Maimane: ‘Zuma het lankal van werkloses vergeet’

Foto: Twitter via @Our_DA

Foto: Twitter via @Our_DA

ʼn See van blou het Woensdag deur Johannesburg se strate beweeg toe die DA ʼn vreedsame optog ter ondersteuning van werkskepping gehou het.

Dit is nie duidelik hoeveel ondersteuners aan die optog deelgeneem het nie, maar volgens die DA se Twitter-profiel, was dit meer as 15 000 mense.

Die optog het tot ʼn stilstand gekom onder ʼn reuse banier wat die party ʼn paar weke gelede op ʼn gebou laat aanbring het. Op die banier, wat intussen deur onbekende persone geskend is, word president Jacob Zuma en die ANC blameer vir die hoë werkloosheidsyfer in die land.

Mmusi Maimane, die leier van die DA, was een van ʼn paar rolspelers wat die skare onder luide toejuiging toegespreek het. Maimane het gesê dit is noodsaaklik om iets aan werkloosheid te doen om ʼn toekoms vir Suid-Afrikaners te verseker. “Werklose Suid-Afrikaners moet weet: President Zuma en die ANC het lankal van julle vergeet,” het Maimane gesê.

“Dit is waarom ons hierdie plakkaat 20 dae gelede hier opgesit het. Op 7 Januarie het die aantal [werklose mense] op 1,84 miljoen gestaan. In die afgelope 20 dae is meer as 15 000 Suid-Afrikaners bygevoeg – dit is meer as 770 elke dag. Maar kyk wat het die ANC gedoen. Het hulle kwaad geraak oor die werkloosheid? Nee. Hulle het kwaad geraak vir ons banier. Hulle het dit rassisties genoem en dit geskend,” het Maimane gesê.

Maimane het aan die skare gesê Zuma beskerm ʼn klein groepie mense met die regte kontakte, terwyl miljoene Suid-Afrikaners na hulself moet omsien. Hy het spesifiek ook verwys na Zuma se beweerde beskerming van die Gupta-familie en SADTU-leiers. “As jy nie in die sirkel is nie, kan jy doodeenvoudig nie op die regering staatmaak vir beskerming nie. Hulle ken jou nie. Jy is ʼn ekonomiese buitestaander.”

Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om tydens die komende plaaslike verkiesings vir ʼn regering te stem “wat weet hoe om die ekonomie in die regte rigting te laat beweeg” en nie ʼn regering vir die binnekring is nie.

Teen Woensdagmiddag was die hutsmerk #DAforJobs een van die top 10 gewildstes op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

alida ·

Ek het na Mnr Maimane geluister op RSG vandag en het baie respek vir hom gekry. Dit man is geletterd en praat nie klomp bollie nie. Mens moet mooi luister na wat hy se dan sal ons verstaan. Hy praat uit die vuis en het nie ‘n papier nodig om hom aan goed te herinner nie en ergste van alles “party mense” weet nie wat daar staan nie want ons kan nie lees nie !!!! Hoera vir Mnr Maimane.

Elinette ·

Alida, wonderlik vir jou. Ek vertrou op geen politieke party om vir my iets te doen nie. Almal van hulle is net ‘n klomp windbolle wat steun vir hul party wil wen. Mnr. Maimane en die DA het ongelukkig my steun – die bietjie politieke steun wat ek vir enige party gehad het – verloor, met dié wat hulle ‘n anti-rassisme beleid in hul party wil vestig. As ‘n politieke party my wil voorskryf hoe en wat ek in my hart mag voel en in my huis mag doen, kan hulle gaan fluit!!!

Berhalet Beukes ·

Alida, jy is reg… Sy woorde klink baie mooi, welbelese en gekultiveerd… Maar, politici se spel is om die massas te oortuig… Maimane sit met ‘n groot probleem… Die massas se ongekultiveerde, bloeddorstige gedrag wat hand uitgeruk het… Selfs wanneer hulle moet studeer toi toi hulle, breek hulle standbeelde af en dring aan op vryspring van studiegelde, en en en… So ek sal bitter graag wil sien hoe hy ‘n massa histeriese blanke haters gaan oortuig dat hy die beter kandidaat is om voor te stem. Vir my, persoonlik, het DA tot op hede nog niks beteken nie. So hy gaan moet uithaal en wys om my te oortuig!

