Malaria-skok in Pretoria

Argieffoto. Foto: Pixabay.

Amptenare van die Tshwane-metro het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat gevalle van malaria in die stad se hospitale aangemeld is, sonder dat die betrokke pasiënte malariagebiede besoek het.

Rdl. Leanne de Jager, woordvoerder van Wyk 58 en lid van die stad se gesondheidsportefeuljekomitee, het Dinsdag ʼn navraag aan senior amptenare van die metro gerig nadat ʼn aantal gevalle van malaria oor die afgelope twee weke in die stad aangemeld is.

Sy het veral verwys na Kilnerpark in die Moot waar inwoners wat langs die spruit woon in ʼn hospitaal opgeneem moes word nadat hulle malaria opgedoen het sonder dat hulle in malariagebiede was.

Rina van der Grÿp, bedryfshoof van die stad se sentrum vir oordraagbare siektebeheer, het kort daarna terugvoer aan amptenare verskaf oor hul voorlopige ondersoek oor dié malariagevalle.

“Op 29 September is twee gevalle van Medicross Queenswood ontvang. Malaria is by ʼn driejarige seun en sy sesjarige suster gediagnoseer en hulle is na die Eugene Marais-hospitaal oorgeplaas waar hulle opgeneem en behandel is,” lui haar korrespondensie.

“Die uitbreking-reaksie-eenheid het die kinders se ouers geskakel en daar is vasgestel dat die familie nie in ʼn malariagebied gereis het nie.”

Professore van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) en verskeie kenners het op 4 Oktober die Kilnerpark-omgewing besoek. Muskiete en larwes is versamel en ʼn deeglike ondersoek is gedoen. Geen anopheles-muskiete of -larwes is gevind nie.

“Op 4 Oktober het die Moot-hospitaal twee gevalle aangemeld. Dit was ʼn man en sy vrou, en hulle het ook geen reisgeskiedenis gehad nie,” het Van der Grÿp gesê.

Met nadere ondersoek is daar vasgestel die egpaar woon sowat 650 m van waar die kinders malaria opgedoen het. Nios is weer geskakel om ondersoek in te stel, waarna daar vasgestel is dat ʼn toerbus wat in malaria-gebiede was, in die gebied opgemerk is. Die gevolgtrekking wat gemaak is, is dat muskiete moontlik deur middel van ʼn voertuig in die omgewing beland het. Die woonbuurt is ook langs die snelweg en voertuie na en van malaria-gebiede ry gereeld daar verby.

Die sentrum het inligting oor malaria aan die direkte gemeenskap versprei. Hospitale en mediese sentrums is ook in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir pasiënte met simptome van malaria, selfs al het hulle nie na malariagebiede gereis nie.

“Die twee kinders is intussen uit die hospitaal ontslaan en dit gaan goed met hulle. Die vrou is ook ontslaan. Haar man is egter steeds in die hospitaal, maar dit gaan goed met hom.”

Van der Grÿp het gesê malariagevalle moet aangemeld word en alle gevalle wat aangemeld word, word ondersoek.

Vroeër vanjaar is twee vroue in Doornpoort in die noorde van die stad aan malaria dood sonder dat hulle in malariagebiede was.

Die Universiteit van Pretoria (UP) se sentrum vir volhoubare malariabeheer het daarna in ʼn inligtingstuk gesê in sommige gevalle word mense besmet wanneer hulle ʼn malariagebied besoek en begin eers later, wanneer hulle terug is by die huis, simptome toon. In ander gevalle is dit ʼn kwessie van die sogenaamde “taxi”-malaria, wanneer ʼn muskiet in ʼn reisiger se tas of voertuig die gebied binnegekom het.

“Bewusmaking is baie belangrik wanneer dit by malaria kom, aangesien dit die eerste stap is tot voorkoming,” lui die verklaring.

Kyk uit vir dié simptome:

  • Griepsimptome wat afwissel met tye waarin jy gesond voel
  • Hoofpyn
  • ’n “Goor” gevoel
  • Moegheid
  • Naarheid
  • Spierpyne
  • Kouekoors
  • Diarree

Mense wat dié simptome ervaar, moet onmiddellik by ʼn dokter uitkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Marina Labuschagne ·

Dit is kommerwekkend en laat mens weereens bewus raak dat ons veral daarteen moet waak om broeiplekke vir muskiete te kweek. Langs ons in Silverton woon mense wat al vir 17 jaar hul swembad onversorg laat met net die water dasrin wat deur reën opdam en waarin daar altyd stilstaande water is wat grasgroen en soms selfs swart is. Ek is van mening dat daar ‘n wet teen sulke dinge moet wees wat mense verplig om ongebruikte swembaddens eerder toe te gooi as om dit so te laat wat dan net ‘n ideale broei paradys is vir muskiete. Ons is heeltemal te laks met wetstoepassing en sit dan met die gevolge daarvan en dan wil ons iets daaraan doen.

