Makelaar vas oor bedrog, vervalsing

sanlam_logoFrancois Labuschagne (49), ʼn voormalige versekeringsmakelaar van Sanlam, het Dinsdag vlugtig in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville verskyn op aanklag dat hy die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (FAIS) oortree het.

“Labuschagne word daarvan beskuldig dat hy beleggingskliënte bedrieg het met bedrae ter waarde van net minder as ʼn miljoen rand,” het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die beweerde oortredings het tussen 2005 en 2010 in Ceres in die Wes-Kaap plaasgevind.”

Hy het glo bejaarde persone geteiken en hulle aangeraai om groot bedrae uit ʼn portefeulje te onttrek wat na bewering nie presteer het nie, om dit na ʼn beter portefeulje oor te plaas. Hy het dan die kontant gevat onder die voorwendsel dat hy dit in Sanlam se besigheidsrekening sou deponeer, maar het dit vir sy eie persoonlike gewin gebruik. Interne forensiese ondersoeke het tot sy afdanking in 2010 gelei en hy was sedertdien voortvlugtig.

“Labuschagne is op 15 Januarie by sy wegkruipplek in Louis Trichardt in Limpopo aangekeer, toe speurders van die dorp in samewerking met die Valke van die Wes-Kaap hom in hegtenis geneem het. Hy het vlugtig in die plaaslike hof verskyn waar die saak tot vandag uitgestel is in die Bellville-hof,” het Ramovha bygevoeg.

Labuschagne staan tereg op aanklag van bedrog, vervalsing en die oortreding van die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (FAIS). Hy moet op 23 Februarie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

popeye ·

Ek reken dis omdat sy bestuurders hom ook jaar tot jaar gedruk het vir meer en meer produksie om meer en meer vir die aandeelhouers te lewer. Kwantiteit bo kwaliteit! ‘n industrie van baie donker kante!

WW ·

Ek twyfel. As jy reg gaan lees is dit duidelik sy modus operandi was om die geld te vat en in sy eie sak te steek. Die aandeelhouers het geen baat daarby gevind nie. Ongelukkig is daar skelms in alle industrieë.

anna ·

Wat het van Alwyn Smit se saak geword. Dit was op Carte Blanch. Van my familie ingedoen en lewe van almal se bietjies. So hartseer dat hy kan wegkom hiermee.

popeye ·

Nie net geld jaag hierdie mense nie. Hulle word gereeld herinner dat geld moet invloei om waarde vir die aandeelhouers te lewer. Kwantiteit oorheers kwaliteit want die bedryf se belang is meer by aandeelhouers en top bestuur se bonusse as by die klient. As die makelaar nie “deliver” nie word hy ontslaan want hy produseer nie op die maatskappy se standaarde nie. Bewys…….hoë personeel omset in die bedryf.

Koos ·

Nee wat begrawe daai geld onder die appelkoosboom. Baie veiliger as aanlyn..

Hasie ·

Mike Hayle loop ook nog los rond. Waar is die sogenaamde FSB?

Cais Smit ·

Ek het net uit die skool gekom en begin werk,een aand klop iemand aan die deur.Ek maak oop en sy stel haar self voor en sy werk vir Sanlam en ek kan polisse by haar uit neem.Nou wat weet ek van polisse,ek neem toe een uit en 6 maande klop sy weer aan en vra en soek ek nog n polis,nou ja ek moet mos goed bymakaar maak vir my ou dag.Dit het so paar jaar verby gegaan en ek besluit ek gaan land uit en ek wil dit afkoop.Ek gaan na Sanlam en die vroutjie vra my hoekom 2 polisse,jy kan 1 polis uitgeneem het wat altwee voordele bevat,so ek kon die helfde betaal het n maand.Toe kom die skok niks geld kan uitbetaal word nie wat die rede was weet ek nie.Toe vind ek uit hulle kry komissie vir elke polis dit is hoekom sy my 2 laat uit neem het waar dit net een moes gewees het

Dawie ·

Ai klomp leke wat hier kommentaar lewer.Ons wys al weer vinger na almal en blameer. Raak bietjie betrokke by julle eie beleggings en versekerings produkte.Vat verantwoordelikheid en ja Koos onder die boom begrawe en dan verduidelik vir ons dommes asb man doen bietjie huiswerk klink my jy wil net snert praat.

