Malema: ‘ANC beskerm wit voorreg’

Julius Malema (Foto: SAPA stringer)

Julius Malema (Foto: SAPA stringer)

Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag tydens ʼn deur-tot-deur-veldtog teen xenofobie aan inwoners van Alexandra gesê om die “ANC vir ʼn werk te gaan vra”.

“As hulle enigiemand soek om die skuld op te pak, moet hulle die regering blameer,” het Malema buite die huis van ʼn inwoner gesê. Hy het aan ʼn skare mense gesê die onlangse vlaag xenofobiese aanvalle lei daartoe dat hy skaam voel om ʼn Suid-Afrikaner te wees.

“Ons is almal Afrikane. Afrika ons is een. Ons moet skaam kry. Die ANC beskerm wit voorreg.” Malema het gesê werklose mense wat buitelanders die skuld gee vir werkloosheid moet eerder die ANC vir hulp gaan vra. “Dit [die ANC] beskerm wit voorreg en los jou in armoede.”

Twee groepe EFF-lede het ʼn optog in die strate van Alexandra gehou voor Malema se aankoms. “Ons vyande is Pick n Pay, De Beers, nie die swart man nie,” het een van die optoggangers oor ʼn mikrofoon geskree.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rene

Kom ons kyk of my kommentaar hier gaan verskyn, want dit het nog nooit.
Malema, ek dink jy moet jou woorde baie mooi tel. Dit sogenaamde “wit voorreg” is al lankal verby. Dit is die wit mense wat deesdae hul werk verloor om plek te maak vir die swart man. Moenie die wit mense blameer vir die swart mense wat nie WIL werk nie.Hulle is te LUI om te werk, want hulle wil alles GRATIS hê. Is mos maklik om altyd die skuld vir die wit mens te gee.

Tokkie

Hoop Solidariteit neem hierdie nar hof toe oor aanhitsing van geweld teen witmense.

amelia

My vraag is die nar se wittes het alles hahaha Vra eerder waar kry die die immegrante geld Zim se werkloosheid syfer is 95% maar kyk wat se karre ry hul hul kry geld kos klere huise ens en ons eie mense het niks want die immegrante kry als en waar kom geld vandaan om so shops oop te maak nee wat hul kry als om vir die ANC te stem Hul is ook glad nie so arm as wat hul wil voorgee nie net eenvoudig te gewoond die wittes moet voorsien en als verniet gee

johyla

Dink hy moet bietjie gaan kyk hoeveel wit mans het nie eers kos om hulle gesin mee te voer nie. Gaan kyk na al die wit plakkerskampe daar is nie Dstv skottels soos in die nie wit plakkerskampe nie. Maar hulle kan dit sekker bekostig want hulle betaal mos nie krag nie. Ons wit man moet in die donker sit om hulle van gratis krag te voorsien sodat hy tog ni n. Program op sy skottel mis nie.

Blondie

Waarvan praat die man tog. Ek sit in n kantoor van 20 wernemers, ons is 3 blankes waarvan die res swart is. En natuurlik 99% van die bestuur is swart, waarvan niemand van hulle, hulle kan kan doen nie. Dit word van die paar blankes verwag om die werk te doen terwyl die ‘res’ visvang . Dit is duidelik die man kan die somme maak nie. Ek glo ook al wat die buitelanders bestaansreg gee in die land is ‘geldwassery’. “DWELMS’. Hulle bring onwettige geld in die land, gooi dit deur hulle sukkelende winkeltjie en maak dit wettig en vat… Lees meer »