Majoor by MRK verkla oor FB-uitlating

Majoor MV Mohlala. Foto: Via Facebook

Die Demokratiese Alliansie gaan ʼn majoor van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) by die Menseregtekommissie (MRK) verkla nadat hy hom glo aan haatspraak skuldig gemaak het ná ʼn aanval op ʼn wit bejaarde leraar en die weermagbestuur hom slegs daaroor oor die vingers getik het.

Johan van Wyk, ds. Braam van Wyk (80) se seun, het op 10 Maart ʼn foto van sy pa se erg aangerande gesig op Facebook gedeel ná ʼn aanval vroeër die dag in Ysterhoutweg in Randparkrif in Randburg.

“Watter lafaards skop ʼn 80-jarige man in sy gesig terwyl sy hande agter sy rug vasgebind is? Hulle het ook sy vriend, afgetrede prof. Kobus Naude wat ʼn wonderlike man was, vermoor deur hom met ʼn mes in sy hart te steek. Hulle het met my pa se wit Mercedes-Benz C220 met die registrasienommer 004 MVW GP op vlug geslaan,” het Van Wyk in sy inskrywing gesê.

Sy plasing is wyd op sosiale media versprei en sowat 20 000 keer op Facebook gedeel.

Maj. M.V. Mohlala, verbonde aan die Wonderboom- militêre basis, het glo in reaksie op Van Wyk se plasing die aanvallers se optrede goedgekeur. Op sy Facebook-profielfoto wat by die inskrywing verskyn het, sit hy in sy weermaguniform met sy naam op ʼn plaatjie op sy bors aangebring.

“Die aanvallers moes sy oë en tong uitgesteek het sodat die laaste gesigte wat hy ooit sou sien, dié van die moordenaars sou wees en hy na sy graf kon gaan met die nagmerrie,” lui die beweerde inskrywing wat sedertdien verwyder is.

Hy het glo ook gesê: “Apartheid is in hom [Braam]. Al hierdie ou wit mense dink ons is onnosel as hulle sê hulle was teen apartheid gekant. Ons sal nie vergeet wat hulle gedoen het nie. Nou is dit die wit mense se beurt.”

Brig.genl. Mafi Mgobozi, die weermag se woordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Mohlala is reeds verlede week oor die plasing berispe toe dit onder die weermagbestuur se aandag gebring is.

“Hoewel hy die plasing in sy private hoedanigheid gemaak het, is hy tot orde geroep en gewaarsku om nie sulke uitlatings te maak nie, want dit beskadig die weermag se beeld. Hy is gewaarsku om die plasing te verwyder en nie weer sulke uitlatings te maak nie, anders sal tugstappe gedoen word,” het Mgobozi gesê.

Mgobozi het gesê die weermag duld nie sulke optrede nie.

Kobus Marais, DA-LP en woordvoerder vir verdediging en militêre veterane, het Maandag daarteen uitgevaar dat Mohlala slegs oor die vingers getik is en het aangedui Mohlala gaan by die Menseregtekommissie (MRK) verkla word.

“Die DA sal ook ʼn skrywe aan Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, stuur om haar te versoek om bewerings van haatspraak en rasgebaseerde opsweping tot geweld teen Mohlala te ondersoek,” het Marais gesê.

Marais het gesê daar is geen regverdiging vir sulke “haatlike kommentaar” deur enige Suid-Afrikaner nie. “Gegewe die posisie van maj. Mohlala in die SANW, is sulke opmerkings eenvoudig onaanvaarbaar.”

Volgens Marais is Mohlala se waarskuwing van toekomstige tugstappe nie voldoende optrede deur die weermagbestuur nie.

“Gegewe die ernstigheid van sy oortreding van nierassigheid en respek vir menswaardigheid, moet min. Mapisa-Nqakula dringend die toepaslike dissiplinêre prosesse teen hom instel,” het Marais gesê.

Marais het gesê Mohlala het die voorreg om in die land se gewapende magte te dien. “Sy mandaat is om ons nasie te beskerm, nie om tot die hoë vlakke van misdaad by te voeg of geweld en rassehaat aan te hits nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Giel ·

Daar sal dadels van kom. Die MRK se trawante is sy boeties!!!!

