Makhura: ‘Regering versaak bruin gemeenskappe’

David Makhura, premier van Gauteng. Foto: GCIS

David Makhura, premier van Gauteng, het Vrydag gesê bruin gemeenskappe word deur die Suid-Afrikaanse regering afgeskeep en versaak.

Makhura het afgevaardigdes by die ANC se provinsiale konferensie toegespreek en sy politieke verslag as waarnemende voorsitter gelewer.

Volgens die premier slaag die regering se sosio-ekonomiese program nie daarin om die lewens van alle rassegroepe te verbeter nie. “As premier van Gauteng het ek op onbetwisbare bewyse afgekom van ernstige versaking deur ons regering en ʼn onderbelegging in die bruin gemeenskappe in ons provinsie,” het hy gesê.

“Hierdie verwaarlosing het verreikende gevolge. Misdaad en dwelmgebruik is aan die toeneem terwyl lewenstandaarde afneem, insluitend ʼn afname in [die gehalte van] onderwys en bevordering van hierdie gemeenskappe.”

Makhura het gesê armoede en werkloosheid het “uiterste vlakke” onder bruin mense bereik en dat dit die oorsaak is van woede en wrokgevoelens. Volgens Makhura kla die bruin gemeenskap dat hulle “gedurende die apartheidsjare nie wit genoeg was nie en in die demokratiese Suid-Afrika nie swart genoeg is nie”.

“Ek doen ʼn beroep op die ANC-geleide regering en munisipaliteite om met dringendheid op te tree om die verwaarlosing van bruin gemeenskappe in Gauteng reg te stel. Kom ons verander hoe hierdie gemeenskappe lyk, soos ons ook in die swart nedersettings doen.”

Makhura sal na verwagting op die konferensie onbestrede as voorsitter verkies word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Freud ·

Enige iets om nou ook die bruin mense se stemme te verseker ne Makhura?

humor ·

Is daar dan iewers in die land n plek of gemeenskap waar verwaarlosing en agteruitgang nie aan die orde van die dag is nie. Ja selfs in Nkandla.

Johan H. ·

Hoop nie die bruin mense is dom genoeg om vir julle te stem nie Makura,, Almal sien deur jul verkiesing foeffies,

Hanna Hoekom ·

News flash: Absoluut alles verval in die land. Dis nie net sekere gemeenskappe of instansie nie. Alles is in sy “glory” in! ANC soek seker maar net weer stemme. Ek dink nie hulle moet almal se intelligensie onderskat nie.

Snowball ·

Nee Makhura, julle versaak bruin, wit, swart en alle mense in SA, want julle prioriteit in die ANC is onverbloemde selfverryking.

Ella ·

Hoe slinks kan n desperate party word?
Ek dink ons mense is al slim genoeg om te weet: na die verkiesing volgende jaar vergeet daai party weer wat hy gister of selfs nounou gese het.
Ja oral word mense afgeskeep en dorpe waar hulle aan bewind is gaan ten gronde: geen dienste en baie blink duur voertuie vir almal.
Mense, ek hoop julle sien deur hulle planne.
Stem reg!

leser ·

ek dink daar moet indringend gekyk word wie word geklasifseer as “bruin mense”,
alle rasse bly deurmekaar, en net omdat “ek” nou lig van velkeur is, is “ek” ‘n bruinmens
so spoedig moontlik moet daar ‘n elektroniese verifi-ering wees van almal in die land
dit sluit in: “ID NOMMER, BELASTING NOMMER, VINGERS AFDRUKKE, VASTE WOONADRES”, alles wat met jou “idenititeid” te doen het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.