Maimane: Wes-Kaap troon uit bo ander agt

Mmusi Maimane aan die woord in Kaapstad tydens die bekendstelling van die DA se “Span 1 SA”. Foto: ANA

Volgens elke enkele maatstaf vaar die DA-beheerde Wes-Kaap beter as enige ANC-beheerde provinsie, het die DA-leier, Mmusi Maimane, Saterdag in Kaapstad gesê. “Die huidige DA-regering is ongetwyfeld die beste regering wat die Wes-Kaap al gehad het.”

Maimane het tydens die bekendstelling van die DA se “Span 1 SA” gesê die Wes-Kaap en Kaapstad was die agtergrond waarteen baie van Suid-Afrika se geskiedenis afgespeel het. “Maar toe het ons die pad as ʼn nasie byster geraak.

“Gierigheid en korrupsie in die ANC het hoop en ambisie vervang en ons nasie het ál verder begin afdwaal van die vryheidsdroom. Vandag is baie van ons mense niks nader aan vry wees as destyds nie. Dit het duidelik geword dit sal nie die ANC wees wat dié vryheid sal bewerkstellig nie, want hulle kan nie.”

Maimane het gesê dit sal ʼn nuwe regering moet wees wat daartoe verbind is om in belang van alle Suid-Afrikaners te werk. “ʼn Regering wat toegewy is daaraan om ʼn regverdige en nierassige land te bou.”

“ʼn Regering wat nie net in ons potensiaal glo nie, maar wat ook glo ons kan dit net bereik as ons saamwerk,” het Maimane gesê. “Die syfers spreek vanself. Die Wes-Kaap klop die ander agt provinsies wat elke maatstaf van skoon regering betref waaraan ʼn mens kan dink, van werkgeleenthede tot opvoeding, van grondhervorming tot die lewering van basiese dienste.”

In die afgelope jaar, volgens Statistieke Suid-Afrika, is driekwart van die nuwe werkgeleenthede in Suid-Afrika in die Wes-Kaap geskep, het Maimane gesê. “Die provinsie se algemene werkloosheidsyfer is nou 14,2 [persentasiepunte] laer as die nasionale gemiddelde.”

Kaapstad kry na verwagting ná volgende jaar se provinsiale en nasionale verkiesing ’n nuwe burgemeester. Foto: SkyPixels/Wikipedia

Die DA-leier het gesê die Wes-Kaap se suksessyfer met grondhervorming is 62%, vergeleke met 10% in die res van die land. “Dis dus duidelik wie is ernstig oor grondhervorming en wie nie.”

Maimane het gesê die Wes-Kaap se sukses is in ʼn groot mate te danke aan skoon en deursigtige regering en aan die verantwoordelike bestuur van openbare geld. In die afgelope boekjaar het die provinsie 80% skoon oudits behaal. Die naasbeste provinsie was Gauteng met ʼn veel swakker 52%.

Hy meen die DA se premierskanditaat, Alan Winde, is ʼn uitstekende kandidaat om voort te bou op die “reusagtige vooruitgang wat die provinsie in die afgelope dekade onder die huidige premier, Helen Zille, gemaak het”.

Maimane het gesê die Kaapse DA-burgemeesterskandidaat, Dan Plato, sal ʼn burgemeester wees wat gemeenskappe kan terugneem by bendes en dwelmhandelaars wat die strate oorgeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

zoom zoom ·

Nou vra ek HOEKOM is Delill uitgestem as burgermeester as daar niks foute te vind is in die DA se bestuur van Kaapstad??????

KarooKlong ·

Beaufort Wes val mos ook in die Wes Kaap.
Moesie moet gaan kyk voor hy windmakerig raak.

Burger ·

pietsnot; “on the button”, man “on the button”. Ongelooflik, die selle probleme, die selle tyre word vandag oor en oor opgepomp.

Johann M van Heerden ·

Hoekom is die Weskaap ‘beter’? Ten spyte van die ‘vlugtelinge’ uit die Ooskaap, die res van die land en Afrika. Kan ek waag om te seg hoekom ek dink die Weskaap is beter? Die ander vraag is of dit so gaan bly as die demografie van die Weskaap lyk soos die demografie van die res van die land?

DA BO ·

Dankie DA, ek woon nou half jaar hier, en julle kry my stem volgende jaar. Na Gauteng en KZN is dit wonderlik om hier te wees. Ek gaan nou nooit weer hier weg nie. Dankie Maimane, die weskaap mense glo ek sal by jou staan.

RG ·

Met uitsondering is dit voor die hand liggend dat die Weskaap wel uittroon bo die res van die land waar die DA regverdig regeer. Ek was egter diep teleurgesteld dat die DA Afriforum nie ondersteun het tydens die onlangse OSV kommissie voorlegging nie. Ek is ook moeg vir hierdie “Theresa May clan” wat alewig voel hul moet “Jive” om stemme te wen. Weet hulle hoe dit lyk? Dis nie nodig om ‘n ander se kultuur bo jou eie te stel nie. Dis belaglik. Hou net op daarmee.

bgj van der westhuizen ·

hy is groot bek maar van hy die da oor geneem het is diens leering in die kaap slegter en die filpie wat piet snot geplaas het dit moet meer gespeel word dat die mense wat so graag anc ,eff en da dit kan sien en wakker word wand hulle smeer jam om die mense se monde

riaan ·

Mens kan sien hoekom hy net na die Wes kaap verwys en nie na ander stede wat deur die DA beheer word nie.

In Pretoria waar die DA se Gautenf premierskandidaat regeer is dienslewering 100% swakker as toe die and regeer het en om dinge erger te maak is rekeninge in chaos (CoT kan vir amper twee jaar nie my rekening regstel nie) en alles wat gedoen word is duidelik daarop gemik om swartes gelukkig te maak en swart stemme te werf.

DA sien nie my stem in 2019 nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.