Malema dalk binnekort vervolg

Julius Malema in die hof. Foto: EFF/Twitter

AfriForum het van betroubare bronne in die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verneem dat Julius Malema, leier van die EFF, vervolg gaan word en binnekort in die hof (waarskynlik die Mdantsane-landdroshof in die Oos-Kaap) moet verskyn. Dít volg nadat AfriForum klagte teen Malema aanhangig gemaak het ná hy tydens die EFF se vyfjaarfeesviering in 2018 skote afgevuur het met ’n voorwerp wat soos ’n aanvalsgeweer gelyk het.

“AfriForum het probeer om dié vertroulike inligting formeel met die NVG te bevestig. Dit lyk egter of die NVG sy kop in die sand steek en weier om pa te staan vir sy besluit rakende Malema se vervolging, ondanks die NVG se onderneming om dié besluit teen 2 Oktober 2019 aan AfriForum bekend te maak,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

AfriForum se private vervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, het vroeër vanjaar aangedui dat AfriForum die hof sal nader ten einde die NVG te dwing om ’n beslissing oor Malema se vervolging te maak. Talle klagte uit verskeie oorde staar Malema in die gesig en AfriForum het reeds by verskeie geleenthede sy kommer uitgespreek dat Malema se oortredings anders hanteer word as dié van gewone landsburgers.

centurion-grondeis-2019-02-05-ian-cameron

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapveiligheid. Foto: Reint Dykema.

Volgens Cameron het die NVG eers ná AfriForum se betrokkenheid besluit om aandag aan Malema se vervolging te skenk, maar swyg steeds oor die vervolging rakende die beweerde skietvoorval. Hy sê indien die NVG en SAPD hul stilswye betreffende dié aangeleentheid volhou, sal AfriForum alle remedies tot sy beskikking aanwend om die vervolging in ’n rigting te dryf.

“Die NVG is in hierdie saak die geleentheid gegun om aan die publiek te bewys dat hy misdade vervolg – ongeag die oortreder se identiteit en sonder enige vrees of voorkeur. Tans lyk dit egter of dié wetstoepassingsowerheid verkies om sy reeds verwronge beeld te handhaaf en in Malema se guns op te tree,” sê Cameron.

“Indien die NVG nie daartoe in staat of nie bereid is om die vervolging te behartig nie, sal AfriForum se private vervolgingseenheid die leisels oorneem om te verseker dat geregtigheid geskied,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

colleen ·

Nie net Julius se sake word anders hanteer nie. Jacob Zuma en sy seun Duduzane tel ook onder die beskermdes. Daar is nog duisende ander wat ook anders hanteer word deur die kaders.

HPV ·

NVG en MRK het geen keuse meer want hulle het geen geloofwaardigheid meer met jare se toepassing van dubbel standaarde. Maar sien is glo.

Kruip Nie ·

Vervolg sommer die wit ou wat die AK aan Malema oorhandig het, daar is mos videomateriaal beskikbaar by dieSAUK.

Johan ·

Hoe meer die EFF wegkom met haatspraak, hoe meer uitdagend raak hulle…

Elvira ·

Dalk dalk dalk he he he nooit nooit nooit. Hyt almal aan die kort ent beet. Almal bang vir hom.

Piet parys ·

Wat van eerderdie nvg hof toe te sleep omdat hulle nie hulle werk doen nie

Johan ·

Malema word “DALK” binnekort vervolg? IDie klem is op “dalk”…..

The Oracle ·

Hierdie saak is nie belangrik nie… Vervolg hom vir die bedrog wat hy gepleeg het!
Hy moet lank sit!

Martin ·

Hy mag nie ‘n vuurwapen in die openbaar afvuur nie. Dit is wet. Die persoon wat die vuurwapen verskaf het is ook in die moeilikheid. Hy moes volgens wet toegesien het dat die nie gebeur nie.
(7) Dit is ‘n misdryf om ‘n vuurwapen, ‘n antieke vuurwapen of ‘n windgeweer in
‘n beboude gebied of enige openbare plek af te vuur sonder goeie rede om dit te doen.

Swannie ·

Artikel is baie misleidend.
Aan die een kant word berig dat Malema vervolg gaan word en dan verder in dieselfde berig word gedreig dat Afriforum die saak verder sal voer indien Malema nie vervolg word nie.

Wat is dan nou die waarheid ?

JJ ·

Vir my bittersnaaks dat julle actually glo hier gaan iets gebeur. Die privaatvervolging is n joke.

Riaan ·

Begin al meer lyk of die “nuwe” nvg hoof (indier dame wie se naam ek nie onthou) alreeds gecapture is?
Almal was baie positief met haar aanstelling maar jaar later het sy nog NIKS gedoen nie.

ZET ·

Malema gaan dalk vervolg word, en dalk val die wolke dan het ons almal
blou mussies op ons koppe!

humor ·

Die afvuur van skote in die lug is maar n nietige sakie. Miskien n waarskuwing of n bepaalde tyd daar stel dat dit nie weer moet gebeur nie. Daar is andersake wat skrynend is soos gedurige haatspraak en korrubsie. Om plunderende massas aan te hits waarby selfs moord ter sake was, om hul in die toekoms op die wit ekonomiese bevoorregtes te rig is absoluut onaanvaarbaar.

Gertjie ·

Sou hierdie saak ooit ‘n hof bereik, dan sal dit tog uitgestel word.
Dan weer uitgestel word.
Dan weer ………..

Gerhard ·

Bla,Bla,Bla,Bla…….Bla……Bla……Nuwe een asseblief……

Regs! ·

Hy sal niks oorkom nie want hy is nie wit nie. Wanneer gaan julle besef dat die vyand kan doen wat hulle wil en wegkom met dit? Ons sal vervolg word tot die uithoeke van die aarde toe want ons blankes is die volk van God. Nie die geestelike Israel wat die hoer van babilon (kerk) verkondig nie. Die blanke volk.

Willem Botha ·

Willie B As Malema so graag n boer wil doodmaak kan hy enige tyd met enige BOER n afspraak maak maar hy moet net self opdaag

aj ·

Malema is net ‘n ‘maaksel’ van die media …. verder niks!

Hy is moontlik meer skadelik vir die EFF, buite, as in die tronk! Gee hom genoeg tou ….!

Zuma was ‘n beter stemwerwer vir die opposisie partye as hulle self … dit was dom om hom te lig? (Kyk hoe sukkel die DA sedert Zuma weg is! … ha … ha …).

mac ·

Malema en al sy kaders, dit sluit Zuma en kie in sal nooit vervolg word nie, altans nie in S.A nie, Afriforum probeer hul bes, ja en hul doen goeie werk, maar die korrupte spul in mos untouchable in ons land

Christo Slabbert ·

Ek vra julle baie mooi om vir Eben uit te los en dit laat gaan, net soos julle wat Malema laat weg kom met alles wat meer ernstig is.

Roelf ·

KOM ons kyk of hier n ligstraal gaan wees by die nuwe baas van die NGV. Hou duim vas almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.