Internasionale Strafhof ·

Die saal moet direk onder die aandag van die Internasionale Strafhof en die Vereenigde Nasies kom.

Attie van R ·

MRK beteken niks nie. Net ‘n ANC-front om blankes by te kom.

Elsabe ·

Ja ne die weermag duld dit nie maar as dit nou iemand andersom was was hulle onmiddelik aangekla en het hulle werk verloor…………………………………

Spookie ·

So Vicki Momberg kry 3 jaar tronkstraf omdat sy die K…woord gebruik het. Maar die man word net ‘n waarskuwing gegee. Waar is die regverdigheid daarin. Ek se nie dit is reg om daardie woord te gebruik nie maar regverdig dit regtig tronkstraf?

Blommie ·

Dis nou wat aan die buiteland gestuur moet word, sodat hulle kan sie hoe SA se weermag daar is om die land te beskerm, want die weermag is mos dan kamstig vir almal. maar wys jou wolf bly n wolf al dra hy skaaps klere. dis mos watse tiepe opleiding hulle aan hulle komerade gee. KILL the boer KIL the farmer!!!!!!

Johan ·

Geagde Majoor … your comments are not in your personal capacity. You, as a officer swore that you will uphold the democracy of this country. Jou uitlatings os verraaf teenoor due land en grondwet en behoort dienooreenkomstig aangekla en in ń militêre verhoor verhoor te word!

Stuur aan stuur aan ·

Stuur asseblief aan almal wat julle oorsee ken. Hier is n bewys wat die ANC se plan met ons is.

Boer in Beton ·

As ‘n Blanke persoon so iets kwyt geraak het was hy nou al in die tronk……

Selfbeskikking laaste hoop ·

Met al die haatspraak en geweld teenoor ons bejaardes is ons nou in die regte posisie om buitelandse steun vir selfbeskikking te kry en hard met ons regering daarvoor te onderhandel. Ons sal veilig in ons eie goed bestuurde land wees.

Kannaland ·

Hierdie is n baie ernstige saak en kan ons baie sterk steun om die aandag van die internasionale gemeenskap te werf in ons soeke na geregtigheid.

honourable member ·

As jy intelligent kan praat nie Majoor bly maar eerder stil. Doen jou werk en hou op speel op jou rekenaar.

dolphin ·

skaam vir majoor moet geskors word dis onnodig met die ou mensies aangeraad .God slap nie sal beheer en laat hul val.

Janosh ·

Ek HAAT hierdie dubbel standaarde. As dieselfde uitlatings deur ‘n witte gemaak was, het die duiwel losgebars. Wanneer gaan daar van sulke haatspraak ‘n behoorlike voorbeeld gemaak word sodat dit ander voornemedes die skrik op die lyf sal jaag om so-iets te oorweeg?

HPV ·

Mohlala van die SANW. Ag asseblief! Al wat tans instand gehou word is die kroë in die weermagbasisse en die ou het ‘n eier te lê oor die ou witmense. Majoor neem die ou witmense, gelees ou wit soldate, weer op in die weermag, en jy het weer die beste weermag in Afrika. Die weermag waar u aan verbonde is, is tans die lag van die wêreld.

Reguit ·

Die wittes is uiters naïef en bewonder nog die ‘SA reënboog’. Baie mense glo seker daardie majoor is die enigste offisier wat só voel oor witmense. Wag maar. Hulle sal nog op die harde manier uitvind. Hulle sal nog sien hoeveel voel so – wanneer daar eendag met militêre mag op eiendomme beslag gelê gaan word.

Eish ·

Skokkend om die minste te sê.
Indien jy die klas haatspraak kwytraak op sosiale media, wil jy dat jou doodstyding gesien en gehoor word.
Die vraag is of die houding verteenwoordigend is onder die meerderheid?
Ek eet Cyril se halfgekookte paddas sonder sout en speserye indien dit nie die geval is nie.

