Malema aan Trump: ‘Los SA uit’

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

EFF-leier Julius Malema het Donderdag harde woorde vir Amerikaanse president Donald Trump gehad en hom gewaarsku om sy neus uit Suid-Afrika se plaaslike kwessies te hou.

Dit kom nadat Trump vroeg Donderdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) opspraak gewek het met ʼn twiet waarin hy sê dat hy opdrag gegee het dat Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, die grondkwessie en plaasmoorde-krisis in Suid-Afrika ondersoek.

Malema het tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg aan verslaggewers gesê die Amerikaanse owerhede moenie met Suid-Afrika se nasionale sake inmeng nie aangesien Suid-Afrika nou die probleem van ongelykheid deur grondonteiening probeer aanraak.

“Ons wil ʼn duidelike boodskap aan die Amerikaanse owerhede stuur net soos ons met die Australiese regering gedoen het – hou julle uit Suid-Afrika se plaaslike sake. Suid-Afrika is ʼn post-koloniale land wat in ʼn greep van diepe ongelykheid is weens apartheid en kolonialisme. Grondonteiening het ten doel om gelykheid te skep en menswaardigheid te herstel. Deur grondonteiening sal ons wittes dwing om die grond te deel wat bekom is deur misdaad teen die mensdom,” het Malema gesê.

“Donald, ons is nie bang vir jou en jou Amerikaanse en Westerse imperialistiese magte nie. Ons is nie die generasie wat gaan kniel by die standbeeld van Westerse imperialisme en net aanvaar om met die vernedering van swartes wat grondloos is te leef nie.”

Malema het toe ook na pres. Cyril Ramaphosa en “sy groep” binne die ANC gekap en gesê hulle is nie eerlik oor hul werklike siening van grondhervorming nie. Hy het gesê Ramaphosa en sy ondersteuners in die SAKP glo nie aan grondhervorming of grondonteiening sonder vergoeding nie, net soos die burgerregte-organisasie AfriForum.

Pres. Donald Trump se twiet.

“Ons vermoede is dat die DA en Cyril en sy groep in die ANC betrokke is by hierdie ding. Hulle glo nie aan grondonteiening nie, so hulle wil hierdie soort dreigemente gebruik om uit hierdie kwessie te kom. Ons kan nie so om die bos gelei word nie, ons is nie kinders nie.”

Malema het Gwede Mantashe en Pravin Gordhan by name genoem as deel van “die groep” wat nie werklik ten gunste van grondonteiening is nie en dus volgens hom dieselfde sienings deel as AfriForum. “Die goeie ding met AfriForum is dat hulle dit openlik doen, hulle kruip nie weg nie. Cyril se groep en die DA het alles in hul vermoë gedoen om internasionale steun te werf sodat daar konflik ontwikkel oor hierdie kwessie,” het hy gesê.

“Na my mening dra Donald Trump nou ook by tot die voortgesette debat, maar hy sê niks wat ons nog nie van wit mense gehoor het tydens die openbare verhore oor die wysiging van die Grondwet nie.”

Maroela Media het vroeër berig Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het haar ook uitgespreek teen Trump se twiet en gesê die departement het versoek om met die Amerikaanse ambassade in Pretoria te vergader om duidelikheid oor die aangeleentheid te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

116 Kommentare

Al ·

Ñ Nar met baie vyande. Sy doelwit is om president te word en soos Robert Mugabe te regeer.
Mugabe se mini-me.

Tina ·

MAr dit is ok dat EFF advokate in Zimbabwe gaan inmeng? Laat Trump kom, ons verwelkom sy insette!

Andries ·

Dink hy kan met en van almal praat soos jy wil!!! Hoop Trump los dit nie daar nie!

Cherokee ·

In teenstelling met wat jy hoop, hoop ek Donald ignoreer hom. Donald Trump beklee die hoogste posisie in die wêreld. Geen rede waarom hy hom aan malema moet steur of selfs reageer daarop nie.

