Malawiër in hof vir moord op Pope-egpaar

Brian en Tillie Pope. Foto: Verskaf

Brian en Tillie Pope. Foto: Verskaf

ʼn Man van Malawi verskyn vandag in die Harrismith-landdroshof vir die moord op Brian Pope (62) en sy vrou Tillie (47) wat Sondagoggend koelbloedig doodgeskiet is by ʼn gastehuis in dié Vrystaatse dorp.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die Malawiese burger is Sondagaand in hegtenis geneem. “Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Dit sal met verdere ondersoek bepaal word,” het Mophiring gesê. Die man staan tereg op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord.

Maroela Media het vroeër berig die Pope-egpaar het saam met Brian se seun, Warren, sy vrou, Marlene, en hul twee kinders op die plaas Tweevley oorgebly vir die naweek. Die verdagte is glo die plaas se opsigter. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Stuur al die gemors van uitlanders terug waar hulle vandaan kom .Want dit lyk of SuidAfrika huisvesting bied vir barbare en moordenaars

AmY ·

Ons grense is mos nou oop vir almal. Net jammer onskuldige mense sterf in die proses.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.