Piet Pompies ·

Dit is veronderstel om ‘n voorreg te wees om in ‘n weermag te dien, jy staan in diens van die staat met trots. Net gekeurde mense kan die titel eien veral as jy ‘n majoor is. Die man verdien nie sy werk, hy verdien dit nie om ‘n uniform te dra, hy hoort in die tronk

peanut ·

Hy moet aangekla word van poging tot moord, aanhitsing van geweld en dan moet hy ook n R150 000 boete kry en sommer n hele paar jaar in die tjoekie, DAN eers is straf regverdig uitgedeel.

Sirkus ·

Wat ‘n grap is hierdie land se weermag nie. Van haatspraak, korrupsie, zero dissipline en trots tot by seksuele wandade. Daarom gaan my seun Britse weermag toe waar hy dan liefs iets sal beteken vir ‘n ander land waar witmense nie so gejag word nie.

Stuur aan stuur aan ·

Stuur asseblief aan almal wat julle oorsee ken. Hier is n bewys wat die ANC se plan met ons is.

Internasionale Strafhof ·

Die saal moet direk onder die aandag van die Internasionale Strafhof en die Vereenigde Nasies kom.

GM ·

Dink nou net wat gaan gebeur as die land verdedig moet word. Ons wittes gaan ‘per ongeluk’ raakgeskiet/vermoor word.

Heri ·

Ja hou die buiteland heeltyd op hoogte. Hier gaan niks van kom. Veronderstel jou die weermag moet intree om toekomstige chaos te beheer. Daar wag n slagting. Hulle haat teenoor ons is ongekend

Sè ek ook ·

Stuur dit aan die buiteland laat hulle sien wat hier aangaan.

Skokkend ·

DANKIE VADER, uiteindelik, die probleem is net hy gaan weer GEEN straf ontvang nie .. dis net blankes wat boetes betaal en afgedank word weens fb uitlatings. WEEREENS verander dit ook nie sy hart nie, en sy WREEDHEID nie, ek wil weet as dit ‘n Blanke man in sy posisie in die weermag was wat dit van ‘n swartman kwytgeraak het WAAR sou die EFF en ANC vandag huise en geboue uitgebrand het? Hulle sou AANGEDRING het daarop dat hy onmiddellik GESKORS word uit die WEERMAG< nee hy sit heerlik en ontvang 'n salaris van ONS belastinggeld .. UITEINDELIK het die DA ook nou die lig gesien.

a ·

As ‘n wit persoon dit gesê was hy onmiddelik geskors gewees en ‘n paar duisend rand se boete gekry.

Boet Fasie ·

‘n Majoor in die Nasionale Weermag wat sulke dinge se en homself skuldig maak aan haatspaak hoort eenvoudig nie in die weermag nie., maar in die tronk. SIES hy hoort nie n uniform nie.

Skande ·

HET gewone lede van die publiek in apartheid julle OE KOM UITSTEEK en julle met ysters gebrand en julle kinders in ‘n bad kookwater verdrink nadat julle haar VERKRAG het? IN apartheid het net die moeilikheidmakers hulle moses teegekom as hulle alles probeer afbreek en afbrand het .. babas is nie verkrag en met kookwater verbrand deur blankes nie, swartmense se oe is nie uitgesteek en hulle bene en voete met bore deurboor en met blaasvlamme verbrand nie .. JULLE gebruik net APARTHEID om witmense te HAAT wat niks aan julle gedoen het nie . DIS ‘n SKANDE!!

& ·

Kan iemand asb hierdie kommentaar ook vertaal en die buiteland instuur. Ek aanvaar hier word verwys na werklike gevalle – sommige waarvan ons nie eens weet nie. Skande, as jy kan laat weet waar daardie gevalle gerapporteer is/oor berig is, kan dit óók vertaal word en die wêreld ingestuur word.

Iemand moet êrens kennis neem van wat hier aangaan en ingryp … stuur dit asb aan na Dutton en dan sommer direk ook na Julie Bishop.

Laurika ·

Glo my, ek baie uitlatings oor jou ook Mohlala, maar ek is slim genoeg om dit tuis te doen in my sitkamer, en nie op Facebook nie. En ek kan dink wat ek wil, laat ons net so sê, ek lag bitter lekker vir jou.

