Maleisië-doodstraf: Man gee glo vir hom tas met dwelms

Deon Cornelius. Foto: Facebook

Deon Cornelius. Foto: Facebook

Deon Cornelius, ʼn veiligheidswag van Suid-Afrika wat Donderdag die doodstraf opgelê is in Maleisië, beweer ʼn Nigeriër het vir hom ʼn skootrekenaarsak met die dwelms in gegee.

Cornelius (29) is skuldig bevind aan dwelmhandel nadat hy op 4 Oktober 2013 met amper 2 kg se metamfetamien (ook bekend as tik) by die Penang Internasionale-lughawe betrap is.

Volgens The Malay Mail Online het Cornelius aangevoer dat ene Tony vir hom die rekenaarsak gegee het en dat hy onbewus was van die inhoud. The Star Online berig dat Cornelius en Tony mekaar slegs vir ʼn paar maande geken en mekaar slegs vier keer by Tony se huis ontmoet het.

Volgens beide berigte het regter Datuk Nordin Hassan bevind dat Cornelius nie daarin kon slaag om die staat se saak in redelike twyfel te trek nie. Hassan het glo gesê dit was nie logies vir Cornelius om vir Tony te vertrou nie en dat Cornelius agterdogtig moes raak toe Tony die skootrekenaarsak in sy bagasie gesit het.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê die Suid-Afrikaanse hoë kommissariaat in Kuala Lumpur bied sedert Cornelius se inhegtenisname konsulêre ondersteuning aan hom en sy familie in Suid-Afrika.

“Wanneer ʼn persoon die doodstraf opgelê word deur die hooggeregshof in Maleisië, word die saak outomaties na die appèlhof verwys,” het Kgwete verduidelik. “Die appèlhof oorweeg die saak en besluit of die hooggeregshof korrek was waarna die persoon weer voor die regters verskyn. Die proses neem tussen ses en 12 maande voor die appèlhof ʼn besluit neem.”

Volgens Kgwete kan die Suid-Afrikaanse regering nie betrokke raak by die saak terwyl dit voor die appèlhof is nie. “Dit is slegs wanneer die appèlhof ook die doodsvonnis onderskryf dat die Suid-Afrikaanse regering die Maleisiese regering sal nader met ‘n versoek vir genade,” het hy gesê.

Cornelius is gevonnis ingevolge artikel 39B (1) (a) van die Wet op Gevaarlike Dwelms van 1952 waarvolgens dit verpligtend is dat ʼn persoon wat skuldig bevind word, die doodstraf opgelê word.

Klik hier vir ‘n vorige berig oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Nico ·

Hy is ‘n veilgheidswag en probeer met sulke snert wegkom. Ek glo dit was deel van sy opleiding om uit te kyk vir sulke gevalle en waaksaam te wees. Neewat dit was pure gulsigheid.

Elsabe Otto ·

Dit is baie hartseer! Maar dis die wet! Almal het verantwoordelikheid teenoor die wet. Daar is redes daarvoor. Al was dit my eie kind!

Carien ·

Die arme kind het ‘n duur fout gemaak en het baie gebede nodig!!

SNEL ·

Ek stem, so maak almal foute of deurdink nie n ding goed voor hulle dit doen nie, hy het ons gebed nodig.

Alida Cornelius ·

Dankie Carien jy dink definitief soos ‘n kind van die Here hy’t ‘n GROOT fout gemaak en glo my hy’t berou nou daar waar hy is. En dankie vir elkeen van julle se gebede ons waardeur dit uit ons harte uit

Eliza-beth ·

Dis jammer ja, ek voel vir sy familie veral. En sonder om veroordelend te probeer wees: regtigwaar, hoe is mens so naief om sommer VERAL ‘n Nigeriër te vertrou? Hulle is tog BERUG vir dwelmsmokkelary. En as jy iemand nog net ‘n rukkie ken, om watter rede sal jy hom dan nou toelaat om sommer ‘n rekenaarsak in jou bagasie te sit? Dit klink of hy nie eers die ou se van geken het nie! Wat het hy in elk geval dan in Maleisië gaan soek ook? Ek vra dit nie omdat dit iets met MY te doene het nie, maar dis die tipe vrae wat die hof/ondersoekspan sal stel om te bevind of hy stories opmaak/skuldig is. As mens ‘n gesin het moet jy mooi dink aan alle moontlike gevolge van jou dade vir jou gesin voor jy iets net doen. Sterkte vir die gesin, dis al wat mens kan sê.

