Malema benadruk onteiening sonder vergoeding

EFF-ondersteuners by die Giant-stadion in Soshanguve tydens die bekendstelling van die EFF se verkiesingsmanifes (2 Februarie 2019) (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Julius Malema, leier van die EFF, het Saterdag tydens die bekendstelling van sy party se verkiesingsmanifes weer die versoek om grondonteiening sonder vergoeding benadruk.

“Die grond kom terug na ons mense toe, of hulle nou daarvan hou of nie,” het hy by die Giant-stadion in Soshanguve, noord van Pretoria, gesê. “Ons gaan artikel 25 van die Grondwet wysig om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Ons gaan hulle nie betaal nie. Hulle het ons grond met geweld afgeneem; hulle het ons mense doodgemaak; hulle het ons mense verkrag; hulle het die grond gesteel. Ons kan nie moorde beloon nie.

“Ons wil ons grond terughê – daardie kwessie is ononderhandelbaar. Die grond moet aan die staat behoort. Daar sal ʼn grondraad wees en jy sal na die grondraad toe kan gaan en ʼn stuk grond kan aanvra en verduidelik wat jy met die grond wil doen,” het hy verduidelik.

ʼn Aantal ondersteuners van die Pan Africanist Congress of Azania het ook die bekendstelling bygevoeg. Die 18 000-sitplek stadion was volgepak en sommige ondersteuners moes op die gras staan.

Malema het belowe dat bouers onder die EFF se leierskap R7 000 sal verdien; pompjoggies R6 500; skoonmakers R4 500; huishulpe R5 000; veiligheidswagte R7 500; en kelners R4 500.

Onderwys en opleiding sal gratis en verpligtend wees. “Jy sal gedwing word om skool toe te gaan. Ons sal jou met mag en mening soontoe vat. As ons uitvind dat jy nie skool toe gaan nie, sal ons jou in ʼn polisiewa gooi en jou skool toe vat,” het Malema gesê.

Die party het onderneem om armoede en werkloosheid te takel, maar die manifes het nie ʼn duidelike aanduiding gegee hoeveel mense werksaam sal wees nie. Die EFF het beloof dat hy ʼn massiewe en beskermde volhoubare nywerheidsontwikkeling- en diversifikasieprogram sal lei om “miljoene poste tussen 2019 en 2024” te skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Wurmpie ·

Kan hoor en sien hy is ń volleerde man. Weet alles van finansies en boer en nogwat

Johan ·

Hy is beslis nie volleerd as ‘n mens na sy matriek uitslae kyk nie. En dit plaas ‘n vraagteken oor sy Graad.
Hy lyk na iemand wat eerder sal vat as om hard te werk…
Miskien is ek verkeerd….

Johan ·

Die EFF se leierskap sal natuurlik ná grondgrype goed vir hulleself sorg. Net die beste, grootste en luukstes sal vir die elite sal goed genoeg wees met ongelooflike vergoedingspakkete vir hulleself. Ten koste van die gewone landsburger wat soos in die geval van Zim, sal krepeer van ellende.
Die EFF is ‘n “Doomsday Party”, en heel waarskynlik die mees rassistiese party in die wêreld!

HPV ·

Johan jy is 100% in die kol! Hy is niks anders as net nog ‘n opsweper en aanhitser, Afrika is vol van hulle. Kyk wie volg hom, dit spreek boekdele…

Danie ·

Dis altyd lekker om te lees hoe hierdie man dink net soos ń passer om sy eie gat….Weet nie hoe hy sy berekeninge doen nie maar een ding is verseker hy is net agter zuma as dit by bewerkings kom.