Johan. H. ·

Nou wonder jou minister van verdedeging hoekom wit en indieer mense nie wil aansluit by Julle weermaggie nie, Die Offisierre wat ek geken het was Meesters, ,, Gladnie soos jy nie Ga!

Smithie ·

Hier kom die waarheid nou uit. Die ou mense word aangeval en doodgemaak omdat hulle apartheid nie afgekeur het nie. Hy het sy mond verbygepraat.

Albaster ·

Nee, hulle word aangeval omdat die ANC lafaards is en met sagte teikens begin. Die wereld moet weet hiervan.

Gerrit ·

Bruwer jy moet julle reels en regulasies navolg nie jou opinie nie .

Anke ·

Malema het gesê ons sal sien aan wie se kant is die weermag en polisie, dis nie aan ons kant nie. Hierdie haat wat hulle dryf is obeskryflik en totaal ongevraag.

Afrikaanse Knaap ·

Dis siek hoe jy mense name noem en jy word derduisende rande en tronk straf gevonnis, maar dat jy die majoor se kommentaar kan maak en jou vingers word nie eers getik nie.
Ek sal graag wil he die MRK moet eens en vir altyd hul definisie van rassisme publiseer. Hulle skuif gedurig die doelpale om hulle te pas.

Pieter ·

Daar is niemand by die MRK wat werklik oor die wandade teen minderhede en veral wittes bekommerd is nie. Dit is onder ANC beheer. Moet dus niks positief van hulle verwag nie. Daar moet eintlik ‘n klag teen die MRK wees vir hul dubbele standaarde, maar waar lê mens so ‘n klag?

Rynhardt ·

Majoor Mahlala het n wrede uitdrukking op sy gesig.Die SA weermag is pateties dat hul nie opgetree het teen n majoor wat n bejaarde blanke aangerand het nie.Voorblaaie het dit weerhou veral Cape Times en Die Burger!!Alle moorde,aanrandings en diskriminerende wetgewings moet op webwerwe aangebring word dat hele wereld kan sien wat aangaan in demokratiese SA!Die feit dat die DA die majoor nou gaan verkla by MRK,is net omdat die 2019 verkiesing voorle!Nou glo blankes klaar weer in hul DA. DA waar was jy oor al die jare met moorde,aanrandings en regstellende aksie teen blankes???Kom ek antwoord julle mooi en duidelik liberale.Nerens!!!!?????????????????????????????????As MRK wel gaan optree teen majoor, sal dit reen,sneeu en hael vir 500jaar in n demokraties SA!????????????????

LHS ·

Gaan lê n klag teen die minister van verdediging wat dan sal afkom op die hoof van die weermag. Solank jy in weermag drag is bestaan daar nie so iets soos private profiel nie. Hy moet krimineel vervolg word en onmiddelik oneervol onslaan word. Hierdie saak moet nie net gelaat word nie. Wonder of die lid enige weermagopleiding gehad het.

Jerry ·

Mohlala se uitsprake klink soos die uitsprake wat die leier van n politieke moordbende sal maak. Sy uitsprake bevestig die vermoede dat die wit ouergarde tans die teiken van swart moordbendes is omrede hulle apartheid gesteun het. Mohlala se uitsprake dui daarop dat die moorde op witmense polities gedrewe is. Die SANW, Staatsveiligheid wat onder Zuma gedien het, die ANC en EFF moet almal ondersoek word vir betrokkenheid by politiek gemotiveerde moordbendes.

M'Lady ·

Ek wonder of enige iemand in die nuwe SANW nog weet wat “militere kassering” beteken. Hierdie persoon is die ideale kandidaat.

k ·

En ek dink dadelik aan die bohaai en stappe teen die weermag offisiere wat die ou SA vlag op die foto gehad het tydens hulle koek en tee…..