My mening, wat miskien slegs myne is maar steeds myne, is dat die Afrikaanse media in alle opsigte malema moet ignoreer. ‘n Taboe op sy naam plaas in berigte, want malema is defnitief versot daarop om fotos van homself in koerante te sien, al kan hy nie verstaan wat daar geskryf is nie (gesê vir die kommentators wat so graag in hierdie forums aan malema briefies skryf).

Eish ·

Ek stem vir n totale verbod op malemagewing in die Afrikaanse media. Dit sal die temperatuur in die helhool verseker n paar grade laat daal.

Adam ·

Cherokee, ek is so bly dat jy daarop wys dat die Afrikaanse media, eintlik alle media, moet ophou om dekking te verskaf aan Malema. Hy is pure populis en is en bly een van die grootste opstokers van rasse onmin in SA. Ek wonder waar in die wereld dink Malema bestaan daar ‘n land waar almal “gelyk” is, trouens nie eens die armste land is sonder sy miljoeners nie.

Gerhard ·

Ek dink weer die teenoorgestelde is waar. Daar is te lank nie goed oor hierdie sake berig nie. Die media het op ‘n stadium opgehou om oor moorde te berig en dit het amper ongesiens verby gegaan. As daar nie oor die ou berig word nie sal dit bloot ongesiens verbygaan totdat dit te laat is.

Mariet ·

Ek kry lekker tot in my tone!! Lanklaas so lekker gevoel. Go Trump go!

Tinkie Nagel ·

Ek wens so Trump wil van sy weermag mense hierheen stuur en skoonmaak. Wat n wonderlike dag sal dit nie wees nie.

Alida ·

Hy moet sy fopspeen uitspoeg en groot word. Nou kom hy teen n MAN te staan wat hom nie steur aan babaristiese optrede nie. Bande brand en soos gekke rond dans en skreeu staan nie die 1ste klas lande aan nie.

Elna ·

Ek hoop dat mnr Trump iets gaan doen vir ons minderheid in die land en dat hy Julius wat almal so opsweep sal stil maak. Ek hoop hy besef dat die Amerikaanse President nie iemand is wat dreigimente ligtelik opvat nie.Ons moet net aan hou bid vir ons almal se veiligheid en vas klou aan ons geloof en toelaat dat ons Almagtige hemelse Vader se wil laat geskied. Kom ons kyk wat gebeur van hier af.

Willem ·

Nou wil ek graag van Junior weet, wat gaan hy hy aan Trump doen as dié nie na Junior luister nie?

gatiep ·

Hehe praat jy hy begin baie vir my lyk na n nar in sy rooi oorpak as ek mooi kyk na hom.
As alles nie so ernstig was nie sou ek se hy is besig om n joke te maak om vir Trump te dreig.

Frans v Niekerk ·

Hoekom nou teen Amerika te velde trek terwyl die ANC in Amerka en Europa geboer het tydens apartheid, nou met omgekeerde selfde apartheid en erger moet die moonthede wegbly

willie ·

Sjoe nou het Prez darem geskrik, Malemmer het sy stink wysvinger opgetel! Wha!

Ondersteunet ·

Ek wonder of iemand nog in gedagte hou dat die VSA nog steeds geld vir die ANC gee. Alles wat sal gebeur is, dat hy hierdie geld met n goeie rede wil ontrek. Nie om ons te help nie. Hy is vir sy mense.

Cherokee ·

Dit is vir mense soos jy wat die glas nie half-vol is nie maar half-leeg.

Gerhard ·

Dit maak nie saak wat sy rede is nie, as jy in ‘n woestyn is sonder water en iemand gee jou water gaan jy kla oordat hy dit doen om gesien te word as ‘n held of gaan jy bly wees vir die watter?

Mooiman ·

Malema jy het geen respek vir enige iemand nie !Ons onthou die telefoon gesprek met jou en destyds met President Obama deur Wackhead Simpson “prank” !

Cherokee ·

Nou verstaan julle waarom ek gepraat het hoër-op toe ek verwys het na mense wat in hierdie forum briefies skryf aan malema.