Debbie ·

ja nee!!!! Sekerheidswag ….. en nie agterdogtig geraak het nie ….. beslis nie ‘n skerp en intellegente Veilgheidswag nie …… laat mens wonder en dink …..

Alida Cornelius ·

So dan beter jy nou begin wonder en dink voor die son ondergaan

Tessa ·

Dus my vriendin se seun hierdie en hul gaan deur n moeilike tyd.ja het n dwase vout gemaak.maar word hy nie genoeg gestraf nie.wat as dit jou seun of vriend was,sou jy dieselfde gese het?hy het n vout gemaak.maar hy het n hart van goud.ons kan niks verander nie,maar sal agter jou staan,aanhou bid en aanhou glo.aan die familie,my beste vriendin,saam sal ons staan.

Willie ·

Moet jou nie aan jou neus laat lei Tessa want iemand wat ‘n hart van goud het raak nie betrokke by dwelms nie.

Net gewonder ·

Net gewonder Willie… iemand met ‘n hart van gout maak GEEN foute nie en doen ook GEEN sonde nie? So waarvoor Het Jesus dan aan die kruis gesterf as ons almal verdoem is omdat ons nie ‘n hart het nie? Dink asseblief voor jy praat!!!! Wat jy se maak absoluut geen sin nie

Schalk ·

Ai mense. Die man het n fout gemaak. Soos wat julle tekere gaan wil dit vir my voorkom of julle hom persoonlik geken het. Pasop vir daai blinde sambok.

Alida Cornelius ·

Ja netsoos jy daar se Schalk hulle ken hom nie eers nie maar hulle wil eiers kom le plaas hulle worry oor hulle eie probleme

Sollie ·

JA Tessa! Ek sou dieselfde gesê het. Sy onnosleheid kos hom en sy familie! Hy het dom opgetree. Onnosel verby. Hoe de duiwel vat mens vir iemand sommer goed oorsee as jy hom net paar maal gesien het, hom nie enigsins eintlik ken en as hy nog ‘n Nigeriër is dan dink jy 20 maal EN dring aan om te sien wat in die tas is. Nes Elizabeth sê wat het hy eintlik in Maleisië gaan doen? En ook al die ander vrae – dis presies wat howe vra so die hart van goud help nou niks hier nie. Hy moes gedink het voor hy gedoen het.

Net gewonder ·

Sollie

Hy het tien teen een presies geweet wat hy gedoen het en waarmee hy besig was. Wat is jy bereid om vir jou familie te doen. Desperaatheid lei mens soms na survival en survival ken geen perke. Jy kan nie sulke kommentaar lewer oor iemand wat jy nie eers geweet het, bestaan nie. Mense raak nie net “sommer” betrokke by dwelms nie. Net soos mense nie net “sommer” betrokke raak by geld versuistering, affairs, of leuens nie. Almal moet net besef dat hulle eendag gemeet sal word met dieselfde maatstaf waarmee hulle meet. Soms, net soms moet jy jouself in ‘n ander se skoene plaas. Jouself die ergste scenario moontlik indink en besef jy is NET ‘n mens. ‘n mens wat vir liefde, honger, survival tot die laagste sal daal en dan soms selfs vir selfsug. Maar dit maak jou nie SLEG nie. Net dwaas…

Alida Cornelius ·

Ja nee Tessa hoekom moet ons almal se negatiewe kommentare aanluister hulle ken Deon nie eers nie en waaroor comment hulle so ons stel nie belang daaraan nie ons stel nou net belang om te bid om Jesus se genade

emiel ·

Sjoe, maar sekere blanke Suid Afrikaners is kinderlik onnosel as dit kom by wat hulle in die buiteland aanvang. Sekeres wil radikaal moslems in die Midde Ooste gaan bekeer terwyl ander as dwelm courriers vir Nigeriërs in Asia optree. Dit is baie hartseer vir die families van hierdie mense.

Malinda ·

Kyk beslis het hy selfsugtig opgetree, spyt kom altyd te laat. Wys jou geld kan jou lewe verwoes weez tevrede met dit wat jy het moenie dat dit van jou n moordenaar maak want om met dwelms te smokkel maak van jou een, oe wens die doodstraf kon weer hier heringestel geword het maar dit bly nou maar net by wensdenkery. En kyk ek sal baie hartseer weez as dit een van my kids moet weez maar ek meen jy weet mos wats reg en verkeerd en jy moet maar die gevolge van jou dade dra.

