Majoor afgedank oor Facebook-uitlating

Majoor MV Mohlala. Foto: Via Facebook

Maj. MV Mohlala, die man wat vroeër vanjaar op Facebook in reaksie op ʼn gewelddadige aanval op wit bejaardes onder meer gesê het dat die aanvallers ʼn slagoffer se oë en tong ook moes uitsteek, is afgedank.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), het die nuus Dinsdagoggend aan Maroela Media bevestig.

“Daar was ʼn lang proses van hersiening in oorleg met die minister van verdediging en daar is bevind dat dit ʼn baie ernstige oortreding was. Die besluit is op haar aanbeveling hersien en hy is verlede week afgedank,” het Mgobozi gesê.

Volgens Mgobozi is Mohlala se afdanking finaal en permanent.

Maroela Media het vroeër berig Johan van Wyk, ds. Braam van Wyk (80) se seun, het op 10 Maart ʼn foto van sy pa se erg aangerande gesig op Facebook gedeel ná ʼn aanval vroeër die dag in Ysterhoutweg in Randparkrif in Randburg. Van Wyk het op Facebook geskryf: “Watter lafaards skop ʼn 80-jarige man in sy gesig terwyl sy hande agter sy rug vasgebind is? Hulle het ook sy vriend, afgetrede prof. Kobus Naude wat ʼn wonderlike man was, vermoor deur hom met ʼn mes in sy hart te steek.”

Mohlala, destyds verbonde aan die Wonderboom- militêre basis, het in reaksie op Van Wyk se plasing die aanvallers se optrede goedgekeur. Op sy Facebook-profielfoto wat by die inskrywing verskyn het, sit hy in sy weermaguniform met sy naam op ʼn plaatjie op sy bors aangebring.

“Die aanvallers moes sy oë en tong uitgesteek het sodat die laaste gesigte wat hy ooit sou sien, dié van die moordenaars sou wees en hy na sy graf kon gaan met die nagmerrie,” lui die beweerde inskrywing wat sedertdien verwyder is.

Die plasing wat Johan gemaak het.

Hy het glo ook gesê: “Apartheid is in hom [Braam]. Al hierdie ou wit mense dink ons is onnosel as hulle sê hulle was teen apartheid gekant. Ons sal nie vergeet wat hulle gedoen het nie. Nou is dit die wit mense se beurt.”

Mgobozi het aanvanklik gesê Mohlala is net berispe ná die inskrywing en gewaarsku om die plasing te verwyder en nie weer sulke uitlatings te maak nie, anders sal tugstappe gedoen word.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag aan Maroela Media gesê dié besluit om wel verdere tugstappe teen Mohlala in te stel en hom af te dank is “fantasties”.

“AfriForum ervaar regtig dat daar ʼn dubbele standaard is waar swart mense sekere dinge kan sê wat neerhalend is teenoor minderheidsgroepe en wegkom daarmee. Dit is moontlik ʼn stap in die regte rigting dié hoewel daar nog baie werk is wat gedoen moet word,” het Cameron gesê.

Die nuus van Mohlala se uitlatings is in dieselfde week aangekondig waarin die eiendomsagent, Vicki Momberg, vir twee jaar tronk toe gestuur is omdat sy ʼn polisiebeampte rassistiese skeldname toegesnou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Johan ·

Hoekom is dit so dat sekere mense net oor vingers getik word. Dit is voortrekery en bloote haatspraak en daar sal dit bly want ons is nou slaansak vir all dinge wat verkeerd was. Ons is soos renosters word stadig uit gesmoor.

al ·

Hy moet ook 2 jaar tronkstraf kry vir rassisme teen oor wit mense

Madeleine ·

Absoluut. Hoekom is daar nie eers sprake van aangekla word nie??

tamboti ·

Die stryd halfpad gewonne! Maak nou asb. ‘n saak by gelykheidshof sodat hy ook en die gelyksheidshof gedwinng word om aan dieselfde reels te voldoen wat van blankes verwag word.

