Malema by MRK verkla oor uitsprake teen Indiërs

EFF-byeenkoms (Foto: EFF South Africa, Twitter)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag klagtes van rassisme en diskriminasie teen die EFF, Julius Malema (leier van die EFF) en Mbuyiseni Ndlozi (woordvoerder van die EFF) by die Menseregtekommissie ingedien.

Die klagtes spruit uit opmerkings wat Malema die afgelope naweek by die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se politieke saamtrek in Durban gemaak het, asook ’n verklaring wat sedertdien deur Ndlozi uitgereik is.

In die klagtes voer AfriForum aan dat die EFF se optrede ’n oorskryding van die Gelykheidswet, 2000 (wetno. 4 van 2000) se bepalings oor diskriminasie is.

Malema het luidens nuusberigte die volgende gesê: “Here in Durban, here in KZN, everything strategic is given to Indians … every big tender … they are the ones who own everything. We are saying share with our people. They are ill-treating our people. This is not anti-Indian, it’s the truth, they must treat our people properly.”

Ndlozi het sedertdien in ’n mediaverklaring gesê dat die EFF bankvas agter Malema staan en bygevoeg dat Indiërs dink dat hulle beter is as swart mense en dat dit neerslag vind in die manier waarop hulle teenoor swart mense optree.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat AfriForum op die beskerming van minderhede se regte geskoei is. “Indiërs is ’n minderheidsgroep en word ook deur die EFF as gemeenskap geteiken. Die EFF dryf ’n populistiese agenda waarin rassisme teenoor minderhede aangehits word in ’n poging om steun te mobiliseer.”

Roets sê verder dat AfriForum van die MRK verwag om die saak spoedig te ondersoek, asook om gepaste stappe in hierdie verband te neem.

Maroela Media het vroeër berig die SA Minority Rights Equality Movement (Samrem) het Dinsdag ʼn klag van crimen injuria teen Malema by die Mountain Rise-polisiestasie in Pietermaritzburg aanhangig gemaak toe hy teen die Indiër-gemeenskap uitgevaar en onder meer gesê het Indiërs is “erger as Afrikaners”.

AfriForum het Dinsdag ook strafregtelike klagtes van aanhitsing tot betreding teen Malema ingedien. Dit volg nadat Malema tydens verjaarsdagvieringe onder meer aan sy ondersteuners gesê het indien hulle nie ʼn stuk grond het nie, is hulle lafaards. “Gaan identifiseer vir jou ʼn stuk grond net waar jy wil. Dit is jou grond. In my wyk in Seshego het ons dit gedoen. Die eienaar het gekom en gesê hy het geluister en ons kan die helfte vat. As julle nie luister nie, sal julle die hele land verloor. Wit grondeienaars moet hulle grond deel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Lynne ·

Stem! Die EFF gaan skoonskip maak met die verkiesing in 2019!

Cherokee ·

Onthou julle hoe het Martiens Kortbroek en Roelf Meyer na die ANC gehardloop toe hulle die regering oorneem? Netso sal die huidige ANC-parlementslede doen as Lynne se voorspelling reg sou wees.

Annette Stander ·

Wat help dit! Die MRK doen niks! Hulle is kop in een mus met die ANC.

Annette Stander ·

Wat help dit! Die MRK doen niks! Hulle is kop in een mus met die ANC.

Tessa ·

Malema is on the Roll! Wat die ANC aanbetref….is dit ‘n geval van….if you snooze, you lose….

Blondie ·

Stem saam met jou! Malema is jonk, energiek en ‘n go getter, by wie die jonger generasie aanklank vind! Hulle beskou die giggelende Zuma as gevrek en egosentries wat niks vir hulle doen en beteken nie…..

Anne ·

Laat mens wonder vir hoe lank hy nog so energiek gaan wees met sy gesondheids kwessies. Daar word baie vinning gespring om werk te maak van sy rassistiese opmerkings teenoor indiers maar ons blankes kan gedreig word met die dood??

Moeg vir SA ·

Te wonderlik dat die DA teen Zille uitgevaar het oor haar kolonialisme aanmerking,maar teen die EFF doen en sê hulle niks,dis net Afri forum wat hul man staan.Die DA is definitief kop in een mus met die EFF.Laat hulle die grond vat dan sien ons wat eet Suid Afrika.Ons boere is moeg om elke nou en dan onder die valbyl te kom.Die 2de Zimbabwe is sterk oppad,dis net ñ kwessie van tyd,dan gaan almal nie net meer die boere nie,swaar en honger kry.

Donkie ·

Eerder vryheid… front!
Ek met DA (mmusi maimane) probeer kontak maak vir n geselsie… maar as hulle te hoog is vir jou spreek dit boek dele … ek sal maar vryheid…front

HPV ·

Malema se aanhitsing en uitsprake kan lei tot ‘n menseslagting waarna hy internasionaal tot verantwoording geroep sal word. Lasbriewe vir sy inhegtenisname om voor die wêreldhof te verkyn sal uitgereik word waar hy tereg sal moet staan. Hy speel met vuur en gaan sy vingers sleg verbrand.

Wonder ·

Blondie en Malema is glad nie ‘n egoïs of ‘n narsis nie!

Blondie ·

Oo ja verseker is hy ‘n Narcis! Hulle sien dit egter nie so nie….vir hulle is hy die moderne Moses wat hulle die Beloofde Land gaan inlei…..

Donkie ·

Stem, Malema is def n NARC maar Z is ook n NARC – as daar net n groot weerligstraal kan kom …

marlene ·

Malema hou van al die klagtes teen hom. Dit maak hom ‘n warrior in die oë vd jeug.

Carel ·

Malema moet maar besef dat die son nie sak as hy sit nie. Omdat hy van ‘n sekere bevolkings groep is, dink hy die land behoort aan hom. Hy gaan egter ‘n verrassing kry want hy neem nie geregtigheid in gedagte nie.

Cherokee ·

Mugabe en sy Zanu-PF het ook nie geregtigheid in gedagte gehou nie en sover was hulle enigste verrassing ‘n ekonomiese een.

De la Rey ·

Toe nie. Die EFF wen nie steun nie. Die meeste mense wil in vrede leef en ‘n minderheid is radikaal. Dis wel waar dat die ANC probeer om die EFF te neutraliseer deur net so rassisties en radikaal op te tree en op die manier probeer hulle die EFF se agenda kaap. Hoekom? Albei partye is desperaat want die EFF se steun groei nie en die ANC sin kwyn.

Die EFF gaan beslis geen verkiesing wen nie en Malema weet dit.

Wat sy retoriek aanbetref. Moenie weghardloop vir ‘n hond wat agter ‘n draad blaf nie. Dis wat hy wil hé.

Ons moet geduldig bly, vertrou op die Vader en ons kans afwag. Die geskiedenis is nog nie verby nie. Die wiel draai. Sterk staan Afrikaners!

Johannes van Staden ·

MRK …gaan hulle iets die keer doen …wonder regtig !

popeye ·

Rusty Labuschagne se lewe “living in chains” verwys… dis hoe ver arrogante lafaards sal gaan om ‘n boer van sy grond af te dryf.

anton ·

My vraag is? Kan die MRK nie aangekla word omdat hulle niks doen nie? Of omrede hulle net selektiewe sake ondersoek en aan iets doen.

Desiré ·

Malema is gebore in die Chinese jaar van die Rooster ~ vandaar sy oordrewe selfvertroue & arrogansie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.