Makhosi Khoza gaan nou belastingmisbruik beveg

Dr. Makhosi Khoza. Foto: Facebook.

Makhosi Khoza, voormalige ANC-LP, het haar by die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) aangesluit.

Khoza is aangestel as die organisasie se uitvoerende direkteur en hoof van sy program vir plaaslike regering.

Outa het dié aankondiging Vrydag gemaak en gesê sy is braaf, vol moed en het die nodige agtergrond en ondervinding wat aanklank vind by dié rol in Outa.

Wayne Duvenhage, uitvoerende hoof van Outa, het gesê Khoza het op eie risiko ʼn ikoon vir waarheid, geregtigheid en goeie regering geword.

Khoza was onder dié wat verlede jaar baie uitgesproke was teenoor voormalige pres. Jacob Zuma en in die openbaar ʼn beroep op hom gedoen het om te bedank.

Sy het uiteindelik uit die ANC bedank en die politieke party African Democratic Change (ADeC) gevorm. Sy was slegs ʼn paar maande aan die stuur van dié party toe sy verlede maand aangekondig het sy gaan uit die politiek tree.

Sy het gesê sy is gereed om wanadministrasie en korrupsie by die horings te pak. “Dit maak net meer sin om mense op grondvlak te bemagtig, asook om wanadministrasie en korrupsie in munisipaliteite wég van die politiek aan te durf. Die bedoeling is om ʼn daadwerklike invloed op die samelewing uit te oefen en nie bloot geluide in die parlement te maak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Michael ·

Ek hoop sy kan n verskil maak.Shoe sy het n groot taak wat op haar wag sien dat die hele staat omtrent kurupt is ” Voorspoed Makhosi “

Piet Pompies ·

Daar is ‘n heelwat groter gedeelte van SA se gemeenskap wat die gemiddelde leser besef, wat moeg is vir bedrog, diefstal, moord, vermorsing van staatsgeld en swak staats diens. Sterkte met die taak en mag daar groot suksesse wees

LB S ·

Ek stem, Piet. Alle swartes moenie oor dieselfde kam geskeer word nie. Die meeste van hulle wil ook net vrede en ‘n mooi toekoms hê. Mense soos Malema en diè soort kry net te veel media dekking!

jaco ·

eers sit sy vir jare in die parlement met n lekker vergoedingspakket van R1.3miljoen PER JAAR, n lekker luukse motor, ‘n petroltoelae, ‘n onthaaltoelae, verniet vlieg en en en. Toe in wat Zuma se laaste jaar as president sou wees en toe daar al van oral af ‘n gekla oor hom was, toe kla sy ook eers oor hom en bedank as lid van die parlement en die ANC.
Nou nadat sy haarself jare lank met belastingbetalers se geld verryk het (dis tog belastinggeld wat parlementslede se salaris betaal), nou hou sy haar so hoogheilig deur “belastingmisbruik” te beveg.
Dr Khoza en basies enige verkose lid (parlement, provinsiale wetgewer of munisipaliteit) moet eintlik almal STILBLY oor “belastingmisbruik”, want hulle swem ALMAL in die geld. ‘n munisipale raadslid se intreesalaris is R400 000 per jaar. Van daar af raak dit net meer en meer. Die DA wat so kla oor vermorsing se eie Helen Zillle kry as premier van die Wes-Kaap meer as R2miljoen per jaar.
Ek sê nie hierdie verkose politici moet niks betaal word nie. ek wonder maar net waarom moet dit nou juis sulke reusagtige bedrae wees. Selfs al word die vergoeding met die helfte gesny, gaan elkeen van hulle steeds BAIE beter as gewone arm mense lewe.

Al ·

Goeie nuus. Ons belastingbetalers is verby sat betaal aan wanadministrasie en korrupsie. Elke stem maak ñ groot gedruis.
Sy sal baie mense se koppe kan swaai wat ons dringend nodig het.

Hannatjie ·

jaco as jy maar net weet hoeveel moed dit haar dalk moes kos om weg te breek. Hoe weet ons nie of sy dalk in die stilligheid agteraf kollegas probeer reghelp en aanspreek het nie. Waarom altyd net negatief wees? Ek haal my hoed vir jou af dr Khoza!!

Johanna Botha ·

NOU gaan sy belasting vermorsing beveg …jammer sy het dit nie gedoen toe sy by die anc was nie ….so praat hulle soos die wind waai en wie die geldtjie gee ne

GM ·

Wyse woorde Jaco. Ek stem nogal saam, MAAR ek hoop sy kry dit reg om ‘n positiewe bydrae te maak.

Marinda ·

All the best with this career move Dr. Khoza.

We need more people like you in our country. Thank you for all you have done and are trying to do.

And I tend to agree with you Hannetjie. Let’s look at this move in a positive light.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.