Hoc est bellum ·

‘n Benoude kat maak benoude spronge. Hulle het darem vinnig op Trump se aanmerkings gereageer. Malema moet een ding weet. As hy ons in ‘n hoek druk, gaan ons terugbaklei met alles wat ons tot ons beskikking het. Nie almal van ons het die finansiële vermoë om oorsee te verhuis nie. Die infanteriste sal saamstem: as jy die geveg wil wen, moet jy die groot mond wat die radio dra, die seiner, eerste stilmaak. Gebrek aan kommunikasie veroorsaak chaos. Daar is nie wegkruipplek in die doodsakker nie.

Amanda ·

Boetie jy vat nou die verkeerde persoon aan ,Trump skrik nie vir jou en jou trawante nie, hy sal jul uitvee.

Johan ·

Party mense is merkwaardig wan-ingelig en besef nie dat Suid-Afrika deel is van ‘n globale wêreld-opset nie. Dit is ‘n byna ongelooflike feit!

Wouter ·

Hoe skrik VSA nou Hulle gaan hulle hele militere mag gereed kry na malema se dreigement

Ander Annie ·

Dit laat jy nou dink aan die baie ou chomp advertensie, waar die seekoei die chomp eet en uitgejou word as ou grootbek. Kan Juju regtig dink dat hy vir Trompie kan troef. Ai ou grootbek, Trompie sal sonder om te blik of te bloed, jou vir ontbyt eet en dan sê, ou grootbek.

FM ·

Ai mal emmatjie, lyk en tree op soos n volwasse, groot mens.Hou op om populistiese uitsprake te maak om stemme te werf. Ek dink Suid – Afrika se swart, bruin en Indiërmense sien deur jou. Hulle sien deur jou houding van gogga maak vir baba bang. Malema besef nog nie dat SA se ekonomie aan die wêreldekonomie gekoppel is nie.Almal probeer die land vorentoe vat behalwe jy en jou splintergroep.Dink vorentoe en hou op om rassisties te wees. Soos die oumense altyd gesê het:”word groot, man”

Dana ·

Die waarheid het altyd n manier om uit te kom! Die groot manne het gehoor.

Penellope Jones ·

Lyk my die waarheid maak erg seer…..!
Hoekom kry Malema in elk geval so baie lugtyd?

ina Cronje ·

Penelope ek stem saam – dit was gistgeraand opvallend op SABC 2 se nuus dat almal se spreekbeurt gewys word behalwe die Vryheids Front + – hulle het slegs gewys toe hy gaan sit niks meer nie – eensydige bevoorregting deur die slap SABC

Rynhardt ·

n Mens hoor altyd,hierdie en daardie is die rede dat ons moet alles kry.Flou versjonings wird orals uitgedink vir armoede.Baie ander lande het ook die probleem.Eksperts het dit soos volg gestel:”Met die steentydperk die afgelope 3000jaar het die onontwikkelde nasies niks bygedra tot ontwikkeling nie!

Johann Fourie ·

Ek dink die Malemma trap nou spore waarna hy nie graag wil terugkeer nie

Antoinette ·

Malema dink seker SA is groter as Amerika< GEEN idee met wie hy praat, hy, Malema, is dan die magtigste man in die wereld!!!!!! Arme man!

Ben ·

Van waneer af was appartheid “gedesign”? Toe Jan van Riebeeck hier aan die Kaap gekom het was daar niks nie. Ons het ons eie huise,plase,skole,paaie, hospitale ens gebou. Waar was die EFF? Wat het hulle ooit gebou? Die enigste skool waarvan ek weet is diesogenaamde “initiation skole” waarvan van die seuns sterf. Watter reg het hulle tot ander nasies se vrug? Wat ek hier sien is groot skaalse jaloesie en rasisme en dit kom nie van die blankes af nie. ‘n Leier wat nie eers die geskiedenis van sy land ken nie is skande. Al het die EFF al die land in Suid Afrika sal daar nog steeds niks wees nie want die guns van God is nie daar nie. Die EFF het ‘n baie gevaarlike pad geneem om die president van die US te beledig.