Jacobus Krynauw ·

Die broeiplek is eintlik buite Pretoria, nader aan ons buurlande…

Natashia Smit ·

Soos ek verstaan was daar reeds 3 gevalle by kinders van Malaria simptome in Kempton Park aangetrek Maandag 9 Oktober en vriende van ons se vriende het hul seun verloor Saterdag aand nadat hy Saterdag oggend opgeneem is vir Malaria in Kempton Park. Dokters waarsku sodra jou kind griep simptome het en koors opbou moet jy hul dadelik laat toets vir Malaria

Noeleen ·

Iemand moet ondersoek in stel in die Oos Rand ook (Kempton Park), ons het ‘n vriend deur Malaria verloor wat ook nie in ‘n malaria gebied was nie.

Blondie ·

Stem 100% saam met jou Noeleen! Die spruit in van Riebeeck Park vrot! Die stank alleen is om van siek te word!

Jack Russl ·

Ek verstaan wat hulle probeer se oor hoe die mense malaria gekry het. Maar is dit net toevallig dat daar 6 mense in 1 jaar in Pta malaria gekry het van “taxi-miskute” of is daar net nie in die verlede so daaroor berig gedoen nie?

Of het dit te doen met die verandering in die klimaat of pas die miskute aan by klimaat wat bietjie verskil van hulle gewone klimaat? Is die malaria gebied dalk besig om uit te brei

Haley ·

My brother passed away on Friday from Malaria. In tembisa hospital. Also never left the country. Tomorrow is his funeral.

Stan ·

Haley, sad to hear of your unexpected loss. May God guide you through this.

Sjo.. ·

Really sad news…our condolences to you and your family through this hard time..

marous ·

Die dept gesondheid het nie ‘n saak met bespuiting in risiko gebiede nie. Een muskiet ry saam tot in Gauteng en dis nag. Die dokters daar met respek gese het min ondervinding om te diagnoseer. Behandel mense vir griep en dan is dit te laat.

Frankie ·

Ek en my man woon in ‘n erge malaria gebied in Afrika – maar nie in Suid Afrika nie.

Beide van ons het al meer as een keer malaria gehad ten spyte van elke voorkomende aksie denkbaar binne ons beheer. So ook al ons expat vriende hier.

Iets om van bewus te wees is dat jy van die vroegste simptomes kan begin voel ‘n paar ure voor dat jou bloed positief toets.

As jy enigsens die simptomes het moet jy onmiddelik mediese hulp gaan soek. Moenie ‘wag ’tot môre nie’. En al toets jy negatief die eerste bly by die kliniek of hospitaal en dring aan dat bulle jou weer toets na ‘n paar ure.

Die vroegste simptomes verskil van mens tot mens – my oë het elke keer erg lig sensitief geraak met ‘n swaer, kloppende hoofpyn laag, agter in my nek. Niks help regtig vir daardie hoofpyn nie.

My man kry altyd eerste diaree wat saamgaan met ‘n oorweldigende moegheid.

Die moegheid is meer as net ‘n normale moegheid. Jy kan binne ure gaan van normaal voel tot voel asof jy skaars jou arms kan oplig.

Al die simptome nog voor ‘n mens se bloed positief toets…

Noeleen ·

Dankie vir die advies Frankie. Ek sit reeds met so ‘n hoofpyn en onverklaarbare spierpyn. Dis skrikwekkend hoe kort die lewe eintlik is

Theresa ·

Baie dankie vir die inligting. Mens is geneig om te dink hierdie slegvoel kan net aan die hitte of seisoenverandering te wyte wees.

Gustav du preez ·

Daar word nou na n toerbus vinger gewys wat aan my behoort . Die bus kom minimaal in malaria gebied , dink daar word nou na die verkeerde party vinger gewys . My bus staan meeste van die tyd by my huis…maak die som vir jouself . Gebiede wat ons besoek is lae risiko areas .

Frik ·

My Skoonsus en Swaer wat naby Vaalwater op n plaas woonagtig is was albel vir malaria gediagnoseer My Skoonsus is Sondagoggend in Eugene Marais hospitaal in Pretoria aan malaria oorlede en my Swaer is ontslaan uit hospitaal na behandel Hulle was gladnie in n malaria gebied nie Dus wil dit vir my voorkom dat Vaalwater en omliggende gebiede nou ook n malaria risiko is want verskeie voorvalle van malaria in daardie gebied is al aangemeld

Willem ·

Ek het in Tanzanie gewerk.
As jy daar malaria kry, neem jy net n kursus van Artivan, of Coartim.
Werk soos n bom, volgende dag id jy klaar beter.
Weet nie hoekom hou hulle dit nie oral by ons aan nie.