Jd ·

Ek wonder waar die knaap sy opleiding gekry het en as dit die kaliber offisiere in ons weermag dan weet ek nie. Dit is kommerwekkend

Netso ·

Ek wens ons wit nasie kon net een dag hê om net onself en ons frustrasie te kan ontlaai! Mag niks sê nie! Dis soos ñ opwen-muis! Al stywer en stywer! Dankie SAW ons weet waar ek in ons land met julle ook staan.

Reguit ·

Volgende maand kry daardie einste majoor seker ‘n verhoging en ook ‘n medalje op parade vir ‘dapperheid’.

Ella ·

Kan maroela media asb ook n engelse afdeling he dat ons hierdie in die buiteland kan versprei. Ek woon egter nie in SA nie en sal van die berigte graag wil aanstuur.

Wickus de Bruin ·

Ja majoor. Jy dink jy is oulik om sulke uitlatings te maak. Jy is nie die rang werd nie. Bedank eerder en gaan plak iewers.

Groottrek2 ·

Laat ons leiers vir ons solank reel vir spesiale asielaansoeke want dit raak al duideliker wat die regering vir ons beplan….sulke woorde deur senior weermagoffisiere, onttrekking aan internasionale hof.

Chris Jordaan ·

How the hell can this racist character get away with what He said? He is in the position of protecting not to torture and kill. He’ shouldn’t be in any position of safety and security, because his mentality is all wrong. He’s most obviously not even properly educated and was given the position. That’s why there will be NO peace in South Africa because of our racist killer leaders. People have lost the jobs for saying much less than that and He gets a knock on the fingers.

Alida ·

Mnr van Wyk dryf hierdie tot in die hoogste hof asb. Maak n bankrekening oop en noem dit HAATSPRAAK ten aansien van regskostes. Ons sal bydrae om die BESTE advokaat te kry. Dit kan nie so aangaan nie en iewers moet hy en die weermag betaal.

Alice ·

Alida ek stem ons publiek moet self iets doen. Hierdie ‘Majoor’ moet strafregterlik aangekla en vervolg word. Ek dra gerus by tot regskostes

Oom Kalahari ·

Dit is verbasend en so onregverdig dat sulke optrede deur ‘n offisier in die Weermag(SANW) wat moet kan lei en nie sulke uitlatings maak van “Haatspraak, aanhitsing, aggressie en onderskrywing op watter manier moorde uitgevoer moet word” Dit is mos nou uiterste geweld tot die mensdom en soos getoon ‘n spesifieke ras en word net oor die vingers getik. Wat ‘n grap van Weermag kant, politieke ANC leiers, MRK. Hieris nou ‘n duidelike prentjie van werklikhede en hoe hulp middele tot die kriminel vir aanvalle gevoer word.

Nie in die Army. ·

Luister, lees en oorweeg wat Alida sê, julle!
Maak soveel sin.

Cornelia ·

Mohlala, wat jy sê is wie jy altyd was, wie jy is en wie jy dalk trots sal bly tot jy aan die galg swaai wat jy vir onskuldige bloed bou. Wat jy aan my mense doen, het jy net so maklik aan joue gedoen. Dit het ons nie ontgaan nie. Jy en jou bondgenote is verstom dat die Afrikaner nog nie die hasepad gekies het na al die gruwels en bloeddorstige aanslae op my volk na wie se verre verlede, hede en toekoms ek met dank en waardering kyk nie. Hulle is hier geplant deur God self. Hulle het geywer om deur donker tye en niks tye, te woeker met hulle gawes en talente. Vreugde te verskaf, hoop te deel en te werk met die doel om ook aan jou voorsate werk te voorsien. Jy het nog aan niemand buiten jou eie tier, ‘n sprankie hoop gegee nie. Probeer om aan jou nageslag iets na te laat waarop hulle kan voortbou voor die Aangesig van God.

