Majuba-kragstasie: Ondersoek afgehandel

Die silo wat by Majuba ineengestort het.

Die silo wat by Majuba ineengestort het.

Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, het Maandag die uitslag van ʼn ondersoek oor die ineenstorting van die Majuba-kragstasie se steenkoolsilo in Mpumalanga wat tot grootskaalse beurtkrag gelei het, bekend gemaak.

“Die ondersoek is afgehandel en het getoon dat daar ʼn ontwerpfout met die silo was,” het Molefe aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Amerikaanse ontwerpstandaarde is gebruik, en dit was baie laer standaarde as wat tans van toepassing is. Ontwerpe vir die permanente oplossing is reeds afgehandel. Die beskadigde silo en betrokke steenkoolvoerbandstelsel sal weer ingestel word.”

ʼn Tussentydse oplossing, wat ʼn tydelike voerband insluit, is ook gevestig. “Die gebruik van vragmotors om steenkool te vervoer is ook voor die tussentydse oplossing van ʼn gemiddeld van 1 060 beperk tot ʼn gemiddeld van 90 vragmotors,” het Molefe bygevoeg.

Abram Mashego, hoof van kapitaal, het gesê daar was geen nalatigheid deur die kontrakteurs nie. “Die kontrakteurs was nie nalatig nie. Hulle het volgens die ontwerp gewerk. Die ontwerpkodes wat in daardie stadium aangewend is, het nie die toestande van die silo in ag geneem nie. Die probleem was die ontwerp,” het hy gesê.

Die silo het in November verlede jaar ineengestort en Eskom is gedwing om grootskaalse beurtkrag toe te pas.

Lees alle vorige berigte oor die Majuba-kragstasie op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Maddox ·

Leuens, leuens en nogmaal leuens…. Iemand moet mos die skild kry, kan mos nie hulle en hulle nalatigheid wees nie… Daar was dan ‘n storie dat daar lank voor die ineenstorting al rapporte was dat daar krake in die silo was, wat het van daai rapporte gebeur. As ek my nie misgis nie het Solidariteit ook daai rapporte gesien voor die tyd.

Peet Schabort ·

Onthou die reinigingsproses voordat die herbouing begin . . .

Manie ·

Haai Regtig ! Amerikaanse Standaarde in Suid-Afrika. As ek nou al BS gehoor het is dit dit.
Standaarde moet gelykstaande of beter wees as die plaaslike vereistes.
Probeer weer.

TM ·

Nou hoekom staan die ander silo nog. Is dit deur ‘n ander land ontwerp?

Paul ·

Daar is drie silo’s. Die middelste silo is die een waarin die steenkool direk vanaf die opslagplek gestort is. Derhawe het meer vog in die middelste silo beland as in die twee ander silo’s.
Dis heeltemal moontlik dat ‘n ontoepaslike standaard gebruik is vir die ontwerp van die silo. Sulke dinge gebeur. Nie net in Suid-Afrika nie – in enige deel van die wêreld. So paar onlangse gevalle: In 2006 die De La Concorde oorbrug in Kanada, in 2007 ‘n brug van die Interstate 35 in die VSA, in 2011 ‘n brug van die Interstate 5 in die VSA, ens.

Jaco Grobler ·

Amerikaanse, Britse en ander standaarde word op bykans enige projek gespesifiseer, en dis hoogs onwaarskynlik die ‘standaard’ se skuld, moontlik die verkeerde standaard wat toegepas is, of die regte standaard wat verkeerd toegepas was. Standaarde is ook nie onveranderbaar nie, en ‘n gekwalifiseerde persoon kan aanpassings maak. Hoe dit ookal mag sy, al die silos sal hoogs waarskynlik onder die selfde spesifikasie gebou wees, dit volg dan net logies dat die hele bou se strukture gekondemneer moet word? Ons weet ook vroeë tekens van verval is geignoreer, en die hele situasie kon in alle waarskynlikheid vermy word, sou Eskom en die verantwoordelike persone bevoeg opgetree het.

Hendrik ·

Ek sal baie graag by wil wees as hulle dit aan die Amerikaanse ingenieurs verduidelik! Wat n klomp snert. Laat die Amerikaanse ingenieur wat die struktuur ontwerp het dan maar die skade betaal as Eskom so seker is van hulle saak.

Langtand. ·

Aanvaar nooit die skuld vir nalatigheid nie! Ek dink die Amerikaanse ingenieurs lag vir n slag!! Wens hulle wil verantwoordelik word en ophou om blaam te verskuif! Hulle moet die infrastruktuur in stand hou en nie hulle afvee aan vermanings nie!

Louise ·

Was my eerste gedagte terwyl ek berig lees. Dink EKSOM regtig ons is almal só dom?

Akram ·

Genugtig. ek kan dalk verstaan dat die amerikaanse standaard toegepas was, maar die materiaal kon dalk sub standaard gewees het. nou verstaan ek ook nie. as die ander lande se standaarde beter is, hoekom word SA se standaarde nie daarvolgens op gegradeer nie? as n anderland se standaard gebruik moet word, wat is dan fout met die SA standaard? as ek n huis wil bou in SA moet ek die bou regulasies volg. ek kan mos nie nou besluit ek wil spaar en die chinese standaard gebruik nie. hoe kan die standaarde so verander word? was die SA materiaal dalk te veel koste? ( of was die SA materiaal koste dalk te laag?)

Rupert Ashford ·

Mmm, blameer Amerikaanse standaarde dan is die paadjie mooi gele om volgende keer Chinese standaarde met Chinese kontrakteurs en bouers (en ‘n lekker kickback in die agtersak?) te gebruik ne…

J.Z ·

Ek wil weet hoekom buite landse standaarde te gebruik en nie die van ons eie ingeneers sin nie.of was daar so n bietjie onder die tafel terug,

Anoniem ·

Ai gelukkig hierdie keer is dit die Amerikaners en nie onse Jan van Riebeeck nie. Wonder wie is volgende. Kan hulle maar nie net erken daar is geen instandhouding gedoen soos dit orals gebeur nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die ANC kaders bieg nooit. Hulle sal n likkewaan slaan totdat hy uitroep dat hy n krokkedil is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.