Frankie ·

Hier in Zambië gebruik ons (meerderheid volwasse expats) Co – Arinate FDC – al vermoed ons net malaria simptomes.

Gaan nie eers meer dokter toe vir bloed toetse nie want ons is almal versigtig vir naalde en HIV. Dit word in Switzerland vervaardig en te koop by ons plaaslike apteek – maar passop vir goedkoper variasie wat in Indië gemaak word.

3 Pille oor ‘n drie dae tydperk. Kos omtrent R100.

As jy jou simptomes vroeg vang gaan jy skaars ‘n dag olik voel / in die bed wees.

Akram ·

Ek bly en werk ook in Tanzania. My vrou het vir toetse gegaan en dit was negatief, Daardie aand het sy erger geword. Die volgende toets het geys dat sy n hoe telling van die parasiet het. Soms wys die parasiet nie. Die toetse is vinnig en goedkoop, as een nagatief wys, doen maar die moeiet en doen weer n toets n ruk later, veral as jy begin koorsig voel.Ek het regom my huis lemongraas geplant. as ons braai, dan gryp ek so handvol van die gras en smeer my voete bene en arms. Dit ruik lekker en is natuurlik.Die muskiet telling kan dalk in die rivier, spruit laag wees, maar kyk maar vir lee plastiek houers en ou bande. dit maak die idiale broeiplek.Ons toets eers vir malaria, voor ons iets kry vir n verkoue.Baie mense is genyg om dit as n verkoue of iets anders af te maak, maar as hy jou platslaan kan die gevolge baie hartseer wees.

Roxanne ·

Ons bly in Kilnerpark drie huise van die spruit af. Hierdie is die eerste wat ek hoor van die Malaria en het ons verseker geen informasie van enige beampte ontvang nie. Ek het vanaand reeds twee van die goggas dood geslaan en is hulle lief om my kinders te byt. Wat nou gemaak. Gaan die gewone voorsorgmaatreels help?

Frankie ·

Roxanne…ek woon in Zambië in ‘n erge malaria gebied en het twee laerskool kinders.

Die expats hiermet kinders belê in mozzie screens ( fyn muskiet draad binne ‘n raam) voor alle vensters en deure.

Almal – insluitende volwasenes- slaap ook onder muskiet nette. Soek spesifiek die muskiet nette wat met insekdoder behandel is. Ons plaaslike Shoprite verkoop die nette.

Daar is ook baie natuurlike, kind vriendelike rome teen muskiete. My kinders weet al om dit in die oggende en vroeg aand met badtyd aan te smeer. Ek vind die rome is nie so doeltreffend as die sterker, ‘onnatuurlike’ rome nie…maar die natuurlike rome doen heeltemal die ding in kombinasie met die muskiet nette ens.

Waneer ons in die aande buite braai – of gaan kamp. het ons ook vir ons kinders ‘n muskietnet – gazebo waarin hulle speel.

Dit klink dalk of ons bietjie oorboord gaan met die voorsorgmaatreëls maar in die naaste dorp aan ons ( omtrent 250 000 mense) is daar ‘n gemiddelde 3 sterftes agv malaria elke dag – en dit is in die droeë seisoen. Tot 10 malaria verwante sterftes per dag gedurende die malaria seisoen.

Bygesê, baie van die mense het reeds ‘n primêre mediese krisis soos HIV of TB.

Babas, kinders en tieners tot en met 20 jaar oud, ouer mense en mense met reeds bestaande gesonheids probleme loop die grootste risiko.

Spuitstof ·

‘n Rukkie gelede was daar ook vier malaria gevalle in Rustenburg wat ook nie ‘n malaria gebied is nie. Daar is ook 3 persone oorlede, dit is vreeslik aangesien niemand malaria daar verwag het nie. Soos iemand hier noem, dalk is dit dat die malaria gebiede nou ‘uitgebrei’ het en ook natuurlik die voertuie wat oor die grense heen en weer loop. Ek dink dalk moet hulle maar ‘n spuitstof gebruik in toerbusse/minibusse/motors wat van buurlande of malaria areas af kom? Soortgelyk aan dit wat in vliegtuie gebruik word? Weet nie of jy iets kry wat veilig is vir passsasiers wat jy so kan gebruik nie? Dit sal ‘n oplossing wees.

Theresa ·

Dit moet verpligtend wees vir taxis (ook busse). AfriSake? Kan jul dit nie dalk opper aan die mense wat moet weet en laat gebeur nie, asb.? Mediese fondse en allerlei sal ook hiermee saamstem en die publiek het dit bitter nodig.

SARIE VAN HEERDENs ·

Ek verneem dat DDT gebruik word in bespuiting van blyplekke veral in die Komatiepoortomgewing. Blykaar is dit AL wat werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.