Callie ·

Daar kan regtig nie twyfel wees oor jou intellek, integriteit, opvoedingswaardes en jou gewone redenaars vermoens as jy EFF stem nie. Jy gaan stem vir n party met leiers wat Limpopo provinsie bankrot getenderpreneur het. Wat die armstes deur VBS bank verder verneder het. Hoe stem jy vir so iemand, kan van sy volgelinge dit dalk verduidelik. Is dit moontlik dat hulle almal inherent so vol bedrog is dat sulke dinge vir hulle normaal is

SjN ·

Die klomp kry hopeloos te veel publisiteit en gratis media dekking

Swapie ·

Nou wonder ek wie gaan vir dit alles betaal aangesien wit mense dan arm wit mense sal wees.

James ·

18000 haha ja dit verteenwoordig nou baie. En ha moeg vir dryg oor grond. Jy weet jy gaan jou grond met die nagevolge van Zimbabwe he. Enjoy!

Doempie ·

Luister die man vir homself? As mense gratis opleiding gee, werk hulle mos verniet. Wie gaan dit doen? Waar gaan hulle petrolgeld kry vir die polisievoertuie om die kinders aan te ry skool toe? O ja. – dan gaan niemand self wil skool toe ry nie want die polisie gaan jou taxi wees. Die taxis gaan nie baie gelukkig wees oor hulle verlies nie. Ons kan vir baie ure so aangaan

Jaco ·

Pomp joggies gaan R6500 verdien….na grondonteiening sal R6500 minder werd wees as 1 Ameriaanse sent en sal jul nie eens n boksie vuurhoutjies kan koop daar nee om goed meer af te brand nie….het jy dit aan jou ondersteuners verduidelik Malema?

Jo B ·

Net soos ons Malema al die jare ken…. beloftes aan sy ondersteuners en leuns om nuwe lede te werf. Nou gaan hulle grond kry… wat dan? Kom die mielies sommer net vanself op? Gaan die saad maatskappye nou gedwing word om saad aan hulle gratis te verskaf? Waar is hulle implimente?… Weet hulle wat om daarmee te doen? Hoeveel plakkers gaan op die plase gevestig word sodat die nuwe eienaar ‘n huur inkomste van hulle kan verdien? Ai tog, ek vra maar net…..

Hendrik UAE ·

Ja JULIAS vir wat dit werd is, was jy ook skool toe ne.Al a simbool wat jy gekry het was vir opswepery.Ek dink al van daai dae af vat ander die ”punch” vir jou want jy is te slapgat.Sal darem wil sien as jy n verhoog moet deel met Ariforum of VF se jeugleiers in regstreekse debat.

Ekke ·

Haha. “hulle het ons grond gevat” sê maar vir jou mensies, julle gaan niks kry nie.

Hennie ·

Ok slim jan. So jy belowe al daai geld vir n salaris vir die mense en se daar sal werk skepping wees? Dom vraag. As n huis hulp R5000 per maand moet kry gaan daar baie van hulle sonder werk sit want die werkers klas kan dit nie bekostig nie. En petrol joggies R6500? So dit beteken ons petrol moet weer opgaan om hulle daai geld te betaal. Gaan doen eers navorsing oor hoe dit werk en hoe die geld sake lyk voor jy net goed belowe!

Katerina ·

Yep. As die gemiddelde persoon n huishulp R5 000 per maand moet betaal, gaan daar vir elke huishulp wat nog n werk het, 5 000 van hulle Sonder werk sit.

Johanna ·

Wil net weet hoekom is sy kind nie meer in Polokwane in die skool nie??? Hoekom bly hy nie meer in Seshego in Polokwane nie?? Hy is bang vir sy eie mense!!!!

jaco ·

Waar kom hy aan daardie lae salarisse? As jy as ENKELLOPENDE persoon behoorlik elke maand aan die gang wil bly het jy ‘n NETTO salaris van ten minste R10000 nodig.

Realistiese uitkyk ·

Betaal jy jou huis skoonmakers R10000 n maand?

Johanna Botha ·

Hy wil al die grond vir die staat he en jy huur by die staat ….hulle dink hulle kry plase ????