MK ·

Stem 100%saam Cherokee…,. Hy geniet te veel vrye publisiteit van die media en sodoende geniet hy vrye propogande . Hy is n meester propogeerdeer meer bek as binne goed, meer blaf as buit sou nie graag hier wou stop maar ek beter want daar nog n paar goed wat ek hom kan noem

Hanna Hoekom ·

Ek is seker pres Trump se broek bewe nou… Die magtige Mal-Ema het gespreek. Nee wat, ou raasblik, jy wil nie op die leeu ( wat miljoene dollars in Afrika inpomp) se stert trap nie. Jy is NIKS nie. Net n klinkende simbaal.

Beulah ·

Hy speel nou met die groot leeu! Ek woon in die VSA. SA hoor net fop nuus van president Trump. Hy speel nie. Hy is ‘n man van sy woord. Sy persoonlike lewe het niks te doen met sy leierskap nie. Baie mense bid dat hy SA sal help. Mag dit God se wil wees dat iemand ons mense in SA help.

What a joke... ·

Mallema klink en is vir my meer soos n poep in die wind…

marous ·

Hy moet nie net suid afrika uitlos nie maar ook afskryf en die res van afrika ook !

Anoniem ·

Mnr Malema wil Jy vir Mnr Trump aanvat met die Suid Afrikaanse Nasionale Weermag (ou braaf’ie)

Robert ·

Totdat sanksies aan jou sak begin vat dan gaan jy huil. Jy het nie die vaagste benul wat sanksies aan hierdie land gedoen het voor 1994 nie, toe was jy nog a snuiter!

Gerhard ·

Jy gaan nog harder huil oor dit wat die ANC en EFF vir jou beplan.

Callie van der Merwe ·

Eintlik verdien Malema nie eers ons aandag of tyd nie maar ek kon nie help om te dink dit is soos n muskiet wat n OLIFANT dreig!

Stephan ·

Trump weet nie eers wie mal ema is nie, en het veel groter probleme as hierdie snuiter.

Vryheid ·

SA verdien sanksies van die VSA. SA is soos n miggie op n dounut, dink die wereld gee om wat hulle doen maar die buiteland weet nie eers dat hulle bestaan nie.

Nikita ·

Dit lyk my nie ou Juju besef daar is groter magte as die anc en eff nie. Weet hy dan nie die VSA militere weermag is die sterkste weermag in die wereld nie. As hulle klaar is met jou juju en jou rooimannetjies, sal daar net bloed kolletjies oor wees.

Evert Nel ·

Die minister Sisulu sê plaasmoorde is ‘n leuen soos grond stories, wys net sy weet nie wat in die land aangaan nie !!!

Marlise ·

Natuurlik is alles leuns. Enigeiets om buitestaanders buite te hou. Moet nie stres nie, Malema sit ons in die kollig, hoe meer hy krap hoe meer gan mense aandag gee aan ons land en so sal die waarheid seevier.
Laat hom krag, Help hom krap! Sit die kol op hom en gebruik hom om aandag op ons land te sit sodat buitestaanders kan sien hoe kritiek hulp benodig word!

Petrie ·

Dankie aan Almal wat so hard gewerk het om die waarheid wat in suid Afrika aangaan bekend te maak in die wereld. Dankie aan President Trump wat n christen is en ons boere en blankes se probleme Kon raak sien en ons wil by staan en help. Thank you President Trump, thank you very much for your help.

Oom Piet ·

Mnr. Malema . Oppas ‘n mens speel nie met ‘n leeu se maanhare nie.

Frik ·

Commander n Chief wat hom omring met wit sekuriteit en dan dreig hy die boertjies. Wonder vir wie is hy bang. Laat my dink aan die liedjie Eks n dapper muis.

Jurie ·

Nou wat nou Julius hoekom die worries…Is julle nou bang dat ons blankes ook raak gesien word deur ander lande…Laat ek jou een ding vertel as Amerika sanksies teen ons instel het jy en die ANC baie meer om oor te worry as grond…Jou mense gaan anywoorde wil hê !!!

