Malema daag nie op by KZN-grondgrypsaak

Julius Malema Foto: ANA

Julius Malema, leier van die EFF, het nie Vrydag by die Newcastle-landdroshof opgedaag vir ʼn saak oor aanhitsing en betreding nie.

Sy regspan het Malema verteenwoordig en die saak is weer uitgestel.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het gesê Malema moet op 25 Junie weer in die hof verskyn.

Malema het in Junie 2016 aan sy ondersteuners in Newcastle gesê hulle moet die grond beset, want dit behoort aan swart mense en dat wit mense nie eienaarskap van die grond kan eis nie. Ná hy in November 2016 by die Newcastle-landdroshof verskyn het, het Malema buite die hof weer aan sy ondersteuners gesê hulle moet die grond beset, “want hulle het nie die land vir julle gegee nie”.

“Al moet ek tronk toe gaan omdat ek vir julle sê julle moet die grond vat, dan moet dit maar só wees. Ek is nie bang vir die tronk as ek oor die grondkwessie gaan nie. Ek is bang vir die tronk as ek oor korrupsie soontoe moet gaan. Ek wil nie oor korrupsie tronk toe gaan nie, maar ek sal vir die grond tronk toe gaan,” het hy aan ondersteuners gesê. “Ons vra nie die slagting van wit mense nie – ten minste nie nou nie.”

Malema het in 2014 by die EFF se verkiesingskonferensie in Bloemfontein aan lede gesê hulle moet grond beset, en hy is daarna vir die eerste keer aangekla onder die Wet op Oproerige Byeenkomste. Toe hy in 2016 op dié aanklagte in ʼn hof in Bloemfontein verskyn het, het hy weer vir sy ondersteuners buite die hof gesê hulle kan “enige mooi stuk grond wat hulle sien” vat, want dit is deur “volksmoord” by swart mense afgeneem.

Malema het ʼn sleutelrol gespeel dat die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding na die politieke diskoers gebring is.

Die EFF het in Februarie ʼn mosie van onteiening sonder vergoeding in die parlement voorgestel, en dit is deur die meerderheid goedgekeur. Die ANC het gesê onteiening sonder vergoeding moet op só manier plaasvind dat landbouvervaardiging en voedselsekuriteit verhoog en die ekonomie nie skade ly nie.

Die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee ondersoek tans artikel 25 van die Grondwet en ander nodige klousules om te bepaal of onteiening sonder vergoeding moontlik sal wees. Die komitee moet sy bevindings voor 30 Augustus aan die nasionale vergadering voorhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Halo ·

Natuurluk sal die gemors nie by die hof opdaag nie. Hy is mos verhewe bo alle mense en dus kan hy alle die aanklagte en tronkstraf vry spring.
My raad is sluit hom toe en die misdaad sal afneem.

Selfbeskikking ·

Moeg vir die wettelose kom,uniste, ons moet ons eie land voor onderhandel en vinnig ook. Dis al oplossing om ons bates en lewens in die land te beskerm, dis regtig die enigste werklik volhoubare opsie.

Bad Prit ·

Selfbeskiking, dit verstom my dat NIEMAND die Dingaan / Retief noem nie. Dit is n wettige kontrak, wat nooit beedig was nie!

Gerrit ·

So sal dit uitgestel word tot dit afgestel word korrupte land korrupte mense ….Australië kan net beter wees.

Sonja ·

Grond is gekoop.. nie net gevat ni. Maar ek sien dis moeilik om te verstaan vir Malema.
Kry hulle geld en di grond is daar in elk geval nix oor n jaar oor ni. Grond gaan ni bewerk word en mense gaan begin honger ly. Zim nr 2 hier kom ons.

Eish ·

Dit wil voorkom of politici en ampsbekleërs in die staatdiens verhewe is bo die reg en parlementêre ondersoek. Wegbly van hofsake en afsprake met die oog op ondersoek, word eenvoudig geignoreer.

Siek en sat ·

En hy kom steeds weg met sy uitlatings. Hy kan maar se net wat hy wil maar dat n blanke persoon dit waag dan is die gort gaar.

pieterdp ·

Maroela wat is die rede vir die uitstel?
Dis wat ons graag sal wil hoor.