Dee ·

Het eintlik gehou van jou bewoording ‘vryspring van studiegelde’.

Gerrit ·

Hoe kry jy die massas om te kan lees. Om te kan redeneer soos julle wat geletterd is. Hoe kry jy n president wat nommers kan lees. Jy voed hulle op in n werkende skool stelsel. Basiese opvoeding wat toegangklik is vir almal. Dus arm ryk mengsel. Dus stem ek saam met die studente. Verniet onderrig in skole en universiteite. Belastings is beskikbaar vir hierdie. As dit nie deur n regering weggesteel word nie. Hoe kry jy dit. Jy kry n regering wat die land soos n besigheid hardloop. Lees Rosa se comment hier onder. Lees iemand se woorde wat werk by n regerings kantoor. Lees iemand se woorde in n provinsie wat werk. Ek wil dit ook he vir gauteng. Paaie sonder slaggate. Skoon strate. Skole vol kinders en veiligheid en n toekoms vir my kinders. Kry jou alie by die stem bus.

yvonne ·

Alida het n punt,wil net vir almal se wat so negatief is teenoor die DA of dit nodeloos vind om te stem.As n jong mens begin werk stap hy nie in in sy droomwerk in nie,mens begin onder en werk jou op.Ons jong demokrasie werk ook so,as almal saamstaan en stem vir die DA ongeag of hul jou tevrede stel in all opsigte,as hul wen sal dit die bal aan die rol sit eerstens om ons kiesers te wys hoe om beter te regeer as die ANC,die grondwet te handhaaf,beter polisie dienste,gekwalifiseerde mense in die regte poste en so meer,die buitelandse vertroue in ons land herstel,hul bele meer geld en dit skep lewendige ekonomie wat dan baie werk skep en so groei ons jong demokrasie,dan begin nuwe politieke partye wat miskien weer beter as die DA regeer en wat jy dan voor kan stem en die kiesers publiek het ‘grootgeraak’ en besef wat is hulle regte,waar fouteer partye en so beweeg partye nader aan mekaar soos eerste wereld lande!!Kom nou mense sien die groter prentjie raak en staan saam om die vrot korupte ANC te oorwin vir n beter SA.

Elinette ·

Die DA is maar soos die ANC, die ANC is soos die VF+, die VF+ is soos …. enige ander politieke party. Kom stemtyd, dan word allerlei beloftes gemaak; is stemtyd verby, dan POEF! – weg is al die beloftes gemaak. Ek het in 1999 laas gestem, juis omdat ek gevoel het my stem tel in elk geval nie en daar word soveel bedrog gepleeg met verkiesings (maak nie saak WAT die OVK sê nie). Onlangs het ek oorweeg om weer te stem in vanjaar se munisipale verkiesings en my stem sou aan die DA gegaan het. Nou, na mnr. Maimane se verklaring dat hy ‘n totale teen-rassisme beleid in die DA wil vestig, kan ek ook maar vir hom en die DA sê dat mý kruisie nie teenoor hulle – of enige ander party – se blokkie op enige stembrief sal kom nie. Niemand gaan my voorskryf hoe en wat ek in my hart moet voel nie.

Morne ·

Ek is jammer Alida en Elinette maar as jy net n provinsie soos die Kaap vergelyk wat onder die DA is met die res van die land dan sal jy weet hulle weet hoe om n staat te bedryf. Ek neem aan julle was nognie in die kaap nie…want dit voel glad nie soos n deel van suid afrika nie, dinge werk net soveel beter daar…dan praat ons nie eers van diens lewering in die kaap nie.

Stan ·

Morne, die Kaap se sukses is vanwee sy ligging. Nie naby buurstate (Zimbabwe, Mosambiek ens), myne en groot nywerhede nie. Vergelyk julself met die Oos Kaap by die ou Transkei en Ciskei dan is julle maar net gelukkig. Niks met ‘n party te doen nie. Die Wes Kaap se mense is maar net eenvoudig beter en ligter!

Dee ·

So as daar minder slaggate in jou paaie is, jou vuilgoedkanne gereeld in die oggende opgelaai word en minder straatligte nie werk nie, is jy bereid om vir regstellende aksie en grondhervorming te stem. Jou waardes is gedaan.

