Makliker vir SA’ners om na Frankryk te reis

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

Die Franse regering het reisbeperkings verder opgehef wat in plek gestel is weens die Covid-19-pandemie. Dit is nou makliker vir toeriste van Suid-Afrika om na Frankryk te reis.

“Air France bevestig dat Suid-Afrika, met onmiddellike effek, na die ‘groen lys’ van lande vir Frankryk geskuif is. Die nuwe regulasies hou beduidende veranderinge in – veral vir diegene wat nie ingeënt is nie,” sê die lugdiens in ʼn verklaring.

Volgens die nuwe regulasies:

  • hoef passasiers wat ingeënt is, nie ʼn negatiewe PKR/antigeentoets te wys om die land te betree nie. Hulle hoef slegs hul inentingsertifikate te wys;
  • het passasiers, wat nie ingeënt is nie, nie meer ʼn noodsaaklike rede nodig om na Frankryk te reis nie. Hulle hoef slegs ʼn negatiewe PKR-toets (minder as 72 uur oud) of negatiewe antigeentoets (minder as 48 uur oud) te wys voor hulle vertrek;
  • vanaf 14 Maart sal dit nie meer nodig wees om ʼn ‘Pass Sanitaire’ te bekom om toegang te kry tot sekere ontspanningsaktiwiteite vir ingeënte of oningeënte persone nie.

“Bogenoemde is onderworpe aan visumvereistes, soos wat nog altyd die geval is. Air France wil graag ons passasiers daaraan herinner dat dié vereistes slegs geld vir diegene wat na Frankryk reis as hul eindbestemming. Vir diegene wat slegs deur die land reis, geld die vereistes van hul eindbestemming.”

Passasiers kan die Franse regering se webwerf nagaan vir die jongste inligting.

  • Air France bied ook tans afslag op vlugte van Suid-Afrika na Frankryk as deel van hul Early Bird-promosie. Bespreek by airfrance.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blomme

Nou waaroor was die bohaai oor ‘moet’ ingeënt wees nou eintlik? Hier beweeg ons dan stelselmatig na normaal sonder diskriminasie teen oningeëntes. Welgedaan Frankryk.

Marius

Wie het nog geld om in frankryk te gaan vakansie hou ?

Nicky

Nee wat ek bly net hier, want as jy daar is weet jy nie of hulle, hulle storie gaan verander nie

JohanR

Gee my R100000 dan gaan ek dadelik. SA rand nou amper soe nutteloos soos die Russiese ruble!