Malema, EFF kry bloedneus oor grondgrype

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die sakeregtewaghond AfriSake en die burgerregte-organisasie AfriForum het die EFF en die partyleier Julius Malema se tersydestellingsaansoek in die hoë hof in verband met ʼn saak oor grondgrype teengestaan.

Dít volg nadat die organisasies in Maart verlede jaar ’n hofbevel bekom het ter bekragtiging van ’n finale interdik teen die EFF en Malema om hulle te verbied om die publiek aan te hits om grond te gryp.

Die sakeregtewaghond het op 6 Desember verlede jaar ’n soortgelyke bevel teen die organisasie Black First Land First (BLF) bekom.

Waarnemende regter Nathan het die EFF en Malema se tersydestellingsaansoek van die hand gewys. Die organisasies het ook ’n kostebevel teen Malema en die EFF verkry wat die koste van twee advokate insluit.

Tarien Cooks, AfriForum se bestuurder van steundienste, het gesê AfriSake en AfriForum sal nie huiwer om in die toekoms teen Julius Malema en die lede van die EFF op te tree indien hulle mense weer aanhits om grond te gryp nie.

Volgens Cooks het nie die EFF of Malema se regsverteenwoordigers vir die hofverrigtinge opgedaag nie.

“Hierdie uitspraak beteken dat AfriSake nou ’n interdik teen die EFF sowel as die BLF bekom het – en in wese teen die onderskeidelike woordvoerders van hierdie organisasies. Dit verbied dié partye om uitlatings te maak wat mense opsweep om grond onwettig te gryp,” sê Cooks.

Armand Greyling, AfriSake se regs- en beleidsanalis, sê die organisasies sal voortgaan om eiendomsreg te beskerm en in te gryp wanneer die Grondwet en die artikels wat privaat eiendomsreg verseker in gedrang kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Mielie ·

JM het geen respek vir enige iemand nie. Dit gaan ook seker oor self respek. Dat sy regsverteenwoordigers nie eens opdaag is net nog n voorbeeld daarvan. Hy staan by n prokureur wat op sy werkers skiet maar terselfde tyd maak hy soortgelykige aantygings teen boere en hits geweld aan. Volgens my is hy n boelie en n narsis onder andere. CR kan hom n paar dinge leer omtrent oordentlikheid.

Vermeende ·

Mooi en dit sluit die ANC en CR uit wat grond belowe en dit deel van hulle beleid gemaak het.

Gerhard ·

Die slinkse CR weet hoe om dieselfde goed as Malema en Zuma te se sonder om in die moeilikheid te kom.

Pop ·

So wat hulle moet doen is wag tot die president se watter grond hulle kan kry. Want die staat kan grond vat sonder vergoeding.

Cherokee ·

..en ieder en elk van die kommentators in hierdie forum wat DA stem, stem vir vir die verdeling van grond. Kla hier oor dit maar stem verkiesingsdag daarvoor.

Loeis ·

Nog nie, maar hulle wil dit doen, en die ANC en EFF het saam genoeg setels om dit te kan doen.

As opposisie partye daardie ‘n voorstel kan bly vertraag, en die proses so uitrek dat ons by volgende jaar se verkiesing kan uitkom sonder dat daar aan die grondwet gepeuter is, mag Ramaphosa en Malema met te min steun eindig, en kan dit daardie ramp gekeer word.

Jerry ·

Vir hoe lank geld die interdik en wat is die kanse dat arrestasie uitgevoer word met oortreding van die interdik

LB S ·

Cherokee, Mmusi Maimane het in ‘n onderhoud op die SON gesê die DA glo NIE in grondgrype sonder vergoeding nie.

Leeu ·

@LBS, Mmusi verander sy dientjie ook elke 2dae, hangaf watter een hom die beste pas. Hy’s niks beter as die ANC en EFF nie.

Nouja ·

Welgedaan. Dis tyd dat die eff se tjank ook in die parlement afgetrap word.

Lance ·

Sê nou die verdeling van grond vind plaas,wie gaan vir hulle huise bou soos voorgeskryf deur die regering,lopende water voorsien en toerusting gee om mee te begin.Ek weet van ń plaas wat ń plakkerskamp geword het agv. grond eise,nou kan julle maar vir julle self dink aan al die nagevolge en ek dink dit gaan ń moewiese finansiële las wees vir die land se ekonomie.Gelukkig het ons min.Gigaba.

E ·

Wat EFF & BLF betref. God werk met hulle. CR sal nie ń sirkus toelaat nie.

Pop ·

Ek weet nou nie van wanneer af is Malema n DA nie, cherokee. Ek het op TV gesien Cope en DA is daarteen.

Poppie ·

@pop, Mmusie varander siening elke 2 weke. Hy’s so betroubaar soos die ANC en EFF. Sodra daar genoeg druk is, knak Mmusi.

F ·

@E, CR is n voorstaander van grond vat sonder vergoeding, hy’s gin n night in shining armour soos wat SA tekere gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.