Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap

vermiste-vliegtuigMaleisië se ondersoek na die vermiste vlug MH370 het bevind dat een of meer mense met vliegondervinding die vliegtuig se kommunikasie-toestelle afgeskakel het en die vliegtuig doelbewus van koers af gestuur het.

ʼn Maleisiese regeringsbeampte wat by die ondersoek betrokke is sê die vliegtuig se verdwyning is weens ʼn kaping hoewel daar nog geen motief vasgestel is of geen eise gemaak is nie. Die beampte, wat anoniem wil bly aangesien hy nie met die media mag praat nie, sê dit is egter nie duidelik waar die vliegtuig is nie. Hy sê die doelbewuste oorname van die vliegtuig is nie meer ʼn teorie nie. Die beampte sê ondersoekers het meganiese of menslike foute uitsgeskakel rakende die verdwyning van die vliegtuig.

Najib Razak, eerste minister van Kuala Lumpur, het Saterdagoggend tydens ʼn mediakonferensie gesê daar was tot ses ure nadat die vliegtuig van radar verdwyn het steeds satelietkommunikasie. Hy wou egter nie bevestig dat die vliegtuig gekaap is nie. Die soektog na vlug MH370 gaan intussen onverpoosd voort. Die vliegtuig het ʼn week gelede spoorloos verdwyn tussen Kuala Lumpur en Beijing en ʼn soektog in die water tussen Maleisië en Viëtnam het nog geen vrug gelewer nie. Meer as 40 vliegtuie en skepe van minstens 10 lande is op soek na die vliegtuig. Die vliegtuig, met 239 mense aan boord, het minder as ʼn uur nadat dit opgestyg het, verdwyn sonder dat ʼn noodsein uitgestuur is.

Lees ook:
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.