Rosa ·

Morne ek stem saam, ek het vir die munisipaliteit Kaapstad gewerk vir 23 jaar en glo my, van die DA oorgeneem het van die ANC het dinge dramaties verander vir die staff. Ons as staff het gou uitgevind wat dit beteken om jou prestasie gemeet te kry. Ons moes presteer anders was staff ingeroep vir disiplinêre vergaderings. Die Kaapstad se munisipaliteit word bestuur soos ‘n besigheid. Dit is hoekom hulle so suksesvol is. Hulle dink die heeltyd nuwe initiatiewe uit om beter te presteer. Ek het baie respek vir die DA. Die ANC kon glad nie so presteer nie. Almal het gedink hulle is met vakansie tot die DA oorgeneem het, toe begin die poppe dans. Ja daar is seker nog mense wat probeer wegkruip, maar nie vir lank nie dan kom dit op die lappe. Daar is nie nog so ‘n provinsie in ons land nie.

Gerrit ·

Elinette. As elke ou n politieke party moes gehad vir wat hy of sy in sy hart voel sou ons 55miljoen party gehad het. Niemand skryf jou voor nie. Gaan stem net deksels. Anders hou jou kommentaar in jou sitkamer voor jou TV waar jy op stemdag gaan sit. Ek is moeg vir mense wat op hulle alies sit en kommentaar lewer en nie die oortuiging het om self n verskil te maak nie. Ek het 35 werkers in my besigheid van wit pienk pers swart bruin engels xhosa zulu afrikaans ens. Ek sal elkeen van hulle persoonlik stembus toe aanry solank hulle n kruisie maak en n verskil maak. Dan het ek meer respek vir hulle as n TV couch kommentator wat nie sy kruisie maak nie.

m ·

Die mense sal nou enige iets se en belowe vir stemme. Na die tyd dan worry hulle oor niemand nie want hulle het mos nou die stemme. Almal is maar ewe pateties

alida ·

Elinette as jy geluister het sou jy verstaan het. Ek het ook soos jy gevoel maar weet nou van beter.

Anoniem ·

Vir wat kla hulle…..Die wat kla gaan net weer vir ANC …..MR Z….. stem!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Daleen ·

intussen het nog 450 mense in witbank mpumalanga vandag hul werk verloor.

Deloris ·

IEMAND praat tenminste en word gehoor …. maar gaan iets gebeur met die ANC wat in bewind is…..

Anoniem ·

Nee…..niks gaan gebeur…hul gaan weer aanbewind wees….!!!!!!!!!!!!!!!!!….Mense in Suid Afrika het nog nie geleer wat is reg of verkeerd nie. Ons kla net ……. maar doen niks daaromtrent!!!!!!!!!!!!

Millie ·

Sal die Maroela-redaksie dit tog asb oorweeg om ‘n duidelike, maklik-verstaanbare artikel te skryf oor hoekom jy juis jou kruisie moet gaan trek eerder as om glad nie te stem nie!! Mense verstaan duidelik nie die impak van “wegbly-stemme” nie.
Dankie vir deurlopende puik berigte en artikels

Truidie ·

Ek wens meer mense wou hierdie prentjie kry! Mens dink dalk jou stem is `n druppel in die emmer, maar as `n miljoen mense hulle druppel weerhou, is dit `n hele paar emmers.

Fanie ·

Gaan die DA vir die mindere wittes ook werk skep, of is net die meerderheid in tel. Ek wil graag sien hoe gaan die DA vir 1.84miljoen mense werk skep. Oor hoe ‘n lang tydperk? DA doen niks omtrent die plaasmoorde, so ek glo die wittes is outomaties uitgesluit. Ek gaan egter nie my stem in die ANC se skoot laat val. Daar is ander partye om voor te stem.

chrisp ·

As jy vir die DA stem en nie die ANC nie hoekom?
Die kaap se beter status het bitter min met die DA te doen , maar meer oor die rasse verhoudings daar dws %.Ek kan nie meer se nie andres is my kommentaar weg.

Hulle is die ANC net sonder Zuma en ‘n paar ander name.Het nog nooit maar nooit opgestaan teen blatante rassisme en moord teen ons mense nie.In hulle party is net wit rassiste (wat ek meeste kere nie weet hoe hulle daar uitkom nie)Hulle is vir grondeise,geen afrikaanse universiteit,naamverandering,bee,seb, ag man sommer alles om jou kultuur te vernietig en jy stem nog vir hom?Hoe dwaas wil julle wees?

