Makhosi Khoza uit voorsittersrol gepos

Dr. Makhosi Khoza, ANC-LP (Foto: Facebook)

Die ANC het dr. Makhosi Khoza van haar amp as voorsitter van die portefeuljekomitee van openbare dienste en administrasie met onmiddellike inwerkingtreding onthef.

Nonceba Mhlauli, woordvoerder van die ANC, het gesê dit is weens onherstelbare skade aan die verhouding tussen Khoza en ANC-lede van die komitee.

“Dit is weens haar openbare uitlatings voor die mosie van wantroue asook haar openbare aanvalle op ANC-leierskap en lede van die koukus wat teen die mosie gestem het. Dit het gelei tot vervreemding tussen haar en LP’s in haar komitee wat intussen besluit het om alle aktiwiteite waarby sy betrokke is te boikot,” het Mhlauli gesê.

Mhlauli het bygevoeg die ANC-koukus se dissiplinêre proses gaan reeds sy gang met betrekking tot die portefeuljekomiteelede wat die portefeulje se vergadering op 15 Augustus geboikot het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Mickey Ritter ·

Kan ‘n politieke party (of te wel beweging) dan die voorsitter van ‘n parlementêre kommissie dan in die pad steek?

Justice ·

Een ding van Dr. Khoza – sy beskik oor logiese denke en is beslis nie onnosel nie.

Boetman ·

Ai as daar tog net meer van Dr Makhosi was. Dr moet asb nie tou opgooi nie

Willem Grobler ·

‘n Huis wat in homself verdeel is sal nie staande bly nie. Dit is nou een ding wat die mosie van wantroue goed reggekry het: dit het die ANC verdeel…

johnny_walker ·

Amen , daai woorde is vandag nog so waar soos 2000 jaar terug

Ernst ·

Demokrasie bestaan nie in Suid Afrika nie, dis net ‘n woord wat hulle gebruik om alles te kry wat hulle wil.

Ouman ·

Die woord demokrasie kan nie in dieselde sin as ANC gebruik word nie. Die spul het nou maar net nie die vermoee om te regeer sonder skande nie. Zuma en sy trawante kan dit nie vat dat wat hy “clever blacks” noem hom teegaan nie. Skurke met suits en blink karre. Dr Khoza moet net nie moed opgee nie een van die dae gaan die Zuptas val en dan moet iemand van haar kaliber regstaan om die land op koers te hou.

Oom Kosie ·

Ons moet haar ondersteun.
Sy verteenwoordig die saadjie van hoop wat ons moet saai vir die toekoms om RSA hoop te gee
Die droogte van goeie nuus kort mense soos sy.
Ons moet n vonds stig om hierdie ANC
rebelle ondersteun.
Rebellie vonds!

Cherokee ·

Oom Kosie, as die ANC werklik, soos jy sê, ‘n vonds is, moet die een wat hulle gevind het verantwoordelik gehou word vir vele gebeurtenisse.

Spelling ·

Oom Kosie, in hierdie geval is dit Fonds en nie Vonds nie.

Cherokee ·

‘n Klomp van julle het nou hewig ANC-aanhangers geword, solank die ANC-lid net teen Zuma praat.

Cherokee ·

Daar is hoegenaamd geen kans dat ek die heldeverering wat haar nou toeval kan mislees nie.
Sy het nie gesê dat sy die ANC gaan verlaat nie. Sy het nie gesê dat sy teen grondhervorming of regstellende aksie stem nie. Sy het nie hul bomplantery van destyds gekritiseer nie. Net gesê haar en Zuma se kys is uit. Nou wil julle haar ‘n eregraad laat kry en vir haar stem As ek Oom Kosie reg verstaan dink hy sy is ‘n vonds. Ek lees en verstaan reg.

Robert ·

So grawe die cANCer sy graf net self dieper en dieper. Lekker man lekker!!

Vryheid ·

Als goed en wel, maar haar comrades het haar in die pad gesteek. Die anc was haar keuse.

Boetman ·

Cherokee. Hoe meer van hulle wie se oè oopgaan daar is hoe meer verdeeld is hulle en swakker word die anc. Anders het hulle lankal 2/3 meerderheid gehad en dan was zuma nog vir 20 jaar pres

Cherokee ·

Boetman, die ANC se verlies gaan die EFF se wins wees en niè die van die DA nie, dink ek. En as dit so gaan wees sal ⅔ meerderheid buitendien waarskynlik onvermydelik wees. Die afgelope mislukte poging tot mosie van wantroue het (weereens) bewys dat die probleem nie Zuma is nie maar die ANC.

Boetman ·

Hulle dank haar af, maar nie manana. Hy is ñ vroue aanrander

Anna ·

Nou wat “Demokrasie”? Ek dag dis n “demokratiese land”

Boetman ·

Hierdie mense is oordrewe stam mense, dit gaan oor homself. Die meeste diktators in die wereld is in afrika. Hulle duld nie teenstand nie. Hier en elders sal nooit ware demokrasie wees. Ek lees min. Zwane sè die wittes moet ekonomies transformeer. Dis reg, maar as als elke keer met ñ optog vernietig word hoe bou jy ñ land met sulke mense. Voed hulle eers op en begin met die sogenaamde leiers zumas, malemas, blf’s. Solank hulle haat aanblaas het ek nie hoop nie. Mense bou net ñ land op as daar stabilliteit is.

Joe ·

Mev Khoxa, jy het baie “verloor” maar jy het soveel meer gewen onser andere baie respek, iets wat geld nie kan koop nie. Jy is n yster en ek hoop jy gebruik jou woede positief

Verstom ·

As meer Parlementlede saam gestaan het teen die Vote of No Confidence, was almal nog
steeds in hulle poste, en die Vote of No Confidence in ‘n positiewe ommekeer situasie verander deur Zuma uit te kry. Well done Dr Makhosi Khoza, die respek vir jou standpunt het ‘n paar grade hoër gestyg by baie SA burgers.

Cherokee ·

There you are Makhosi, with some liberal whites who support you too. If you set up your own party they will vote for you. Congratulations.

Catherine ·

Een van die min eerlikes in regering. Ek het haar nog altyd admireer

Chris ·

Cherokee, dit is waar woorde wat jy spreek. Dit is soos die gesegde lui, jou vyande is ook my vyande of iets in dier voege. Die begrip Westerse demokrasie vir die inheemse volke verskil hemelsbreed van die die kolonialiste wat die land wil/wou demokratiseer. Dit is ‘n onderlinge geskinner, verdagmakery, ondergrawery, rugstekery en bevoordeling van die gehoorsames/onderdaniges/gatkruipers. Dit was so die afgelope duisende jare en ek sien geen verandering binne die volgende duisend jaar nie. Sorrie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.