Maimane: ‘Zuma se beeste eet KFC’

Maimane spreek die skare toe. Foto: @Mabine_Seabe/Twitter

Maimane spreek die skare toe. Foto: @Mabine_Seabe/Twitter

President Jacob Zuma lei ‘n uitspattige leefstyl terwyl Suid-Afrika se jeug in haglike omstandighede leef, het Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, gesê.

“Daar word dikwels aan julle gesê ‘ons beweeg Suid-Afrika vorentoe’. Vorentoe na wat? Na werkloosheid, armoede en nyaope [’n mengsel van dagga en goedkoop heroïen]?” het Maimane gevra tydens ‘n Jeugdagbyeenkoms in Soshanguve, noord van Pretoria.

“Waar is die werksgeleenthede president Zuma? Terwyl ons swaarkry, is dit aangenaam in Nkandla. Hulle beeste eet KFC.” Hy sê geld wat spandeer is aan opgraderings aan Nkandla, moes gebruik geword het om klaskamers te bou.

“As jy vandag 18 jaar oud is, is jou kans om werk te kry baie minder onder die huidige regering. ‘n Werk is die eerste tree uit armoede uit. Dit is ‘n stap na vryheid. President Zuma sal die week sy staatsrede lewer. Ek wil hê hy moet vir ons sê waar die werksgeleenthede vandaan gaan kom. Ek daag die president uit om op te hou wegkruip in sy huis met ‘n goue toilet en te verduidelik wat by Nkandla gebeur het.”

Maimane sê die DA praat namens die werklose burgers van die land. Hy sê jong mense, moet soos in 1976, dapper wees en die regering konfronteer oor sy mislukkings. “Moenie vir ons sê dat jy jong mense vorentoe beweeg nie. Jong mense sukkel met wiskunde en wetenskap. Partykeer sukkel selfs die onderwyser met die vakke. As die onderwyser sukkel, wat verwag jy van die leerders?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.