Majoor kan moontlik privaat vervolg word ná Facebook-plasing

Majoor MV Mohlala. Foto: Via Facebook

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afdanking van maj. MV Mohlala verwelkom en aangedui dat hulle die saak sal dophou en privaat vervolging teen hom instel indien nodig.

Maroela Media het vroeër berig dat Mohlala, destyds verbonde aan die Wonderboom- militêre basis, geantwoord het op Johan van Wyk, se plasing op Facebook ná sy pa, ds. Braam van Wyk (80),  wreed aangeval is.

Van Wyk het op 10 Maart ʼn foto van sy pa se erg aangerande gesig op Facebook gedeel ná ʼn aanval vroeër die dag in Ysterhoutweg in Randparkrif in Randburg. Van Wyk het op Facebook geskryf: “Watter lafaards skop ʼn 80-jarige man in sy gesig terwyl sy hande agter sy rug vasgebind is? Hulle het ook sy vriend, afgetrede prof. Kobus Naude, wat ʼn wonderlike man was, vermoor deur hom met ʼn mes in sy hart te steek.”

Mohlala het in reaksie op Van Wyk se plasing die aanvallers se optrede goedgekeur. Op sy Facebook-profielfoto wat by die inskrywing verskyn het, sit hy in sy weermaguniform met sy naam op ʼn plaatjie op sy bors aangebring.

“Die aanvallers moes sy oë en tong uitgesteek het sodat die laaste gesigte wat hy ooit sou sien, dié van die moordenaars sou wees en hy na sy graf kon gaan met die nagmerrie,” lui die beweerde inskrywing wat sedertdien verwyder is. Hy het glo ook gesê: “Apartheid is in hom [Braam]. Al hierdie ou wit mense dink ons is onnosel as hulle sê hulle was teen apartheid gekant. Ons sal nie vergeet wat hulle gedoen het nie. Nou is dit die wit mense se beurt.”

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), het die nuus Dinsdagoggend aan Maroela Media bevestig dat hy afgedank is.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, sê dat die besluit deur die SANW en die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Noluthando Mapisa-Nqakula, volg op ’n skrywe deur AfriForum se prokureurs ses weke gelede waarin die rede versoek word vir die minister se destydse besluit om Mohlala slegs te waarsku.

“AfriForum sal verdere ontwikkelings in hierdie saak dophou en, indien nodig, privaat vervolging teen Mohlala instel,” sluit Spies af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Se maar net ·

Maar Penny sparrow is tronkstraf opgele en beboet, en hierdie maj word maar net afgedank.

snoefie ·

klaar ccma toe gehardloop. hu!lle sal aandring dat hy n maand se salaris vir elke dag wat hy werkloos was, bergoed word en met promosie weer aangestel word.

kas ·

Snoefie mense soos jy wat die saak gevolg het kan gerus vir ons die bevindinge van die CCMA publiseer en wanneer die majoor weer aangestel is en of hy nou ‘n kolonel is.

marous ·

Waarom privaat vervolg ? Gooi kas vol geraamtes in die MRK se kantoor neer oor hul eensydige optredes teen blankes .

H ·

Penny Sparrow het ‘n boete gekry, Dis Vicky Momberg wat tronk toe is. Hoop die majoor kan by haar aansluit. Dan kan hulle lekker gesels.

Br ·

Nou verstaan ek nie Afri-Forum hoekom wil julle wag en wat wil julle nou dop hou. Vervolg die man privaat en maak van hom n voorbeeld soos daar van Penny n voorbeeld gemaak het. Blaf Afri-Forum nou hier vir sy eie skaduwee?

Grassie ·

BR – privaat vervolging kan alleenlik ingestel word indien die vervolgingsgesag ‘n skriftelike kennisgewing uitreik dat hulle nie gaan vervolg nie. Totdat dit gebeur kan Afriforum niks doen nie. Soms blaf ‘n mens se onkunde vir jou eie skaduwee.

Spike ·

Daar is baie om te vervolg. zuma, malema, die man van blf wat sê wittes is diewe. Dit is niks anders as aanhitsing tot geweld wat lei tot moorde.

Johan ·

Vervolg hom vir geld, en gebruik dit dalk vir plaasaanval voorkoming/bevegting of dalk vir ‘n wit of ten minste ‘n Afrikaanse kinderhuis.

HP ·

Majoor! Jy is reeds skuldig bevind.

