Makhura: ‘E-tol het nie geslaag nie’

Argieffoto

David Makhura, premier van Gauteng, het vandeesweek erken dat e-tol in die provinsie nie geslaag het nie.

Die premier het dié uitlating gemaak in ʼn verklaring waarin hy vrese van motoriste besweer oor berigte dat die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe-wet (Aarto) daartoe sal lei dat hulle hul bestuurslisensies oor e-tol-boetes kan verloor.

Makhura het verlede week met pres. Cyril Ramaphosa vergader om e-tol in die provinsie te bespreek soos hy in sy provinsiale rede onderneem het om te doen.

Phumla Sekonyane, woordvoerder van die Gautengse regering, het gesê volgens Makhura was die vergadering produktief.

“Die president het ʼn proses aan die gang gesit met betrekking tot die e-tol-kwessie en ek is vol vertroue dat ons ʼn oplossing sal vind wat ons almal tevrede sal stel. Die proses het begin en die president sal dit self lei. Die wysigingswet is iets wat lank terug begin het, lank voor die nuwe era aangebreek het,” het Makhura gesê.

Die wysigingswetproses het reeds in 2013 begin en is in September 2017 deur die nasionale vergadering goedgekeur.

Makhura het inwoners van die provinsie gemaan om nie paniekerig te raak nie en hulle aangemoedig om hul insette in die voortgesette openbare verhore oor die Aarto-wysigingswet te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Tokkie ·

Aarto gaan nie slaag nie net soos etol nie geslaag het nie ek het al menigde stelle afgetrap met die aarto boetes

Sarel swartbrand ·

Skrap dit en gebruik die oorhoofse kameras om spoed te kontroleer op die snelweë

Louis Piek ·

Ja dis n baie goeie voorstel om di oor hoofs kamer as te gebruik as spoed kameras

snoefie ·

waar kan ons insette lewer?ons spdra to padfonds en saof by dmv inkomstebelasting, petrolprys, voertuiglisensies en wie weet hoeveel maniere nog. die tolgelde is kom neer op diefstal.

Piet ·

Wat is n “Aarto infringement”? Is dit etol wat jy nie betaal het nie of is dit enige boetes? Daar is blykbaar n idioot wat die goed na my toe sms wat dink ek sal in my kar vlieg en poskantoor toe jaag om my boete te gaan haal. Is hulle waansinnig?

Ella ·

Myne moet in Lenasia afgehaal word en ek bly nie NABY daai plek nie. Ek het gaan kyk op hulle site en daar se hulle daai is niks op my naam. Hulle weet nie wat hulle doen, net soos mense by e tol kantore.

Ragel ·

Ek besit nie eens n’ motor op my naam nie maar gedreig met sms’s

Manie Strydom ·

Die klomp dreig my ook gereeld dat ek met eerste lig die volgende dag voor n vuurpeloton tereg gestel gaan word sou ek versuim om my 15 miljoen rand rekening van laas maand nie te betaal nie

Vra maar net ·

Gister agtermiddag op RSG was daar blykbaar ‘n inset dat indien jy nie jou e-tol gaan betaal nie teen gaan jou bestuurs lisensie opgeskort word. Hulle wil dit op ‘n punte stelsel laat werk. Nou kan mens net dink deur hoeveel e-tolle moet baie mense daagliks vanaf hulle huise ry om by hulle werke te kom. Sommige van ons gaan elke dag +/- 6 punte oortredings behaal. ? hier kom ‘n groot boe boe.

Ai-vra-maar-net ·

Ai tog, Vra-maar-net, dis presies waaroor die berig dan gaan! Oor daardie einste bohaai! Mense, raak rustig. Om punte toe te ken, soos met Aarto, sal hulle moet bewys jy is verby die e-tolbordjie en jy het dit doelbewus geignoreer, soos wat hulle sou moes bewys jy het nie gestop by ‘n stop of nie 80 gery toe die bord begin 80 wys het nie. Die feit dat jy onderdeur die tolhek is is irrelevant, want hy is nie eers gesertifiseer volgens die korrekte bepalinge in die einste Aarto nie. Tweedens, die huidige amandemente is onder Jacob geformuleer, net soos hy die einste e-tol bedink het. Ek is alles behalwe pro-ANC, maar hierdie siele weet hulle sal ‘n ander plan moet maak of hulle kelder hulle eie pensioene wat in die e-tol ingepomp is. Daarom dat hulle nou kyk om die e-tolhekke te gebruik vir spoedvervolging. Die idee is: R2 per km per uur wat jy oor die limiet is, maal met die afstand tussen die twee “tolhekke”. So as jy 140 ry, is jy 20 oor, so R2 x 20 = R40 x byvoorbeeld 10km tussen die hekke = R400. Baie meer as wat hulle in elk geval met tol sou kry. En omdat dit wettige, geldige boetes is, kan hulle dit reeds ingevolge bestaande wetgewing afdwing wanneer jy jou lisensie hernu m.b.v. sodanige “enforcement orders”. En dis nie asof onse groot-kar-bestuurders en duur-kar-bestuurders skielik stadiger gaan ry nie. Hulle gaan pennies laat inrol soos swieties.