Stephen Namibia ·

Callie ek stem saam. Die probleem is die mense wat vir EFF stem is die ongeskooldes met geen begrip hoe die ekonomie werk nie. Hulle het nie TV of lees nie (kan nie) koerant nie. Alle hoorse beloftes word as die waarheid verkondig.
Dit is ongelukkig so dat hierdie sektor van die bevolking die mag het om oor die land se toekoms te besluit.
Huishulpe sal beslis nie werk kry nie en eienaars van vulstasies sal werkers verminder of die besigheid sluit. Die beloftes wat die EFF maak is nie haalbaar nie. Dit sal Julius agterkom as die “wit kapitaal” wat tans die land staande hou nie meer daar is nie.

Daar sal n tyd kom wat Julius die Rolex Horlosies en die Range Rovers en die luukse huise aan sy volgelinge sal moet verduidelik wat in armoede sal verval soos nog nooit ondervind is nie.

wet ·

Stephen, soos gewoonlik sal sankies geblameer word of die wit mense en die ruperts sal beskuldig word van ekonomiese sabotasie terwyl hulle in luuksheid voort leef.

Koos de Meyer. ·

Antwoord ‘n dwaas nie in sy sotheid nie, hy dink die geld val uit die Hemel. Hy het nog nie geleer wat in Zimbabwe gebeur het nie. En as hulle nie meer ons geld het nie, wat dan. Miskien moet hy net wakker word uit sy droom en die werklikheid besef.

Ander Koos ·

Waarom bied hy sy volgelinge so min aan? Hy verdien dan so baie…

Koos de Meyer. ·

Die enigste waarheid wat hy kwyt geraak het is dat die land nie net met korubsie te doen het nie, maar met onbevoegde mense sit.

mal emma ·

“kan nie moord beloon nie” meneer, is mos meneer né. jy maak mens met n glimlag erg de @#$ in. daar is tog mense wat sal luister na die salarisse en belaglikheid van jou. sal jy my pensioen ook verhoog. HA HA. mister rooibaajie jou beloftes stel ek gladnie in belang nie. nie nou of later of nooit nie.

Wessel ·

Siestog. Gee die man tog sy “dummy” dat hy kan ophou lugkastele bou. Hy moet maar sy volgelinge gebruik om die lugkastele rooi te verf.

Kees ·

Hoe kan mense toelaat dat ander moordenaars en verkragters in die openbaar en wereld wyd oor teliviesie gese word en niks word aan dit gedoen nie . Waar is Gerrie Nel . vat hom vas . HAAT SPRAAK

Dries ·

Ek wil by Kees aansluit en vra dat Maroelamedia ons sal inlig wat word beoog teen Malema vir sy rasistiese/haatspraak uitlatings die naweek. Ons kan nie toelaat dat alles wat Suid Afrikaners gedoen het om die land op te bou tot wat hy was (en nie meer is nie) as moordenaars en verkragters te beskuldig nie, en dit voor ‘n gehoor van miljoene mense dwarsoor die wêreld nie. Optrede is baie nodig om te bewys dat die ware Suid Afrikaner nog nie gaan LÊ het nie.

Vonkprop ·

Ag siestog, hoor hoe huil die rooi babatjie. Druk tog net sy mondjie toe met ‘n fopspeen. Hy gaan die bure wakker maak.

Brakenjan ·

Malema/EFF , ek kry gevoel van hieraf is dit afdraand.
Julle dae is getel. Jy en jou party sal nie regeer nie. dit sal
soos Zimbabwe n geween en kners van tande wees. Geen kos en en en ………. net
suffer suffer en nogmaals suffer. Ons bid dat nooit oor ons sal kom nie

sê maar net ·

?????dream on Juliaaaas…jy kan nie eers jou sekuriteit elke maand op tyd betaal nie…..????

Sensasie ·

Kêf, kêf, kêf, kêf!!
Wonder wat hy gaan maak as hy wel die kar gevang kry?

Fanie ·

Ag hy is te belaglik om oor te redeneer meng jou met die semels dan vreet die varke jou op

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.