Gideon Erasmus ·

Ek voel jammer vir die man, maar hy het presies geweet dat hy die kans staan om uitgevang te raak. Geen mens klim op ‘n vliegtuig met vreemde bagasie en dit van ‘n Nigeriër, sonder om te weet dit kan dwelms weea nie. Ek wonder net hoe gebeur dit dat die persone so vasgetrek word in die buiteland en nie al hier in SA op die lughawe nie! Dan beteken hierdie sekuriteit mos niks! Mens sidder om te dink wat alles SA binnekom!

Alida Cornelius ·

Daarom se ek die nigeriers moet uit die land gedryf word want dis deur HULLE dat van ons kinders betrokke met HULLE vuil dade raak.

Dirk ·

Enige iemand wat dink dat die man onwetend die dwelms vervoer het, is nie net naief nie maar brein dood. Hy is ‘n sekuriteits offisier “for Pete sake” en geen redelike mens sou n tas vir ‘n ander mens vervoer sonder om seker te maak wat hy vervoer nie. Dit gaan oor geld niks anders nie , gou ryk word skema. Net ‘n dwaas ag sy lewe min genoeg om dwelms na ‘n land te smokkel waar die doodstraf van toepassing is. ‘n Meer gepaste vonnis sou wees het om die dwelms wat hy ingesmokkel het vir hom te gee totdat hy verslaaf is en hom dan te los om “coldturkey” te ervaar.

scalla ·

Stem saam pieter, nou wat van die gemors wat uitgenooi word na sa, doen dieselfde met hulle hier.

Jan ·

Alida. Hierdie hele gedoente moet baie spanning in julle familie gee. Ek hoop vir julle part daar sal een of ander versagting kom. Ons familie het ‘n lid verloor agv dwelms nadat daar verskriklik(die woord is eintlik nie sterk genoeg nie) baie skade gedoen is !Ek weet nie of jy weet waardeur families gaan wat ‘n dwelmafhanklike het nie, Dis onbeskryflik, ons het alles in ons vermoee gedoen om te probeer help, maar op die ou einde het dit die familie verwoes en finansieel uitgeput! Deon is gevang en sal sy straf moet vat. Laat Deon vir ons almal ‘n les wees, bly weg van dwelms af !

Sollie ·

Presies Jan, PRESIES! Nou moet mens simpatie hê met iemand wat gou geld wou maak (geen regdenkende mens sal ander afleidings uit die hele storie maak nie, regtigwaar niemand is so naief nie) maar het hy gedink aan wat sy daad vir derduisende mense as gevolg gaan hê? Het simpatie toe by hom opgekom en hom laat dink en sê nee, wag ek doen dit nie. Ons lees genoeg van ouers en familie wat deur absolute hel gaan agv familielede/kinders ens se dwelmgebruik/misbruik maar die wat ‘n hand in die verspreiding daarvan het, dink nooit aan die gevolge van hul dade nie. NOOIT. Dis net die geld wat gaan inkom wat tel.

Johanna ·

Ek is een van daardie mense wat elke dag met ‘n groot seer rondloop. 20 jaar lank sukkel ons al met my nefie wat als van sy ma, ook ‘n pensioenaris, gevat het om vir sy dwelmbaas te gee. Hy’s nou op straat in die totale mag van onwettige mense wat onwettige handel hier in ons mooi land mag dryf. Ons harte voel vir die familie van nog ‘n jong man wat in gewetenloses se kloue beland het.

Ann ·

dus alles oor sy vrou sy het hom gedryf na dit toe, as sy hom meer by gestaan het was hy nog hier by ons….. hy het sy alles gegee en wat kry hy vir dit n skop onder sy gat. Sy was net daar vir n bly plek man.

Anne ·

Snaaks hoe ons dadelik dink, bring doodstraf terug in Suid Afrika – maar dan is ons verrras en sag wanneer een van ons Suid Afrikaners die doodstraf kry in ander lande. Al is die doodstraf vir dwelms smokkel, werk dit en maak dit die smokkelaars bang om self die vuilwerk te doen. Hoeveel keer moes ons nie al die tipe storie aanhoor nie? Waar families huil vir hul lede wat in vreemde land sit en op vonnis moet afwag. En ja, ek hoop die ‘Tony’ kan ook gevang word. Dis duur betaal vir een ‘fout’ wat mens kon voorkom as mens verder as jou neus dink. Sterkte aan die familie, op die minste sal die storie ander mense laat twee keer dink

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.