Malema beskuldig ANC van verkiesingsbedrog

EFF-leier Julius Malema (Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency/ANA)

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Donderdag gesê die ANC het die 2019-verkiesing gemanipuleer en nie ʼn volstrekte meerderheid in Gauteng gewerf nie.

Die EFF se ondersteuning het tydens die verkiesing toegeneem en 44 LP’s sal die party in die Nasionale Vergadering verteenwoordig, maar Malema voer aan die ANC sal op ʼn bedrieglike wyse in Gauteng aan bewind wees.

“Die ANC het nie 50% [in Gauteng] gekry nie. Hulle het die verkiesing gemanipuleer, net soos hulle in 2014 gedoen het,” het hy aan verslaggewers gesê by die EFF se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg.

Volgens Malema het die EFF, “as ʼn vredeliewende organisasie”, die provinsiale uitslae aanvaar en sal hard werk om die ANC te ontsetel. Die EFF het 14,69% in Gauteng gewerf teenoor die DA se 27,45% en ANC se 50,19%.

Oor die party se lys van LP’s het Malema gesê die nasionale voorsitter Dali Mpofu en tesourier Lee-Anne Mathys sal nie deel vorm van die EFF se parlementêre koukus nie. Die party het besluit om Mpofu toe te laat om op die EFF te fokus buite die parlement. Mathys is nie beskikbaar nie, weens gesondheidsprobleme.

Malema het die bestuur van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gemaan om sy stelsels te verbeter voor die plaaslikeregeringsverkiesing in 2021.

“Die EFF is besorg oor berigte dat persone twee keer gestem het. Die OVK moet onafhanklike ouditeure aanstel om die omvang van die dubbelstemmers te bepaal. Die OVK moet bo verdenking wees, want sy onvermoë en onbekwaamheid sal tot geweld en ʼn onwerkbare politieke omgewing lei.”

Hy het niepresterende EFF-raadslede en LP’s veroordeel. “Die party het ʼn verslag ontvang van beamptes wat tydens verkiesingsveldtogte gedros het en hulle sal vervang word. Nuttelose LP’s wat geen waarde toevoeg nie, sal ook vervang word. Ek het die Vrystaat besoek en ʼn raadslid gevind wat 12 maande lank op kraamverlof was. In die EFF is daar gevolge as jy nie presteer nie.”

Malema het gesê die EFF en die DA is reeds in gesprekke oor ʼn koalisieregering in Gauteng. “Tshwane sal ʼn EFF-burgemeester hê en die DA sal burgemeesterskomiteelede wees. In Johannesburg sal dit ʼn DA-burgemeester wees met EFF-burgemeesterskomiteelede. Ek is huiwerig om [Johannesburg-burgemeester Herman] Mashaba te verwyder, want daardie ANC-mense hou niks van hom nie. Enigiemand wat die ANC traumatiseer, is my held. Ons ondersteun Mashaba en dink hy moet as burgemeester aanbly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Andreas ·

Die DA-mens het klaar gestem, nou is hulle uitgelewer aan die EFF, die wat eintlik VF+ moes gestem het.

Cherokee ·

Presies soos jy sê Andreas. Dit is nou wanneer daar leedvermakerig vir die DA-kiesers gesê sal word “ag shame”, met so wegsteek laggie.

Awie Opperman ·

Denise, Andreas is eintlik reg. Kan jy jouself met die eff se beleid vereenselwig? Indien wel is jou grootste probleem in die spieël.

Denise ·

Liewe Awie en Andreas,die Vf+ kan ons ongelukkig NIE RED nie broerders!!
Hou nou op met teem oor die DA dis eerder julle splintergroepies wat die ANC EN EFF twee derde meerderheid gegee het

jaco ·

ek wonder, as die ANC nou wel 48 of 49% gekry het, so die EFF dan saam met die wit rassistiese DA wat so vol uitbuitende wit monopoliekapitaal is, in koalisieregering gegaan het???

Dries du Toit ·

Denise vertel jy gou vir ons hoe gaan die DA/EFF alliansie ons red asseblief.

HPV ·

Nou gaan ons die seun van die grond hoor! Van 6% malema na 9% malema regeer hy alreeds die hele land en hy sal, met behulp van die media, dat ons deeglik kennis neem.

CHAPPIES ·

Famous last words…slim MANIE en dieselfde geld seker viri VF+ koalisies meti DA ook neh..???

MAPSTIEKS...!! ·

JULLE MOS ALMAL GESÊ, JULLE MORS JULLE TYD,JULLE ASEM.EN JULLE ENERGIE,OM TE GAAN STEM HET!!!!
Hahaaaa…en steeds baklei.en spook die spul afrikaners onder mekaar ?

KrokodilBotha ·

Da en EFF alweeeeer kop in een mus. Shame vir die DA se stemmers. Skrik wakker in die volgende verkiesing. Pta is nou in sy maai , altwee kante toe.

Dries du Toit ·

Kom nou Denise vertel ons nou hoe gaan ons gered word deur die DA/EFF alliansie. Dan kan ons oorweeg om vir een van daardie partye te stem. Jy moet net se watter een

Gert van Wierdapark ·

Julius kan in die moeilikheid kom as “stads-“geheime” sou uitlap wat die uitslae betref!

Jerry ·

Die eff is reeds bekend daarvoor dat wanneer hulle n geraas maak deur die vinger na iemand anders te wys, dat hulle of self agter die deur staan van dit waarvan hulle ander beskuldig, of dat die aantygings vals is. In hierdie geval en met bewyse wat aanhou uitpop oor verkiesingsbedrog gaan die eff net soos die ANC hulself daaraan skuldig gemaak het. Selfs kiesers van ander partye het hulself ook skuldig gemaak aan verkiesingsbedrog omrede die leemtes wat in die kiesstelsel geidentifiseer was en nie reggestel was nie, die geleentheid daarvoor geskep het. In hierdie geval is die OVK as deler net so skuldig as die steler.

Burgemeester ·

Toe ons DA lede gewaarsku het dat hulle minder steun gaan kry en met die EFF sal moet saamwerk en deur hulle aan die STERT rondgeswaai gaan word het NIEMAND ons geglo nie en steeds bly DA stem . so ja . kry nou vir julle .. Julle ou DA stem en het nie ons EFF vrese geglo nie . nou gaan julle ‘n EFF burgemeester kry en ongelukkig moet ek ook daaronder ly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.