Sieg ·

Ons verwelkom Amerikaanse ondersoek in plaas boer aanvalle en grond onteining sonder vergoeding, dankie Mnr. Trump ons wardeer jou in menging doen asb jou beste vir wit mense en boere in SA.

Dries du Toit ·

Dit is bemoedigend om te lees daar is nog baie weerstand in ons ou volkie oor

Johanna Botha ·

Dalk moes jy nie tenderbedrog gepleeg het nie en ook nie onwettige siggaret gelde gebruik het om jou eff te registreer nie ….mense vergeet nie so maklik nie …praat van iets onregmatig bekom !

Spike ·

mal lematjie. Die WESTE wind gaan jou rooi baret vinnag laat af waai.

Kamoetie ·

Natuurlik sal die mannetjie probeer aanval… dis al wat hy ken om aandag te kry… maar Trump gaan hom nie steur aan die laaitie nie…

Snowball ·

“A wise man speaks because he has something to say, a fool speaks because he has to say something” – Plato

Diefie ·

Hi Andre moenie my arme tuin dwergies so beledig nie, Hoe moet hulle nou voel? Hulle lyk darem baie mooier en slimmer. LOL

Judge Dredd ·

Sover is 60% van die skriftelike bydraes wat vir die Grond kommisie ingehandig is teen grondonteiening SONDER vergoeding. Daar is altesaam nagenoeg 700 000 skrifte gelewer – baie meer as wat die kommisies fisies bygewoon het – so as die finale uitslag teen grondonteiening Sonder vergoeding is – wat dan Julius? – sal jy die uitslag aanvaar ?

Gerhard ·

Dit sal altyd by grondonteiening van een of ander aard eindig, as jy gelukkig is kry jy net baie minder as wat jou grond werd is.

HPV ·

Malema, wat gaan jy , jou 6% partytjie, die anc regime en sy bankrot weermaggie nou eintlik doen as Trump besluit hy gaan Suid Afrika nie uitlos nie? Ha-ha…

My Jinne! ·

Ek het nie die vaagste benul nie, maar miskien kan Mnr Malema net ons gedagtes verfris? Hoeveel geld skuld Suid-Afrika die VSA?

My Jinne! ·

Ek het nie die vaagste benul nie, maar miskien kan Mnr Malema net ons gedagtes verfris? Hoeveel geld skuld Suid-Afrika die VSA?

Trump star ·

Nice trump, don’t you wanne become a president in South Africa and show all the people what is fairness and a great leader. Anyone can dream of a leader like you. Show them who is boss
Viva Trump!!!

Marlise ·

Laat die kollig op Malema val, laat hy aandag trek na ons land. Gee hom baie lugtyd, skryf berigte, laat hom krag. Gebruik hom om meer aandag op ons land te sit, om ons in die kollig te sit sodat mense self kan sien wat is leuns en wat nie. Speel hom reg, laat hom aan die leeu krap, wie anders gan so verstandelik agter wees om die groot leeus te pla met probleme buite hulle eie trop?

Pieterd ·

‘n Stert wat die hond probeer swaai! 6% steun, wat so baie lawaai maak en voortdurend op die voorblaaie is? En nou wil die stert die “groot hond” byt! Tyd dat hy op sy plek gesit word en die media hom begin ignoreer.

Rasper ·

Kyk wat het net een twiet gedoen. Ons is vir een of ander rede so skrikkerig. Te bang om binne die grondwet te onderhandel vir selfbeskikking. Ons verweer; hulle sal niks gee nie… Hulle sal niks doen nie…. Alles is te laat…. Een twiet, deur die regte persoon op die regte tyd… Een twiet, en ons kon sien hoe wankelrig staan die ANC en die res. Een twiet en ons het gesien hoe sonder selfvertroue is hulle regtig. Hoe bang is hulle nog. Malema blaf, want dit is wat hy doen. Is al wat hy kan doen. Mense, ons kan baie, baie regkry. Ons tyd hardloop net uit. Ons geld raak ook al hoe minder. Maar net een twiet… Ons het nog baie meer in ons arsenaal as ‘n Amerikaanse president se twiet. Maar solank ons as Afrikaners nie weet wat ons eintlik wil hê nie, sal ons nie weet waarvoor ons ons kragte moet saamspan nie.

