Makhosi Khoza: ‘Red die land van gulsige, hartelose aasvoëls’

Dr. Makhosi Khoza, ANC-LP (Foto: Facebook)

Die uitgesproke ANC-LP Makhosi Khoza het Sondagmiddag in ʼn ope brief geskryf sy mag moontlik teen Sondagaand nié meer lid van die regerende party wees nie omdat lede van dié party dit nie kan duld dat sy teen korrupsie en leuens is nie.

Khoza het nie Sondagoggend opgedaag vir ʼn dissiplinêre verhoor wat Sondag in KwaZulu-Natal by die regerende party se hoofkantoor sou geskied nie. Sy het Saterdag met die ANC probeer onderhandel om die tyd te verander uit vrees vir haar eie lewe. Sy het gesê daar is ʼn patroon van mense wat geskiet word wanneer hulle van vergaderings terugkeer. Haar lewe kon dalk in groot gevaar wees aangesien dit reeds donker sou wees as sy die vergadering verlaat.

Nomagugu Simelane-Zulu, hoof van die ANC se provinsiale dissiplinêre komitee [voor wie Khoza moet verskyn], het gesê die verhoor sal voortgaan selfs al daag Khoza nié op nie. Simelane-Zulu het gesê haar prokureur sal die vergadering namens haar bywoon en die komitee laat weet hoe sy wil pleit.

Sy is in Julie vanjaar deur die party aangekla omdat sy glo versuim het om die ANC se beleid te respekteer, verdeeldheid in die party veroorsaak en onenigheid in die party teweeggebring het. Die party het gesê minstens een van dié klagtes teen haar is met verwysing na ʼn inskrywing op haar Facebookblad waarin sy die party openlik kritiseer.

Hier is grepe uit Khoza se ope brief in reaksie op dié verhoor teen haar:

“Teen die einde van die dag kan ek dalk gestroop wees van my swart, groen en goue handelsmerk. Ek gee nie om nie. Ek het by die ANC aangesluit vanweë die liefde wat ek vir my land en sy mense het. As ons nie saamstem oor hierdie fundamentele konvergensiepunt nie, het ek geen belang meer om in daardie organisasie te wees nie, want dít wat ons 35 jaar lank gebind het, is gebreek.

“Ek sal nooit die waarheid verruil vir ʼn werk, posisie, handelsmerk of enigiets anders nie. Wat ook al die uitkoms van die dissiplinêre verhoor, ek sal dit aanvaar met ope arms en vry bly om my grondwetlike reg op ʼn morele gewete uit te oefen.

“Die skaars en waardevolle bate wat ek die meeste koester, is die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei. Niemand kan dit van my af wegneem nie. Ek is vandag meer vasberade as gister. Ek kan nie stilgemaak word nie. My mense ly al vir eeue en hulle hou bloot net aan ly omdat gewone goeie mense middelmatigheid bly duld. Ek weier [om middelmatigheid te duld] en is reg om enige prys te betaal.

“President Zuma het aangekondig dat Suid-Afrika wiskunde en wetenskap prioritiseer ter herinnering aan O.R. Tambo. Ten minste stem ons hieroor saam, meneer die president. Die enigste verskil tussen jou en my is dat ek nie ʼn gewone politikus is nie, want ek is nie ʼn aanhanger van slagspreuke nie, en ek vind ook geen troos in leuens en misleiding nie. Ek is ʼn vrou wie se hoofdoel in hierdie lewe is om die waardigheid van swart Suid-Afrikaners te herstel en om al God se mense te herenig sodat ons gelyke kanse op sukses in die lewe het.

“Ek weet die meeste van julle wil graag hoor dat ek praat oor hoe ek vandag voel. Die eerlike waarheid is dat ek voel presies soos ek in die 1980’s gevoel het. Ek wil nou verandering teweegbring en nié môre nie.