?????? ·

Waarom word hy (malema) nie ge-arresteer nie ???
hy is nie bo alles verhewe nie !!!!!!

Hanna ·

Malema is onaantasbaar! Hoeveel blankes is nie al agv sy uitsprake vermoor nie? Face it: Suid-Afrika word deur Malema en sy free dumb fighters beheer. Die ou weet duidelik ook niks van geskiedenis af nie…

CHRISTA ·

Mal-ema het meer bek as binnegoed!! As dit kom by die “push” hol hy met sy stert tussen sy bene dat jy net stof sien!!!

Kaster ·

Ek gaan hulle jaag as hulle my goed vat, ek gaan nie stil sit nie. Ons het nerens as die wit zimbabwemense om heen te vlug nie, hulle moet dit besef. Nou se australia ook hulle soek ons nie, anders as die wit boere van zim. So ons sal geen keuse he as om vas te staan nie.

Hennie ·

Ok ek verstaan dit niu glad nie. As n enige iemand nie by die hof opdaag vir n hofsaak nie word n lasbrief vir sy in hegtenis neeming uit gereik plus minagting van die hof!! So hoekom is daar nie n lasbrief teen malema uit gereik nie? Wat maak hom so spesiaal?? Lyk my as jy jy n F kry vir vakke op skool en nie eers jou land geskiedenis ken nie word jy ryk in die land en kan net doen wat jy wil!! Kom waar is ons justisie se wette nou?

Lientjie ·

As dit nou ‘n blanke was, dan was nou ‘n lasbrief uitgereik!

1+1 ·

Malema: “Die harde werklikheid en produk van ‘n politieke geskiedenis in Suid-Afrika, wat nooit moes gebeur het nie. Dit is die realiteit !!!

lewies ·

Malema; produk van ‘n politieke verlede in Suid-Afrika wat nooit moet gebeur het nie. Dit is die realiteite en geraamtes wat nou begin opstaan.

Casper Labuschagne ·

@lewies, ons kan net sê dat die verlede nooit moes gebeur het as ons deur die lense van die huidige na die verlede kyk. In alle waarskynlikheid sou 99.9% van ons presies in die verlede opgetree het soos ons vandag optree, nl om te werk sodat ons vanaand kos op die tafel vir ons huisgesin kan sit. Geskiedenis is ‘n gety wat die bevolking voortsleep en enige individu het in 1652, 1833, 1913 of 1960 net so min kans om die rigting van die stroom te verander as wat ek en jy kans het om vandag vir Malema te stuit.

BR ·

Dit is tyd dat wereld kennis neem van reverse apartheid en gruwelike ongeregtheid. Begin dit aggressief verkondig in Australia. Die wiel gaan draai glo my. AFRIFORUM julle het
baie werk om te doen . Hou aan sonder ophou.

Casper Labuschagne ·

Ek vermoed dat Malema juis al die hofsake teen hom uitstel tot voor die verkiesing volgende jaar sodat die EFF die maksimum propagandistiese waarde kan bereik deur Malema se saamtrekke wat hy buite die hof hou.

Dit is die een groot leemte in Malema se epiese stryd as heldhaftige vegter en roemryke struggle veteraan teen brutale rassistiese onderdrukking – dat my maar net agt jaar oud was toe Nelson Mandela vrygelaat is en gevolglik geen daadwerklike rol in die “struggle” gespeel het anders as om juis met ‘n bal te speel nie. As Malema maar net ‘n nag in die selle kan deurbring omdat hy gesê het “soen” die boere “Bah-Bah-Bah, Kill-Kill-Kill”, of omdat hy gesê het vat hulle grond af, sal hy self tog so bly wees. Daarby sal dit wondere vir die EFF doen in die vorm van ‘n bykomende miljoen of wat simpatieke stemme.

Morne ·

Die regering sal niks doen om Malema te stop met sy aanhitsing nie, Hy is maar net die “tool” wat gebruik word om te kry wat hulle wil he sonder om hulself bloot te stel. As die regering nie deel was van Malema se haatspraak en grondonteiening nie, het hulle hom lankal aangevat. Hy is die volgende stap, Hy is die “high” op die stoof om die pot gouer te laat kook voor te veel paddas die kans kry om te spring.