Edward Shawe ·

As afgetrede AO2 sederd 2013. Ons het sederd 1994 met die integrasie van Transkei, SAW, MK en ander weermag dele n eed afgelê. Daardie eed was dan in kaart form aan elke soldaat oorgandig. Ons uniform draende en siviele lede van die SANW moes dan ook op n sertifikaat wat in die eenheid se bevelvoerders kantoor gehang is teken. Hierdie eed is bindend op elke lid van die Minister van Verdediging tot op die laagste rang. Die word genoem die ” Code of Conduct of the SANDF” . U kan dit gaan google. Maj Mohlala het hierdie eed erg verbreek volgens my. Ek versoek elke persoon wat hier lees om saam te staan. Al moet hierdie saak in die parlement draai. Maar ek wil sien dat reg en geregtigheid geskiet. Maj Mohlala van Wonderboom Sein Eenheid MOET oneervol ontslaan word uit die SANW……. En alle ander rassistiese soldate moet kennis neem dat daar nie plek in die SANW vir hulle is nie. Die Minister van verdediging moet dit duidelik uitstippileer in die openbaar. Mohlala se ontslag moet ook publiek openbaar word.

Theresa ·

Stuur hierdie man se woorde en gesig en optrede die wêreld in, asb.
Enige een wat ‘n kontak het en organisasies wat die middele het – stuur dit aan.
Absurde magsverblinde martel en dood verkondiger!!!

Wonder ·

Daar het ons dit weereens! Ons bevolking kan glad nie staatmaak op die weermag of polisie nie! Hulle is deurdrenk deur kriminele. Ek kry die mense wat eerlik en opreg is wat in die weermag en polisie is baie jammer. Hulle sien baie dinge en weet as hulle praat sal hulle en die familie uitgehaal word.

Ja wat ·

Sy uitlatings is haatspraak wat definitief wyd versprei moet word en die nodige straf moet aan hom gegee word. Weet nie regtig hoekom sy opinie moet saak maak nie – daar is derduisende mense wat wat ander verklein deur rassehaat elke liewe – dit geld vir alle rasse. Hierdie Engelse gesegde is die een wat vir ons moet saak maak: “Lions do not lose sleep over the opinions of sheep.”

Zumie ·

Vergelyk hierdie geval nou met die Penny Sparrow geval.
Met ‘n wit “aangeklaagde” oor ‘n amper niksseggende uitspraak ‘n helse boete.
Hier is ‘n nie-wit “aangeklaagde” wat oor die vingers getik word terwyl hy eintlik volksmoord aanmoedig…..
Maak jou eie afleidings

Mags ·

Maj M V Mohlala, your words are so wrong on so many levels. Maybe you should learn to love our beautiful country and its amazing people.

Leon ·

Dubbel standaarde!!!! As hy wit was, was hy nou uit die mag gegooi en sou n groot boete gekry het, as hulle hom nie sou toesluit nie. Hierdie majoor word net aangespreek………NEE HY MOET DADELIK UIT SY POS GESIT WORD. DIE WEERMAG IS DAAR OM DIE LAND TE BESKERM EN NIE TEEN DIE LANDSBURGERS SULKE UITLATINGS TE MAAK NIE…..HY MOET UIT, EN KLAAR.

Theresa ·

Major, you do not earn your officer rank. People with that senior rank has poise and have to be fair and righteous. You failed shamefully. Hope you are fired as it should be. And do community service. How dare you promote torture and death?!! Shame on you!!
The way things are going in our country is a big shame. You, with your atrocious attitude and promotion of death has a part in this same. With your senior rank, you could have been a person to promote the willingness to live a peaceful life in this country – but you sadly fail.

Frik ·

Viki Momberg is twee jaar tronk toe gestuur vir wat sy gese het wat gaan met die man gebeur net mooi niks

Schalk ·

Tronkstraf soos vir Vicky Momberg! Anders is ons howe ook Rassisties en dan moet die regters oom tronkstraf kry! En wat van al malema se rassistiese uitlatings!

