Majuba-kragstasie: Silo verlede jaar geïnspekteer

'n Foto van die silo

‘n Foto van die silo

Die steenkoolsilo wat Saterdag by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga ineengestort het, is in September verlede jaar geïnspekteer en daar was geen oënskynlike tekens van verval nie, het Eskom se uitvoerende hoof gesê.

“Tydens die laaste inspeksie is daar bevind dat die struktuur in ‘n goeie toestand was,” het Tsheido Matone tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg gesê. “Die risikokategorisering is tydens die inspeksie as laag geklassifiseer.”

Majuba het 3 600MW, nagenoeg 10% van die land se elektrisiteitkapasiteit, verskaf voor die ineenstorting. Dit is verminder tot 1 800MW en is later verder verminder tot 600MW. Matona het gesê die eerste prioriteit was om die kragnetwerk te beskerm.

“Ons dink nie ons sal weer volle kapasiteit kan bereik nie maar ons sal oor die volgende paar dae probeer om soveel as moontlik kapasiteit te herwin.” Volgens Matona sal daar ʼn ondersoek na die voorval plaasvind. Die ondersoek sal na verwagting sowat drie maande duur.

Eskom verwag intussen piektye tussen 18:00 en 20:00 Maandag, tussen 18:00 en 22:00 Woensdag en die hele Donderdag. Beurtkrag sal vermoedelik in die tye plaasvind.

Steve Lennon, Eskom se hoof oor volhoubaarheid, het intussen gesê dit is noodsaaklik om ten alle koste te verhoed dat die land in algehele donkerte gehul word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

boer ·

En so tuimel SA se infrastruktuur ineen totdat daar niks meer oorbly nie,
en dan begin die stryd vir oorlewing. Sonder elektrisiteit, sal die kriminele eers bos gaan in hierdie land van ons

Paplepel ·

Dalk nie so ‘n slegte idee om ons krag af te sit nie… Die krims sal nie meer elektriese goed steel nie. Waar gaan hulle dit kan gebruik? Dalkies trek hulle terug Zim of Mos toe waar die krag nog aan is…..

EMK ·

Ek hou van die woorde “… geen oënskynlike tekens van verval nie”. Dis hoe hulle hulself nou weer uit dit probeer kry. Seker by die hek rondgestaan en Kentucky eet en so in die verte na die silos gekyk en gesê, “… eish it’s beautiful, look it’s still standing so it’s fine”. Ja… met sulke goed moet mens DEEEEEGLIK inspeksies hou, nie sommer net dink dis maar “oënskynlik” nog reg nie!

KOEKOEMAKRANKA ·

Gee vir “John John” Joeblêr die berig. Hy sal die verval kan regverdig.

Elizabeth ·

Nico – hahaha!!! ‘n Gidshond kan ook net SOVEEL help ne!

Eduard ·

Dit sal nie lank wees voor ons hoor van prys verhoogings nie!

jb ·

Wonder wie het hoeveel gekry, onder die tafel, met inspeksie!!!!!!

jannie ·

Duidelik was die een wat inspeksie gedoen het nie gekwalifiseer om inspeksie te doen nie. Seker weer een of ander familielid wat net aan gestel is om die werk te doen.
Paar sekondes gevat om kamtige inspeksie doen, nou gaan dit so 3 maande vat om te kyk wat fout gegaan het. Net nog meer geld mors vir iets wat laas jaar al opgetel moes gewees het.

Erich Goosen ·

Ek byt maar langtand daaraan dat die inspeksie wat in September 2013 uitgevoer is, deeglik was. Daar is deesdae moderne apparaat wat ingespan kan word om ‘n dieperliggende inspeksie uit te voer om te kyk of daar strukturele verborge gebreke was (die lugvaart gebruik al lank al skandeerders om te soek vir metaalverswakking). Eskom besef hul kan nie altyd die kabeldiefstalkaart speel nie en begin nou aller anderhande redes soek om hul power instandhouding te regverdig en meer geld uit die staatskas of verbruiker te bekom om hul brouwerk wat oor jare ontstaan het, reg te stel.

CAV ·

ESKOM was al voorheen gewaarsku oor ” INSTANDHOUDING”, en ons weet dat die “kwaliteit van inspekteure” is nie op standaard nie. Jy kan mos nou nie n kragstasie wat jare lank stil getaan het, skielik weer aanskakel nie.
Een of ander tyd sal daar n probleem opduik as jy nie gereeld inspeksies doen en onderhoud toe pas nie

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek kan maar net raai wie die inspeksie gedoen het. Wragtig dit sou nie maklik gebeur het indien kundige mense wie nou deur BEE weggedryf is nog die inspeksies uitgevoer het nie. Alles verval in ons land en ek is oortuig daarvan dat ons vorentoe nog meer van die probleme gaan ondervind .Waterprobleme is ook in die pyplyn.

cindy ·

Ja kyk. SA op sy beste…. Alles Tuimel nou in… Die SA skip is besig om te sink. Die oudtjie wat die inspeksie gedoen het seker met ander oë gekyk. En ‘n merite toekenning van die jaar gekry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.