Malema by etiekkomitee verkla oor VBS-geld

julius-malema

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die DA het Dinsdag gesê hy gaan Julius Malema by die parlement se etiekkomitee verkla oor bewerings dat die EFF-leier deur middel van Mahuna Beleggings voordeel getrek het uit fondse verbonde aan die beleërde VBS Mutual Bank.

Malema ontken sy beweerde betrokkenheid by fondse wat van die bank, wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) in 2018 onder kuratorskap geplaas het, gesteel is.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het gesê die party kon vasstel dat Malema nie in 2017 óf 2018 Mahuna Beleggings op enige manier verklaar het nie.

“Indien die bewerings waaroor berig word wel waar is, sou Malema nie net die wet een keer oortree het nie maar verskeie kere en sou hy teen die gees van ons Grondwet optree wat streef om waardigheid en gelykheid vir alle mense in Suid-Afrika te verseker,” het Steenhuisen vroeër vandag in ʼn verklaring gesê.

Steenhuisen voer aan dat die geld wat Malema glo aan luukshede soos hotelle, perdewedrenne en ontwerpersklere bestee het, die spaargeld van duisende Suid-Afrikaners verteenwoordig wat sukkel om daagliks te oorleef, om nie eens te praat van spaar vir hul oudag nie.

Die DA het in November verlede jaar klagte teen Malema en ander lede van die EFF aanhangig gemaak oor hul beweerde betrokkenheid by die plundering van geld wat by die VBS gedeponeer was.

Volgens Steenhuisen kan die DA hom nie blind staar teen Malema se miskenning van die instelling van die parlement nie.

“Ons sal dus nou ook mnr. Malema by die komitee oor etiek en belange van die parlement aangee sodat hierdie komitee sy oortreding van die gedragskode van die parlement, asook die reëls en regulasies rakende die openbaarmaking van belange kan ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pieter ·

Da julle mors julle tyd hy sal niks oor kom nie die anc het hom groot gemaak

Michael P ·

Ag nou #### julle teen donderweer hierdie mense ken net kurupsie en die wat moet aankla is net so kurupt.

leser ·

wanneer gaan malema eendag sy “STRAF” kry, (tronk straf), vir al sy oortredings, soos, haatspraak, geld verduister, geld wassery, afvuur van wapen in die openbaar, ens., ens., ens. ?????

iemand, verskaf ons die inligting, asb.

N Lourens Reitz ·

Goeie werk en navorsing gedoen Pauli van Wyk van Daily Maverick. Ek dink dit is ondeurdag en sal beslis in die hof slaag. DA is nou wel ook hier betrokke maar moenie dat hul al die krediet hiervoor opneem nie

Poot ·

ETIKETKOMMITEE???????? REGTIG? Hoeveel freekin kommitees moet daar nog wees? Word hierdie mense nie meer strafregtelik vervolg nie? So met al die verkragtings, moorde en wat nog meer….. stel FREEKIN kommitees aan.

Pieter ·

Die kinderkrans tannie het seker nou weer my kommentaar aanstootlik gevind

PJ ·

Dinge lyk maar droewig vir SA die anc regeer nou en almal weet hoe korrup hulle is ek het n nare gevoel die eff gaan die vlg . regering wees en hulle netso korrup so dinge lyk maar sleg.

Sali Gebeuri ·

Ongelukkig beskerm die wet kriminele en die arm, weerlose beleggers by VBS Bank se spaargeld en pensioene is weg, net soos die Guptas met die land se belastinggeld.

Blikke ·

Die EFF gaan verseker die volgende regering wees ten spyte van al die korrupsie en oneerlikheid op die oomblik. Siener se voorspelling sal eers waar word en dan gaan die Poppe Dans

Manie van Worcester ·

siestog glo jy regtig in siener of gryp jy na strooihalms, Hier sal welliswaar meer moord en doodslag wees as nou maar dit sal maar net die land oor die afgrond stoot en daarna sal ons almal niks he en die wat kan sal maar weer uitstyg bo res en weer ryk word en weer skuld gegee word vir alles wat verkeerd is

Rubber ·

Nog ‘n Afrikaan wat na sy dood as ‘n held beskryf sal word. Hoe groter die misdaad hoe groter die monument.

Manie ·

Die wit monopolistiese kapitaal gaan darem heerlik af as dit skelm in jou sak beland. Jy is net so sleg en skelm soos jou broer Watson

Blikke ·

Ai ou Maansie….jy is suidelik die oningeligte een…..word wakker ou maat maar moenie eerste na jou koue koffie gryp nie want dan gaan jy hopeloos te laat wees.

sweis ·

Die eff sal nooit meer as n 10% party wees nie,maar maak nie saak wie regeer nie as ons nie ons eie onafhanklike staat kry nie is ons gedoem.

Blikke ·

En n onafhanklike staat sal ook noit gebeur nie….dream on !!

McG ·

Maar die man se tweeling boetie Hlaudi het vandag mos getuig by die Zondo-kommissie… smaak my hulle is maar effe delusional…

aj ·

Waarom stel die DA nie PRIVAAT VERVOLGING in soos wat Solidariteit dit doen nie?

Die ANC se NVG gaan nooit ‘n SWART politikus vervolg en tronk toe stuur nie!

Komaan DA waar is julle ‘kroonjuwele’?

Viva ·

Ek kan nie glo dat daar mense is wat glo aan sprokies soos n onafhanklike staat nie, wie gaan dit gee, die feetjies? Verseker nie enige van die meerderheidspartye nie. Wie stel in elk geval in n tuisland belang. Dit sal of alles moet wees of niks en dit gaan verseker nie van die feetjies af kom nie.

Johanna Botha ·

Lekker vat hy toe die geldtjies van presies die ou dommetjies wat hom so aanhang maar hulle sal ook nie leer nie ne !

Stiks ·

Watwou al die gekibbel; hy moes lankal agter tralies gesit het!

Peet ·

Die vervoerband loop stadig na pars rollers toe en Mr. JM sit daarop. Die uwe is al by soveel instansie aangekla en iewers gaan hy vasgevang word tussen die pars rollers wat sy sake gaan werk. Mnr. Gerrie Nel en kie is ek seker is ook besig om met baie belangstelling die outjie dop te hou. Ek dink sy tydjie raak nou min. Bring nog popcorn en koeldrank. Die spul is besig om hulle self te begrawe.

Db ·

Al wat fout is met hierdie malema is dat die tor lankal afgeval het en skarrel om weg te kom.

skurweberg ·

As die tou se lus kleiner en kleiner trek, word tye in Suid-Afrika gevaarliker en gevaarliker. Die beginsel van “Aksie en Reaksie” is onvermydelik en geen mens kan apaties staan, wanneer jy bedreig word nie.

Napier ·

Hy moet maar lekker aanhou met sy oorlogspraatjies… As hy maar geweet het hoeveel duisende staan tou om hom heel eerste te sien val *grinnik*

JJ ·

En hulle dra hom nog steeds om op te tree as hulle opsteker dan weet hulle ANC sal niks oorkom nie ook kan niemand vinger wys nie.

jakes ·

Malema se sondes word in die algemeen beskou as heldedade. Die ANC is van sy grootste ondersteuners. Malema sou nooit die kans laat verbygaan om homself ook aan n meevaller te help by VBS bank nie. Wat betref sy dreigimente teenoor witmense hoort dit ons glad nie te pla nie. Trouens ek beskou sy venyn teenoor ons in diesefde klas as n miskruier wat n olifant wil aanvat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.