Malema: ‘Die ANC is bang vir wit mense’

Julius Malema, leier van die EFF, spreek sy ondersteuners buite die Israelse ambassade in Pretoria toe (2 November 2017). Foto: ANA/Jonisayi Maromo

Julius Malema, leier van die EFF, het Donderdag na Fikile Mbalula, minister van polisie, en die SAPD gekap omdat hulle nie die afgelope Maandag streng opgetree het teen duisende betogers wat paaie afgesper het in protes teen plaasmoorde nie.

Malema het ʼn skare van sy ondersteuners buite die Israelse ambassade in Pretoria toegespreek nadat die EFF ʼn optog in Pretoria gehou het. Volgens Malema is die ANC “bang vir wit mense”.

“Die nuttelose minister van polisie het niks gedoen nie, selfs nie toe die wittes ons [op Swart Maandag] ontwrig het nie. Weet julle hoekom? Want die ANC is bang vir wit mense. Die ANC is bang vir Israel, die ANC is bang vir Afrikaners. Die regime van die EFF sal nooit bang wees vir ʼn wit mens nie. Die polisie hier is opgelei om wit mense te respekteer. Wanneer hulle ʼn wit man sien, is dit die baas. Maar hulle sal ’n swart man sleg behandel wanneer swart mense niks doen behalwe vir hul regte baklei nie,” het Malema gesê.

EFF-ondersteuners buite die Israelse ambassade in Pretoria (2 November 2017). Foto: ANA/Jonisayi Maromo

“Dit is hoe hulle geleer is. Hulle kollegas [gee hul opdrag] om witheid te respekteer. Julle is lafaards in uniform. Dit moet nie saak maak of ʼn oortreding deur ʼn wit mens of ʼn swart mense begaan is nie, almal van ons moet die wet respekteer.”

Die betoging deur die EFF na die Israelse ambassade is gereël in solidariteit met die mense van Palestina. Honderde EFF-ondersteuners is in busse na die ambassade aangery.

“Julle moet ophou kortsigtig wees. Julle moet Palestina selfs van hier af sien. Kinders word doodgemaak. Vroue word met bomme gegooi. Soldate het daardie plek beset. Selfs al is jy nie ʼn Palestyn of ’n Jood wat Palestina wil besoek nie, jy is onderhewig aan groot teistering deur Israel,” het Malema gesê.

Verskeie lede van die SAPD en die Tshwane-metropolisie was Donderdag aanwesig om die betogers te monitor. Malema het die polisie veroordeel dat hulle nie op Swart Maandag “ingegryp het” toe talle snelweë afgesper is nie.

Hy het ook verwys na sommige betogers wat na bewering die ou Suid-Afrikaanse vlag tydens die betogings vertoon het. “Hoekom het hulle ‘Die Stem’ gesing, hoekom het hulle die apartheidsvlag saamgebring?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Adam ·

Vlergeet die poppe en gee eerder vir Julius ‘n paar Valium’s. Dit sal hom klaarblyklik effe rustiger maak.

Domvraag ·

Die polisie moet almal respekteer. Nikolaus Bauer het doelbewus as joernalis ou gebeure waar mense die ou vlag vertoon gekoppel aan swart Maandag om sensasie te skep en wittes by te kom. Jammer dat idiote hom geglo het. Lyk ook asof Malema baie bang is want hy is altyd omring deur lyfwagte. ..vir wie is hy bang???

Chris Ws ·

Malema,vat maar ‘n “tip” by die anc in die’ geval en begin om witmense te respekteer.Dit sal net goed wees vir jou gesondheid!

Hentie Smit ·

Afriforum moet asseblief nie beplande protes optrede afstel agv Malema se dreigement om dit te ontwrig nie.

Peet ·

En ONS vir JOU! en Ons vir Jou….en in die skadu brand Suid Afrika.

witmeisie ·

my maat , nou hoekom is jy so lief vir die wit meisies…time and again sit jy met hulle ..kom ek se jou julle hou van die wit mense jy wens om een te wees…jy Mnr Malema is die ergste graad van siekte…… jalousie…
Mag God jy genees…

Henk ·

Malema, eerstens, kan jy swem? Tweedens, wanneer begin jy die wet respekteer?

Karin ·

Malema maak onverskillige aanmerkings. Hy wil die rassistiese kaart speel wanneer dit hom pas. Soek net sensasie !!!!!

Verstom ·

Snaaks hoe hierdie nou nie rassisties is nie? Waar is Afriforum of Solidariteit of Gerrie Nel nou
om hof toe te gaan hieroor?Ek het vergeet die nuwe rassisme wet is mos net vir witmense om ons wittes tronk toe te jaag maar die wet geld nie vir die ander party nie want as hulle iets kwytraak is dit mos nie rassimse nie.