Dee ·

Netjies gestel, Chrisp – lees bo tussen die kommentare hoe word ons verraai.

Paul ·

Chrisp,
Jy slaan die spyker op die kop. Sommige van die kommentare laat ‘n mens stom van verbasing omdat dit maar reg is om die blankes heeltemal te ignoreer en/of te na te kom solank die ander groepe net nie ontstel word nie.

korny ·

Was vandag ook tussen die 20000 kense gewees. Dit gee vir n mens hoop. Die DA is die enigste party wat n verskil kan maak. Die enigste party wat teen die ANC kan opstaan. Dit was hoendervleis lekker gewees

chrisp ·

Korny.
Hoe gaan julle ‘n verskul maak en waar het julle dit al vir Afrikaners gedoen?
Om so wye stelling te maak kort darem bietjie feite of hoe?

As jy nie kan nie is jy oppad na die hoenderslagpale.Hoendervleis en al.

chrisp ·

Was die 20,000 mense kens gewees?Dit glo ek.

Net tong in die kies ek verstaan vinger en spelfoute goed is self baie skuldig. Ek kon die versoeking net nie weerstaan nie,jammer man.

Jan maak n Plan ·

Mense ons sit met ‘n vreeslikke groot probleem op hande. As ons nie stem nie, dan stem ons ook maar indirek vir die ANC want daar is nog nie ‘n party vir nie stemmers nie. Stem ons wel vir die DA, dan kan hulle die ANC dalk so bietjie meer in die bek ruk, MAAR ek hoor absoluut niks van wat die DA, oor wat hulle spesifiek vir wit mens gaan doen of gaann beteken nie en of daar enige waarborge aan sal wees nie. Ek wens so Solidariteit en Agriforum wil spreekwoordelik wakker word en ‘n politieke party stig, sodat ons vir iets kan stem wat na ons belange ook sal omsien en dinge in die parlement vir ons kan besleg.

chrisp ·

Jan.
Iemand het die miete van ‘n sterk opposisie party (wat jou eintlik volgens hulle ANC beleid benadeel) baie goed neergepen.
Ek dink dit was ‘n Dawid Ras. Sal gaan soek ek wil nie graag plagiaat pleeg nie! Dawid as dit jy is kan jy dit weer plaas asb?

KAN maroela dalk help dit was op een van julle artikels?

Dee ·

Sal dit graag self wil sien – om meer Janne wakker te maak.

chrisp ·

Johan ,dankie jy vat ook raak.

Dee. Ek het hom!

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/rassiste-nie-hier-welkom/#comments

Dit is David en nie Dawid nie.Kyk so 2/3 van bo die kommentare af,
Hy blyk ‘n groot FV man te wees(ek het ook maar my probleme hier,hulle is egter by verre die enigste wat enige suksesse het vir my en my mense ook,die DA het in 20jaar nog geen Afrikanersaak gedra nie,oposissie en al).Grootliks alles wat hy se maak sin.

Johan ·

Ek stem met Chrisp. Zuma vergeet van werkloses en Musi vergeet van ons wittes. Ek sien geen sin om my stem te gee vir iemand wat ons kultuur en bestaansreg nie erken nie. So sorry Musi. You can fool some of the people some of the time but not all of the people all of the time.

Oom Boer ·

Die DA kon my 4jaar terug oorreed vir my kruisie, maar na dese weet ek van beter, Soos die ou spreekwoord lui: Dinamiet kom in klein pakkies en ek hoop van harte VF+ jul kan asb daardie klein pakkie wees want ons raak al moeg vir politikuste wat net geraas maak en bly by die ou swane sang van “Massas teenoor die minderheid “Majority and Minority dinge soos weer vanaand deur Mnr Gwede Mantashe ge-opper op die nuus kanaal.

anita ·

My 2 dogters het verhuis na kaap, en hul nou n week daar, en wil glad nie terug kom..ek stem vir die DA..ek is positief hul kan iets beteken vir SA…rasiste sal jy onder wit en swart kry! My ma vandag geval in mal in jhb..wie het haar gehelp..2swart mans..wittes het verby haar geloop..sy is 78 ..so jy kry goeie mense en slegte mense!

