Makana se inwoners moet water liefs kook  

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Makana-munisipaliteit in die Oos-Kaap het inwoners versoek om hul water voor gebruik te kook nadat E.coli in die distrik se water gevind is.

Makhanda (voorheen Grahamstad), Salem, Alicedale, Seven Fountains, Sidbury en Riebeek-Oos val onder meer onder die munisipaliteit.

Anele Mjekula, woordvoerder van die plaaslike owerheid, sê die resultate wat hy ontvang het van watermonsters wat Dinsdag geneem is, het die teenwoordigheid van E.coli bevestig. Die watermonsters is volgens Mjekula in die omgewing van die Setlaars-hospitaal geneem.

“Die Makana-munisipaliteit hanteer die kwessie en sal deurlopend watertoetse en toepaslike stappe doen om te verseker dat die watergehalte voldoen aan drinkwaterkwaliteitstandaarde.”

Intussen word inwoners aangeraai om water eers te kook voordat dit gedrink word, of om ʼn bleikmiddel by te voeg en dit voor gebruik ʼn ruk lank te laat staan.

Talle munisipaliteite landwyd sukkel met E.coli-besmetting van water te midde van die cholera-uitbreking in Hammanskraal buite Pretoria wat reeds die lewe van minstens 22 geëis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.