DewaldS ·

Afriforum het dit al gedoen. En regter Lamont het vir hulle ‘n perfekte uitspraak op ‘n silwer skinkbord gegee. Toe verklaar hulle hulle-self as belangrike Afrikaner-leiers en skik met die ANC op ‘n absoluut nikseggende, onafdwingbare skikking. Malema het hulle so afgelag nafdat sy optredes hierdeur gedekriminaliseer is, hy het nie eers die skikkings-vergadering bygewoon nie. Nou is daardie presedent geskep. En ons het vir die grappie betaal.

Callie ·

Malema, daar was n wit man wat jou uitgedaag het om alleen jou groot mond by hom te kom oopmaak. Gaan kyk maar op facebook. Is jy dan bang vir wittes dat jy dit nie aanvaar nie

zoom zoom ·

Met die volgende boere optog moet ons maar tog ‘n paar plekke ook aan die brandsteek sodat ons in lyn is met wat al die ander wat toi toi doen.

Helen ·

Hoekom hou hy aan en aan oor swart Maandag???? Did we strike a nerve Malema? Iemand wat so aanhou en aanhou oor n saak beteken dat dit daai persoon vreeslik pls!!! So ons wit boere pla jou vreeslik? Iets gesien en besef wat jy nooit gedink het sal gebeur nie ne?

Attie ·

Many people make the mistake of reading what the Bible says in Exodus 20:13, “You shall not kill,” and then seeking to apply this command to war. However, the Hebrew word literally means “the intentional, premeditated killing of another person with malice; murder.” God often ordered the Israelites to go to war with other nations (1 Samuel 15:3; Joshua 4:13). God ordered the death penalty for numerous crimes (Exodus 21:12, 15; 22:19; Leviticus 20:11). So, God is not against killing in all circumstances, but only murder. War is never a good thing, but sometimes it is a necessary thing. In a world filled with sinful people (Romans 3:10-18), war is inevitable. Sometimes the only way to keep sinful people from doing great harm to the innocent is by going to war.

In the Old Testament, God ordered the Israelites to “take vengeance on the Midianites for the Israelites” (Numbers 31:2). Deuteronomy 20:16-17 declares, “However, in the cities of the nations the LORD your God is giving you as an inheritance, do not leave alive anything that breathes. Completely destroy them…as the LORD your God has commanded you.” Also, 1 Samuel 15:18 says, “Go and completely destroy those wicked people, the Amalekites; make war on them until you have wiped them out.” Obviously God is not against all war. Jesus is always in agreement with the Father (John 10:30), so we cannot argue that war was only God’s will in the Old Testament. God does not change (Malachi 3:6; James 1:17)

Bossie ·

Wil jy vir my sê daar is geen maar geen skerpskutters in Suider-Afrika nie? Dis onmoontlik.

gatiep ·

Ongelooflik die man doen en is alles waaroor hy kla.
Hoe is dit ooit moonlik dat die mense wat vir hom is hom glo.

PIPPY LANGKOUS ·

Ek wens ek kon uiting gee aan wat in my kop aangaan…maar ongelukkig sal ek voor die hof gedaag word!!!

Skerpioen ·

Pippy Langkous, toe maar, ek het kommentaar gelewer oor wat in my kop aangaan, maar Maroela het besluit om dit eerder nie te plaas nie. Ek neem hulle ook nie kwalik nie. So ek deel jou pyn…. ek sal maar niks sê nie….behalwe smile want sekere mense is maar skrikkerig na Maamdag.

Gerrit ·

Die anc is bang vir witmense en die media is bang om die feite deur te gee soos dit is en malema is nie bang vir die twee patetiese organisasies nie.

Zulu ·

Ons betoog teen ons mense wat vermoor word, hy huts die vuurtjie aan om te vermoor?? Tenminste is ons betogings vreedsaam sonder enige vandalisme en haatspraak

Ek ·

Wil Malema nie asseblief vir ons foto’s en video opnames wys van waar die ou vlag en die Stem gesing is nie, ons is glad nie bewus van enige so iets nie. Verder wil ons ook graag weet of daar enige bewyse van saakbeskadiging en diefstal was tydens die Swart Maandag optogte. Almal is baie bewus van die verwoesting as die EFF of enige ander instansie soos die studente op togte brand en verwoes en roof en plunder wanneer hulle optogte en betogings hou

Vermeende ·

Nee Maroela, Malema se grootste uitlating gister was gewees,
Om die boere alfpad te ontmoet met die volgende protes!
Om ons paie te bevry van die rassiste!
Die fighters moet enige iets saambring hiervoor (wapen)
Die berig was deel van sy toespraak, voeg sy dreigemente ook by want met die volgende protes gaan daar moeders en kinsers ook wees wat hulself gaan vasloop teen knopkierries.

Ronel ·

Ek stem saam jou Piet. Hy vergeet gerieflikheidsonthalwe dat die boere verantwoordelik is om daai ronde pensie van hom te help instant hou.