AmY ·

Wat my egter bekommer, is dat hy in die weermag is/was, en dat hulle mos oor ál die landsburgers se veiligheid besorg moet wees. Of is ek nou verkeerd?

Elizna ·

Ek is bly hy het sy werk verloor..maar hoekom nie ook tronk straf..huveel mense is nie aangespoor om aanranding of mense te moor nie.. elka aksie get n reaksie

Rynhardt ·

Majoor moet tronkstraf kry!!!!Geregtigheid het nie geskied nie.

Liamari ·

Tronkstraf? Hoop nie hy kom weg nie. Hy moet tronk toe en klaar!

Andre ·

Afgedank met sy lekker pensioen en voordele. Waarom is hy nie strafregtelik vervolg en tronk toe gestuur nie?

Marcelle Joubert ·

Seker ook met volle pensioen, medies, behuisingstoelaag, ens. Dis so in sy kraal, want nou kan hy – met toestemming – niks doen heeldag. Hoekom sit hy nie ook in die tronk vir sy haatspraak nie?

Frik dtppenaar ·

Hy het in elk geval heeldag sit en niks doen nie, glo my.

Ronel ·

Afgedank? Goed so. Maar neem dit asb ‘n stap verder en le tronkstraf op asb! Ene Vicky Momberg was vir VEEL MINDER agter tralies gesit – sy het immers NIE gevra vir die materling van mense nie. Komaan, maak ook ‘n voorbeeld van hom!

H ·

Lekker!!! Kan nie help wonder vir hoe lank hy steeds sy salaris gaan verdien nie.

jakes ·

Welgedaan aan diegene wat sy afdanking bewerkstellig het. Hy sal hopelik nerens ander plek werk kry nie. Hyhet gedink dt agv sy rang dat hy mag se net wat hy wil. Geen wonder ons weermag is n grap nie.

Lee ·

Wonder of hy ooit regtig sy werk verloor het en of dit net ‘n manier van die weermag is om die media stil te maak…..

hester ·

JA EK WONDER OOK, MAAR INDIEN DIT WIL SO IS FANTASTIES!!!!!!!!!!!!!!!!!!

honourable member ·

Vir n slag tree hulle teen hulle eie mense op. Oor n jaar as die stof gaan le het dan is hy weer aangestel.

Willie ·

Die maat gaan erens opduik… Ek wil sien dat hy vervolg word, dis haatspraak! En uiters rassisties!

christa ·

hoe het die man ooit in die Weermag gekom? hoe het hy ‘n offisier geword? So bly ek is lankal uit die Weermag want ek wil nie weet ek het vir hulle gewerk nie. Geen dissepline is aan die orde van die dag. Hy moes 5jaar vir rasistiese uitlatings ook gekry het. Ek hoop die volgende pos waarvoor hy aansoek doen sal navorsing oor sy agtergrond doen

Elize ·

Baie lanklaas sulke goeie nuus gelees. Vatso jou katvis en kyk in watter water gaan jy nou rondploeter

Paul ·

Wonder of hasbeen Gerrie Nel wil probeer om die ou oogesluit te kry soos Momberg. Dit kan mos nou tot gelykheid ly………

humor ·

Miskien het iemand tot die besef gekom,, die buiteland het ook ore. Moes beslis ook tronkstraf gekry het!!!

Stefaans ·

Alles “window dressing” – binnekort word hy elders aangestel, met bevordering natuurlik.

Monica Grobbelaar ·

Net sy werk verloor. Hoekom nie tronk toe nie. Inn blankes word agter tralies gehou vir sulke goed.

