Malema bly oor ANC-skorsing; belowe sneltrein na Pretoria

Julius Malema tydens 'n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema tydens ‘n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en geskorste leier van die ANC-jeugliga, het Maandag gesê hy is dankbaar dat die ANC hom destyds uit die party geskors het, het The Star Dinsdag berig.

Malema het Maandag aan ʼn groep ondersteuners in Moloto, Mpumalanga, gesê hy sou andersins nie die ware revolusie geken het nie. “Die ANC praat net oor posisies, maar ons praat oor ware kwessies. Ons bedank hulle dat ons geskors is, dit was ʼn goeie ding,” het Malema gesê.

Malema is in 2012 uit die ANC geskors nadat hy skuldig bevind is dat hy verdeeldheid in die party gesaai het.

Hy het aan die Moloto-gemeenskap belowe dat hy sal voldoen aan die vermeende leë beloftes wat president Jacob Zuma in 2011 aan hulle gemaak het. Hy het na die berugte Molotopad, die hoofpad tussen Moloto en Pretoria, verwys en gesê: “Ons het al oor dié pad van die dood gepraat en hoe die mense hier ly. Die pad eis bykans daagliks slagoffers, en niks word aan die situasie gedoen nie.”

Malema het belowe dat dié pad breër gemaak sal word, en dat ʼn treinspoor opgerig sal word om Limpopo, Gauteng en Mpumalanga aan mekaar te verbind. Hy het bygevoeg dit sal ʼn sneltrein wees wat pendelaars binne ʼn halfuur na Pretoria sal vervoer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marlene Oosthuizen ·

Beloftes, beloftes! En soos altyd gaan die mense daarvoor val. Ek wonder meneer die towenaar waar die geld vandaan gaan kom. Jy gaan toorkuns nodig hê om al jou beloftes waar te maak want soos ek jou ken gaan jy dieselfde as Zuma maak en net jouself bevoordeel. Hulle moet maar lekker vir jou stem.

Sumo ·

Talk is cheap … doen dit, laat ons sien of jy jou woord gestand gaan kan doen. Geld groei nie sommer net op bome nie, beslis ook nie op mens se rug nie. Aan die einde van die dag is julle, jy en Zuma voëls van eenderse vere.

nic van rensburg ·

Ja Jules, een aand op ‘n trein na Pretoria en jou woorde was bitterlik eensaam en aleen… Is daar enige regdenkende persoon wat ‘n woord van die windstormpie glo – kan nie wees nie!

Gideon ·

Is dit nie teen die OVK se reëls om sulke belaglike beloftes te maak nie- wat gebeur as so persoon aan bewind kom? Dan gaan daar mos wanorde losbars waarvan ons nie gaan kan ontsnap nie! So persoon behoort in hegtenis geneem te word, vir publieke uitbuitery!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.