Malema eis minimumloon van R4 500

Malema tydens die Werkersdagbyeenkoms in Port Elizabeth op 1 Mei 2015 Foto: EFF, Facebook

Malema tydens die Werkersdagbyeenkoms in Port Elizabeth op 1 Mei 2015 Foto: EFF, Facebook

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydag in ʼn toespraak in Port Elizabeth gesê werkers word steeds uitgebuit.

Malema het gesê die werkers word deur arbeidsmakelaars uitgebuit, word te min betaal en verdien ʼn minimumloon van minstens R4 500.

“Alles wat ons in ons lewens het, is weens werkers. Die kos wat jy eet word deur werkers vervaardig, die klere wat jy dra, die motors waarmee jy ry, die huis wat jy het, jou veiligheid, alles word deur werkers verskaf,” het hy tydens ʼn Werkersdagbyeenkoms in Motherwell gesê. “Wanneer ons van werkers praat, bedoel ons nie almal wat werk nie. Ons in die EFF verwys na die persone wat in nywerhede werk, die huishulpe, die plaasarbeiders, die skoonmakers, die persone wat die meeste uitgebuit word en hulself werkers noem. ons verwys na die persone wat slagoffers is van die misdade wat deur arbeidsmakelaars gepleeg word. Hulle gaan werk toe, en werk baie hard, maar aan die einde van die maand ontvang hulle net die helfte van hul salarisse, omdat arbeidsmakelaars die res vat.”

Hy het gesê die EFF wil graag arbeidsmakelaars verbied. “Ons sê die nie nou dat ons in die EFF is nie, ons het dit al gesê toe ons nog by die ANC was. Ons het by Polokwane die besluit geneem dat arbeidsmakelaars verbied moet word. Dit is die kaartjie wat [Jacob] Zuma gebruik het om die verkiesing te wen as president. Nadat Polokwane hom verkies het, het hy dadelik van die kwessie van arbeidsmakelaars vergeet,” het Malema gesê, met verwysing na die ANC se verkiesingskonferensie in Desember 2007. “Hulle het gesê nee, ons moet net die arbeidsmakelaars ‘bestuur’. Daar was geen oplossing nie. Ons wil nie arbeidsmakelaars hê nie. Ons het dit tóé gesê, en ons sê vandag nog steeds dieselfde ding.”

Malema het gesê die EFF sal baklei totdat alle werkers se regte waardeer en beskerm word. “Ons wil nie hê werkers moet permanent op ʼn kontrakbasis werk nie. Om 19 jaar lank ʼn tydelike werker te wees kan nie reg wees nie.” Hy het gesê hulle het die kwessie dat tydelike werkers permanente poste gegee moet word, tydens die Staatsrede aangeroer. “Toe [pres. Jacob Zuma] reageer het, het hy gesê daar is nie meer werkers in Suid-Afrika wat langer as drie maande tydelik werk nie. “Ons was almal geskok deur die antwoord, maar miskien het hy na die Nkandla-werkers verwys, en nie die werkers van Suid-Afrika nie. Miskien is almal by Nkandla permanent aangestel,” het hy gesê met luide toejuiging van die die skare.

Hy het ook gesê dit is skokkend dat mense steeds ʼn minimumloon van R2 800 per maand verdien. “Dis nie geld nie. Dis vervoerkoste. Mens kan nie eers vir jouself middagete koop met só salaris nie.” Hy het gesê die EFF, as die stem vir die swart werkers, eis ʼn minimumloon van R4 500 per maand. “Ons moet die EFF-lede van die parlement uitdaag, sodat wanneer ons volgende jaar weer Werkersdag vier, dan moet hulle huishulpe hierheen kom, en die EFF-LP’s se huishulpe moet vir ons sê hoeveel hulle betaal word; want dit moet by ons begin.” Malema voer aan dat geen huishulp wat vir ʼn EFF-LP werk, minder as R4 500 verdien of ʼn maand lank nie betaal is nie. “Dit moet by ons begin. Ons moet lei deur ons voorbeeld.”

Bron: Derrick Spies, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Indien die minimum loon opgeskuif word na R4500,00 per maand gaan ons boere verder meganiseer wat meer werkloosheid totgevolg gaan he . Meer munisipaliteite sal bankrot gaan want die moeg personeel wat heeldag met hul vet liggame onder die koeltebome le en gesels en slaap gaan nog n groter hap uit hul begrotings neem.

Peet Schabort ·

Deur die jare van die ‘moderne’ beskawing is dit oor en oor dieselfde gesanik. Niks nuuts.

Willem van Zyl ·

Kan die onnosel mense nie besef dat die boere dit nie kan bekostig nie,so nog sal hul werk verloor soos met elke loonverhoging!

Willem van Zyl ·

Kan die onnosel mense nie besef dat die boere dit nie kan bekostig nie,so nog sal hul werk verloor soos met elke loonverhoging!

Chantelle ·

Die ding is vertraag. As dit nie was vir BEEEE en AA was nie sou ons dit dalk kon bekostig maar te danke aan hulle sit meeste van ons met of minimale salarisse of sonder werk. Regtig wragtig dat iemand soos Radivan nog nie oor Male ma se pad gekruis het nie kan ek ook nie verstaan nie. Hy moet maar net weet, as dit is wat hy vereis vir hulle dan gaan hy die oorsaak wees dat 2 mense wat vir my werk ook werkloos gaan wees so sy vertraagde demands gaan lei tot nog hoër werkloosheidsyfers.

CHRISTA ·

Mal-ema moet verstaan – volgens die vryemarkstelsel word ‘n prys (produk of arbeid/diens) bepaal deur vraag en aanbod. As die aanbod verreweg die vraag oorskry, val die prys! Kyk na als – olie, goud, graan, ens. Dieselfde geld vir arbeid!!!

RLN van New Zealand ·

Die Boere word vermoor, maar hulle geld is goed…

Neptunus ·

Wat Jules nog nie besef nie, is dat ons huishouding nie ‘n huishulp in diens het nie. Hahahahahaha…

Geen inbrake ook nie. Plus ekstra geld in die bank, geen gebreekte toestelle nie, en hope gemoedsrus.

Pretorius ·

Geen wonder die buitelanders vat hulle werk nie. Hulle wil in elk geval nie werk nie wag seker nog op alles wat die ANC hulle belowe het.

jjobson ·

Ek wil net weet of die vetkoei mal-ema vir SARS ten volle betaal het en dan vra ek hom betaal asb my EFF huishulp wat getrou haar oranje uniform dra. Ten laaste my huishulp dra nie panty nie-die oorpak moet skaaf want dus EFF beleid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.