Kandas ·

Marais Zietsman. Nog ‘n groot skelm wat hom baie vroom voor gedoen het as hierdie “Christen”. Oumense was sy grootste teiekn, my eie ma inkluis. Al haar spaargeld, gratifikasie en beleggings gesteel. Hy was net vir so 4 jaar in die tronk waar hy kastig Wiskunde klasse vir die gevangenes aangebied het. Nou loop hy weer vry buite rond en voel ‘n veer vir al die lewens wat hy so vernietig het.

Elizabeth ·

Wat het van Louis Baartman geword. Was op Carte Blanch. Hulle soek 37 miljoen by hom.

Alida ·

Die mensdom is darem snaaks. Daar is ‘n berig in die koerant van Sanlam nou het almal skielik ‘n probleem met Sanlam. Dit is net een of twee skelm makelaars. Sanlam is ‘n reuse maatskappy. Net so met Ford. Daar was een ongelukkige fabrieksfout op een reeks motors nou het almal skielik probleme het hulle Ford motors. Kom tog by. Dit gebeur oral dat foute insluip. Sanlam en Ford is twee plekke wat in ons land besigheid doen al vir donkie jare.

Konyn ·

SJoe ekt gedog eks die enigste mens wat nog bietjie savvy het oor hierdie goed…
Nou sien sien ek, daars ek en Alida ;-)

En waarom hul nou Sanlam se logo gebruik het weet ek nie… Ek ding Sanlam kan die media vir naamskending dagvaar.
DIS NOU ONNODIG.

Alida ·

Konyn, dankie vir jou ondersteuning. Sommige mense oordink niks. Daar is nie ‘n enkele maatskappy, fabriek wat skitterskoon is nie. Sanlam het niks hiermee te doen nie. Dit is die skelm wat onder valse voorwendsel daar gewerk het. Dit gaan oral so.

tinah ·

iemand moet eintlik n web page begin waar almal kla oor die goed, dan as n ou kom met sy belegging polis torie kyk jy eers of sy naam daar is, on swas n klomp by nissan wat deur so n vrou ingedoen is,(l.dM),,,,,,,,,,,,ons het gekla, sy het weggekom, sy weet wie sy is, skelm!!!!

PJN ·

Wie kan mens nou eintlik op die ou einde vetrou en wie nie. Wie gaan weghardloop met jou geld en wie gaan nie. Sanlam wil nie verantwoordelikheid neem vir die verliese wat die arme beleggers gelei het nie. Die onbudsman is net so onbetroubaar en speel in die hand van die groot maatskappye. Die groot maatskappy gee die besonderhede van onbudsmanne wie gekontak kan word op hul webtuistes. Nou hoe nou………….

popeye ·

Vir die rekord…neem kennis, in my vorige kommentare het ek nie na maatskappye verwys nie maar na die “industrie” As ‘n makelaar vergoed word deur komissie en gedruk word om heeltyd nuwe besigheid te gooi ( redes reeds gegee) gaan die versoeking altyd daar wees vir die swak karakters om onderduims te wees. In die toekoms gaan ons per uur betaal vir hierdie dienste…soos prokureur-dienste ens. Die konsep wetgewing is op die tafel. RDR!

Makelaars Assistent ·

Ek wil net se nie Alle Finansieele Adviseurs is skelm nie, van hulle buig heeltemal agteroor om hulle kliente te help, en dit gaan ook nie altyd oor die kommissie nie, maar wel oor die beste advies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.