Big G ·

Vandag le ek en lees julle kommentaar. Almal van julle blameer n politikus soos musi wat niks doen vir jou as blanke nie. Lees die news 24 berigte wat n man soos DA burgermeesters kandidaat in Jhb mashaba voorstel oor BBEEE. Dan sal jy sien dat hierdie manne se oe bietjie groter oop is as wat julle dink. Ja musi moet ook goed se wat die massas lok. Hy moet. Hoe kry hy anders hul stemme. In my wyk en ek glo jul wyke is daar DA lede of VF+ lede wat na julle omsien. Kyk hoe effektief is hulle. Ek het nou reeds 2 of 3 keer met my raadslid kontak gemaak en dadelik resultate of terugvoer gekry. My stem bly DA. Maar julle wat nie stem nie stem vir die cANCer. Moenie moan as die ANC weer wen in jou area maar jy het nie jou grondwetlike reg gaan uitoefen deur vir enige ander kandidaat te gaan stem het nie. Stem en dan kan jy le op die oor van jou raadslid na die tyd. Statistieke wys dat as elke moangat in pretoaria gaan stem het kon n ander party of koalisie die vorige verkiesing weg geneem het van die ANC. Slegs 30% van die land se stemgeregtigdes het vir die ANC gestem. Gaan maak asb julle somme. Gaan dink aan die waarde van jou kruisie. Of hou jou mond. Dit gaan nie oor ras hier nie. Dit gaan oor jou reg as burger van ons land.

chrisp ·

Big G
Baie DA lede hier vertel wat die DA se wat ons blankes in ag neem ,jy ook.Julle is al meer as 20 jaar die oposisie gee ons asb net een voorbeeld (net een asb) in die 20jaar+ waar julle dit gedoen het(nie gese het) ,ja 20 jaar dit is geweldig baie tyd wat julle gehad het.Maar julle kan nie want dit het nog nie gebeur nie? Ek kan vir jou tientalle gee wat die teendeel bewys.
Stem vir die DA maar moet nie voorgee wat julle nie is nie.Julle is die ANC se beleid ,propageer selfs die ANC se eie “vryheidsmanifes”.Wat het julle eintlik wat julle eie is? Wat julle nie by die ANC geskaak het nie? Daar is ‘n ander woord daarvoor soos wanneer iemand jou dinge oorneem.Party mense noem dit diefstal
Die ou gepraat is net dit, gepraat van die man wat julle so opgewonde maak.As jy werklik glo die DA gaan BEE en sy vervloekte systamme afskaf of verwater is jy werklik naief verby.

Jou stelling dat dit nie oor ras gaan nie maar ook dat Musi goed moet se wat massas lok is tipies DA ,so weerspreek jou party hom ook maar.

Liewe Heksie ·

Aiai ja so lees ek al die kommetare en ja elkeen het die reg om sy opinie te lig MAAR ons as nasie moet saamstaan want dit was nog ons grootste ‘downfall’ ons staan nie saam nie Help niks om vir die kleiner partye te stem nie stem vir opisiesie partye DA ANC eff maak jou keuse daar net dalk en ek se net dalk kan my party tog n verskil maak en die draadsitters klim in die bus asb sonie gaan jul stemme tog maar vir die oorheersende party

Rooikop ·

Ja, daar is ‘n goeie kans dat DA nes ANC is…ek is self erg omgekrap oor sy rasisme toespraak. MAAR, as ek in hulle skoene was, sou ek ook nou net preek wat al die “meerderheid” wil hoor om daai stemme weg te kry van ANC af. Dis goeie taktiek. Jy gaan beslis nie die ANC stemme wen met “kom ons help die wittes” nie. Think about it… Maar ja, tyd sal wel leer of dit taktiek was, of wolf in skaap klere.

