Makhosi Khoza vrees vir haar lewe  

Dr. Makhosi Khoza, ANC-LP (Foto: Facebook)

Die uitgesproke ANC-LP Makhosi Khoza het Vrydag gesê sy onderhandel met die regerende party om die tyd van haar dissiplinêre verhoor eerskomende Sondag te verander uit vrees vir haar lewe.

Khoza is veronderstel om Sondag om 15:00 met die ANC te vergader nadat sy in Julie vanjaar deur die party aangekla is omdat sy glo versuim het om die ANC se beleid te respekteer, verdeelheid in die party veroorsaak het en onenigheid in die party teweeggebring het. Die party het gesê minstens een van dié klagtes teen haar is met verwysing na ʼn Facebook-inskrywing wat sy gemaak het waarin sy die party openlik kritiseer.

Khoza het Vrydag gesê die ANC is “uiters onredelik” deur haar te beveel om Sondag om 15:00 ʼn dissiplinêre verhoor in Durban in KwaZulu-Natal, waar die party se hoofkantoor is, by te woon. Volgens ʼn klagstaat wat in Julie na haar gestuur is, was die verhoor veronderstel om teen 09:00 te begin, maar dit is steeds onseker waarom die tyd intussen verander is.

“Wie gaan na ʼn verhoor toe op ʼn Sondag? Wie gaan na ʼn verhoor toe om 15:00 op ʼn Sondag?” het Khoza gesê. “Ek baklei tans met hulle oor die tyd. Ek het aan Gwede Mantashe [ANC-sekretaris-generaal] geskryf, maar hy het gesê hy kan my nie help nie. Ek het aan KZN [ANC-leierskap] geskryf, maar hulle wou nie die tyd verander nie.”

Khoza het gesê sy is bekommerd dat veiligheidsmaatreëls moontlik nié van toepassing mag wees in KwaZulu-Natal nie.

Sy sê sy vrees sy mag dalk dieselfde roete loop as Sindiso Magaqa, voormalige sekretaris van die ANC-jeugliga, wat vandeesweek dood is ná ʼn skietvoorval in Julie. Hy was een van drie ANC-raadslede van die uMzimkhulu-munisipaliteit in KwaZulu-Natal wat op 13 Julie geskiet is terwyl hulle saam in ʼn plaaslike winkel was. Magaqa, Nonsikelelo Mafa en Jabu Mzizi is tydens die voorval gewond. Die voorval kom nadat drie raadslede vroeër vanjaar in die provinsie vermoor is.

Khoza het gesê haar kanse om wel ʼn teiken te wees is vergroot indien dié vergadering wel Sondag om 15:00 voortgaan.

“Magaqa is nog nie eens begrawe nie. Daar is ʼn patroon van mense wat geskiet word wanneer hulle van vergaderings terugkeer. As ek by die vergadering uitloop, sal dit reeds donker wees. My lewe sal in groot gevaar wees,” het sy gesê.

Sy het bevestig dat private lyfwagte haar sal vergesel, maar wou nie bevestig hoeveel lyfwagte sy saam met haar neem nie.

Mdumiseni Ntuli, die ANC se provinsiale woordvoerder, het Vrydag gesê Khoza sal móét verskyn voor die provinsiale dissiplinêre komitee wat Nomagugu Simelane-Zoeloe, die hoof van die komitee, en die ander lede, Arthur Zwane, Phumlile Zulu, Mxolisi Kaunda, Important Mkhize, Makhosini Nkosi en Ravi Pillay insluit.

Khoza is vroeër in September herontplooi in die portefeuljekomitee oor ekonomiese ontwikkeling nadat sy verlede maand as die voorsitter van die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie verwyder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

zoom zoom ·

Die gewone persoon op straat moet elke dag daarmee leef. Sorry

MissDemeanor ·

Ons is wel almal teikens van kriminele. Maar dy os n spesiale geval. Sy is ook n politirke teiken vir sluipmoordenaars. Ek glo wel dat haar lewe in groter gevaar is agv haar politieke keuses. Sy is in ekstra gevaar. Sy moet beskerm word, ons kan nie toelaat dat hul almal met n bietjie integriteit doodmaak nie.

Drikus ·

Dit is eenvoudig. Waarom lid bly van ‘n party waarin jy vir jou lewe vrees? Watter tipe mense hou dissiplinêre verhore op ‘n Sondagmiddag? Nee wat, die ANC is jou nie waardig nie. Tyd om te groet. Doen dit met grasie.

MissDemeanor ·

Dink bietjie. As sy weggaan kan sy verder geen rol speel om die ANC van binne af te verbeter nie. Sy moet daar bly en die ander wat teen Zuma is moet bymekaar staan. Inelkgeval selfs al verlaat sy die party sal sy steeds n teien bly omdat hul nie hou van wat sy vir die media vertel nie

Vryheid ·

Vreemd dat mens kan bang wees vir jou eie broers, jou comrades, jou eie mense?

Anoniem ·

Sy is bang juis omdat sy hulle ken en weet hoe hulle koppe werk.

eie party ·

Rig jou eie party op en siedaar groot deel van jou probleem opgelos.

MissDemeanor ·

Dom plan. Niemand gaan vir haar 1-mens party stem nie

w ·

Wat het geword van vryheid van spraak. Ek maak oki moordkuil van my hart ni

Eish ·

Dit is nou intimidasie van die eerste water. Jammer dat sy dit nou eers agterkom, sy het n goeie indruk gemaak met haar werk in die parlement. Die oorheersing deur vreesinboeseming is tipies van n ideologies bankrot spul. Dit is een van die redes hoekom daar omgekeerde diskriminasie is, n waardestelsel wat hul nie aanstaan nie.
Loyalty above all,
Obedience without question.

Sarie ·

Vorm saam met die Advokaat Thuli ‘n nuwe party. Julle sal ‘n gedugte span maak. Ek glo dat selfs blankes sal julle ondersteun

MissDemeanor ·

Ek gee om want sy is iemand in die ANC wat teen korrupsie is.

Joe ·

Moenie gaan nie finish en klaar. Enige lewe is belangriker as n blerrie verhoor. Dis mos duidelik wat hier aan die gang is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.