“Moenie my jammer kry nie. Ek sal opstaan. Doen net jou deel om ons land te red van gulsige hartelose aasvoëls. Nes Martin Luther King het ek ook ʼn droom: ʼn Afrika sonder seer en swaarkry. Ek weet die meeste van julle is bekommerd oor my, en ek is dankbaar daarvoor. Dit is baie gevaarlik om vandag ʼn lid van die ANC te wees as jy nie korrupsie beskerm en toesmeer nie. Diegene wat korrupsie teenwerk, word vervolg. Maar moenie oor my bekommerd wees nie – soos Maya Angelou gesê het: ‘Still I rise, you may write me down in history with your twisted lies … like dust I rise.’”

Afgesien van dié brief, het Khoza onder meer gesê die ANC probeer hard bewys hoe swak gedissiplineerd sy is. Sy het ʼn uittreksel uit ʼn studie wat sy voltooi het op haar Facebookblad gedeel wat bewys dat isiZulu taalvormig ʼn wiskundige grondslag het. Khoza sê sy het ʼn passie vir wiskunde en om vir jong mense, veral swart Suid-Afrikaners, te wys dat hulle nie minderwaardig hoef te wees nie en dieselfde akademiese moontlikhede as ander het. Lees meer oor haar studie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Al ·

Wat ñ dapper vrou. Om op te staan teen ñ sisteem wat inherent korrup is, en om gemaksug en ñ vet paycheck van die hand te wys.
Mag Christus haar beskerm teen die gulsige aasvoëls en mag Christus al die politici help wie hierdie morele verval en wetteloosheid wil stuit wat in die land heers.
By Hom is als moontlik.

Callie ·

Nee. Niemand gaanluister nie. Dit is egter die paar in die ANC soos sy wat n klein opflikkering van hoop bring. Die einde van die land en sy mense is tans op n mespunt. Die vernietigings proses wat die ANC begin het om die witman totaal te vernietig is besig om alles, almal, Anc inkluis te vernietig. Die Zuma verskynsel het selfs matige anc lede so vertroebel dat daar geen omkeer is nie. Ek dink regtig niemand besef in watter desperate stadium die land is nie. Die absolute eenogige manier waarop die witman gejag word gaan erens net breekpunt bereik. Hoe kan daar nog enige wittes met n sin vir geregtigheid in die anc dien. Hoe kan enige persoon wat homself n gelowige in GOD noem aanvaar wat gebeur. Dr Khosa mag meer besef wat dit is om die waarheid, geregtigheid,eerlikheid en vrede te steun. Mag die groep wat dit najaag baie gou oor die euwel seefier

jaco ·

Met haar salaris van R1.3miljoen PER JAAR plus n lekker huis plus verniet vlieg plus n onthaaltoelae, moet sy nie eintlik oor aasvoëls kla nie.

Jacques Venter ·

Hallo Jaco
Hoe kom jy by R1,3 miljoen per jaar uit?

Akademi Buktu ·

Jaco, ek aanvaar jy het ‘n inkomste. Om jou redenasielyn toe te pas – ek aanvaar dus dat jy geen klagte oor misdaad het nie, selfs al sou jy of lede van jou familie en vriendekring deurloop.

Flintstone ·

Ek stem volkome saam Jaco.Met die kwaliteit uitset van werk teenoor die vergoeding is dit belaglik om soveel geld te verdien.In die regte wereld verdien jy volgens vermoë maar in feitelik alle staatsdepartemente is dit van die bose om volgens hierdie norm jou besoldiging te ontvang,en ja ek stem volkome met daardie geteikende inkomste syfer saam.Moenie vergeet dat hierdie syfer elke Jan.met ‘n beraamde 10%toeneem!(Dis wanneer ons nuwe Duitse motors en “huis verkoop”bordjies in die buurte toeneem.)Voorwaar ‘n aasvoël mentaliteit as ons in ag neem hoeveel arm en werklose mense in ons gemeenskappe toeneem.

LB S ·

Jaco, al die parlementslede kry groot salarisse, hoekom moet sy nie ook nie. Die feit bly staan dat sy baklei vir die mense van die land en nie verder steel om haar sakke meer vol te maak nie. Jy moet bietjie wyer lees dan sal jy sien hierdie is ‘n vrou met integriteit en sy kan maar gerus President word!