Gerhard ·

As ek so deur al die kommentare en mening lees kan ek sien hoekom ons vandag is waar ons is. Al die kla kouse soos gewoonlik sit op die kant en is te gewillig om enige negatiewe menings te lig en altyd iets negatiefs te sê. Mense ons leef nie meer in die 18de of 19de eeu nie, daar is goed en sleg in almal ongeag jou ras of velkleur. Ten minste is die DA daar vir veelrassigheid en is deursigtig in sy doen en late en ek kan sien waarnatoe hulle op pad is. Ongelukkig soos ek genoem het is daar nog te veel wat altyd negatief is en nie wil of kan aanbeweeg nie. Tyd staan nie stil nie, dink aan jou kinders se toekoms, ongelukkig moet verskillende kulture in vandag se tyd saam werk en in dieselfde omgewings bly en saam veg vir ekenomiese oorlewing. Kinders sien nie meer velkleur nie en glo my, as jy nog jou kind grootmaak soos 50 jaar gelede is jy uiters selfsugtig en doen jou kind ‘n groot oneer aan.

alida ·

Mense die DA is die enigste party wat die ANC op hul plek sal sit. Nietemin, Mnr Maimane het in sy onderhoud gese hoekom sal hy teen wittes diskrimineer hy is dan self met ‘n wit vrou getroud. Julle moet bykom en luister wat die man se.

Rynhardt ·

Alida jou Maimane is getroud met n engelssprekende witvrou.Kom ek vat jou terug na 11Mei2015 toe jou Maimane die volgende gese het aan media:”We the DA use the Freedom charter as basis for our party.”Alida dit is duidelik jy verstaan nie jou geliefde DA nie! Stem vir hulle! Rynhardt kan nie deur oppertunistiese leier gebreinspoel word nie.Hy verteenwoordig niks vir my en talle afrikaner/Bowre nie!

Hein ·

Die DA werk hard om die Oos-Kaap nie te ontwikkel nie en dat al die mense na Kaapstad toe migreer. Dit is net ‘n kwessie van tyd dat die meerderheid die DA gaan uitstem in die Kaap. Miskien gebeur dit nog hierdie jaar. Die DA se beleidsrigting = as die ANC se beleidsrigtings = BEE, Kwotas, Regstellende Aksie. Gaan lees dit self op. Kom werf my asb deur na die DA toe te gaan en vir hulle te se ek sal weer stem indien hulle alle diskriminasie teen my as mindergroep gestaak. Hulle sal weier om na jou te luister. Ek stem nie vir iemand wat se beleidsrigting diskrimineer teen my nie. Dit is dieselfde om vir ‘n boelie lekkers te gee om jou weer te slaan. Leer jule mense nie…?

Rynhardt ·

Maimane, nie net het Zuma werkloses vergeet nie, maar ook die liberale DA met die goedkeuring van regstellende aksie! Maimane kan weereens reken op sekere wittes wat nie hul kop kan gebruik in n dooie verkiesingstelsel nie.Gerugte doen die rondte dat ene Alida die DA voltyds gaan bemark aan wittes, al ontneem die tweede Anc jou van alles!

Hein ·

Die DA het ons gemeenskap al in ‘n baie netelige situasie geplaas. As gevolg daarvan het dit ‘n baie negatiewe beeld geskep van ons gemeenskap. Die DA is uit en uit ‘n liberale party en posisieneer hulle baie naby die ANC om so veel as moontlik stemme te werf. Hulle sal minderheidsgemeenskappe verwoes net om die meerderheid se stemme te kry. Die mense moet mooi dink oor wie hulle die blanko tjek gee. Die land se konstitusie laat minderheidsgroepe se belange in te steek. Gee liewers julle stemme vir iemand soos die VF+. Onthou ek stem nie voordat diskriminasie teen my minderheidsgroep gestaak word nie. As julle my wil laat stem help om diskriminasie te stop teen minderhede. Die DA gaan julle ‘n pit druk. Verseker!

chrisp ·

Rynhardt,Hein.

Julle moet asb nie die mense met sulke goeie vrae en stellings peper nie . Net dalk begin hulle dink en wat se ramp sal dit nie vir die DA wees nie!

pop ·

Elinette, die DA het waar hulle meerderheid stemme verwerf het gewys hulle kan dinge laat werk. En niemand se vir jou wat jy in jou huis en hart moet voel en dink nie, dis mos belaglik. Die DA probeer keer dat n rasse opmerking in hulle eie geledere in bedwang bly, want die ANC se nuwe stokperdjie is om te kyk wie maak n vae rasse opmerking. Want hulle word oor hulle eie haat spraak nie aangevat nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.