belang in Vryheid vir die Afrikaner volk. Ons stel ook belang in ‘n regering wat die enigste God, Vader, Seun en Heilige Gees, dien en daardie Christen waardes uitleef.
Ons stel nie belang in die DA met sy multikulturele nagmerries nie. Daar is net een keuse, VF+.

bolla ·

Dan sal jy nou baie hard en duidelik vir die leierskap van jou party moet sê om iets daadwerkliks aan hierdie selfbeskikkingsidee te doen want hulle is so stil soos die graf.

bolla ·

Alex – Glad nie maar die VF+ wel, alhoewel ek verneem dat dit nou ‘n erg afgewaterde model van selfbeskikking gaan wees. Dis nou VF- of te wel selfbeskikking-lite

@bolla... ·

Ai bolla kyk ek hou van die idee van selfbeskikking maar as jy gepla met die maan of iets…?
Wie weet dalk verras die VF jou met jou aanhoudende knaende VF en selfbeskikking praatjies…

Frik Lotz ·

As die VF Plus dan so klein en onbenullig is, waarom val die DA dan gedurig die VF Plus aan en hou aan om aan kiesers te verkondig die VF Plus is te klein om voor te stem? Is die klein VF Plus dan so groot dat hul n gevaar vir die DA is? Is die eintlike vyande dan nie die ANC/EFF en BLF nie? Hou maar dop, die VF Plus gaan n verrassing lewer in die verkiesing en n krag word waarmee rekening gehou moet word.

Pietman ·

En dit is hoekom die land lyk soos hy lyk. Elke ou dink hy is reg en weet beter. Dit maak glad nie saak dat statisties is 90% van julle verkeerd en die 10% wat reg is is seniel nie.

Leon ·

Ek ondersteun die party wat my kultuur, geloof en waardes handhaaf. Ek ondersteun ook die party wat my minderheidsregte erken en beskerm.

Aap ·

Nee wat ou maat, My stem sal jy nie weer sien nie , Jy se mens kan nie op ras gaan nie , maar jy ondersteun BEE en grond hervorming wat direk aan ras gekoppel is ,

bolla ·

DA en VF+ se beleid is dieselfde wat grondhervorming aanbetref.

Gert ·

Nee Bolla DA ondersteun grondhervorming, net nie sonder vergoeding nie. VF+ ondersteun grond-restitusie maar nie vat van grond by wittes en gee vir swartes nie.

Andreas ·

Wats fout om vir my eie kultuur te stem? Moet ons nou weg kwyn terwille van nasiebou? Watse nasiebou? NIKS verkeerd om vir ons eie kultuur te stem, werk en leef.

Gemaskerde Sopbeen ·

Geniet ek tog die “common”-tare hierbo so op ‘n Maandag oggend. Julle kan nou maar onder mekaar baklei, en mekaar slegsê, en mekaar beskuldig, en wonder wie of wat of hoekom die of daai of enige iemand ‘n goeie/swak “leier” sal of wil wees….en julle bly praat van “die volk”…………….maar ALLES wat julle doen of beplan is onderworpe aan een nare waarheid: Julle is die MINDERHEID…… Baie blankes is erg krities oor die DA, maar dit sal ‘n goeie ding vir die land wees (maar nie noodwendig die blankes nie) dat hier ‘n “regerings-verandering” plaasvind. Dis tyd om ontlae te raak van die “bevryders” en ‘n nuwe “leierskorps” ‘n kans te gee. Intussen? Veg vir wat vir jou belangrik is……Ongelukkig het die meeste “taal en kultuur” stryders hier nog nie een Afrikaanse woordfees bygewoon of Volkspele gedoen in die laaste 100 jaar nie….maar dit bly darem lekker om daaroor te skree!!!

alida ·

Dit is reg stem vir enige klein party en kyk wat gebeur by die stembus. Die massas gaan vir die ANC stem en dan kom hulle weer in. Gooi al die klein partytjies saam met die DA en wen die verduiwelse verkiesing vir eens en vir altyd. Julle kan altyd agterna weer dwarstrek. Onthou ENIGIETS is beter as die ANC. Kry hulle net uit ASB.

