Malema: ‘Die EFF floreer op suiwer logika’

EFF-leier Julius Malema by die hof. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency)

Die gelykheidshofsitting in die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag uitspraak voorbehou in die saak teen EFF-leier Julius Malema en die nasionale redakteursforum (Sanef).

Sanef en verskeie joernaliste, onder andere Barry Bateman, Adriaan Basson, Pauli van Wyk, Max du Preez en Ranjeni Munusamy, het die hof genader om te versoek dat die hof ʼn interdik toestaan wat Malema en sy ondersteuners verhoed om joernaliste op openbare en sosialemediaplatforms te intimideer. Hulle voer aan Malema het hom aan haatspraak skuldig gemaak.

Sanef wil ook hê die hof moet die EFF beveel om in die openbaar om verskoning te vra aan die joernaliste wat as klaers in die saak gelys is.

Adv. Daniel Burger vir Sanef het gesê die EFF en Malema het ʼn omgewing geskep wat vyandig teenoor joernaliste is. Hy het verwys na Malema se toespraak op 5 Julie buite die staatskapingskommissie in Johannesburg waar hy aan ondersteuners gesê het: “sodra ʼn joernalis kant kies, moet hulle soos politici hanteer word en wanneer die vyand sy kop lig, moenie die kop aanval nie, sny hom keelaf”.

Volgens Burger het Malema gesê as joernaliste op ʼn spesifieke manier verslag doen, sal hulle anders hanteer word. “Skryf hul name neer en tree beslissend op,” het Malema gesê, aldus Burger.

Burger het aangevoer Malema se woorde was intimiderend en ʼn oproep tot geweld. Hy het aan die hof gesê Malema, as ʼn leier, behoort te weet wat die gevolge is van die dinge wat hy kwytraak en dat hy ʼn presedent vir sy volgelinge skep.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi vir Malema het op sy beurt aangevoer dat “geen redelike mens” Malema se retoriek ernstig sal opneem nie. Hy het aangevoer die EFF was nog altyd uitgesproke oor nie-geweld, en het gewaarsku dat die hof nie die party en sy leiers moet ontneem van hul reg tot vryheid van spraak nie.

Ngcukaitobi het verder gesê Malema kan nie aanspreeklik gehou word vir EFF-ondersteuners se optrede nie. “Sanef wil Malema aanspreeklik hou vir misbruik wat spruit uit derde partye. As mense joernaliste verbaal aanval en agter die EFF wegkruip, moet die party nie aanspreeklik gehou word nie, daardie mense moet aanspreeklik gehou word,” het hy gesê.

Hy het aan die hof gesê die EFF en Malema was albei net so gegrief deur Twitter-gebruikers wat joernaliste op die platform teister, en het bygevoeg die EFF word net so geteister op sosiale media.

Ngcukaitobi het gevra of die EFF nie nou as ʼn gemaklike sondebok gebruik word nie.

Hy het ʼn direkte aanhaling van Malema aan die hof voorgelees: “Violence is for those who are empty in the head, the EFF thrives on superior logic.” [sic]

Ngcukaitobi het verder gesê die hof moet versigtig wees om nie kru uitlatings en beledigings nou as haatspraak te bestempel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Pieter ·

Haha wonder of hy weet wat peteken die woord logika wat n grap

schaun ·

Die eff is volgens my n party wat streef op rassisme veral teenoor wit en indiërs mense en die eerste sinvolle ding wat hulle sê of doen sal die eerste wees,en die eff sal altyd net n 10 tot 20 persent party wees.

Jakes ·

In daai geval moet ons almal ons HAT woordeboeke gaan omruil, dit is duidelik gebreek.

Logika impliseer denke ·

Dit is absoluut logies om ‘n vuurwapen in die openbaar af te vuur en met wit sigaretsmokkelaars geassosieer te word, net om dan te sê “we haven’t called for the slaughter of whites, YET…..defnitief superieure logika.

Malema en Shivambu kry glo gedurig doodsdreigemente en hardloop polisie toe vir beskerming.
Soos alle lafaards, doen hy nie sy eie vuil werk nie, hy hits die ‘mob’ wat hom aanhang met “kill the boer” en hy doen dieselfde met joernaliste. “Kill the boer” is afgemaak as niks, kom ons kyk wat kry die joernaliste reg.

Nelia van Zyl ·

Nè! Logika? Iemand moet dalk die betekenis van dié woord vir die man verduidelik. Die kruks van die saak is hierdie man moet verantwoordelikheid aanvaar vir sy uitlatings. Hy kan nie gedurig wegkom met lomp verduidelikings wat hy nou eintlik bedoel het nie. Ek het lanklaas in my lewe so ‘n arrogante mannetjie gesien . Hy en sy party kan nie voortdurend uitlatings maak en nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.

Marinda ·

Bwhahahaha. Bwhahahaha. Lanklaas so lekker gelag. Nie geweet hulle kan snaaks ook wees nie.

