Makhura verwerp DA-aantygings oor Esidimeni-vergoeding

Voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke tydens die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor (Maart 2018) (Foto: Skermgreep uit eNCA-video)

David Makhura, premier van Gauteng, het Donderdag gesê hy verwerp die “leuens wat deur die DA versprei word” wat betref die vergoedingsbetaling aan 365 Life Esidimeni-eisers.

Makhura het in ʼn verklaring gesê Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, het “doelbewus sy mondelingse antwoord Dinsdag in die Gautengse wetgewer verdraai”.

Maroela Media het vroeër berig Bloom het gesê 365 eisers van die Life Esidimeni-tragedie het nog nie enige vergoeding ontvang soos bepaal deur regter Dikgang Moseneke nie. “Makhura het gesê R164 miljoen is aan 134 eisers uitbetaal wat deel was van die arbitrasieproses.” Volgens Bloom het Makhura gesê ʼn verifiëringsproses, waar die meester van die hooggeregshof betrek word, moet nog vir die 365 eisers gedoen word, aangesien daar is ʼn dispuut is wat betref die regte persoon vir elke eis. “Hy het nie verwag dat die betalingsproses só lank sal duur nie,” het Bloom bygevoeg.

Bloom het gesê hy is besorg dat die betalings onnodig vertraag word deur ondoeltreffendheid in die premier se kantoor.

Castro Ngobese, woordvoerder vir die premier, het egter intussen gesê premier Makhura het “dit duidelik gestel dat die provinsiale regering 134 eisers, soos benoem deur afgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, teen 15 Junie 2018 betaal”. “Dit is eisers wat voor die arbitrasieverhoor verskyn het. Ná die arbitrasie op 19 Maart 2018 toegeken is, het die provinsiale 365 bykomende eise ontvang.”

Makhura het gesê hy verwerp Bloom se insinuasies.

“Alle eise wat ontvang word, word eerstens onderwerp aan ʼn assessering- en verifiëringsproses. Tweedens moet die regering die verhouding van die eiser tot die gesondheidsorgpasiënt bepaal. Derdens moet die regering tevrede wees dat die eiser deur die wet erken word as ʼn eiser (i.e. die regmatige persoon) alvorens die vergoeding betaal kan word. Hierdie stappe word gedoen om seker te maak dat ons nie die eise aan die verkeerde persone oorbetaal nie en later gedagvaar word nie,” het Makhura bygevoeg.

Bloom het gesê hy dink dit is onwaarskynlik dat al die slagoffers vergoeding sal ontvang teen die tyd wat Makhura se ampstermyn op 8 Mei 2019 verstryk. “Dis betreurenswaardig dat hy nie ʼn hoër prioriteit hieraan gegee het om die vergoedingsproses te bespoedig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Moes die inligting nie tydens opnames reeds verkry gewees het nie? Swak administrasie.

remondo ·

Maar aan die anderkant – daar is mos baie mense daarbuite wat graag sou profiteer van n uitbetaling en sommer n kans vat- South African Way

Colleen ·

Waar kan ek my eis indien? Ek onthou skielik van ‘n antie wat ek deur familie opgespoor het was ook daar en is dood. Ek wil ook net hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.