Lou ·

Ons wil net in vrede leef en aangaan met ons lewens in ‘n stabiele samelewing. Maar daar is groepe wat konflik soek en uitlok. En as ons reageer is ons rassiste. Ek is so siek en sat van al die politiek.

Rosie ·

Ek wil ook weet. Waar ia die skerpskutters! Wanneer hulle sulke optogte hou!

André ·

En dit sal jou betaam om dieselfde te doen, ou Julius. Onthou vir Bloedrivier.

DMC de Koker ·

Ek dink nie Malema is bewus van die volgende nie: Matt. 26:52 Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.

Dus jy moet maar pasop om eerste die swaard te trek ouboet!

Andrie ·

Hy (die slang) kan se wat hy wil. Mense op sweep en moord aanmoedig, maar onskuldige Mense moet daar order lei. Ek is nie die judged nie, maar hoekom kan daar niks aan Hom gedoen word nie.? Hy loop nie op water nie. Het nog nooit en sal nooit. God slaap nie…

riaan badenhorst ·

Kat,ek wil ook daar wees as hy n teetjie kom drink. ek wil ook graag met hom n woord wissel en iets wys. sy bek is net groot en hy skuil agter ander wat net so stupid soos hy is

Afrikanerkind ·

Ek is 1.59m lank, weeg 47kg, ‘n wit afrikaner vrou, glo net in GOD. Ek is bang vir niemand. Dit sluit in Malema. Ons voorvaders het hul man gestaan, seun, pa en oupa was saam in ‘n oorlog teen die Imperialistiese magte. Die engelse kon nie die geveg wen nie, toe kies hulle die weg van lafaards ……. ONS GOD SLAAP NIE !

Lee ·

Aaagg ou Malema……

Gaan speel asseblief in die pad toe……………..

Poppie ·

En mnr Malema toe jou plaas in die Limpopo distrik nie water gehad het nie, toe kon jy vining gaan water bedel by die wit boer langsaan!!! So nou verstaan ek nie mooi nie!

Cornelia ·

Antwoord op Malema se vrae: My volk is hier om te bly. Deur God hier geplant om ‘n verskil te maak ten goede. Geen volk gee sy landsvlag prys omdat ‘n ander een dit verag nie. Die Stem is terselfdertyd ‘n belydenis van erkenning dat God in Sy Almag regeer in die midde van my volk. ‘n Gewyde lied is dit beslis ook. ‘n Volkstem wat opklink om ons hoop en afhanklikheid van God te erken vir ‘n Koersvaste Godsplan om Sy Koninkryk ontwil. Sing die Stem van Suid Afrika onbeskaam en onbevrees. Dit is goed om te weet dat die Polisiemag nog respek koester ook teenoor witmense. Want respek doen iets goeds aan die een wat dit leef en die een wat dit ontvang. Begin gerus by selfrespek Malema. Dit sal jou horisonne nie Palestina toe versit nie maar hemelwaarts na Jesus Christus.

Sê maar net ·

Die is so ironies….as die wittes massa optredes doen dan is dit n hewige ontwrigting vir hulle en die EFF sal ons persoonlik kom uitsorteer as dit weer gebeur…..ons skrik julle nie Julius…ons is net God’s vresend…ons Almagtige God en Vader en ons Leidsman. As hulle massa optredes het dan word daar tyres gebrand, skade op geboue, busse word uitgebrand, Universiteite word af gebrand…..so ek is eintlik stom geslaan oor jou opmerking Julius…

Reiner ·

I thought hate speech is illegal in South Africa. Why is that clown allowed to get away with it? Arrest him. Nobody is above the law!

Danika ·

Ek wens ek kon al my belasting geld maandeliks vir AFRIFORUM gee. As dit nie vir hierdie organisasie was nie, sou niemand vir ons regte baklei nie… Ek is so dankbaar, dat iemand na ons belange omsien. Ek is TROTS op ons mense, wat nog saam staan en gaan defnitief die 25ste aan die optog deelneem.

Stef ·

As dit nie vir “kolonilalisme” was nie sou hy en sy party nie eers die rooi overalls geken het nie. Thanx to Workwear Depot en ander maatskappye.

Gerhard Swanepoel ·

Malema. Wees verseker hieroor. Jou aanhoudende aanvalle op die blankes en jou opstokery gaan jou nog duur te staan kom. Die blankes is n vredeliewende nasie. Moenie te ver gaan nie. Jy sal ge elimineer word. Daar is mense wat gatvol raak vir jou opswepery en jou nasie se moorde op die blankes as gevolg van jou optredes. Daar is mense wat se koppe kan uithaak en dan gaan na jou verwys word as oorlede Malema. Jy behoort n baie bang politikus te wees en as jy so aangaan gaan jy nie ou bene maak nie.

Wilma ·

Malema hoekom pla dit jou wanneer wittes vreedsaam betoog ma wanneer jou volgelinge brand en plunder is jy stil. Wys jou net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.