Natascha ·

Laat sy kop waai, hy is die een wat haatspraak aanhits en al sy aanhangers het nie eens n idee waaroor dit gaan maar doen soos wat hy hul voorse.
Die man dink hy is bo die wet verhewe, maak n voorbeeld van hom.

Pieter Botha ·

Logika gee jou n 38% slaagsyfer in standerd 7 houtwerk-klas.

riaan ·

Ngcukaitobi het endlik die saak vir SANEF gewen agv die volgende twee stellings:

1. “Geen redelike mens” – nie mal emmer of sy aanhangers is redelike mense nie!
2. “Violence is for those who are empty in the head… ” – soos mal emmer en sy aanhangers!!

Anoniem ·

Presies.

Hoop EFF verloor die saak, MET koste. Die joernaliste behoort vergoeding van die EFF te kry vir traume en emosionele skade.

Dis vir my interessant om te verneem dat Max du Preez een van die betrokke joernaliste is.

John ·

… ons moet ook logies begin dink. Die EFF is nie meer Zuma-impi’s nie. Hulle het meer ambisie as om die vloer te vee voor die ex-pres. Daar is lidmate wat reeds ver geklim het op die beroepsleer. Malema hou van die OB want beide hou maar niks van Gordhan of CR nie en sy beveg hulle met vuur en vlam. Die OB sien haarself in ‘n unieke posisie vanaf speurder tot aanklaer tot superregter tot laksman tot begrafnisondernemer… Sy wil die ou garde begrawe sodat die EFF kan heers met haar op ‘n troongestoelte… soos beloof, òf… more of the same… ook vir Doctor Logic.

Maljan ·

Was dit nie einste “Empty headed Malema wie n onder andere n soldaat by die opening van parlement geklap het omdat hy wit is nie? Hoeveel kere het ons hom al geweld hoor predik? Soos sy rit per taxi as n 9 jarige (waar was sy ouers) gewapen met n pistool, oppad na Chris Hani se begrafnis nie? Empty Headed? Is dit nie einste hy wat sy “onderdane” aanhits om grond te beset nie? Hoeveel kere gebeur dít sonder geweld?

De Villiers ·

Eintlik moet ek nie eens hierop reageer nie, want hoe redeneer ń mens logies met ń persoon of ń politieke party wat ń totale gebrek aan logika het? Die EFF se regsverteenwoordiger se argument dat die EFF nie verantwoordelik gehou kan word vir ander se uitsprake of optredes onder die vaandel van die EFF nie, is so goed om te redeneer dat ń brandstigter volhou dat hy nie verantwoordelik gehou kan word vir die veldbrand wat hy aangesteek het nie, want hy het dan net ń graspolletjie aan die brand gesteek op ń winderige dag, nie die hele veld nie. Belaglik!!

Lana ·

Dis liewer ‘n kwessie van die hof moet “versigtig wees” om nie haatspraak af te maak as kru uitlatings nie.

JohanL ·

Hoe lekker lag ek nou. Eerstens logika en tweedens kwansuis “superior” logika !!!!!!

Ten minste gesorg vir die humor van die dag.

Cornelia ·

Hy por haatspraak net aan, n Nuwe woord vir die HAT- Stoofstokke

Geitjie ·

Logika!!! Ek glo hulle weet wat die woord logika beteken nie.

Antoinette Burger ·

Hy is mos die genie wat tydens een of ander van die vele vakansiedae aan die rooi massa belowe het as EFF aan bewind kom “you will never, ever have to pay for elec-tri- city and water”. Het hom maar net gesit en bekyk en gewonder van watter planeet hy afkoms tig is. Logies? nie hy nie,

Gert van Wierdapark ·

Die ouens wat logie-loos voor stap en probeer lei (ly?) dop ongelukkig nog n speltoets ook.

Lana ·

Hierdie is ‘n baie goeie voorbeeld van: “jy weet nie wat jy nie weet nie”.

SlowJoe ·

Julius lyk baie goed deesdae, hy moet vir ons vertel op watse dieet/ oefen program hy is. Weet baie mense doen goed op die Slender Wonder dieet.

HPV ·

Een van ons werkers het net so begin lyk, gewig verloor ens, dit was toe nie so goed want hy is nou begrawe.

Andre ·

Die EFF en logika is so ver verwyder soos die Suidpool van die Noordpool.

Gerrit ·

Adriaan en Max aan die een kant.
Julius aan die ander kant.
Nooit kon dink ek sou Julius se kant kies nie.
Kan jy dit oorvertel? :)

Danie ·

Gerrit ek het ook gewonder wanneer dit sal gebeur. Nou wat arme Max persoonlik geraak word is hy ewe skielik bekommerd, maar wanneer ons ander witmense kla is hy botstil of probeer ons onderdrukking regverdig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.