E.K. die eerste ·

Meeste van deesdae se trolle wat ander op sosiale media slegmaak is te jonk om enigsins deur apartheid geraak te gewees het. Dis punt nommer een. Punt nommer twee – ek as Afrikaanssprekende loop nie nou nog en vloek die Britte oor wat hul ouers/voorouers aan my oumas in die Anglo Boere-oorlog gemaak het asook aan derduisende ander nie. Wat help dit om altyd met haat in jou hart rond te stap – maak dit jou beter voel oor die verlede? Laat dit jou mooier lyk? Ek verstaan nie die onsin nie. Meeste mense is in elk geval onskuldig aan waarvoor ALMAL skielik beskuldig word. Maar ja, die wat ander sleg maak om watter rede ookal sal maar eendag moet verduidelik…

Snowman ·

Konstitusioneel is dit die weermag se doel en funksie om alle landsburgers te beskerm. Sy uitlating =wangedrag en enige weermaglid kan ‘n klag van wangedrag teen hom aanhangig
maak, en hy moet verhoor word.! Dis belasting betalers geld(ou wit mense) wat hom voer elke maand.

Lolla ·

Dis reg Majoor, onthou asb my kinders is nog jonk en vir aie lank sterk, en jy word ook oud en is al lankal besig om swakker te word! Daar is ook niks fout met my jong kinders se gehue nie! Onthou dit Majoor! As ons almal se vergewende gesindheid by die venster moet uitwaai….

Lolla ·

Pasop Majoor, dis die man wat niks meer het om te verloor, wat die gevaarlikste is!

Janosh ·

Ek sien nou net ‘n ander nuusberig dat Vicki Momberg vir 2 jaar tronk toe gestuur is oor haar rassistiese optrede. Ek stem hoegenaamd nie saam met die manier hoe sy haarself laat geld het nie, maar wonder nou of hierdie majoor nie dalk dieselfde pad moet loop nie. Die dubbelstandaarde wat op rassistiese uitsprake toegepas word tussen wittes en swartes is skreiend, en veroorsaak net verdere polarisasie tussen die rasse.

adelle ·

Ek hoop hy kry ook 3JAAR en moet die familie R100 000 betaal soos daai arme vrou wat die K woord gebruik het. O ja ek vergeet net die blankes is rasisties, en hulle was ondermyn en altyd net sleg behandel

adelle ·

Ek hoop hy kry ook 3JAAR en moet die familie R100 000 betaal soos daai arme vrou wat die K woord gebruik het.

Reguit ·

Is daar nog blindes? Kan almal nóú sien dat SA reguit op ‘n burgeroorlog afstuur? Dit kom.

Joe ·

Dit kom al van 90 af of hoe? of 92…nee toe 94..96 met die afcon..toe 99/00…nou wéér?

Chris ·

Nee rêrig. Is dit ‘n ossefier in ons Nasionale Weermag. Dit is soos die gesegde lui, jy kry nie medikasie vir geen kennis van verstand nie.(common sence) nie.

Andrew Greeff ·

En dan sê ons steeds die regbank is onafhanklik? Ek hoop die man word aangekla sodat ons kan sien wat die regspraak gaan wees, veral in vergelyking met die Momberg vonnis.

Jack Sparrow ·

Nou moet Maj. soos die agent ook skuldig bevind word aan rassisme en tronkstraf kry asook ‘n “vet boete” van die MRK.

Oom Kalahari ·

Maj Mohlala -Blanke hater, geweld en ersnstige misdaad pleging voorskrifte, aanhitsing op watter manier wrede moorde uitgevoer moet word. Moet ‘n neutrale leier van gemeenskap en weermag wees en verdien nie hierdie pos nie. Ernstige optrede word verlang soos teen Vicky Momberg en sy R100,000 kan geskenk word aan die kleinfontein gemeenskap. Daai geld maak hy in 2maande.

harry adendorff ·

hierdie “ossefier” – chris se woord nie myne nie- sal nou vining ontplooi word in die DRC of iewers en dit is die laaste sien van die blikkantien.

Beyers ·

So waar is Adv Gerrie Nel met private vervolgings nou-Ek vra maarnet.

Pieter ·

Mohlala is nie die enigste weermag lid wat hom skuldig maak aan haatspraak en rassisme nie, daar is baie weermaglede op Face Book wat dit doen! Die generaal Mogobozi handhaaf alles behalwe dit waarvoor die “Code of Conduct” daar is in die weermag! Elke weermag lid onderteken hierdie gedragskode as deel van soldaat wees! Dudelik is hierdie manne die papier werd waarop hulle name of die gedragskode staan nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.