Casper Labuschagne ·

@Morne jy is in die kol. In sy linkerhand hou Ramaphosa die leiband van Malema vas terwyl hy die res van ons leibande in sy ander hand vashou. In ruil vir ons lojaliteit sal hy ons teen Malema beskerm, hoofsaaklik deur ons net so ‘n bietjies-bietjies op ‘n slag aan die populiste te voer, sodat die grondhonger vir nou in toom gehou word.

Koos ·

Said of Malema recently by Prince Mashele of the Sowetan:
“Watching him on stage last week, intelligent observers were left with the impression of a rumbling rabble-rouser who is vocally gifted and mentally destitute.”

As van sy eie intelligente mense hom so sien, weet dan maar dat Malema net soos die Engelse sal sê ” a puppet on a string” is, wat deur andere gebruik word om geraas te maak tot hul eie politieke voordeel.

Tokkolos ·

Hkm sal ciril se puppit hom steur aan enigeiets hy weet hy is gecover en dit is defnitief nie by out surance nie

Nita ·

Verbeel jou hy staan nie nou al die slagting van witmense voor nie! Maar wat van al die plaasmoorde. Die slagting gaan lustig voort.

Oom Kalahari ·

Weereens nie by hofsaak opgedaag nie. Hierdie mammetjie speel met toetsing op die regstelsel en weet goed dat hy die septer swaai. Van hierdie sake gaan niks kom en sal afgestel word weens al die uitstellings. Wat my verbaas en help my reg asb as ek mag se: was dit ‘n persoon van die minderheids groep sou hy toegesluit gewees het tot die dag wat saak aangehoor is. Hierdie jong seuntjie (Mal-emma) is die pion wat aandag moet trek vir uitlokking op hoogste vlak en om reaksie uit te lok tot groter dinge. Ons moet nie sy lokval vas trap nie en maar toelaat dat hy oor sy eie baba doeke val. Lee blikke maak altyd die grootste geraas en hy het nie as kind kans gehad om met draadkarre en kleilat/kettie te speel nie. Die seuntjie het van ‘n woord gehoor “Apartheid” in groot mense se geselskap en nou sy eie F simbool gevorm.

Oom Kalahari ·

@Penellope, hy was of siek en of ander vergaderings wat meer aandag verg as ‘n ou hofsakie.

Leeutjie ·

Ek se nog steeds Van Riebeeck met sy 3 skepe moes verbygevaar het…

Emma ·

Nou maak hy net soos Zuma met sy hofsake, stel uit bang om alles te face. As hy uitsprake wil maak moet hy daarvoor boet.

ne ·

Mal – ema en Ram – a – phosa is hand om die blaas! ANC soek malema se ondersteuners. Bang hulle verloor die verkiesing volgende jaar, Malema kan sê net wat hy wil en wat sy ondersteuners wil hoor. Hy is verhewe bo die wette van die land. Maar pasop jy sien Zuma het sy agterend gesien. Jy is volgende mal- ema….

ELSABIE ·

Weereens n bewys. Hy is vinnig om luidkeels oor ‘n mikrofoon n skare op te stook maar as hy moet staan voor die gereg is hy nerens te vinde. Blah blah blah ……

lewies ·

Casper, jy het ‘n baie realistiese siening oor sake van die dag. Daar is egter een ding wat die hede ‘n mens leer en dit is dat die verlede ‘n manier het om jou in te haal as oa. “geregtigheid” nie deel was van jou politieke-agenda nie. Hierdie les moet ook deur die leier van die toekoms verstaan word. Hy wat regeermag gee en neem sal oordeel.

Johann ·

Malema gaan gestuit word. Kom ons kyk wat die toekoms inhou. daar is derduisende mense wat gatvol is vir hom. Wit en swart. Hy kan net baie praat as daar baie mense om hom is om hom te beskerm.

Hans ·

Hierdie saak sloer al van 2016 af, is hier fout of halusineer ek.

Estelle Oelofsen ·

As hy opstook is hy die wonderlike grootbek held, maar as hy tot verantwoording geroep word is hy die slapgat lafaard en kruip agter sy volgelinge se voorskote weg,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.