Gert ·

Grote Griet Alida wanneer gaan jy die konsep in jou kop kry dat 10% DA plus 2% VF presies dieselfde effek op die ANC het as 12% DA ??? Behalwe dat DA absoluut niks doen vir minderhede nie!!

lanie ·

Mense julle het my nou so deurmekaar dat ek glad nie weet vir wie om te stem nie. Maar as ek nie stem nie dan gaan my stem outomaties na die ANC en dit wil ek nie he nie.

Mag ·

Daarsy Lanie, jy is die enigste wat bietjie sin praat. Jou stemreg is privaat en jou keuse hetsy reg op verkeerd. Sterkte aan almal en mag die beste party inkom en heers want wat almal wil hê is eenvoudig: VREDE en REGVERDIGHEID VIR ALMAL wat hier woon sonder om sekere rasse te bevoordeel en ander benadeel, maar helaas dit is politiek, elkeen wil koning kraai op sy eie mishoop.

@Alida ·

Ek stem saam. Almal moet net saamstaan en vir die DA gaan stem sodat ons die ANC kan uit kry. DAN is ons koppe deur om vir VF+ TE STEM

Judge Dredd ·

Ai tog – of jy nou kies om vir VF+ of DA te stem maak geen VERDERE verskil aan ANC se steun nie – DIT VERANDER SLEGS DIE BALANS TUSSEN VF+ en DA – en daarmee saam die aspek van koalisie regering en onderhandelinge wat daarmee gepaard gaan.

bolla ·

Of jy DA of VF+ stem, kan wel ‘n verskil maak of jy gaan deel wees van die regering van ‘n stad soos Tshwane soos ek reeds verduidelik het. VF+ is baie klein en gaan altyd ‘n koalisievennoot benodig om deel van ‘n regering te wees. DA nie noodwendig nie en mag dalk nie VF+ as koalisievennoot benodig nie.

Heinrich ·

So Mmusi sê “ons kan nie een Suid-afrika vir almal bou as ons politieke partye ondersteun wat net sommiges verteenwoordig nie”. Dis nogal heel pikant…SEB en rasstellende aksie verteenwoording nie slegs sommniges nie né?
Snaaks dat niemand sien dat keuse hier is tussen openlike rassisme en kommunisme, of ordentlike demokrasie waar elkeen se belange op die hart gedra word nie.
Lyk my jy word bedreig deur die VF+…

Werner ·

Julle baklei verniet die ANC sal die verkiessing wen hulle sal die boeke kook het julle nog nie gesien wat gebeur in die res van Afrika nie en as hulle sien hulle gaan nie wen nie is hier nie n verkiesing nie welkom in Afrika

Aster ·

Ek dink partykeer dit gaan waartig net oor kleur. Die ANC is so korrup, maar die meerderheid bly stem vir hulle? Meerderheid sal eerder vir ‘n swart korrupte ANC stem en klou aan lee beloftes as vir ‘n party wat nie steeun nie. Dis nou een ding, ek het nou genoeg kans gegee vir ander partye…en die DA het al ‘n paar potholes toegestop, sirkels gebou en ‘n paar snelweetjies geteer, maar niks veel gedoen vir die Afrikaner nie, hulle is ook maar “silent” as dit kom by die Afrikaner. Nee wat hierdie keer stem ek vir my eie volk, my eie nasie, my eie mense. Ek bid dat ons Afrikaners net sal opstaan vir ‘n slag en saam staan. Ek kan nie verstaan hoekom dit so moeilik is vir ons om saam te staan nie? Ek dink ons Afrikansers se entoesiasme en vooruitsige vir ons pad vorentoe loop by die agterdeur uit oor die feit dat ons nie kan saam staan nie.

Hendrik UAE ·

Ek wens Maimane lees hierdie tipe goed.Almal spoel monde uit en gooi beledigings rond maar kom dit by die regte ou uit?Ek wonder of hy raadgewers het wat MM monitor om die algemene gevoel van hierdie lesers aan hom oor te dra ?Ek dink ons laat winde teen n storm.OF HY WORRY GLAD NIE!!

Judge Dredd ·

@Bolla – slegte voorbeeld – as die DA sy wit steun in “Tshwane” afstaan aan VF+ dan gaan hy definitief nogsteeds die VF+ nodig he as koalisie-venoot want hy sal nooit die meerderheid swart stemme wen.
Btw waar is Tshwane ??

