Maimane wil wetgewer weer laat saamroep

Mmusi Maimane, leier van die DA. Foto: DA/Twitter

DA-leier Mmusi Maimane het Maandag gesê hy het aan die speaker van die parlement geskryf om te versoek dat die wetgewer byeengeroep word om ʼn ad hoc-komitee op die been te bring om die land se elektrisiteitskrisis te ondersoek.

Maimane het gesê die komitee moet bestaan uit portefeuljekomitees van energie, openbare ondernemings en handel en nywerheid en die relevante ministers en beamptes moet opgeroep word om voor die komitee te kom verduidelik hoe die kragkrisis gebeur het en watter stappe gedoen is om dit te voorkom.

Maimane sê die komitee moet ook maatreëls oorweeg om die potensiële ineenstorting van die nasionale energienetwerk te voorkom en moet dié maatreëls aan die nasionale vergadering voorlê.

Die DA-leier het bygevoeg die wetgewer moet ook onmiddellik die voorgestelde wetgewing oor ʼn onafhanklike stelsel- en markoperateur (Ismo) goedkeur om die verdeling van Eskom in aparte opwekking- en voorraad-entiteite te bespoedig om elektrisiteit goedkoper te maak en beskikbaarheid te verseker.

Maimane se brief aan speaker Baleka Mbete versoek “dringende en noodsaaklike wysigings aan bestaande wetgewing en regulasies om die moontlike dreigende ineenstorting van die nasionale energienetwerk te voorkom en die bedreiging wat dit vir die nasionale ekonomie inhou”.

Maroela Media het vroeër berig Eskom het laat gisteraand gesê hy verwag nie dat enige beurtkrag dié week toegepas sal word nie aangesien kragstasieopwekking oor die afgelope paar dae verbeter en diesel- en waterreserwes aangevul is. Daar was ook vermeerderde opwekking tot 850 MW van die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema in Mosambiek wat die kragnetwerk ʼn verdere hupstoot gegee het.

Maimane meen egter Suid-Afrika staan op die rand van die afgrond “waarvan ons dalk nooit kan herstel nie”.

“Suid-Afrikaners word elke oggend wakker sonder om te weet of die ligte gaan aanbly, hospitaalbestuurders is ewig angstig oor die moontlikheid van ʼn kragonderbreking tydens operasies, en klein besighede wat al klaar sukkel om te oorleef is onder erge druk. Net omdat die ligte op kort termyn aanbly, beteken nie die probleme is opgelos nie.”

Maimane het die regering daarvan beskuldig dat hy nie ʼn duidelike plan het om die kragkrisis te hanteer nie.

“Van die president tot by die minister van openbare ondernemings tot by Eskom – daar is geen plan en geen politieke wil om onmiddellik op te tree om die land uit hierdie ANC-geskepte krisis te kry nie. Dit lyk asof dit maar net sake soos gewoonlik vir die nasionale regering is.”

Hy het gesê die DA sal landsburgers Vrydag mobiliseer om te eis dat die energiekrisis opgelos word. “Die boodskap is duidelik: daar is ʼn plan om hierdie krisis uit te sorteer en ons moet daardie plan nou toepas. Ons sal mobiliseer om ʼn beroep op die ANC-regering te doen om nou die aksie te neem wat nodig is om hierdie nasionale krisis op te los.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Leuo ·

Nee wat Mmusi, jy kan maar eerder jou mond hou, jy (DA) is niks beter as die ANC, EFF en BLF nie. Jy is verantwoordelik vir 1000de stemme wat verloor word vir die DA.

ne ·

Jammer om julle teleur te stel. Ek ken iemand in Mosambiek, hy sê die herstel werk kan nie gedoen word nie want daar is nog te veel water en soos julle weet krag en water gaan nie saam nie!
Sal graag die WAARHEID wil hoor. Eskom en Ramaphosa dink ons is ape…

DeVill ·

Los tog die politiek en gaan preek maar liewer weer Maimane. Miskien doen jy beter dan!

Dries du Toit ·

Ai mense As ons vir Maimane wil kritiseer kom ons doen dit op die regte dinge waaroor hy gekritiseer behoort te word. In hierdie artikel doen en se hy die regte goed. Ons mag net nie val vir sy kaf stories dat hy vir die welstand vir die blanke, taal en kultuur is nie.

Cobus ·

Jy kry negatiewe mense wat indien een vekeerslig in die hoofstraat nie werk nie gou is om te skree dit is die laaste sien van verkeersligte Dis duidelik als is nie reg in die land van ons nie DA is enigste een wat werkbare oplossing het .MAGTIG MENSE hou op kritiseer sonder om daaroor te dink ….doen dit vir julle kinders julle skuld hulle dit

Tanya ·

Hehehe wat is nuus. Ons weet dit almal kan na al die lande wat val wie is in beheer. Onthou net as daar nie geld is nie het hettie in getree hettie geld hettie krag hettie nie gro nd hettie niw krag

Gert van Wierdapark ·

CR het sy towerstokkie die naweek geswaai – – – en siedaar, geen Beurt-Krag vir die weeknie!Sy boodskap was sterk en duidelik – moenie “worry” nie, die wildeperd, “Blackout” sal vinnig ingebreek word vir die Ridder op die Wit perd, nogal, om SA na die “Land van Lig in die Tonnel” te lei! Hiep-hiep hoera, Suid-Afrika!

Andreas ·

Ek lees elders dis Zille wat die drade vir die DA bymekaar hou.

Johanna ·

Maimane word wakker en werf liewers nog stemme vir die verkiessing. Hoop hy betrek bir Zille en dalk het hulle n beter kans om meer stemme te kry!!!!

Trol ·

Kan hom noual sê wt die probleem is.
Onbevoegte OORMAG gesagsposte met hemelhoë salarisse. Oorgrote meerderheid wat nie betaal nie. Hele gemeenskappe wat krag onwettig aanlê en daarmee wegkom want eskom en saps te lafhartig om te gaan afsit. Verkoop nie self kragaan die publiek nie en middelmanne betaal nie.

Liza ·

Die DA boer agteruit met Maimane. Die party is rigtingloos en boesem geen vertroue in nie. Die DA kan maar gereed maak vir 16% van die stemme, wat beteken dat ‘n hele paar LPs hul poste gaan verloor.

TN ·

Jou skatting verskil geweldig baie van die meer wetenskaplike meningsopnames ___ mens moet jou gelukwens met die ” kristalbal ” wat jy het en gebruik !

Liza ·

Ipsos om mee te begin. My eie voorspelling is veel minder, dalk nader na 10%. Kry solank ‘n nuwe tak waaraan jy kan hang.

Deon ·

TN en sy DA rasieleiers is weer hard aan die werk. Wittes is klaar met die DA en daar is geen manier dat geharde ANC lede na julle sal oorloop nie. Maar julle gebruik seker jul selfontwerpte kristalbal wat mooi stories vertel wat julle nou vir soetkoek opeet. Stem eerder VF+.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.