Makhosi Khoza tree uit die politiek

Dr. Makhosi Khoza. Foto: Facebook.

Makhosi Khoza, leier van die African Democratic Change (ADeC), het aangekondig dat sy met onmiddellike inwerkingtreding uit die politiek bedank.

Khoza, voormalige ANC-LP, was onder dié wat verlede jaar baie uitgesproke was teenoor voormalige pres. Jacob Zuma en in die openbaar ʼn beroep op hom gedoen het om te bedank. Sy het uiteindelik uit die ANC bedank en die ADeC gevorm.

In ʼn brief aan Moses Mayekiso, die ADeC se voorsitter vir die nasionale raad van direkteurs, voer sy aan sy het ʼn weldeurdagte besluit geneem om onmiddellik uit die politiek te tree ten einde haar diepste passie, oortuiging en missie, naamlik plaaslike regering en administrasie, onderwys en die opheffing van Afrikatale, na te streef.

Khoza het bygevoeg daar kom net een keer in ʼn leeftyd potensiële geleenthede oor ʼn mens se pad. ‘Dit is presies wat met my gebeur het. ʼn Baie belowende geleentheid het oor my pad gekom om regtig maksimum waarde tot die hele plaaslike regering en administrasieveld van Suid-Afrika en moontlik die hele kontinent by te voeg.”

Khoza het beklemtoon dat sy haar nou met geen politieke party sal verbind nie. “Met my bedanking uit die politiek sal ek met alle burgers saamwerk ongeag hul politieke verbintenisse.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Politiek en goeie waardes is nie bedmaats nie.
Beste besluit.

jaco ·

Al die korrupsie in die ANC-regering en al Zuma se nonsens was in volle swang vir ‘n hele paar jaar wat sy ‘n ANC parlementslid was, maar sy het toe niks daaroor gekla nie. Natuurlik te lekker gelewe met ‘n salaris van R1. 3miljoen per jaar plus ‘n lekker luukse motor plus verniet vlieg plus ‘n lekker vet onthaaltoelae. En net terloops; ALLE parlementslede van ALLE politieke partye kry hierdie reusagtige vergoedingspakket, so elkeen van hulle bou met daardie geld sy eie mini-Nkandla. Nie een van hulle moet kla oor korrupsie en vermorsing van belastinggeld nie.

Leeutjie ·

Jaco sy was een van Zuma se grootste teenstanders. Sy was ook nie bang om haar mond oop te maak teen hom nie. Vir haar het ek groot respek. Ek lees al n hele ruk oor haar waardes en sy het my nog nie teleurgestel nie…

jaco ·

Zuma was korrup nog voor hy president geword het. Korrupsie uit ANC-kringe dateer ook nie vanuit net die laaste 2 jaar nie. Maar al daardie jare was sy stil. Sy het eers inge-cash en toe maar eers in 2017 begin kla oor hoe “sleg” Zuma is.

Paul ·

Per die berig op EWN het sy gesê: “I have decided that I’m going to focus more on local government and administration. I’d also focus on the innovation of black African languages, especially as they impact negatively on mathematics and science in South Africa.”

Dit is ‘n goeie en nobele besluit om haar ook op die ontwikkeling van Afrikatale, soos per hierdie uittreksel, toe te spits, die bewusmaking van moedertaal onderrig in swart tale, dit te promoveer, ‘n belegging wat kapitaal gaan genereer en deur die geskiedenis onthou sal word.

Mag Lesufi hiervan kennis neem, en sommer deeglik, van hoe mens ‘n probleem aanpak.

Gerrit ·

Hoekom is daar nie meer mense soos sy nie , kwaliteit onderwys is die ruggraat van enige beskaafde land iets wat ontbreek in SA oor die haat vir Afrikaans. ??

Ben ·

Wyse besluit, soos Eish hier bo gese het. Politiek ek goeie waardes gaan nie saam. Het baie respek vir haar, dink sy kan nog steeds baie waardevolle rol in Suid Afrika speel. Sou graag met haar in kontak wou kom aangaande ‘n ambasadeur vir liefdaadigheids organisasie.

Gerrit ·

Sy is n eerlike opregte politikus ek wonder of sy sal belangstel om by die VF+ aan te sluit sy beskik oor al die vaardighede opregtheid.??

Verstaan ·

Goeie besluit alhoewel dit ‘n groot verlies vir Politiek SA is, ek verstaan egter dat JOU lewe en die van jou GESIN belangriker is as politiek. Sterkte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.