Oom Kalahari ·

Dankie aan Mnr Ian Cameron en Afriforum vir jul dryfkrag tot regverdigheid. Dit wat hy ge-uiter het en geskryf het is of kom neer op gewelddadige/moorddadige haatspraak en dit is nou net meer aangewakker met sy werksverlies. Waarom is hy nie ook deur dir Menseregte Kommissie en NVG aangekla nie sodat daar van sy pensioen ook R150.000-00 geneem word en aan ‘n blanke behoeftige organisasie geskenk word en ook 3jaar met een jaar opgeskorte vonnis kry. So sal dit regmatig wees. Die man get geweldige haat in hom en wonder jeens sy uitlatings oor ou blanke mense of daar nie dieper moet gekyk word of hy nie dalk ‘n sel het wat hierdie misdade uitvoer nie.

Moet definitief verder ondersoek word. ·

Stem saam. Hy moet definitief verder ondersoek word.

Daan ·

O! maar Momberg sit innie tronk oor ‘n simpel woord, en die ou word net afgedank? Die is moord aanhitsing … YO!!!

Alida ·

Wonderlik maar Afriforum moet dit nie daar laat nie en aangaan met die saak. Hy moet in die Hof verskyn en hopenlik kry hy dan ook tronkstraf. Hy kom gans en al te lig daarvan af.

janneman ·

Hy moet by die gelykheidshof aangekla word van haatspraak, sodat n hof verder kan beslis. Vir nou is hy slegs deur sy werkgewer verhoor onder druk van die publiek.

Tanzie ·

Ongelukkig het geregtigheid nog nie geskied nie. Hy loop nog vry. As dit van my afgehang het, moes hy minstens 5 jaar tronkstraf gekry het. Ek kan ook my kop op ‘n blok sit hy is nie die enigste weermag offisier met hierdie moordende gedagtes nie. Skokkend.

Spike ·

Adv. Gerrie Nel, kla asb strafregtelik aan. Dit is aanhitsing tot moord.

Ben ·

Hierdie man se uitspraak is erger as die van Vicki Momberg. Vicki het ‘n rede gehad. Sy was beroof en was in ‘n emosinele skok toestand. Hierdie man is ‘n Majoor in die weermag. Hy het geen pligsbesef of berou nie. Dit is ‘n absolute skande dat hy net afgedank is en die feit dat ‘n weermag offisier sulke woorde kwyt kan raak. Ek dink dit is tyd dat die weermag ook onder die soeklig moet kom!!!!

Stella Barnard ·

Hukom is hy ni aangekla ni???? Noem jule dit nou regverdigheid. Hy moet tjoekie toe. Sou ek dieselfde uitlatings as hy gemaak het was di sleutels weggegooi..

THEA ·

Snaaks RSG hou nie n program hier oor nie, soos met die willemse se geval vanoggend Anita Visser so om verskoning gevra dat ons blankes is,

neels ·

Nou sal jy hom hoor hoe gaan hy uitvaar teenoor die Blankes. Hy gaan natuurlik nou arbeidshof toe en die sal hom jammer kry. Ek sien nog nie dat die gelykheidshof, menseregte en grondwet hof enigsins betrokke is nie. Nog n by voeging tot misdaad, die weermag sal sy klaring by alle basisse moet kanselleer.. Hier by ons is n weermag hoe vas getrek vir sy aandeel in plaas aanval hy het die vuurwapens voorsien.

Fairness ·

JUSTICE AT LAST . it is just fair that other people lost their jobs over the words ‘black man’ whilst he can instigate violence against white people without any consequences .. WELL DONE!!! Nou moet hy verder aangekla word van RASSISME en ook TRONK TOE GAAN. Sy aksie was pertinent geloods teen Rev Braam van Wyk wie se oë hy wou laat uitsteek.

Nel ·

Die ongevoelige en wrede aanmerkings van die man is mynsinsiens die ergste vorm van rassisme wat daar is , maar hy word slegs afgedank en Momberg kry twee jaar van hel in ‘n tronk oor ‘n beledigende woord…?