Niel ·

ek onthou nog toe ek klein was, een vakansie Namibie toe was. Baie UN voertuie gesien en nou hoop ek gaan VSA UN ook motiveer om te begin optree en toesighou met wat aangaan hier in die land, die boere beskerm en so aan. Ek weet egter nie in hoe ‘n mate situasie moet wees voor UN self ‘n UN magte mag instuur om te help met die onluste ens. Siende dat dit tans duidelik is dat die regering hom nie stuur aan voedsel sekuriteit (beskerming van plase) ens.

Dirk ·

Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die land
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

Hannelie ·

Malema, ek sê dit wéér vir jou……..bou ‘n brug en kom tog net oor jou apartheid. Jy is soos ‘n plaat wat heeltyd vashaak, en dit raak nou afgesaag. Want regtig NIEMAND gaan en wil meer na jou luister nie.

Elize ·

Hierdie rooi overall se kot is nou behoorlik geskud en dit deur ‘n witman. Lekker man lekker

Rina ·

Iemand gaan sy moses teekom en dit gaan defnitief nie Trump wees nie Wonder of die iemand weet jy mag nie vinger wys nie

andre ·

WAS DIT NIE OOK WAT N ANDER MAL …. GESE HET NIE….SADDAM HUSSEI EN MOHAMMAR GHADAFI….WONDER WAT GAAN MALEMA MAAK TEEN VSA WEERMAG….SEKER DIE ASSEGAAI UIT RUK…

Beskerm die land ·

Ons moet die land beskerm! Mnr. Trump stuur asb jou troepe, ek sal help. Ons vra nie baie nie…. Met ons weermag…..net n 100 of 2! Sal verby wees nog voor die laaste troep sy voete op land het.

KanekVra? ·

Suid-Afrika het nie eers meer ‘n weermag of lugmag of vloot, om van te praat nie. Amerika het orals in Afrika militêre basisse. Die Amerikaners kan Suid-Afrika ‘n helse tyd gee as hulle wil. Malema moet eerder stilbly.

Johanna ·

Verwelkom Trump. Hoop van harte hy doen regtig iets vir SA!!

Andre ·

Trump weet nie eers wie Malema is nie, en hy gee ook nie om nie. Hy stuur een vegskip na SA en ons weermag sal sit en kyk hoe hulle alles plat skiet.

Malema baklei maar eerder met ons boere want Trump sal jou soos `n brommer weg klap

YOLLLIE ·

GREAT WOORDE EN GESPREKKE MENSE. PLEASE COME DONALD, SOUTH AFRICA NEEDS YOU.

YOLLIE ·

GREAT MENSE, PLEASE DONALD, WE NEED YOU, MALEMA, GO SLEEP WITH THE DOGS PLEASE….

Roebs ·

Ek dink die VSA en die UK moet intree want so kan dit nie meer aangaan nie. Alles is ‘n gemors…..

Ben ·

DIe geskiedenis sal hom self herhaal. Toe Engeland SA genanekseer het, het de Lill en pelle nie eens een skoot afgevuur nie. Malema en sy maats het geen idee met watter mag hulle hier te doen het nie. Ek het onlangs na ‘n dokumenter gekyk van die 2de Wereld oorlog. Gaan kyk na die syfers – hoeveel “tanks”,soldate, hoe hulle stede tot klip rommels vernietig het. Hulle het meer “tanks” as wat die EFF lede het. Nee wat Mal Emma, dit sal tot jou voordeel wees om jou bietjie vertroud te raak met Wereld en SA geskiedenis. Ons gaan jou beslis nie help teen die VSA nie, miskien kan jy en MK maar gaan probeer.