anton ·

As hulle die tol kameras gaan gebruik of aanwend vir spoed oortredings gaan hulle natuurlik moet kan bewys dat die motor wat afgeneem is, wel deur my besit en of bestuur is. Daar is baie voertuie met vals nr. plate op die pad.
En daar is baie voertuie wat dieselfde lyk op voorkoms wat ook dieselfde nr. plaat het. So hoe nou gemaak? Skelms is uitgeslape.
En jammer Oom Kalahari………julle het julle geld weggee. Julle was nie wakker en oplettend nie.

NouJa ·

Die e-tolhekke het reeds kameras wat die bestuurders in HD kan afneem. Dit gaan nie veel meer moeite wees as wat dit nou reeds is om te sien wie bestuur het nie. Daar is baie vervalste plate, maar daar is heelwat minder wat op presies dieselfde maak en model en kleur kar sal wees as toevallig “joune” of “myne” met ‘n bestuurder wat boonop min of meer soos “ek” of “jy” lyk. Kanse grens aan nul. As hulle boonop voortgaan met hul verpligte “skyfies” is dit nog makliker – i.p.v. om die skyfie vir tolgeld te gebruik, kan hulle die skyfie gebruik om met redelike sekerheid te bepaal of dit wel die korrekte voertuig was. En net soos met enige ander laser-boete sal jy as eienaar dan nou maar moet bewys jy was nie die bestuurder nie as daar tog ‘n boetetjie opdaag. Status quo ou vrind. En ek dink dis ‘n briljante plan om wetsONgehoorsames te straf eerder as wetsGEhoorsames.

Oom Kalahari ·

Nou wat van ons wat van die begin maar aan die vereistes voldoen het en gedwee maar betaal het, gaan ons terugbetaal word?

Nee ·

Nee. Want ‘n magdom mense, insluitende OUTA, het julle van dag een af gewaarsku (1) die stelsel is ongrondwetlik soos hy daar staan; (2) dat HULLE (Sanral en die ANC) nie aan die vereistes voldoen van die GRONDWET nie, naamlik om te verseker dat daar veilige, bekostigbare ALTERNATIEWE is VOOR hulle ons wou tol nie (Putco busse en taxis en ompaaie met enkelbane, stoppe, robotte en slaggate tel nie in die kategorie nie), en dat hulle op ons reg op vryheid van beweging inbreuk maak; (3) dat HULLE (Sanral en ANC) nie ‘n bestaande reg by ons kan wegvat sonder om te vervang met ‘n GELYKE reg nie – bv. as jy die R21 vir 15 jaar kon ry as belastingbetaler met dubbelbane, kan hulle nie skielik van jou verwag om die M75 te ry as jy nie verder wil betaal nie, altans nie SONDER om die gedeelte van jou belasting wat STEEDS vir die R21 (en SANRAL) gaan, te krediteer nie; (4) dat hulle elke motoris sal moet assesseer vir KREDIET as hulle beweer hulle gaan skuld invorder, anders sit hulle met roekelose skuld volgens die NCA; ens. ens. So nee, julle wat “getrou” betaal het, gaan nie terugbetaal word nie.

Martin ·

Etol het niks met verkeers oortredings te doen nie, Etol gelde is bedoel om die pad in stand te hou, behalwe vir dit wat gatsakke toe gaan, voertuig lisensies vir jou voertuig as dit padvaardig is. Etol word nie deur Metro besit of bestuur nie.

Wonder ·

Wonder wat gaan hulle dan uitdink om die tolgeld te vervang, want die patte wat in die gatte is, word dan nie geheel nie. Kan nie eers langs die gatte se patte ry nie, want dit is ook vol gatte. As iets anders in plek kom van tolgelde, gaan die gelde ook seker deur die gattesakke val, wat ook gatte in het.

Oosie ·

As die kontrolepunte met spoedkameras vervang word gaan dit ‘n geweldige en voortdurende konsertiena-effek op die verkeer he. Gaan nie werk nie!

Dries ·

Daar is van die begin af betoog dat die tol by wyse van ‘n petrolheffing gevorder moet word. Ons is wysgemaak dat dit nie kan gebeur nie maar nooit enige redes verstrek nie. Nou kom die Wes-kaapse regering met die idee om ‘n heffing op petrol in te stel vir die Wes-Kaap. As dit daar kan werk hoekom nie ook in Gautengeleng nie? Dit is immers baie makliker en goedkoper as die e-tolstelsel. Daar is net een voorwaarde: Die geld mag nie in die staat se inkomstefonds of in die kroeks se sakke beland nie!!

Willie ·

En Taxi’s ry verniet… did nie rassisties of diskrimenasie nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.