Jannie ·

Ek hoop hierdie optrede teen hom, is nie slegs ‘n eenmalige vertoon was om gemoedere te streel nie , maar dat dit die eerste van volgehoue en daadwerklike strafmaatreëls teen hierdie gereelde tipe uitlatings vauit Swart geledere sal wees!!

CAV ·

Ek sal graag wil sien hoe die hof getoets kan word. Gaan hy ook tronk toe gaan vir 3 jaar ?

Hans ·

hahahahahahahahahahahahahahahahahahaha – lekkkkkkkkkkkkkkkkkkkkeeeerrrrrr

Annelize ·

Ja? Afgedank met seker ‘n handdruk van 24 karat? Hoekom kon die tronkdeure nie ook agter hom toeklap nie? Wat hy gedoen het was blatante aanhutsing tot geweldpleging en aanblaas van rasse spanning en haat.

Catherine ·

Die probleem is nie verby nie… Hy moet nou maar 24/7 dopgehou word, want hierdie soort mense sal probeer wraak neem, of hulle haat op ander maniere uithaal teen die wat hulleself nie kan verdedig nie.

Theuns ·

Weereens dubbelstandaarde. Hoekom is hy nie aangekla en ook tronk toe gestuur nie? Dit wat hy gesê het is erger as skeldname teen ñ polisieman.

Clipper ·

Hoekom het Afriforum nie n klag vir haatspraak teen hom gemaak nie en hoekom is hy nie ook soos witmense wat baie minder rassisties optree, hof toe en tronk toe nie? Hoe is sy ontslag gehanteer? Het hy n pakket gekry?

Max ·

Hy gaan n senior aanstelling in n ander staatsinstelling kry.

Boet Fasie ·

Kan nou nie verstaan nie wat het geword van sy tronkstraf – Suid Afrika is mos gelyke regte , waar is die gelyke straf.

Dave ·

Afdank is niks. Oor ‘n maand het hy nog ‘n beter job. Die saak is nie eers amper afgehandel nie.

Attie van R ·

‘n Swart dag vir die liberale huigelaarsbende na hierdié uitspraak en hul maatjies.

marous ·

Gaan persoonlike lyfwag word met belasting betaler se geld …hou maar dop.

liz ·

Nou wonder mens, en hulle se plaasmoorde word met Miltere prisisie beplan????

Lana ·

Nou goed, die eerste stap is gedoen. Volgende moet hy R 100 000 betaal aan oom Braam van Wyk en dan moet hy vir 2 jaar tronk toe!!

Onnie ·

Laat die hof met hom afreken. Braam moet n saak by die gelykheidshof indien van haatspraak en aanhitsing tot geweld! Dan sal ons sien of die hof hom en vicky momberg dieselfde behandel. Om sy werk te verloor is niks, want hy kry n golden handshake en n beter pos in n ander departement – want ons is nie jammer genoeg na sy sin nie. Bla Bla Bla

Andre ·

Net af gedank. Wow…
Hoekom gaan hy nie tronk toe nie? Waaroor is jul so tevrede? Openlikke, rasistiese, geweldadige haatspraak en hy word afgedank… Pateties ten beste…

Peter Rynders ·

Dis goeie nuus kan hy nie aangekla word by dieselfde regter as Momberg nie? Waarom net tevrede wees met ‘n bedanking sy stert moet in die tronk beland.

LouE ·

Toe die storie uitgekom het, het almal gekla en lelike kommentaar geskryf – en tereg ook. Dit was nodig. Noudat dit hersien is kla almal net soos die eerste keer. Ag nee wat – kom ons wees bietjie meer positief en sê welgedaan, ons is baie bly, dankie.

