Malelane-hek na Krugerwildtuin Vrydag ontoeganklik

‘n Olifant in die Kruger-wildtuin. Foto: julielines, Pixabay

Die pad na die Malelane-hek na die Krugerwildtuin sal na verwagting Vrydag weens ’n betoging versper word.

Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, sê ’n betoging teen ’n landbou-onderneming buite die wildtuin word vir Vrydag deur een van die plaaslike partye op die R570 wat na die wildtuin lei, beplan.

Die pad na die Malelane-hek kan dus moontlik ontoeganklik wees. Besoekers word aangeraai om van alternatiewe hekke soos Phabeni en Paul Kruger gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elize ·

Die plaaslike party is toe al die tyd ons besige EFF wat niks beter het om te doen nie.

Hennie J ·

Dis nou tipies die wettelose Suid Afrika. Our people mag n nasionale pad versper want hulle het een of ander pyn en hoedman se kaders sal doelloos toekyk hoe die wet verbreek word.

Karina ·

Ai die rooikappies kan maar maak wat hulle wil, en niks word daaromtrent gedoen nie. lekker nê

Moedeloos ·

En intussen speel internationale sportmanne gholf daar so die wereld kan sien hoe lekker dit in SA gaan.

Robert ·

Hoekom se hulle nie reguit dat dit die astrante EFF is wat betoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.