Thomas ·

Die vertaling “Swart Afrikaners” moet lees Swart Afrikane! Dis die korekt vertaling van Black Africans! Asseblief tog Maroelamedia!

Cyril Blackburn ·

Dagsê Thomas
Dankie vir jou kommentaar! Ons het weer na die brief gaan loer, en die vertaling verander na “swart Suid-Afrikaners” – dit is inderdaad die meer akkurate vertaling van die brief. Ons waardeer jou valkoog!
Groetnis.
Cyril nms Maroela Media

Manna ·

Natuurlik sal hulle haar diskrediteer. Korupsie benadeel alle Suid Afrkaners wit en swart.

Deurmekaar Verwarde Erdvark ·

@Cyril Blackburn & Thomas. Ek wens daar is spoedig ‘n landswyse konsensus oor die aanvaarbare spreek- en skryfwyses van bepaalde groeperinge Homo sapiens sapiens in Suid-Afrika, byvoorbeeld: Swart mense teenoor swartmense. Wit mense of witmense of wittes. KhoiKhoi of Khoikhoi. San en Khoisan. Kleurlinge of bruinmense of bruin mense of bruines. Ligbruines of ligte bruines. “Indiërs” (gebore in Suid-Afrika) of …. En wat van Suid-Afrikaans gebore “Chinese”?
Dink aan Hispanic Americans, Chinese Australians ensovoorts. Na al die eeue is ons varkerasies steeds verward. Waar sal ons begin om ‘n oplossing te vind? Help Maroela Media!

Therese van Schalkwyk ·

Die betekenis van “Afrikaner” was nog altyd glashelder. Net skoorsoekers twyfel daaroor, óf gee voor dat hulle onseker is daaroor.

Dit wil voorkom asof “Afrikaner”, wat vir ‘n lang tyd so ongewild was dat sekere mense “Afrikaanses” verkies het, weer meer aanvaarbaar geraak het, en selfs deur ander groepe ‘gekaap’ wil word.

Stem saam met jou vraag oor die res; is onlangs streng aangegluur oor die gebruik van die woord “Kleurling”? Luister graag na ‘n verduideliking.

Marietjie ·

En stilswyend is die ander presidensiële kandidate tog so dankbaar haar mond sord gesnoer. Lindiwe Sisule wat so groot gaan oor haar anti korrupte houding is tjoepstil. Antie Kopdoek NKZ waarsku klaar dat “losers” die wenner moet aanvaar- en dis nou sy wat wen- maar nie een kan die enkele stem van die dapper vrou stil maak nie. Wat ‘n sirkus en die land word gyselaar gehou deur klomp grotbewoners met ‘n hoofman mentaliteit

jaco ·

Hoe lank is sy al in die ANC? Hoe lank gaan korrupsie en staatskaping al aan? Hoe lank is die “aasvoëls” al reeds met ons? Nou eers, nou dat sy ernstig van Zuma verskil, nou dat haar sak ook al lekker vol is van “gravy train” ry, nou kla sy eers…

LB S ·

Toevallig kyk ek baie Parlement kanaal en het ook die SAUK debakel gekyk toe hulle die groot ondersoek kommissie gehad het. Reeds daar het sy hulle ook behoorlik vasgevat en toe het ek al besef “ek hou van hierdie vrou”!

Rachel ·

Ek is dankbaar vir een persoon wat werklik kan opstaan teen die ANC en is dankbaar dat ‘n klein saadjie geplant word in die bestaan van die ANC. Dit kan groei na iets beter in die toekoms. By God is alles moontlik. Ons almal moet op ons kniee bly en aanhou glo vir ‘n beter toekoms in ons land en kinders.

FRED ·

AG, ASB. JACO. VIR SO N PERSOON SAL EK STEM VIR STAATSPRESIDENT. JY KAN OPKYK NA HAAR TOE EN WAT SY SE IS NET DIE WAARHEID. EK WENS JOU AL DIE VOORSPOED WAT JY VERDIEN. JY IS N WARE DAME EN OOK N KIND VAN GOD.

