Malawiese diplomate ook uit SA geskop oor drank

Argieffoto (Foto: Holger Detje/Pixabay)

Malawi het Vrydag gesê verskeie van sy diplomate is uit Suid-Afrika geskop toe hulle skuldig bevind is daaraan dat hulle aksynsvrye alkohol verkoop het.

Malawi se ministerie vir buitelandse sake in Lilongwe het gesê Suid-Afrika het die diplomate en hul families 72 uur gegee om die land te verlaat.

Suid-Afrikaanse owerhede het die besluit geneem omdat die diplomate “skuldig bevind is daaraan dat hulle onwettig met aksynsvrye alkohol handel gedryf het” ná ʼn intensiewe ondersoek dat hulle hul diplomatieke voordele misbruik het, het die plaaslike ministerie van internasionale betrekkinge in ʼn verklaring gesê.

Ondersoeke na soortgelyke oortredings deur ander diplomate in Suid-Afrika “is in ʼn gevorderde stadium en soortgelyke optrede sal volg indien hulle skuldig bevind word”.

Maroela Media het vroeër berig verskeie diplomate van Lesotho is Donderdag uit Suid-Afrika geskop op soortgelyke aanklagte. Luidens vroeëre berigte het diplomate van dié klein land weens ʼn geldtekort glo aksynsvrye drank in Suid-Afrika en Lesotho gesmous. Weens ʼn tekort in die betaling van salarisse het sommige hulle glo tot dié praktyk gewend in ʼn poging om ʼn paar rand te maak. Dit is egter bestempel as ʼn onwettige bedryf om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens van die belasting op die items te ontneem.

Malawi se ministerie van buitelandse sake het sy “teleurstelling” uitgespreek “dat Malawiese diplomate as persona non grata verklaar is” deur Suid-Afrika. Die land het onderneem om dissiplinêre stappe te doen wanneer die beamptes terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rian ·

Die plaaslike kaders wil sélf dié lonende besigheid bedryf.

Nie Verbaas ·

Ek stem saam. Wonder hoeveel van hulle bedryf drankwinkels wat drank teen spesiale prys verkry.

Estelle ·

Presies, Rian, ek wonder of die plaaslike kaders ook as persona non grata verklaar sal word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.