Makhosi Khoza: ‘Red die land van gulsige, hartelose aasvoëls’

Dr. Makhosi Khoza, ANC-LP (Foto: Facebook)

Die uitgesproke ANC-LP Makhosi Khoza het Sondagmiddag in ʼn ope brief geskryf sy mag moontlik teen Sondagaand nié meer lid van die regerende party wees nie omdat lede van dié party dit nie kan duld dat sy teen korrupsie en leuens is nie.

Khoza het nie Sondagoggend opgedaag vir ʼn dissiplinêre verhoor wat Sondag in KwaZulu-Natal by die regerende party se hoofkantoor sou geskied nie. Sy het Saterdag met die ANC probeer onderhandel om die tyd te verander uit vrees vir haar eie lewe. Sy het gesê daar is ʼn patroon van mense wat geskiet word wanneer hulle van vergaderings terugkeer. Haar lewe kon dalk in groot gevaar wees aangesien dit reeds donker sou wees as sy die vergadering verlaat.

Nomagugu Simelane-Zulu, hoof van die ANC se provinsiale dissiplinêre komitee [voor wie Khoza moet verskyn], het gesê die verhoor sal voortgaan selfs al daag Khoza nié op nie. Simelane-Zulu het gesê haar prokureur sal die vergadering namens haar bywoon en die komitee laat weet hoe sy wil pleit.

Sy is in Julie vanjaar deur die party aangekla omdat sy glo versuim het om die ANC se beleid te respekteer, verdeeldheid in die party veroorsaak en onenigheid in die party teweeggebring het. Die party het gesê minstens een van dié klagtes teen haar is met verwysing na ʼn inskrywing op haar Facebookblad waarin sy die party openlik kritiseer.

Hier is grepe uit Khoza se ope brief in reaksie op dié verhoor teen haar:

“Teen die einde van die dag kan ek dalk gestroop wees van my swart, groen en goue handelsmerk. Ek gee nie om nie. Ek het by die ANC aangesluit vanweë die liefde wat ek vir my land en sy mense het. As ons nie saamstem oor hierdie fundamentele konvergensiepunt nie, het ek geen belang meer om in daardie organisasie te wees nie, want dít wat ons 35 jaar lank gebind het, is gebreek.

“Ek sal nooit die waarheid verruil vir ʼn werk, posisie, handelsmerk of enigiets anders nie. Wat ook al die uitkoms van die dissiplinêre verhoor, ek sal dit aanvaar met ope arms en vry bly om my grondwetlike reg op ʼn morele gewete uit te oefen.

“Die skaars en waardevolle bate wat ek die meeste koester, is die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei. Niemand kan dit van my af wegneem nie. Ek is vandag meer vasberade as gister. Ek kan nie stilgemaak word nie. My mense ly al vir eeue en hulle hou bloot net aan ly omdat gewone goeie mense middelmatigheid bly duld. Ek weier [om middelmatigheid te duld] en is reg om enige prys te betaal.

“President Zuma het aangekondig dat Suid-Afrika wiskunde en wetenskap prioritiseer ter herinnering aan O.R. Tambo. Ten minste stem ons hieroor saam, meneer die president. Die enigste verskil tussen jou en my is dat ek nie ʼn gewone politikus is nie, want ek is nie ʼn aanhanger van slagspreuke nie, en ek vind ook geen troos in leuens en misleiding nie. Ek is ʼn vrou wie se hoofdoel in hierdie lewe is om die waardigheid van swart Suid-Afrikaners te herstel en om al God se mense te herenig sodat ons gelyke kanse op sukses in die lewe het.

“Ek weet die meeste van julle wil graag hoor dat ek praat oor hoe ek vandag voel. Die eerlike waarheid is dat ek voel presies soos ek in die 1980’s gevoel het. Ek wil nou verandering teweegbring en nié môre nie.

“Moenie my jammer kry nie. Ek sal opstaan. Doen net jou deel om ons land te red van gulsige hartelose aasvoëls. Nes Martin Luther King het ek ook ʼn droom: ʼn Afrika sonder seer en swaarkry. Ek weet die meeste van julle is bekommerd oor my, en ek is dankbaar daarvoor. Dit is baie gevaarlik om vandag ʼn lid van die ANC te wees as jy nie korrupsie beskerm en toesmeer nie. Diegene wat korrupsie teenwerk, word vervolg. Maar moenie oor my bekommerd wees nie – soos Maya Angelou gesê het: ‘Still I rise, you may write me down in history with your twisted lies … like dust I rise.’”

Afgesien van dié brief, het Khoza onder meer gesê die ANC probeer hard bewys hoe swak gedissiplineerd sy is. Sy het ʼn uittreksel uit ʼn studie wat sy voltooi het op haar Facebookblad gedeel wat bewys dat isiZulu taalvormig ʼn wiskundige grondslag het. Khoza sê sy het ʼn passie vir wiskunde en om vir jong mense, veral swart Suid-Afrikaners, te wys dat hulle nie minderwaardig hoef te wees nie en dieselfde akademiese moontlikhede as ander het. Lees meer oor haar studie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johanna Botha

Asof iemand gaan luister

Al

Wat ñ dapper vrou. Om op te staan teen ñ sisteem wat inherent korrup is, en om gemaksug en ñ vet paycheck van die hand te wys.
Mag Christus haar beskerm teen die gulsige aasvoëls en mag Christus al die politici help wie hierdie morele verval en wetteloosheid wil stuit wat in die land heers.
By Hom is als moontlik.

Bullseye

Ek haal my hoed af vir haar

Callie

Nee. Niemand gaanluister nie. Dit is egter die paar in die ANC soos sy wat n klein opflikkering van hoop bring. Die einde van die land en sy mense is tans op n mespunt. Die vernietigings proses wat die ANC begin het om die witman totaal te vernietig is besig om alles, almal, Anc inkluis te vernietig. Die Zuma verskynsel het selfs matige anc lede so vertroebel dat daar geen omkeer is nie. Ek dink regtig niemand besef in watter desperate stadium die land is nie. Die absolute eenogige manier waarop die witman gejag word gaan erens net breekpunt bereik.… Lees meer »

jaco

Met haar salaris van R1.3miljoen PER JAAR plus n lekker huis plus verniet vlieg plus n onthaaltoelae, moet sy nie eintlik oor aasvoëls kla nie.