Theresa ·

Thuli, Khoza en Steve – pragtige kandidate vir Staatspres en top regeringsamptenare.
Dankie vir anti-korrupsie opstaan. Hoop dat alle Suid-Afrikaners ingesluit word by die wil om geregtigheid te laat seëvier.

Williew ·

Met so ‘n DAME aan bewind van hierdie land SAL dinge regkom,haar kop is REG aangeskroef.
Baie baie dapper girl daardie,ek sal haar ondersteun in alles,sy is ‘n leier na wie ALMAL in hierdie land sal opkyk….GIVE THAT WOMAN A “PRECIDENCY!!!!’

AP ·

Absoluut baie dapper om teen korrupte zuma/gupta’s sindikaat op te staan .. wil gedoen wees. Dink net aan al die aanhangsels, vriende familie hoe skep hulle , indirek ook kriminele maar hou n lae profiel. Ek ken ook n mannetjie Pravin Upasani .. bank by absa iemand betaal elke maand net onder 50 K in sy rekening .. rede oor ZAR 50 K mag hul ondersoek waar die geld vanaaf kom , so hy is ook betrokke by money launderers. Skande hoe ons land “ge-hijack” word en hulle lag daaroor ☺ Hulle “koop ook kamtig maatskappye waar hulle ook belasting geld op veduister , ek het hom al aan SARS grapporteer maar hulle gaan nog voort.

Williew ·

Makhozi,stig jou eie politieke party,ek sal eerste wees om aan te sluit by jou,sterkte vorentoe,ek bid dat God jou sal seen.

Christine ·

Ek stem saam, Makhozi, stig jou eie politieke party ek sal ook definitief dit sterk oorweeg.

madels ·

Het baie respek vir Makhozi, sy is n vrou van staal wat opstaan teen die korrupsie in hierdie land. Sy is pragtig binne en buite.

jaco ·

Sodra iemand in die ANC kla oor dit wat die DA al lankal kla, word daar dadelik gesê “stig n nuwe party”. amper al die goed waaroor Dr Khoza kla, is goed waaroor Holomisa en Patrick Lekota en Mamphela Ramphele ook oor gekla het. Hulle het almal met groot fanfare uit die ANC weggebreek. Van Holomisa se UDM het nie veel oorgebly nie en Cope se meer as 1 miljoen stemme in 2009 het tot onder 100 000 geval in 2014. Van Agang is ook nie veel oor nie. Met die stigting van COPE en Agang het Helen Zille nogal gepraat van “the start of a new era in opposition politics”. Dis vir al hierdie mense egter net een te veel, net te veel soos “kruip voor wit mense” om by bestaande opposisie soos die DA in te val. Ramphele het darem beweeg tot by n “huwelik” met die DA, maar dit was van korte duur met haar verskoning “die tyd is nog nie reg nie”.
So as Dr. Khoza ooit n nuwe party stig, gaan dit ook maar dieselfde pad loop as due UDM, COPE en Agang…

Fantasties ·

Fantasties vrou, dat jy ondanks die gevaar staan vir reg en verkeerd!!!! Iemand om voorwaar trots op te wees, as sy iets oorkom, is dit beslis ANC…… dit sal nogal dom wees! As hul jou uitskop join DA, met sulke sterk mense kan die DA terugkeer na wat dit was en sterker raak as enige ander party.

damon ·

as sy by die DA aansluit, sal die ANC haar DADELIK uitkryt as “tea girl” vir die wit mense in die DA en dat sy nou saamwerk met Maimane wat die wittes in die DA se “garden boy” is. Ek was geskok oor waste woorde ek al uit swart ANC mense se woorde gehoor het, wanneer hulle swart mense in ander opposisiepartye beskryf. Net die EFF en die PAC word nie allerhande beledigende name gegee nie. Dit wys duidelik waar die ANC se sentiment en rigting met SA eintlik lê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.