Pennie ·

Ek het altyd verstaan haatspraak en AANHITSING tot geweld is ‘n kriminele oortreding, nou dat die EFF En MALEMA en elke ANC ou met ‘n themp dit uitskreeu word dit NIE aangespreek nie en OOK NIE gestraf nie? Kan ons nie asb soos met die K woord dit ook verklaar tot ‘n OORTREDING wat met tronkstraf gestraf word nie? Maak nie sin nie, een persoon se die K woord sy word tronk toe gestuur, duisende mense loop met baniere waarop hulle MENSE AANHITS TOT GEWELD en MOORD op ander en kom absoluut NIKS oor nie?? WAAR IS DIE LEGAL EAGLES???

Karen van Zyl ·

Afdank is ‘n begin. Watter REGSTAPPE sal geneem word.

Reguit ·

Hahahaha…. Diegene wat hier so “lekkerrrr” skree is kinderlik naïef om te dink dat daardie majoor nou “in die moeilikheid” is. Hy is nie. Hy lag. Hy gaan steeds ‘n lekker salaris & pensioen trek wat klaar vir hom deur sy “Comrades” agter die skerms gereël is. En dan word hy sommer binnekort elders her-ontplooi ook. Vir daardie majoor is die lewe inderdaad “lekkerrrrr” in die wonderlike Azaniese Reënboog Paradys – wat die einste WIT linkses vir hom en sy soort geskep het. Sluk dit.

Wolf ·

Ek stem volkome saam met jou Reguit.
Kom ons wees nou eerlik, die Engelse woord “apartheid” beteken vir sekere bevolkings groepe, ek is reg en jy is verkeer. So sal dit bly tot ALLE blankes in die land in hulle grafte is. Dit help nie wittes kla nie julle is ieder en elk n teiken van hierdie rasistiese onvergewins gesinde leef wyse.

Bosveld ·

Ek dink ons verdien meer as julle goedkeuring Afriforum… hy moet tronk toe.

Boerseun ·

As jy vloek. kry jy drie jaar tronkstraf. As jy dreig om te martel en moord aanhits … kom jy niks oor nie. Die man moet nog sy dag in die hof kry. Wie is daarvoor verantwoordelik? Die MRK? Die DA? In vergelyking met Momberg, sal die man so minimum tien jaar tronkstraf moet kry, anders geskied geen geregtigheid nie.

TLC ·

Volgens my as jy afgedank word verloor jy jou pension al jou voordele en als Weet nie of die wet verander is nie maar ons sal seke nie weet of hy n goue handdruk gaan kry nie Maar YEAH VERBLYWENDE NUUS ^lanklaas sulke goeie nuus gelees jipieeeeeeeee

LHS ·

Die weermag het hom afgedank slegs omrede hy sekere gedragskodes as offisier oortree het. Na regte moes hy sy rang verloor het. Duidelike bewys dat die weermag dit slegs doen om burgerlikes n rat voor die oe te draai. So hy behou alle voordele en pensioen. Dit is geen straf nie. Hy sal vir haatspraak aangekla moet word.

Johan ·

Soos in die berig gese, hierdie is n klein stappie in die regte rigting, as ons net soos die iewers kan begin is dit goed want dit kan net groei hievandaan, Goed gedoen. Brig-Gen Mafi ons se dankie dat u n standard daar gestel het wat ons nou voorentoe kan vat met alle ras teen sprake, baie Dankie vir die waarde wat u geheg het aan die ongelukkigheid van die mindere, ek salueer u!

Stoney ·

Het seker n goue handdruk gekry en n senior pos in een of ander staats departement

Adriaan ·

Ek stem saam. Afriforum moet nou uithaal en wys. Kom nou Gerrie Nel hier is jou kans. Daar is henog bewyse.

VERPLAAS?? ·

Slegte nuus vir almal wat so bly is…hy sal tien teen een net verplaas word OF oor so paar maande weer aangestel word. Ook ‘n lekker goue handdruk gekry… R3,8Milj. Hy hoef eintlik nie meer te werk nie

Christo ·

Ek dink dat die afrikaanse nuusdiens juis nie hierdie uitsendings wil maak nie. Bitter min wat ek op internet lees, haal ooit die nuus. Is kyknet se nuusdiens nie daar om ALLE nuus aan die kykers te bring nie. Ek hoor nuus op “straat” en nie op Afrikaanse nuus nie. Soos met bogenoemde geval.