Jepetto ·

Mark Condor so sal jy en baie ander nooit in diepte weet waaroor demokrasie gaan nie Ek lees nou die artiekel en sien hier is blankes wat erger as BLF en die EFF is . Die ANC EFF BLF VF IS ALMAL rasistiese partye hulle is nie verteenwoodigend nie well die DA is en hulle het gewys hulle kan

Judge Dredd ·

Ja, ons weet alreeds dat die DA libleke alles waarvan hulle nie hou nie/gevaar beskou as rassisties probeer afmaak – as voorbeeld kyk maar na die Sweizer Reinecke onnie se geval -in daai opsig is hulle net so erg as die ANC/EFF.

Ek persoonlik steur my nie meer vreeslik aan hierdie self-rassistiese libleke wat 1 land vir almal verkondig – maar self net sekere groepe se regte beskerm of najaag.

Inteendeel hulle doen maar wat die ander partye wat jy beskuldig doen – hulle lieg net beter vir jou.
Dan kan ek maar eerder vir iemand stem wat darem vir minderheidsregte staan sonder om elke paar maande openlik uit te vaar teen my mense.

Judge Dredd ·

@Rollie – presies – so om vir die DA te stem is om jouself en jou eie mense te verloen.

bolla ·

Stem dan ANC of EFF vir beter dienste en korrupsievrye regering. Gaan nie help om VF+ te stem nie, hulle is dan tans saam met die DA daar in regering.

Judge Dredd ·

Foeitog verstaan jy nie koalisies nie?
Hoe groter die VF+ se steun, hoe groter is sy se in hoe dinge daar gedoen word.

bolla ·

Dit blyk asof die VF+ ‘n remskoen vir die DA is in Pretoria siende dat die mense kla oor dienslewering. Dinge verloop glad in Kaapstad waar DA alleen regeer. Hopelik kan die DA die VF+ as koalisievennoot uitskakel en beter dienste lewer.

rollie ·

VF+ het ‘n slegte invloed op DA in Pretoria wat dienslewering aanbetref. In Kaapstad verloop alles vlot omdat die DA alleen regeer. Raak ontslae van die VF+

Riaan ·

Ja wel selfs die CancER en die rooi overall gang ( moet oranje wees) is beter as die da in PTA!!!

Hans ·

Vir n party wat onbeskaamd die stemme van die meederheidsbevolkingsgroep se stemme probeer werf en SEB ondersteun moet nie aan my deur klop nie.

Ai. ·

Remskoen in apie se skoen die VF ne? Hoe de clue werk jy dit uit Bolla,rollie of wat jy jouself okal nou mag noem? Verduidelik asb ek wag?
Die Da het soveel blanke stemme weggerokkel van partye soos die VF juis met die redenasie dat kleiner partye nie die mas sou opkom nie en dat hul alleen die Anc se 2/3 mederheid kan stop !
Dit het gewerk die DA het baie van die Afrikaner en sy se regte ontneem totdat hy openlik begin wys het waar sy prioriteit le!
Net voor die verkiesing kies hul die DA erg ras ,hulle eie soort soos hul heeltyd se en verskerp hul antiblank beleide om stemme in die nie blank kamp te wen! Uit die deur gooi hul die DA hul masker en ontbloot hul hul ware kleure dmv blanke grondonteining sonder vergoeding,BEE beleide en se openlik dat hul niks sal doen vir die minderheids groepe soos die Afrikaners nie! So stem ek vir hul die DA het ek in elk geval geen se reg nie! Met die VF in koalisie het ek miskien tog wel n se reg as n blanke Suid Afrikaner in n baie donker Suid Afrika!

Riaan ·

Bollie en rollie

Ek weet dit is moeilik maar probeer verstaan. PTA is in chaos en vuil en verwaarloos ens. ens. as gevolg van die vorige onbekwame rasisties da burgemeester wat nou skielik gevlug het, kantig om Premier te probeer word ( ha, ha, ha)

Kerneels ·

Na al die kommentare, argumente en opibies, veral bolla se Bollie, is ek nou nog meer as ooit oortuig waar my stem sal wees: Vryheids Front Pus!

Sinies ·

Seg hy wat as deel van sy beleid teen minderhede diskrimineer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.