Gaan tronk toe, gaan reguit tronk toe,
Moenie by begin verby gaan en moenie jou salaris ontvang nie!!!!!

Attie ·

Hierdié ou verwoord net wat sy “meesters” in die parlement ook dink (sommige sê dit ook). Kom dit in ‘n hof, dan is die Staat daar om sy onskuld te bewys, want geen hof in hierdie land is meer geloofwaardig nie. Die strawwe wat uitgedeel word getuig daarvan.

kas ·

Attie,duidelik lees jy net wat jy wil.Ky maar na die vonnisse wat uitgedeel word,Van Breda die mangat moordenaars.Poppie Van Der Merwe se ma en stiefpa en nog vele meer.Wat het van JZ se appellering gekom,niks.Hy moet pa staan vir sy dade.Vergeet nou eers van kleur,as jy die wet wil oortree dan moet jy die gevolge dra.

Liewe Heksie ·

Ag hulle bluf ons net so bietjie, lekker vet tjek gekry, gaan sit net so bietjie by die huis met vakansie en later word hy weer aangestel en boonop gaan hy ‘n lekker bevordering kry.

Janine ·

Hy gaan mos nou lekker vet pay kry…NOU..vervolg hom..vir elke sent wat hy uitbetaal gaan word!!

bollie se wollie ·

Eers gelykheidshof en dan kriminele vervolging soos Sparrow. Baie belangrik, die presedent moet geskep word.

Gelyk ·

Nie net KAN nie MOET, ons moet nou die regte boodskap begin UITGEE, aanhitsing tot geweld en MOORD is verseker nie ‘n klein oortreding nie, en dan is daar nog ‘n groot lepel RASSISME ook daarby ingewerk … Dit MOET aangespreek word. Hy MOET privaat vervolg word en ook sy gepaste straf kry. VIR TE LANK het hierdie mense met konneksies weggekom met Haatspraak, Aanhitsing tot geweld en Rassisme terwyl blankes se rassisme aan ‘n GROOT KLOK gehang word en almal groot vonnisse of boetes ontvang .. BEHANDEL ALMAL GELYK VOOR DIE REG!

Eureka ·

Gelukkig het hy darem nie die “k” woord gebruik nie, anders was hy in die tronk. Dubbelle standaarde.

Boet Fasie ·

Die majoor gaan parlement toe – ‘ n swierige pos met ‘n pragtige salaris pakket en byvoordele , die ANC het sulke mense nodig

Erika ·

Dit is mos diskrimenasie Praat n witmens die waarheid of jy bevraagteken wat verkeerd is word jy Genail Geteer en Geveer want jy is mos minority En Ras kaart word gebruik gerieflik om hulle swak gedrag te regverdig maar is skoen aan ander voet ..kan die ander ras groep se wat hulle wil en wanneer hulle wil en weier om acountable te wees en die Publieke beeld word blink gepoleer ” wat res van wereld moet sien – dis ” dubble standaarde) terwyl” hostile behaviour ‘ teen jou agteraf geskied..met suppport agter sulke lafharte wat die ” slagoffer is “

Oom Kalahari ·

Dankie Afriforum dat jul toesien geregtigheid word eweneens toegepas. Ook het Vicky Momberg haar werk (inkomste) verloor, boete van R100,000-00 betaal aan polisie beampe wat die K-woord toegesnou was asook 3jr gevangenis skap en 1jaar opgeskort. Mev. Sparrow het haar werk verloor en R150,000-00 boete betaal aan minderbevoorregte kinders van kleur (mag nie meer die “s” kleur noem nie). Betaal nou die boetegeld wat ooreenstem asb aan ‘n wit organisasie en dan is dit geregverdig met dieselfde tronkstraf. Dit is die minimum wat deur hof bepaal is en dan uitgevoer moet word. Volg asb op Afriforum.

LHS ·

Nie moontlik nie, moet. !!!!!! Wat wil Afriforum dophou, daar is niks om dop te hou nie.

Johan. H. ·

Ja ne , Nou het die sogenaamde regters n president geskep,,, Doodskis 2 se straf lyk nou al vreeslik oordrewe!! Kom ons hou die sakie dop en sien of hy dieselfde behandeling gaan kry as die res ,,? 14 jaar vir bietjie skrikmaak van n dief!!!!

MM ·

Nou waar is sy tronkstraf, vra nie net ms Momberg en Sparrow nie ……… die hele bleddie land…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.