Edward Shawe ·

Ontslag uit die weermag vir Majoor is groter straf as om tronk toe te gaan. Hy wat Mohlala is sal swaar kry om werk te kry. Ek is bly dat geregtigheid geskied. As oud afgetrede soldaat sederd 2013 voel ek dat ander soldate en toekomstige soldate moet besef dat hulle die verskillende rasse in Suid Afrika dien en sodoende die SANW se “Code of Conduct” streng moet nakom en gehoorsaam. Ons die belasting betaler, betaal die soldaat se salaris. Ook so betaal elke pensioen trekker en wat gedien het in die weermag belasting om die landsveiligheid van die weermag te geniet.

LHS ·

Hy is gladnie van plan om enige ander werk te gaan doen. Kom ons wed dat op sy ontslagdokument (wat niemand ooit te siene sal kan kry) sal daar staan, self bedank, medies ongeskik of oortollig verklaar. Vir ander weermagte se lede mag ontslag erg wees maar verseker nie vir die lede nie. Ek herhaal myself, deurdat hy nie van sy rang gestroop is, wys duidelik hy word beskerm, inteendeel hy sal seker die volgende minister van verdediging word.

Seemonster ·

Nou gaan hy net verder by die huis sit en niks doen nie. Hy hoef nie kantoor toe te gaan daarvoor nie. . . .

Oom Kalahari ·

Maj Mohlala, baie geluk met u afdanking. Geniet die ontslag partytjie en gour handruk, jy verdien dit. Die vooruitsigte by EFF gaan besonders goed wees, want nou word jy as ‘n benadeelde beskou en kan mos darem nie rassisties of haatspraak doen nie, net die whitey’s. Jy moes jou rang verloor het (gestroop word) 2jr Detensie Barrake (DB) toe gestuur word met “hard labour” en by voltooing ook met siviele aanklagte. R150,000-00 boete aan die families of aan blanke squatter kamp.

TVA ·

Stem 100% saam. Toe ek 17 jaar oud was, was ek geforseer om diensplig te doen(in die regte weermag), nie hierdie slapgat, dikgat, sogenaamde weermag nie. Ons moes streng voldoen aan die Regliment van Dissipline anders was dit DB toe. Sluit die sleg ding weg

Vliegende Struisvogel ·

Hy gaan 99% seker weg met goue handdruk, of kry weer elders ‘n funksie. Hy is niet ronk toe maar dit is al ‘n goeie stap.

Menswaardigheid begin met menswaardigheid.

RH ·

God se werke en intrede begin nou wys! Staan terug want God IS almagtig en God se Hy sal Sy mense red en beskerm!

Hennie ·

En dit was ‘n “lang proses” voordat uiteindelik besluit is dat dit ‘n ernstige oortreding was. Wat ‘n klomp onbevoegde mense!!!

Anzel ·

ASB Afriforum, ons vra mooi – doen wat julle moet om ‘n punt te bewys hier. Om seker te maak hierdie man gaan ook tronk toe net soos Vicky Momberg. Op die einde van die dag moet die res van die land se mense kan sien dit geld nie net vir wit mense nie, maar ook vir enige ander kleur. Wat goed is vir ons is goed vir die res. Kan dit gedoen word? Ons moet saam staan en deur druk – al moet ons buite die hof staan met plakkate om te wys ons soek hom agter tralies vir rasisme, net soos wat met Mev. Momberg gebeur het. Hou ons asb op hoogte, en laat weet as julle ons nodig het. Ons moet begin saam staan sodat almal kan sien ons sal alles in ons vermoe doen om mekaar te ondersteun.

Joey ·

Well done SADF. Ander staat instansies kan by julle leer. Dankie vir regverdigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.