Skrywer ·

De La Trump De La Trump
Gee net die boere jou hand
De La Trump De La Trump.

Werklikheid ·

Onthou bet asseblief, hierdie is nie ‘n wit en swart ding nie! Die swart volk lei net so erg (indien nie erger nie) onder hierdie regering. Die swart volk leef in vrees en armoede onder die minderheid aktiviste in hulle geledere.
Tweedens, as julle aanhou om hierdie ‘n wit – swart ding te maak, is dit verby nog voor dit begin het in die buiteland. Apartheid word in die slegste moontlike lig gesien in die buiteland.
Ingryping is tot die voordeel van ELKE Suid Afrikaner, nie net selektiewe groepe nie.

Gerhard ·

Jy kan tog nie iets wat ‘n wit-swart ding is enigiets ander maak nie al probeer jy hoe hard. Hoe kan jy aanhoudende aanvalle op witmense nou nie in ‘n wit-swart ding maak nie.

Werlikheid ·

Gerhard, wit-swart is verseker deel van die kwessie, maar as ons aanhoudende, positiewe aandag op die internasionale vlak wil hê dit belangrik om uit te wys dat die slagoffers ook swart mense insluit, agv geweld maar ook die walglike toestand van ons land. Ek verkleineer in geen manier die aanvalle op wit deur swart nie, glad nie, ek waarsku maar net. Onthou, vir die meerderheid in die buiteland is wit SA’ners die euwel wat swart mense onderdruk het vir jare. Ongeag wat sommiges onder ons dink, ons is glad nie engeltjies in die oë van die buiteland nie. Ek glo ook 100% die probleem in SA is baie groter as wit – swart. Die probleem is amptenare wat Hitler, Saddam, Khadafi ens. se drome volg deur hulself al die krag te gee terwyl die land se mense bloei. Dit is die ware probleem. Plaas aanvalle is ‘n simptoom, dis nie die siekte nie.

Casper Labuschagne ·

Interessant, in dieselfde onderhoud en slegs minute na die aansprake wat hierbo aangehaal is, het Malema die volgende gestel, “Ons weet dat die Jood besig is om Boere skerpskutters op te lei” … “en ons is reg vir hulle”

Nou wonder ek maar net hoekom die beriggewing so selektief was? Of die verslaggewer het die berig vanaf nuusdienste oorgeskryf sonder om dit self te lees, of dit is doelbewus uitgelaat. (Daarom sal dit my ook sekerlik verbaas as hierdie kommentaar wel verskyn.)

JAN ·

Tipies die klein brakkie wat teen groot bome pipi.
Mbeki het ook mos teen Bush uitgevaar. Binne een maand het die grootste vliegdekskip A Linclon in Tafelbaai gelê. En Mbeki was geskiedenis. Onthou u?
Die EFF se wapens is reeds gekonfiskeer v A Snyman se lot.

LHS ·

Stadig mense stadig, dit is darem een klein halwe ligstraaltjie van hoop om te weet dat van die ander groot moondhede kennis neem van die toestande hier, maar onthou geen land kan of sal sommer net inmeng by n ander land as dit homself nie ook direk of indirek raak nie. Goedkeuring vir sodanige besluite kom nie net van die Amerikaanse president alleen af nie. Onthou dit is groot geld wat hier gepraat word, lewens van Amerikaanse burgers wat op die spel sal wees. Indien so sending sou misluk en groot lewensverliese is gelei soos met Vietnam sal daardie regerende party se koppe rol so gou soos nou. Ek glo Trump gaan eers die VN betrek om waarnemers te stuur en afhangende van gebeure mag daar dan dalk verdere optrede benodig word. Ons moet waak daarteen om na elke strooihalm te wil gryp. Laat dinge maar eers ontwikkel voor ons te gou te veel hoop op iets of iemand wil plaas.

Rudi ·

Toemaar malema Trump gaan jou nie doen soos bin ladin nie. Nog nie !

Spike ·

malema is baie bang. Die WESTEwind gaan sy baret af waai. Pasop seun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.